
NUUSBRIEF NO 2
02/2025
20 Mei 2025
Kontakbesonderhede
Voorsitter: +27 82 324 6636
Onder-Voorsitter: +27 83 212 6778
Beskermheer: +27 82 411 7836
Strategies: +27 83 469 7969
Projekte: +27 82 862 1046
Bestuur
Voorsitter: Hein Crocker
Onder-Voorsitter: Philip Schutte
Beskermheer: Andre Olivier
Strategies: Fanie Booysen
Projekte: Chris Botha
Bestuur
Voorsitter: Hein Crocker
Onder-Voorsitter: Philip Schutte
Beskermheer: Andre Olivier
Lid: Fanie Booysen
Kopiereg
Kopiereg van die titel, teks, tabelle, kaarte, foto’s en geskandeerde voorwerpe, bly die eiendom van die Bestuur van die Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie Spesiale Taakmag Assosiasie.
Alle regte word voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, gestor in ‘n herwinbare sisteem, of gekommunikeer word in enige vorm of op enige wyse, hetsy elektronies, meganies, fotokopieë, opneem of andersins, sonder die voorafverkrewe skriftelike goedkeuring van die kopiereg-eienaar nie.
INHOUDSOPGAWE
| NO | ARTIKEL | SKRYWER | BLADSY |
| 1 | Voorwoord – doel van die nuusbrief | JF Lotriet | 3 |
| 2 | Geskiedenis boekstaafstawing | JF Lotriet | 4 |
| 3 | Terugvoer van laaste reünie | JF Lotriet | 5 |
| 4 | Handelsmerk of Brandmerk | JF Lotriet | 11 |
| 5 | Verjaarsdae en Sterfgevalle | JF Lotriet | 12 |
| 6 | Kontaklys | JF Lotriet | 13 |
| 7 | Groepsregister | JF Lotriet | 13 |
| 8 | Besoek aan die Wes-Kaap | JF Lotriet | 14 |
| 9 | Nuwe besprekingspunte | Alle lede | 17 |
Voorwoord
Deur
Johan F Lotriet : OOB

Hoekom die Nuusbrief?
Tydens gesprekke met lede is die versoek gerig om ‘n nuusbrief daar te stel waar bewegings van die lede; verslae oor byeenkomste, die geskiedenis van die eenheid en belangrike gebeurtenisse op n gereelde grondslag gedeel kan word. Sodoende sal lede ingelig bly oor die doen en late van die assosiasie.
Die nuusbrief stel dit ten doel om die volgende beginsels te handhaaf:
Kommunikasie: om ’n gereelde kommunikasie-platform daar te stel ten einde lede ingelig te hou oor die aktiwiteite, gebeurtenisse en verwikkelinge binne die Assosiasie.
Betrokkenheid: om lede te betrek en betrokke te hou deur die deel van belangrike inligting, historiese gebeure en belangrike gebeure.
Eenvormigheid: om ’n platform daar te skep vir die gereelde kommunikasie en bewegings, kennisgewings van byeenkomste, verjaarsdae en afsterwes. ‘n Nuursbrief skep n gevoel van deelwees (belonging) onder die lede. Niemand moet uitgesluit word nie.
Frekwensie van die nuusbrief : dit word aanbeveel dat die nuusbrief op n gereelde basis aan lede uitgestuur word om sodoende deurlopende kontak onderling tussen lede te behou. Dit sal afhang van die volume informasie wat gekommunikeer moet word, en kan maandeliks, maar nie langer as twee (2) maande uitmekaar-wees nie.
-
Hoekom moet ons die geskiedenis akkuraat dokumenteer?
Die akkurate dokumentering van die SA Spoorwegpolisie Spesiale Taakmag se geskiedenis is van kardinale belang vir die volgende redes:
-
- Bewaring van die waarheid: Geskiedenis is die rekord van die ontstaan van die Eenheid, gebeure, ervarings, suksesse, en mislukkings. As ons dit verkeerd dokumenteer, skep dit ‘n vals beeld van die verlede en mislei ons toekomstige geslagte. Baie van die lede is al op gevorderde ouderdomme, en elkeen wie ons nou verlaat, neem n stukkie geskiedenis saam wat dan verlore is vir die dokumentering van die geskiedenis en ook vir die nageslagte.
- Leer uit die verlede: Deur presiese geskiedskrywing kan ons insigte verkry oor vorige foute en suksesse. Dit help die Assosiasie en bestuur om besluite te neem gebaseer op feite en nie mites of verdraaide vertellings nie.
- Identiteit en kultuur: Akkurate historiese rekords versterk die Eenheid se kulturele en nasionale identiteit. Dit gee mense ‘n gevoel van waar hulle vandaan kom en waarom hulle is wie hulle is.
- Voorkoming van manipulasie: Wanneer geskiedenis verkeerd voorgestel word, kan dit gebruik word vir propaganda of om agendas te bevorder. Akkuraatheid help om sodanige manipulasie te vermy.
- Toekomstige navorsing en innovering: Presiese historiese rekords ondersteun akademiese studie en wetenskaplike navorsing. Dit bied ‘n stewige grondslag vir die toekoms en vir ons nageslagte.
Om geskiedenis akkuraat te dokumenteer is dus nie net ‘n intellektuele oefening nie, maar ook ‘n morele verantwoordelikheid.
-
Terugvoering van die laaste Reunie by Gariepdam oor die tydperk 21 – 23 Maart 2025.
- Die reünie soos aangedui oor bogenoemde tydperk, was volgens die lede wat dit bygewoon het, n totale sukses en as een van die bestes oor die afgelope tyd, bestempel.
- ‘n Totaal van dertien (13) lede en sewe (7) gades het die gebeurtenis bygewoon.

Flnr – Deon Smit. Blackie Swart, Derick Jonker, Chris Geel, Andre Olivier, Hein Crocker, Johan Muller, Fanie Booysen, Frikkie Wilmot, Chris Botha, Flip Schutte, Johan Nel, Johan Lotriet.

Flnr – Rachel Visagie, Nenette Booysen, Estelle Olivier, Emma Lotriet, Yvonne Muller, Nancy Schutte, Eureka Botha
-
- Vrydagaand 21 Maart 2025 is soos gebruiklik, ingelui met ‘n braaivleis waar baie staaltjies van die verlede gedeel is.

-
- Die Assosiasie-vergadering het op Saterdagoggend 22 Maart 2025, onder voorsitterskap van Hein Crocker plaasgevind.
- Die verkose bestuur vir 2025/26 is:
Voorsitter: Hein Crocker
Onder-Voorsitter Philip Schutte
Beskermheer: Andre Olivier
Strategiee: Fanie Booysen
Projekte: Chris Botha
-
- Van die bekommernisse wat tydens die vergadering bespreek is, sluit die krimpende getalle en n gebrek aan maandelikse finansiele bydraes in. Die vergadering het voorstel aanvaar, dat Fanie Booysen hierdie probleme deur middle van interaksie met die afwesiges aan te spreek.
- Die gebrek aan ‘n groepsfoto, as deel van die geskiedenis, het ons van n ideale geleentheid ontneem. Toekomstige reunies moet so gereel word dat daar tyd ingeruim word vir n groepsfoto waar lede in hul eenvormige Spesiale Taakmag volledige drag, geklee is, bestaande, uit die voorgeskrewe baadjie en das. Daar is egter baie ander foto’s tydens die verblyf geneem wat n blik op die geleentheid gee.

Derick, Philip, Jock, Boomslang en Fanie buite die rondawel, net voor ontbyt.

Een van die chalets met die Gariepdam in die agtergrond

Die res van die groep tydens die aandbraai.
-
- Die groep en hulle gades het later die middag die dam op ‘n boot verken. Die aand is dan ook afgesluit op die boot met ‘n aandete en die gebruiklike oorhandiging van sertifikate en n bottle rooiwyn, aan elke lid en sy gade.

Boothuis waarop die rit op die dam onderneem en die funksie aangebied is.



3. Handelsmerk of Brandmerk (Branding)
Die kenteken van ‘n spesiale mag is gewoonlik ‘n unieke simbool, embleem of insigne wat die identiteit en doel van die eenheid weerspieël. Dit kan elemente insluit soos spesifieke kleure, vorms, tekens, en soms ‘n leuse wat die waardes of missie van die eenheid uitbeeld. Hierdie kentekens word gebruik om die eenheid te onderskei en kan ook ‘n gevoel van trots en samehorigheid onder die lede bevorder.
3.1. Belangrike elemente wat ingesluit moet word om dit effektief en herkenbaar te maak. Hier is ‘n paar kernkomponente:
- Logo: ‘n Visuele simbool wat die identiteit van die handelsmerk vasvang.
- Kleurpalet: Kleure wat emosies en assosiasies met die handelsmerk versterk.
- Tipografie: Unieke lettertipes wat konsekwent gebruik word.
- Leuse of Slogan: ‘n Kort en kragtige frase wat die handelsmerk se boodskap oordra.
- Unieke Identiteit: ‘n Onderskeidende kenmerk wat die handelsmerk uniek maak in die mark.
- Beeldmateriaal: Foto’s of grafika wat die handelsmerk se styl en boodskap ondersteun.
Hierdie elemente werk saam om ‘n sterk en herkenbare handelsmerk te skep.
-
- Handelsmerk van die SA Spoorwegpolisie, Spesiale Taakmag.
- Dit bring mee dat daar ongemagtigde Handelsmerke vir die Spesiale Taakmag die rondte doen. Dit skep verwarring en doen die reputasie van die Spesiale Taakmag nie goed nie.
- Johan Lotriet het aangebied om n Handelsmerk Handleiding, in samewerking met lede van die Bestuur, daar te stel.
- Terugvoer oor die vordering van die Handelsmerk Handleiding sal in elke nuusbrief gegee word.
- Handelsmerk van die SA Spoorwegpolisie, Spesiale Taakmag.
- Verjaarsdae en Sterfgevalle.
Verjaarsdaglyste en kennisgewings van afsterwe, moet bygehou word en het verskillende doeleindes:
-
- Verjaarsdaglyste:
- Dit help om spesiale dae te onthou en te vier, wat verhoudings versterk en ‘n gevoel van samehorigheid skep.
- Dit kan ook in ‘n professionele konteks gebruik word om kollegas of vriende te eien en kan ‘n positiewe impak op die lede hê.
- Kennisgewing van afsterwe:
- Dit is ‘n formele kanaal om die lede of familie in te lig oor die verlies van ‘n lid of geliefde.
- Dit bied ‘n geleentheid vir mense om hul medelye te betoon en ondersteuning aan die familie te bied.
- Twee lede, Johann Heyneke en Anna Gertruida Louw het die afgelope tyd tot sterwe gekom, en alhoewel van die lede in kennis gestel was, is daar nog van die lede wat nie daarvan bewus was nie.
- Naamlys met kontakbesonderhede
Die doel van ‘n naamlys en kontakbesonderhede is om mense maklik te identifiseer en met hulle in verbinding te kan tree. Hier is ‘n paar spesifieke aanwendings:
- Kommunikasie: Dit maak dit moontlik om vinnig en doeltreffend met individue of groepe te kommunikeer.
- Organisasie: ‘n Gestruktureerde lys van lede, is nuttig vir administratiewe doeleindes.
- Noodgevalle: Die lys kan gebruik word om mense tydens noodgevalle te kontak.
- Groepsregister

-
- Die doel van die skepping en instelling van die groepsregister was met die ontstaan van die Spesiale Taakmag in 1975 tot en met die ontbinding daarvan in 1989, om akkuraat rekord te hou van lede wat keurings en opleiding suksesvol deurloop het.
-
- Die groepsregister is tans in die besit van een van die voormalige lede van die eenheid.
- Die volledige naamlys moet in ‘n e-lys omskakel word vir die doeleindes van kontrole en vinnige naslaan en moet sentraal gestoor word.
- Besoek aan die Wes-Kaap deur Johan en Emma Lotriet :
2-5 April 2025.

Vlnr: Deon Smit, Elize Smit en Emma Lotriet
-
- Johan en Emma Lotriet het Deon en Elize Smit op bovermelde datums in Villiersdorp besoek.
- Die gasvryheid en natuurskoon van die Kaap is weer met groot waardering ervaar.

Die plaashuis
-
- Deon Smit het lede van die Wes-Kaap uitgenooi vir n braai op Vrydagaand, 4 April 2025, by hulle op die plaas.
- Johan het ook die geleentheid gebruik om terugvoer met lede te deel rakende die pasafgelope reunie te Gariepdam, asook bekommernisse oor die krimpende getalle. Hy het ook die belangrikheid van deelname aan aktiwiteite beklemtoon sodat die geskiedenis vir ons nageslagte behou sal word.


Vlnr: Deon Smit, Keith Benkenstein, Johan Lotriet, Willem van Breda en Marcel van Jaarsveld

Vlnr: Keith Benkenstein, Marcel van Jaarsveld, Willem van Breda, Deon Smith, Sandra van Jaarsveld, Emma Lotriet en Elize Smit.

Vlnr: Emma Lotriet, Sandra van Jaarsveld, Willem van Breda, Elna Benkenstein, Keith Benkenstein, Elize Smit en Deon Smit

Die kuierplek !
- Besprekingspunte vir die volgende uitgawe
8.1 Alle lede word uitgenooi om maandeliks insette te lewer met die deel van stories, gebeurtenisse en idees.
8.2. Daar word versoek dat insette vroegtydig gestuur word aan Johan Lotriet by e-posadres: jflotriet3@gmail.com of WhatsApp: +27 82 769 1505, maar nie later as die 15de van elke maand nie.
“Hennie, vind aangeheg die eerste nuusbrief wat ek die lig laat sien het. Ek gaan so oor ʼn tydperk, as dit reg is met jou, al ons nuusbriewe stuur om die hele geskiedenis van die SA Spoorwegpolisie, Spesiale Taakmag vir ons nageslag te bewaar. Groete Johan Lotriet”.
Brigadier Hennie Heymans, baie dankie. Groot waardering.
Baie dankie! Stuur gerus met tussenposes. Baie groete HBH