Nongqai vol 17 No 7 – Professionele getuie

Abstract

This article reflects on the nature of truth, deception, and credibility in courtrooms, commissions of inquiry, and everyday human interaction. Drawing on personal experience, the author examines how witnesses—both educated and completely illiterate—respond under cross‑examination, and how honesty often proves more resilient than intellectual sophistication. Through anecdotes from police service and courtroom observation, the piece explores why some witnesses withstand intense questioning while seasoned legal practitioners sometimes fail to unsettle them. The article ultimately highlights the paradox that simplicity, sincerity, and direct recollection of sensory experience can make an “uneducated” witness remarkably effective, even against formidable cross‑examiners.

Keywords

professional witness, courtroom testimony, cross‑examination, credibility, honesty, deception, legal proceedings, police experience, illiterate witnesses, Madlanga Commission, witness behaviour, judicial process, South Africa

DIE SG. PROFESSIONELE GETUIE

Brig Fanie Bouwer

Waar daar seker die meeste gelieg word, is miskien in ‘n hof. Of baie laat om ‘n braaivleisvuur. Maak jou keuse.

Deesdae gebeur dit ook by kommissies van ondersoek. By die Madlanga-kommissie tans kry die leuenaars bitter swaar.

Ek het baie in ‘n howe gesit en luister hoe getuies en beskuldigdes gekruisvra word. En hoe hulle dan met hulle antwoorde reageer.

Partykeer gee die ondervraer bes. Partykeer gee die getuie bes. Almal kan nie ewe goed lieg nie.

Soos die inbreker wat op kamera gevang is terwyl hy inbreek. Hy ontken aanvanklik alles. Toe word die video aan hom gewys. Hy staan so ‘n oomblik verward stil, steek sy vinger so stadig uit na die Aanklaer en sê: “Nou hét jy my, meneer!”.

Op offisierskursus het ons ‘n lesing gehad genaamd “Die professionele getuie”. Ek het geen idee meer wat dít nou alles behels het nie. Dalk was die kern daarvan ‘jy moet nie lieg in die hof nie’.

Is die hoogsintelligente getuie ‘n ‘beter’ getuie as bv. die ongeletterde een? Anders gestel: Kan die intelligente een ‘beter lieg’? In sekere opsigte seker ja, maar dít is nié altyd ‘n gegewe nie.

In die Transkeise howe – magistraats- en rondgaande hoërhowe – doerdie tyd, het ons baie met totaal ongeletterde getuies te doene gekry.

Ek het talle kere gesien hoe selfs ‘n gedugte advokaat in sy kruisondervraging nie hond haar-af kan maak met sy kruisondervraging van ‘n ongeletterde getuie nie en dan soort van bes gee.

Hoekom gebeur hierdie soort van ding? Mens se brein en breinkrag verskil mos. Dit gebeur bloot omdat die (eerlike) getuie te werk gaan soos in die volgende paragraaf uiteengesit.

Daar is al gesê dat wanneer ‘n vraag aan jou gevra word, en jy eerlik is, laat jy net jou brein as’t ware terugdink na die gebeure ter sake; dan gee jy die ware feit(e) soos jou sintuie dit beleef het, m.a.w. gehoor, gevoel, gesien, ensovoorts. Dan behoort jy as ongeletterde, te kan vasstaan teen ‘n knaende ondervraer, reken die slimmes.