Nongqai Vol 17 no 7 – Proposed Riot Medal
Abstract
This article discusses the proposal for a commemorative medal intended to honour members of the Internal Stability Division and Riot Units who served between 1976 and 1994 during one of the most volatile periods in South Africa’s history. Although their work was dangerous, politically sensitive, and often unrecognised, many former members feel that their service deserves formal acknowledgement. The article argues that the significance of such a medal lies not in official government approval, but in its symbolic value—providing long‑overdue recognition, restoring dignity, and offering emotional closure to those who served and to the families of those who did not return. The piece invites readers to consider whether creating such a medal is appropriate and meaningful.
Keywords
Riot Medal, Internal Stability Division, Riot Units, South African Police, commemorative medal, recognition, service, township duty, 1976–1994, police history, honour, legacy, remembrance, symbolism
MEDAL
Nick Howarth
Hi Hennie,
Ok great. There is definitely some work involved to get around legalities, but it is definitely possible. I think with your article, it needs to be made clear that this is because these men were never acknowledged and this medal may put some ghosts to bed for them. I know that I feel that way. And it’s the significance, rather than the governments stamp of approval that makes this valid.
Here is the article and I have attached a pic of one option. I may need to change the star as it resembles the police star. This is legally not allowed.

“Could this medal finally represent the service that was never formally acknowledged?
Between 1976 and 1994, members of the Internal Stability Division and Riot Units served on township duty during one of the most dangerous and turbulent periods in South Africa’s history. Whatever one’s political views, these policemen performed an extremely difficult duty under extraordinary conditions—yet many believe their service and sacrifices were never properly recognised.
This proposed commemorative medal could serve as a lasting symbol of that duty, honouring those who served and remembering those who never returned home.
Do you believe creating such a medal is a good idea? I would genuinely like to hear your thoughts.”
Kind Regards
Nick Howarth
Comments by Editor
We would like to hear from our readers!
Nick I fully agree with you. I served my whole Police career in the Riot Unit environment since the 80s up until recently when I retired. We got no recognition what so ever like we discussed previously with your book. Its about time that all the members from the Riot Units and ISD get recognition for what we did and how we served under very difficult circumstances. In the 80s we combatted urban terrorism in the country and got no recognition for that. Members who went to the RSA or SWA border where awarded the combating of terrorism medal and during the late 80s most of these trips where a holiday. Been there myself and it was a joke in comparison what we endured in the townships. So yes lets do something about this.
Ek waardeer hierdie voorstel ten volle. Dit is goed bedoel en ek verstaan waarom baie voormalige lede graag erkenning vir hul diens wil ontvang. Ons moet egter ook die politieke realiteit in die oë kyk.
ABS en die onluseenhede word deur die ANC en die huidige regering steeds as deel van die “onderdrukkingsapparaat” van die vorige bedeling beskou. Onder hierdie omstandighede is daar feitlik geen kans dat ‘n amptelike staatsmedalje goedgekeur sal word nie.
Indien so ‘n medalje wel ingestel word, behoort dit eerder as ‘n onafhanklike veterane- of gedenkinisiatief te geskied. Die waarde daarvan lê dan nie in regeringsgoedkeuring nie, maar in die erkenning deur oudkollegas, families en die geskiedenis dat hierdie lede onder buitengewone moeilike en gevaarlike omstandighede diens verrig het. Ek egter geen idee of soiets prakties uitvoerbaar is nie.
Ons moet miskien ook waak daarteen om die verlede slegs deur die lens van vandag se politiek te beoordeel. Die huidige regering sal vir seker blind wees vir hierdie gedagte. Meeste polisiemanne en offisiere het nie politici gedien nie, maar die wettige regering van die dag en hul eed van diens nagekom. Geskiedenis behoort altyd gebalanseerd en in konteks beoordeel te word.
Kom ons koester eerder ons bydrae om destyds stabiliteit te bewerkstellig. Niemand kan dit van ons wegneem nie. Die geskiedenis daarvan is reeds in Nongqai en elders te lese vir die nageslag.
I agree. All members who served in the Riot/ISU need to be honored in some way. This medal will go a long way in getting the recognition we deserve. We were that thin line between total anarchy in the townships and various rural areas. Many of us still relive those days over in our heads daily. Many made the ultimate sacrifice. So yes, let’s try and see if we can get this over the line.
Kommentaar van kol Hein Kilian – hy was bevelvoerder Oos-Rand:
“Ek het al jare terug gesê dat alle onluseenhede medaljes moes ontvang het, daar was meer moord en doodslag in die lokasies as wat polisielede, behalwe miskien koevoet, op die grens gesien het waar ek self ook twee keer was. Daar het polisiemanne gesterf in die lokasies…. van my lede ook … so ek stem vir dit”
Ek is defnetief nie gekant teen die erkenning of medalje nie.
Ek was self verbonde aan Diepkloof Onluseenheid in 1979.
Ek wil net verder meld ons moet nie spesifiek na die POPS of Onluseenhede kyk nie.
Onthou daardie onluste het in Stasiewyke plaas gevind.
Stasie polisiemanne was net so deel van die bekamping van onluste, binnelandse terrorisme soos genoemde eenhede.
Genoemde stasie lede moes verder hier in die laat jare 80 begin 90 op hulle rusdae na ander stasies ontplooi word ten einde hulp te gaan verleen.
Ek het menige kere met my lede Oosrand toe ontplooi terwyl my stasie deurgeloop het onder bende geweld en onrus.
Ja dit was hartseer dat lede nooit erkenning ontvang het vir daardie dienste nie.
Die toekenning van sodanige medalje, sal egter nie amptelik wees, wat nooit ‘n amptelike erkenning van diens gaan wees nie.
Ek ondersteun die idee vir die toekenning van ‘n medalje vir alle lede wat ‘n aandeel in die hantering van onluste gehad het ten sterkste.
Met die uitbreek van die Soweto-lnluste in Junie 1976 het ek grensdiens gedoen in Eenhana-wyk in Ovamboland wat op daardie stadium as die “hotspot” in Ovamboland bekend gestaan het. Ons het destyds die Rapport ‘n week later as die publikasiedatum gekry. My persoonlike ervaring van die berigte en foto’s wat geplaas was, was dat die risiko’s om wet en orde in die Swart woongebiede te handhaaf baie erger en gevaarliker was as wat ons op daardie stadium op die Grens ervaar het.
Gedurende Junie 1977, 1978 en 1979 was ek betrokke by herdenkings studenteonluste veral in Qwa-qwa. Daar was hoërskole met koshuise vir leerlinge wat van veral Soweto en die Vaaldriehoek afkomstig was. Van die klaskamers is afgebrand met boeke en meubels van die skole daarin. Sommige onderwysers se motors is aan die brand gesteek. Daar was destyds nie onluseenhede nie. Lede van Qwa-qwa polisiestasie en omliggende polisiestasies was getaak om die orde te handhaaf. Lede van die Veiligheidstak op Bethlehem (waarvan ek lid was) het die dossiere gedra en was belas met die ondersoek daarvan. Daar is gekonsentreer om die organiseerders en belhammels van die onluste vas te trek en aan te kla. Baie het egter op die vlug geslaan en via Botswana, Swaziland en Mosambiek hul weg na Zambië en Tanzanië gebaan waar hul deur die ANC gewerf is en militêre opleiding as terroriste gekry het.
Waar arrestasies wel suksesvol was is hulle aangekla vir sabotasie en met skuldigbevinding vyf jaar tronkstraf opgelê.
Ek het in Aug 1979 lid van Koevoet geword tot einde 1985.
Na my dienstydperk by Koevoet en diensaanvaarding by Veiligheidstak, Hoofkantoor, het ek as eenheidshoof die Sanhedrinvergaderings bygewoon. ‘n Verteenwoordiger van die Onluseenhede het daardie vergaderings ook bygewwon waartydens verslag gedoen is oor die hoeveelheid en gevolge van onluste regoor Suid-Afrika. Behalwe vir enkele opspraakwekkende terreurinsidente was die verslag oor die onluste in die RSA oorheersend van al die inligting wat die vorige vier-en-twintig uur plaaasgevind het.
‘n Medalje vir die betrokkenheid by die onderdrukking/ondersoek/hantering van onluste is dus na my mening die ideale sigbare simbool van erkenning wat lede verdien. Die proses om by die maak daarvan uit te kom is ‘n pad wat gestap moet word. Dankie vir julle by wie die idee ontstaan het en bereid is om tot die finale produk reg is vir toekenning daarmee vol te hou. Ek salueer julle.
J.J. (Dicks) Dietrichsen – baie dankie vir u omvattende kommentaar!
Ek weet darem nie so mooi nie. Die SAP het nog altyd medaljes toegeken vir 10, 20 en 30 jaar getroue diens. Ook vir die bekamping van terrorisme. Die 30-jaar polisiester vir troue diens het ook voorsiening gemaak vir diens van ‘n besondere voortreflike aard. Natuurlik ook medaljes vir dapperheid. Daarbenewens was daar ook medaljes wat toegeken is aan offisiere wat generaals geword het. (Ek praat nie van feesmedakjes, amalgamasie medaljes en sulke “fruit salad” medaljes nie).
Persoonlik glo ek dat die drie kategorieee van troue diens en dapperheid alle polisiefunksies omsluit.
Wat gaan die uiteinde wees as speurders, moord- en roof, veiligheidstak, kwartiermeester, wageenheid ens. ook begin vra vir spesiale medaljes?
Ek weet ek steek my nek uit vir kritiek, maar ek hou vol dat die medaljes wat reeds daar is, voldoende erkenning bied vir al die moontlike diens wat deur die polisie aan die gemeenskap bied.
Wat my betref word ons polisiebeamptes om die land onvoorwaardelik en met lojaliteit te dien, met al die opofferings wat daarmee gepaardgaan. Die medaljes en toekennings is die erkenning wat ons daarvoor kry.
Nie net uit verdienste nie, maar enkel uit Genade van Bo.
Boet Meintjes berig per WhatsApp:
[19:48, 24/07/2026] Boet Meintjes: Hallo Oom Hennie,
Ek stem vir die medalje maar die lede van die stasies wat ook betrek was by die onluste glo ek, hulle moet ook kwalifiseer indien daar medaljes uitgereik sou word.
Mooi aand vir Oom en u gade.
[19:51, 24/07/2026] Boet Meintjes: Hallo Oom Hennie,
Hier is nog reaksies :
“Ek voel dat dié Medalje nie net v/d persone van ‘n betrokke Eenheid Kan gaan nie….wat v/d ander lede wat ook daar was met die onluste…..ons Speurders moes die ondersoek van Elke Skietery ondersoek….so is daar ander Eenhede betrokke ….te veel wat genoem kan word”
Louis Lubbe skryf soos volg op WhatsApp:
My kort antwoord: Baie ten gunste van dit. Vrae wat wel by my opkom: 1. Sal dit ‘n medalje wees wat jy saam met jou ander medaljes “mag” dra by amptelike geleenthede of sal dit slegs ‘n penning wees wat jy in jou studeerkamer gaan hang? 2. Moet die Regering so iets goedkeur? Mooi loop. Louis
Die volgende kommentaar is ontvang van die Bond van Oud-Polisiebeamptes:
“””””””” Goeiedag. Ek wil net terugvoering gee oor die versoek wat ek van Genl Meyer ontvang het oor die voorstel van ‘n medalje vir lede wat by ABS of TIN was. Die gedagte was aan die Hoofbestuur van die Bond gestuur vir kommentaar. Die saak sal by die volgende Hoofbestuursvergadering in September bespreek word.
Groete
Schalk de Klerk””””””””””.