Sone – Nongqai Vol 117 No 5
***Ek het Sone se WA oor haar loopbaan Saterdag die 16 de Mei ontvang. Sone is Maandag die 18 de Mei weer geopereer en ek wag tans om te hoor hoe dit met haar gaan – I Steyn***
SONE SE PAD IN DIE SAPD
Ida Steyn

“•1993 -Januarie Kollege
• na voltooiing word ek uitgeplaas na Cradock speurders.
Dit is ook die dorp waar ek groot geword het.
My pa, SAO “Jorrie” Jordaan, was Hondemeester te Cradock.
Ek het van kindsbeen af saam met my pa gaan werk. My pa was ook die area se vingerafdrukdeskundige.
(Daai jare het hul nog gips gelig op tonele en self hul dossiere gedra en ondersoek.)
(Dis waar ek my liefde vir die polisie gekry het, my pa het ook drie honde gehad twee spoorsny- en een springstof hond.)
My pa was baie streng ek het ongelooflik baie by hom geleer.
•In April 1994 word ek gewerf om as 19 jarige by die Kinderbeskermingseenheid, PE te gaan werk.
•1996 het dié tipe sake vir my jong ouderdom net te veel geraak. Ek het gevra om verplaas te word na SANAB, PE. (Ek was die enigste vroulike ondersoekbeampte vir jare “what a journey”.)
Ek het self as agent en trapper opgetree en het nooit terug gestaan vir die manne nie.
My man het altyd gesê ek is ‘PA se seun’… let wel, ons was nét drie dogters.
Ek het vir maande “undercover” as barlady by ‘n casino gewerk. (alleen met net my handler.)
Toe Sanab ontbind het ek weer by FCS, PE beland
•In 2004 is ek verplaas na die speurtak Algoapark waar ek alle misdrywe ondersoek het.
•Ek was vir 17 jaar gereeld betrokke en is gebruik om by spesiale ondersoeke te help.
• Drie jaar by die Hawks totdat die taakspan ontbind is.
•In 2023 is ek bevorder tot Kapt FCS, KARIEGA en is tans tweede in bevel wat my laat dink het: “never burn your bridges”.
“Ek is so lief vir my werk en mense.
•Gedurende 2023 het kanker my “getry” vat, but I’m still here 
Ek wens ek het nog my lyf, my hande en voete gehad voordat chemo elke beweging in my liggaam aangetas het.
Ek is maar 52 jaar oud. Ek staan op en doen dit net weer en weer. Dit is in my bloed en ek het nooit gaan lê tydens chemo en behandeling nie.
Trane loop gereeld omrede ek doen wat ek nie meer liggaamlik kan doen nie.
***Dit is my lewe hoe maak ek die boek toe? ***
Fotoalbum




Never ending story” 
Groete
Sone
