Nongqai Vol 17 No 8 – Veterane Tree Aan: Menere Lamprecht & Lotriet
DIE WÊRELD IS KLEIN: ONTMOETING TUSSEN GENL-MAJ DP LAMPRECHT EN MNR JOHAN LOTRIET BY PRETORIA FM
Hennie Heymans


Vlnr: Brig Hennie Heymans, Mnr Johan Lotriet en Genl-maj Dan Lamprecht
As sameroeper van die program “Veterane Tree Aan” het ek ’n oud‑kollega van die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad, en een van die oorspronklike stigters van Spesmagte, genl.-maj. Dan Lamprecht, genooi om aan ’n episode deel te neem. Ons doen twee episodes namekaar. Ek het ook ’n voormalige bevelvoerder van die elite SA Spoorwegpolisie se Spesiale Taakmag, en senior lid van Nasionale Intelligensie, mnr. Johan Lotriet, genooi.
Die twee het mekaar daar by Radio Pretoria raakgeloop — ’n ontmoeting vol geskiedenis en herinnering. Ek het natuurlik dadelik gevra vir foto’s uit die verlede waarin hulle albei betrokke was.
Fotoalbum

Genl Lamprecht

Mnr Johan Lotriet
Foto’s uit die verlede:
SPOORWEGPOLISIEMAN WEN VIER BEKERS OP MILITÊRE WAPENKURSUS

Kort samevatting van die Afrikaanse berig
Die Afrikaanse berig vertel dat konst. J. F. Lotriet van die Spoorwegpolisie se Kazerne in Johannesburg aangewys is as die beste student op ’n 10‑maande militêre wapenkursus vir instrukteurs in Oudtshoorn.
Hy het 11 eksamens geskryf en ’n gemiddelde van 83,8% behaal. Lotriet het vier bekers gewen:
- beste student
- beste seksieleier
- plus twee verdere prestasietrofeë
Die berig noem ook die ander bekers wat aan sy medestudente toegeken is, en beklemtoon dat die kursus deur lede van die Spoorwegpolisie én die Leër bygewoon is.
Kort samevatting van die berig in Engels:
Headline: Constable excels on course
A young railway policeman from Johannesburg, Constable J. F. Lotriet, attached to the Railway Police Training Depot, was named best student and best section leader on a 10‑month military weapons instructors’ course at Oudtshoorn.
He completed 11 examinations with an impressive average of 83.8%, and received four trophies, including those for best student and best section leader.


Beide genl Lamprecht en mnr Lotriet verskyn op die foto.

Genl Lamprecht vierde van links

Oorspronklike foto: “Generale saluut! Presenteer Geweer! Mnr Lotriet salueer!

Nadat ons probeer het om die foto te verbeter.

Brigadier Hennie, baie dankie vir die geleentheid om deel te kon wees van die program en sodoende ons ryk geskiedenis te kon deel en vir die nageslag te bewaar.
Mnr Lotriet ek moet u bedank dat u ons – dit is Nongqai – vertrou met u geskiedenis en die rol wat u en ander kollegas vervul het. Baie dankie vir die geleentheid.