


10 Inligting Agentskappe
10 INLIGTINGSAGENTSKAPPE
Lt-kol Philip Malherbe [SAP- afgtr]

![]() |
https://www.google.co.za/search?q=Intelligence+gathering&hl=img
| Hierdie artikel is vrylik vertaal, van vermelde bronne en saamgestel deur Philip Malherbe. |
| Abstract | Abstrak |
| “Intelligence gathering is the process of gathering information about threats to people, buildings, organizations, or countries and using that information to protect them. In the context of private security, intelligence gathering drives risk assessment and security strategies.” | Intelligensie insameling (ook intelligensie versameling) is die proses van insameling van informasie van bedreigings vir mense, geboue, organisasies en selfs lande. Die aanwending van inligting is vir self beskerming. Tov private sekuriteit, is die insameling van inligting evaluering- en sekuriteit strategies gedrewe. |
INHOUD
1. Toeligting: Inligting word Intelligensie 7
1.1 Suksesvolle Intelligensie 8
1.2 Intelligensie Mislukking 8
2.2 Teen-Inligting Beskerming van Inligting Diens 9
2.3 Teen-Inligting Operasies 9
2.4 Teen-Inligting Strategieë 9
4. Bedreigings het uitgebrei om die volgende in te sluit: 12
5. Defensiewe Teen-Inligting 12
6. Offensiewe Teen-Inligting operasies 12
8. Rekenaar Netwerk Operasies 14
10. Bronne van Inligting Insameling 15
11. Metodes van Insamel van Inligting 15
12. Geskiedenis van Inligting Insamel 16
12.1 Beriggewers / spioene dateer so ver terug as die Bybel 17
12.3 Inligting Insameling gedurende die Middel Eeue 18
13. Inligting en die Vestiging van Nasionalisme 20
14. Inligting Sentrums in die Moderne Eeu 21
15. Foute deur die Inligting sentrums 23
16. Faktore wat inligting agente kan affekteer 24
17. Tien (10) Beste Inligting Agente ter Wêreld (rangorde wissel voortdurend): 24
17.1 VSA – CIA (Sentrale Intelligensie-agentskap) 24
17.2 Brittanje – MI6 (“Geheime Intelligensiediens” (SIS) 30
17.3 Israel – Mossad (Hebreeus afkorting vir Instituut vir Intelligensie en Spesiale Operasies) 33
17.4 China – MSS (“Ministerie van Staatsveiligheid”) 37
17.6 Indië – RAW (Navorsings- en Analise Vleuel) 47
17.7 Duitsland – BND (Bundesnachrichten Dienst) 51
17.8 Frankryk – DGSE (Rigting Gėnerale de la Sėcurity) 54
17.9 Pakistan – ISI (Inter-dienste-intelligensie) 59
17.10 Ausralië – ASIO (Sekuriteit Intelligensie-organisasie) 64
BESPREKINGSPUNTE
1. Toeligting: Inligting word Intelligensie
1.1 Suksesvolle Intelligensie
Die vermoë om lewens doele in sosiale kulture konteks te bereik deur ‘n balans van analitiese, kreatiewe, en praktiese moondhede aan te wend om aan te pas, te vorm, of omgewings te kies.
Inligting (data) insameling, moet geëvalueer word om insig (intelligensie) te ontwikkel (die produk van gekombineerde inligting) wat dan lei tot optrede beplanning (as die somtotaal van al die inligting verwerking) om ‘n probleem aan te spreek.
Die groot doel van inligting is om jou te help om proaktief (voorkomend) op te kan tree. Jy moet nie eers as iets plaasvind, uitwerk wat aan die gang is en reaktief (agterna) optree nie.
Die ideaal is om inligting (data) te evalueer met akkurate en realistiese bewyse. Dit sal naïef wees om te glo dat daar altyd tyd sal wees om oorwegings versigtig te evalueer tydens ‘n krisis. Die fout sal wees om nie die inligting te evalueer nie, omdat akkurate en realistiese informasie ontbreek.
Om tot ‘n gevolgtrekking te kom, versamel bewyse, interpreteer dit, maak ‘n gevolgtrekking en ignoreer persoonlike morele voorkeure wat as “analise” geklee is.
1.2 Intelligensie Mislukking
Wanneer ‘n organisasie of ‘n sisteem misluk om akkurate en betyds waarskuwing of gevaar of geleentheid, te verskaf, wat gewoonlik tot ‘n onaangename strategiese verrassings lei.
(Robert J. Sternberg: deel van Teorie van Suksesvolle Intelligensie)
2. Vlakke van Inligting
Inligting word op drie vlakke ingesamel; strategieë (ook genoem nasionaal); takties en teeninligting. Strategies verwys na operasionele of buitelandse lande, taktiese inligting (ook genoem operasioneel of geveg inligting, wat deur militêre bevelvoerders benodig word, en teen-inligting.
2.1 Teen-Inligting
Is daarop gemik om die land te beskerm en die onderhoud van intelligensie operasies. Uiteraard is die doel om spioene en agente van buitelandse magte te verhoed dat hulle die regering, gewapende magte en intelligensie agente infiltreer. Teeninligting poog ook om gevorderde tegnologie te beskerm, en terroriste te ontbloot.
Frank Wisner, ‘n bekende CIA operasies uitvoerende bestuurder is van mening dat teen-inligting is nie slegs ‘n negatiewe en reaktiewe aktiwiteit nie. Hy beskou dit as ‘n mees effektiewe, beide in inligting insameling en beskerming van inligting dienste, indien dit kreatief en kragtig aangewend word teen die “struktuur en personeel van vyandelike inligting insameling dienste”.
2.2 Teen-Inligting Beskerming van Inligting Diens
Defensiewe teen-inligting dienste behels risiko assessering van hul kultuur, bronne, metodes en hulpmiddels. Risiko bestuur moet op ‘n deurlopende basis hierdie assessering reflekteer. Teen-inligting beskerming is die mees kragtige gereedskap om infiltreerders te identifiseer en te neutraliseer. Baie faktore kan daar toe lei dat individue hul land verraai, hebsug en frustrasie is maar twee faktore. Sisteme word ontwikkel om onreëlmatighede waar te neem, veral met die gebruik van informasie sisteme.
Besluitnemers benodig vrye inligting van vyandige kontrole en manipulasie. Aangesien alle inligting dissipline vatbaar is vir subjektiewe manipulasie deur die opponent, is die geldigheid van alle invorder platforms daarvan noodsaaklik. Daarom poog alle teen-inligting organisasies, alle bronne en hul metodes van inligting te evalueer teenoor algemene standaarde.
Inligting is kwesbaar, nie net teen eksterne maar ook interne bedreigings. Ondermynende bedrywighede, verraad, en uitlek van betroubare en geheime inligting van Staats- en kommersiële geheime onthul kwesbaarheid van inligting agente en hul metodes.
Teen-inligting agente sal poog om vreemde spioene te manipuleer, aggressiewe ondersoeke, uitvoer van arrestasies, en waar lede met diplomatieke status betrokke is, hul tot persona non grade te verklaar en landuit te sit, of poog om hulle doelbewuste dubbel agente van te maak.
2.3 Teen-Inligting Operasies
Van tyd tot tyd word positiewe inligting ingesamel, insluitende insameling van tegnieke en toerusting van ander lande, sowel as die tipe inligting waarin ander lande belangstel.
Operasies sluit ook in die manipulering van ander agente, wat insluit die plasing van dubbele agente of “Molle” in sensitiewe areas. Vanselfsprekend sluit die inwin van inligting waarneming van belangrike persone in.
2.4 Teen-Inligting Strategieë
Enige land wat sy sout werd is, sal uiteraard die volgende teen-aksies aanwend:
- Blokkasie / sabotering van vyandelike inligting sisteme;
- Sabotering van vyand se inligting operasionele strukture;
- Verswakking van die vyand se inligting inwin kapasiteit;
- Verstrooiing van vyandelike magte, wapentuig en vuur terwyl daar op eie magte gekonsentreer word, wapentuig en vuuraksies;
- Verwarring en afleiding van die vyand terwyl daar ‘n ideale geveg geleentheid geskep word;
- Afleiding van vyandelike waarneming pogings terwyl voldoende voorbereidings getref word;
- Verskaf ‘n vals idee en loods terselfdertyd ‘n verassings aanval;
- Verblind of verdoof die vyand met fop idees;
- Verwar of ontwrig hul gedagtegang;
- Poog om die vyand te oortuig dat wat waar is, is vals en wat vals is, is waar;
- Oortuig die vyand om ‘n verkeerde besluit te neem;
- Poog om die volgende informasie operasies (IO) uit te voer:
-
- Versteking van informasie myne;
- Uitvoering van inligting waarnemings;
- Verandering van netwerk data;
- Stel informasie bomme vry;
- Strategiese analises;
- Verspreiding van informasie vuilgoed / afval;
- Propaganda-strooiing;
- Wend misleide informasie aan;
- Vrystelling van misleide informasie;
-
˃ Vrystelling van gekloonde inligting
3.Tipe Inligting Benodig
Die tipe inligting wat ‘n land benodig is ‘n groot verskeidenheid. Die gewapende magte benodig militêre inligting, die lugruim en aard-satelliete programme benodig wetenskaplike inligting, die buitelandse ambassades benodig politieke en lewensbeskrywings inligting, die premier of die president van ‘n land benodig ‘n kombinasie van vermelde tipe en ander inligting. Met die gevolg dat inligting insameling ‘n ontsaglike bedryf geword het.
Intelligensie is ‘n noodsaaklike hulpmiddel in die algehele sekuriteitsbestuur van ‘n nasie en dra aansienlik by tot nasionale beleide en besluitneming wat kritiek kan wees vir die bestaan van die staat self. Politieke en ekonomiese intelligensie het soortgelyke strategiese betekenis verkry as intelligensie wat verband hou met sekuriteit- en militêre sake. Intelligensie is ongetwyfeld een van die bestanddele van suksesvolle staatsmanskap, saam met ekonomiese mag, diplomasie, militêre vermoëns, moderne tegnologieë ensovoorts.
Aan die begin van die 21ste eeu is bereken dat die VSA regering $30 biljoen jaarliks op inligting-verwante aktiwiteite, met ongeveer 200,000 persone in die land en baie duisende VSA burgers oorsee vir beide bedekte en geheime operasies ontplooi het.
3.1 Politieke Inligting
Politiek is die mees gesogte onderwerp wat verskeie tipe inligting benodig. Juis omdat niemand met sekerheid die effek van politiek in ‘n buitelandse land kan voorspel nie. Ontleders word gedwing om alternatiewe te voorspel gebaseer op wat bekend is op politieke tendense en patrone. Konkrete data is handig, insluitende stem patrone, besonderhede van party organisering en leierskap en informasie afkomstig analises vanaf politieke dokumente. Hoof bronne van politieke inligting is die verslae van diplomate, wie normaalweg data verkry van “oop” of wettige bekombare bronne afkomstig van die land waarin hulle werk. Hierdie verslae word aangevul deur professionele inligting toerusting.
3.2 Militêre Inligting
Militêre inligting word ingewin deur militêre diplomate met formele diplomatieke status met ‘n prioriteit van inwin van inligting. Lugruim satelliete verskaf betroubare inligting tov die samestelling van militêre eenhede en wapens en is in staat om troep bewegings te monitor; satelliete is veral belangrik vir die monitering van ‘n land se produksie van ballistiese missiele en wapens van massa vernietiging (bv. biologies, chemies en kernkrag wapens). Die mees waardevolle inligting betreffende militêre organisering en toerusting, prosedure en formasies, en die aantal eenhede en totale personeel.
Die staat van ‘n land se ekonomie is krities tot hul militêre sterkte, hul politieke ontwikkeling, asook hul optrede tov hul buitelandse beleid. Gevolglik is inligting organisasies daarop uit om ekonomiese inligting, insluitende data oor uit – en invoere, finansies, natuurlike hulpmiddels, industriële kapasiteit en bruto nasionale produksie in te samel.
Met die voortdurende vooruitgang in tegnologie, is daar uiteraard ‘n konstante resies tussen nuwe metodes vir die inwin van inligting en nuwe tegnieke om sodanige inligting te beskerm. Juis om te waak teen wetenskaplike en tegnologiese deurbrake wat ander lande ‘n besliste voordeel sal besorg, trag inligting insamelings organisasies om op die voorpunt te bly van buitelandse vooruitgang in kernkrag tegnologie, elektronika, chemiese, en rekenaar wetenskap, asook in baie ander wetenskaplike velde.
Ten einde ‘n akkurate vooruitskatting van ‘n buitelandse land se toekomstige handeling te maak, benodig inligting insamelings organisasies volledige inligting ten einde die persoonlike karaktertrekke van die lande se leiers. Biografiese inligting moet dan uit gebrei word van buitelandse internasionale organisasies, wie se lede op hoogte moet bly met hulle buitelandse mededingers. Inligting stelsels versamel data oor ander lande se bevolkings getalle, topografie (noukeurige beskrywing van die natuurlike en kunsmatige besonderhede van ‘n streek of terrein, klimaat, en ‘n wye reeks ekologiese [versteuring deur besoedeling oorbewoning ens.]) faktore.
4. Bedreigings het uitgebrei om die volgende in te sluit:
- nie-nasionale of trans-nasionale groepe, insluitende interne “vryheids groepe”, as dekmantel vir terroriste groepe, en georganiseerde misdaad groepe;
- Beskermende analises, om op die uitkyk te wees vir kwesbaarheid in jou eie organisasie, en, in ag genome risiko’s vs voordele, om die gevonde gate toe te stop;
- Defensiewe teen spioenasie om vreemde agente te neutraliseer d.m.v. arrestasies, of in geval van diplomate verban hulle as “persona non grata” (verbode immigrante);
- Teen-inligting dwing beskerming in die buiteland af en het dit ten doel om die veld stasie te beskerm en teen-spioenasie en terroriste te identifiseer.
5. Defensiewe Teen-Inligting
Die begin punt is om op die uitkyk te wees vir tekens binne organisasies wat maklik deur buitelandse inligting agente uitgebuit kan word. Vermelde buitelandse inligting agent mag ‘n vyandelike land en selfs ‘n goedgesinde land wees.
Transnasionale groep kan die volgende insluit, terroristiese groepe, kriminele organisasies, insluitende dwelms, geld wassery, afdreiging teen rekenaar en kommunikasie sisteme, smokkel, ens.
6. Offensiewe Teen-Inligting operasies
Die opsporing van vyandelike spioene of fisiese aanvalle teen vriendelike inligting dienste, voorkoming van skade en verlore informasie, en waar moontlik, om die proses om te keer teen die oortreder. Teen-spioenasie gaan verder as net reaktiewe optrede, deur die proses omver te werp, deur agente van die buitelandse herkoms te werf, en hul personeel te diskrediteer (wantroue te skep) wie lojaal is tot hul eie diens, asook die verwydering van hulpmiddels wat deur die vyandelike diens gebruik word.
Indien die vyandelike aksie in jou eie land is of in ‘n vriendskaplike land waar daar samewerking met polisie is, kan daar arrestasies uitgevoer word, of indien diplomate betrokke is, kan “persona non grata” verklaar word. Die inligting prioriteit kom baie keer op konflik neer met die instink van ‘n persoon se eie wetstoepassers, veral as die buitelandse bedreiging kombineer met buitelandse personeel met inwoners van die tuisland.
In sekere omstandighede, is arrestasie die eerste stap waar ‘n gearresteerde die keuse kry om saam te werk of jare gevangenis op die lyf te loop. Samewerking kan insluit deur alles oor te dra wat jy weet rakende die ander land se agentskap, verkieslik is aktiewe behulpsaamheid in misleiding aksies teen die vyandelike diens.
7. Regerings
Regerings gee ook opdragte om geheime aksies uit te voer, deur diplomatieke inisiatiewe te ondersteun en doelstellings te bereik wat slegs via diplomatieke inisiatiewe bereik kan word. Die VSA se CIA (Sentrale Intelligensie Agentskap) het bv., georganiseer dat die regering van Guatemela d.m.v. ‘n militêre staatsgreep omver gegooi word in 1954 en was behulpsaam om President Salvador Allende van Chili te ondermyn in ‘n staatsgreep in 1973. Daarna het die VSA geheime operasies via militêre en finansiële hulp aan die Mujahideen verleen, wat betrokke is by djihad (stryd teen die infidele [ongelowiges] as die vyande van Islam), teen die Sowjet troepe in Afganistan gedurende die 1980’s.
Die Sowjet Unie skroom nie om sy eie leiers uit te wis nie, sover terug as 1940 het hulle Leon Trotsky ‘n lid van die Konstinisionele Wetgewende Vergadering vermoor, omdat hy ‘n voorstander was van Marxisme (stryd tussen sosiale klasse-spesifiek tussen kapitalisme en werkers wat uiteindelik lei tot ‘n kommunistiese revolusie). Die Sowjet, wat aanhangers is van Marksisme-Lenisme (twee-stadium kommunistiese revolusie om kapitalisme [ekonomiese sisteem waar private rolspelers eiendom besit en kontroleer deur vraag en aanbod wat die pryse in die markte bepaal ten voordeel van die gemeenskap met die doel om profyt te maak] te vervang ter versterking van ‘n een party sosialistiese diktatorskap.
Dit word beweer dat Demokratiese lande soos die VSA, Indië en Brittanje sukkel om die vloei van informasie te kontroleer. Juis omdat Demokrate dit toelaat dat hul inwoners die reg het om te protesteer en verskillende mening te opper. Dit lei tot verskillende menings wat heel moontlik die teenoorgestelde mag wees van hul regerings. Die gevolg is die maklike lek van inligting.
Rusland, China en Pakistan wat nie-demokratiese/semi-demokratiese regerings het, kan inligting kontroleer. Juis daarom het Indië aanvanklik met hul Gandi prinsiep ‘n geen-geweld benadering probeer uitvoer (swak militaristiese denke). Dus was Indië aanvanklik traag met die politieke wil om toestemming te verleen vir geheime operasies. Israel het bv. bevestig dat Pakistan besig was met kernkragwapens toetsing, en het verlof van Indië gevra om landings regte vir hulle vliegtuie vir met brandstof hervulling om die opslag plekke te bombardeer – Indië het geweier om die “vrede” te bewaar.
8. Rekenaar Netwerk Operasies
Hedendaagse netwerk van mense “oorlog” is ook deel van operasionele sekuriteit, militêre misleiding, sielkundige oorlogvoering, elektroniese oorlogvoering, rekenaar netwerk oorlogvoering en fisiese vernietiging.
Dit word beskryf as ‘n reeks van oorlog operasies wat elektroniese oorlogvoering en rekenaar netwerk oorlogvoering om die normale operasies van die vyand se oorlogsveld sisteme te ontwrig. Jou eie elektroniese en rekenaar netwerke word beskerm met die oogmerk om informasie oorhand te bewerkstellig. Die kern van rekenaar netwerk oorlog is die “ontwrigting van lae waarin informasie verwerk word, deur beslag te lê en kontrole te behou van die netwerk spasie”. Die netwerk informasie sisteme verhoog geveg effektiwiteit. Enige ontwrigting in die sisteem lei tot die skeiding tussen die persone en hul wapens.
Rekenaar netwerk aanvalle is die mees effektiewe manier vir ‘n swak weermag om ‘n sterker weermag te beveg. Dit kan aangewend word om jou vyand af te skrik. Dit het ‘n langer reikafstand as konvensionele krag projeksie bates, aangesien lang afstande waarnemings, noukeurige kragtige en lang afstand aanvalle beskikbaar is.
Sielkundige omvang, insluitende misleiding, kom van die mense en besluitnemers, dus kan hul wil en persepsies aangeval word om hul oogmerke en optrede te wysig. Dit kan bewerkstellig word deur die pers ondersteuning aan die militêre magte d.m.v. konvensionele metodes van propaganda soos die verspreiding van strooi biljette, “WhatsApp”, radio, TV, en ander maniere van kommunikasie. Soos die meeste komponente van sielkundige oorlogvoering is dit onafgebroke aksies in vredestyd, krisistye, en in oorloë.
9. Beheerde Hoogtes
Die lugruim verskaf ‘n beheerde hoogte voordeel. Dit is dus van die uiterse belang om te poog om die lugruim te “kontroleer”. Sodoende word die oorlog informasie gekontroleer. Aanvanklik is lugballonne met kameras aangewend, wat opgevolg is met vliegtuie. Die modernste is egter satelliete, met radar, gevorderde digitale kameras, radar, sensors en GPS navigasie en “jammers”. Dan word elektroniese inligting en sein waarnemings satelliete ontwikkel, wat direk inligting aarde toe kan versend of d.m.v. ander satelliete herlei.
China is ook besig teen ‘n versnelde tempo om elektroniese intelligensie en “signal intelligence” (SIGINT) via waarneming satelliete te ontwikkel. Met vermelde digitale data wat direk na grond stasies versend kan word, dan is hulle ook besig om ‘n data herlei satelliet te ontwikkel wat die heelal sal dek. Dan het hulle alreeds mobiele data ontvangs toerusting bekom wat ondersteunende data vinnig kan versend na ontplooide militêre magte en eenhede. Tans is hulle ook besig om mikro satelliete te ontwikkel om afgeleë plekke vir aanvoeling sowel as plaaslike netwerke of elektro-optiese en radar satelliete te akkommodeer.
10. Bronne van Inligting Insameling
Party keer, en toenemend, word goeie Oop-bronne inligting, wat aangewend ter ondersteuning van inligting reeds ontvang – baie keer is dit genoeg om vermelde inligting te verwerk in intelligensie aanwending. Ander kere is meer stawende inligting nodig om die prentjie behoorlik te voltooi.
Nieteenstaande die publiek se idee van inligting insamelings organisasies as mantel-en-dolk geheime agente, is die grootste hoeveelheid van inligting inwin ‘n oordramatiese soeke na oop bronne, soos radio uitsaaiers en alle tipe publikasies. Meeste van die werk, wat ook die sifting van verslae van diplomate, besigheidsmense, geakkrediteerde militêre diplomate, ander waarnemers, word gewoonlik uitgevoer deur navorsing analiste in stil kantore.
10.1 Geheime Bronne
Inligting agente het gewoonlik geheime bronne verdeel in die volgende groepe: verbeeldingswêreld inligting, insluitende lug en ruimte verkenning; sein inligting, insluitende elektroniese afluistering en kode identifisering; en menslike inligting, insluitende geheime agente en spioene.
10.2 Oop Bronne
Voorbeelde is argiewe, publikasies, radio, TV, nuusblaaie, selfone, internet, wetenskaplike verhandelings, en sekondêre bronne. Laasgenoemde is enigiets wat beskrywend is, vertolking, evaluering, analisering van primêre bronne. Algemene voorbeelde is boeke, artikels en stawende dokumente.
- Vermelde inligting moet dan geëvalueer word. ‘n Foto is harde (was altyd betroubare inligting – deesdae met “photoshop” is dit onseker), terwyl ‘n verslag van ‘n beriggewer riskant mag wees en moeilik bewysbaar sal wees.
11. Metodes van Insamel van Inligting
Goeie inligting bestuur begin met behoorlike beskouing van noodsaaklike kennis. Indien dit nie die geval is nie, sal data onmetodies bymekaargemaak word en besluitneming sal moeilik wees sonder relevante inligting. Daarom moet inligting geëvalueer word as bevestig, vermoedelik waar, onwaarskynlik waar.
Openbare inligting (o.a. sosiale media) maak vier-vyfdes van die meeste inligting uit, geheime inligting voorsien ‘n vertrek basis. Alhoewel die klassieke spioen agent nooit oorbodig sal wees nie, is die hedendaagse denkrigting dat daar alhoemeer op masjiene (rekenaars, o.a. Chat AI Bot), satelliete, lang-afstand kameras, en akoestiese instrumente staat gemaak sal word.
Met die nuwe tegnologie, is dit moontlik om in die donkerte te sien, om oor groot afstande te kan hoor, en behoorlike foto’s oor geweldige afstande te neem. Desnieteenstaande kan slegs menslike spioene inligting t.o.v. houdings en voorbereidings van buitelandse leiers en internasionale terroriste en kriminele verskaf.
Dit was juis dié tekort aan genoegsame menslike inligting wat uitgewys is as ‘n kritieke faktor wat tot die mislukking van die VSA inligting en wetstoepassers se onvermoë bygedra het, dat hulle nie die terroriste 9/11 aanval op New York City en Washington kon verhoed het nie.
Tegnologie op lugruim waarnemings het dramaties sedert die 1940’s verbeter, sedert die VSA lugballonne met spesiale kameras aangewend het om militêre en industriële installasies oor Sowjet gebied te fotografeer. Vandag word lugruim waarneming waargeneem deur satelliete, vliegtuie, en hommeltuie, wat 24 uur kan opereer. Satelliete is in staat om inligting in te win t.o.v. kernkrag missiele en ander wapens. Dit het die deurslag gegee tot ‘n wapen kontrole ooreenkoms tussen die VSA en Sowjet Unie, kernkrag bomme ooreenkoms is egter onlangs laat vaar. Hoë-hoogte fotografie word ook aangewend om omgewings katastrofes te identifiseer, terroriste opleiding kampe, op te spoor en selfs mense- regte oortredings waar te neem.
Inligting insamelings organisasies wend skepe, vliegtuie, afluister poste in ambassades, militêre instansies en wentelbane satelliete om inligting in te win t.o.v. ‘n land se radio kommunikasie en vloot toerusting en operasies. Daarom kan ‘n enkele duikboot geïdentifiseer word deur die “handtekening” se unieke geraas geluide. Gedurende die Koue Oorlog was die VSA in staat om sensitiewe sein inligting in te samel deur onderwater kommunikasie lyne van die Sowjet te “tap”.
Dit is algemene gebruik deur die VSA en Rusland om afluister stasies in ambassades en selfs groot vissersbote te gebruik om inligting in te vind. Met die gebruik van rekenaars om massa inligting (bv. industriële produksie, missiel lansering, ekonomiese groei) te evalueer, is die filtrering van waardelose inligting ‘n sleutel aksie.
Sedert die Tweede Wêreld Oorlog het daar groot ontwikkeling plaasgevind, met voorbeelde in die Internet era, en kunsmatige intelligensie om massas rou inligting te verwerk, een voorbeeld is om verdagtes met rekords te identifiseer by grensposte.
12. Geskiedenis van Inligting Insamel
12.1 Beriggewers / spioene dateer so ver terug as die Bybel
Num 13 & 14, waar die God vir Moses opdrag gegee het om 12 spioene na Kanaän te stuur om die land te ondersoek. Hul taak was om die volgende vas te stel:
- die toestand van die land (goed of sleg);
- die getalle van die inwoners, en hulle kondisie (sterk of swak)
- die sekuriteit van die stede (oop of versterk deur mure);
- die gehalte van die grond (vrugbaar of swak);
- toestand van die veld (bome of gras);
- gehalte van vrugte (monsters – dit was gedurende seisoen waar druiwe, vye en granate besig was om ryp te word.
Die inligting was oorwegend positief (“land van melk en heuning” [‘n tros druiwe moes op ‘n stok geplaas word en moes deur 2 persone gedra word]) het hulle ook die verspreiding van die verskillende groepe mense aangedui. Tien van die spioene was negatief t.o.v. die sekuriteit van die stede en die mening dat die inwoners te sterk was. Slegs twee was positief en het gemeld dat ‘n oorwinning verseker was sou hulle die steun van die Here hê.
Hierin lê ‘n les vir die hantering van beriggewers (spioene) – deur inligting behoorlik te evalueer.
12.2 “Art of War”
Dwarsdeur die geskiedenis moes besluitnemers op verskillende vlakke van inligting voorsien word. Die Chinese strateeg, Sun Tzu, het alreeds rofweg ‘n halwe millennium voor die Christelike era op die waarde van voorkennis gewys. Ongeveer 2,000 jaar gelede in, wat Noord-China vandag is, het militêre bevelvoerders bymekaar gekom om hulle strategiese denke en ondervinding op papier saam te stel van hoe om ‘n oorlog te voer (dit is vandag nog net so relevant) – dit is later in boekvorm uitgegee “The Art of War deur Sun Tzu”.

https://www.google.co.za/search?q=The+Art+of+War+deur+Sun+Tzu&hl=img
Dit het ‘n nuwe perspektief op konflik geplaas om sodoende ‘n oorwinning te behaal sonder om in ‘n oorlog betrokke te raak. Tzu se denkwyse stel jou in staat om te oorwin sonder aggressie, hetsy of die konflik groot of klein is, persoonlik of nasionaal.
Perspektief oor oorlog as ‘n geheel, veronderstel om die vyand te oorwin moet alles moontlik ongeskonde wees – beide die hulpmiddels en dié van die vyand / teenstander. Tzu se gewaarwording was om te beklemtoon dat kennis, kom na vore in die huidige oomblik (m.a.w. na jy al die beskikbare inligting gevalueer het).
Sy gevolgtrekking is dat indien die stryd / oorwinning lank gaan vat – gaan jou mannekrag afstomp en hul skerpheid verloor. Kyk dus wat jy van jou vyand kan afneem – bv. kos en of wapens. Maak gebruik van onortodokse en buitengewone maatreëls om die oorwinning te verseker.
In die boek word daar ook ‘n hoofstuk afgestaan aan die noodsaaklikheid van die inwin van inligting. Daarsonder kan geen oorlog / misdaad gevoer word nie. Beriggewers / spioene, is die persone wat inligting insamel. Hier volg kortliks die kern – daar is vyf soorte spioene / beriggewers, wat die spinnekop web van inspirasie vorm:
- lewendige (plaaslike) beriggewer
(gaan uit om inligting in te samel, kom terug en rapporteer);
- plaaslike beriggewer
(gewerf onder die plaaslike bevolking);
- binne beriggewer
(aangewend om inligting in te samel in die binnekringe van die opposisie);
- gedraaide of “askari” beriggewer;
(spioen / beriggewer van die opposisie wat gevang word, en oortuig word om ‘n dubbele rol te speel [askari] en gemanipuleerde inligting van die opposisie te verskaf [teen betaling of een of ander voordeel]);
- “Dooie” Beriggewer
(fiktiewe beriggewer, wat vals inligting via die ander beriggewers aan die
opposisie verskaf).
12.3 Inligting Insameling gedurende die Middel Eeue
Gedurende die Middel Eeue is inligting sistematies aangewend maar primitief georganiseerd. Nieteenstaande die feit dat dit bykans onmoontlik was om massa troepe of skepe te verberg, was kommunikasie stadig, wat meegebring het dat die strategiese verrassingselement moeilik was om te balanseer teen die tyd wat benodig is om groot magte saam te trek teenoor die tyd wat dit vir vyandelike agente geneem het om dié inligting in te samel en te rapporteur.
Teen die 15de eeu het die Italiaanse stede permanente ambassades in ander lande gevestig. Dit het dan as inligting sentrums gedien wat kodes en geheime skrif saamgestel het om te kommunikeer. Teen die 16de eeu het ander Europese regerings hulle begin navolg.
In Europa het ‘n georganiseerde stelsel van inligting insameling teen die einde van die “Renaissance” na vore begin tree. Oliver Cromwell, een van die belangrikste leiers van die Engelse Rewolusie, het sy staatsekretaris, John Thurloe, spesifiek opdrag gegee om ‘n spioenasiediens te organiseer. Vaste agente is op strategiese plekke aangestel teen vergoeding en hulle het gereeld verslag gedoen. John Thurloe het vanaf sy aanstelling aan die einde van 1652 vir die sewe jaar, wat hy die pos van staatsekretaris beklee het, £70 000 jaarliks op geheime diens bestee. Agente en spioene is in al die groot Europese stede en in Engeland ontplooi wat politieke en militȇre inligting voorsien het. Onder Thurloe het die Britse spioenasiediens ‘n merkwaardige hoogtepunt bereik.
In die gees van imperialisme (keiserlike mag – staat wat ander gebiede onder sy mag en invloed bring) wat besig was om inligting in verband met handel- sowel as nywerheidsontwikkeling van groot belang. Die Britse “Secret Intelligence Service” (SIS) het na 1815 merendeels op spioenasie in Ierland gekonsenteer en baie min aandag aan Europa en die res van die wêreld gegee. Tussen 1815 en 1873 het die Britse leer en vloot ‘n baie groter bydrae ten opsigte van die insameling van inligting as die SIS, gelewer.
Teen 1870 het die houding egter in Engeland bestaan dat die insameling van militêre inligting onnodig was. Militêre inligting het ook nie deel van die leerplan op die “Royal Military Collage” uitgemaak nie. Tussen die Slag van Waterloo aan die begin van die negentiende eeu en die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899, was Brittanje die magtigste moondheid ter wêreld. Britse diplomate en amptenare was in kolonies oor die aardbol versprei. Waar die Duitsers en veral die Russe groot bedrae geld aan spioenasie bestee het, het die Britse regering egter min bewillig. Teen 1890 het die Russe meer as £1, 000, 000 per jaar teenoor die Britte se £50, 000 – £60, 000 per jaar aan geheime dienste bestee. Die Britse regering het hoofsaaklik van sy diplomate in die verskillende wêrelddele gebruik gemaak, om die regering op die hoogte van sowel militêre as politieke inligting te hou.
‘n Verdere belangrike ontwikkeling in die Britse inligting gemeenskap was die stigting van die “Intelligence Branch” op 1 April 1873. Hierdie afdeling was deel van die Britse leër en het, afhangende van wie in beheer was, ‘n belangrike insamelings rol gespeel. Tydens die Britse militêre optrede in Suid Afrika te Zoeloeland (1878-9) het hierdie afdeling nie gestalte gekry nie. Lord Chelmsford het geen inligtingsoffisier met hom saamgeneem nie want hy het alles self gedoen.
In die algemeen het inligting organisasies in Europa teen 1880 ‘n groter geheime karakter begin aanneem. Bismarck se hoof van spioenasie, Wilhelm Stieber, het spioenasie vanaf 1866 op ‘n professionele grondslag bedryf. Teen sy dood in 1892 het Stieber ‘n netwerk van spioene ontplooi wat groot kommer by die Britse, Franse en Amerikaanse regerings veroorsaak het. In teenstelling hiermee was Britse spioenasie nie op dieselfde standaard as die Pruisiese poging nie. Selfs die Chinese het ‘n geheime diens, die “Manchu Secret Service”, aan die einde van die negentiende eeu in plek gehad. Hierdie diens het op ‘n uitgebreide skaal buite China gespioeneer. Verdere ontwikkelinge gedurende die negentiende eeu wat ‘n invloed op spioenasie gehad het, was van ‘n meer tegnologiese aard. Hierdie ontwikkelinge het as hulpmiddels gedien en sou groter doeltreffendheid meebring om berigte en verslae deur te stuur. Een hulpmiddel was die trein as vervoermiddel. ‘n Ander was die uitvinding van fotografie. Verder was daar ook die ingebruikneming van die telegraaf as ‘n verbindingsmiddel Nie net kon geheime agente self vinnig per trein van een plek na ‘n ander beweeg nie, maar hulle berigte en boodskappe het ook vinniger hulle bestemming bereik omdat pos ook op die wyse vervoer was. Die tendens het met die uitvinding van die telegraaf in die laat 1830’s begin. Teen die 1850’s was dit algemeen. Die gebruik van geheime kodes om berigte en boodskappe te stuur is kenmerkend van enige geheime diens. Teen 1880 is die gebruik daarvan ter wille van geheimhouding as ‘n noodsaaklikheid in militêre en diplomatieke kringe beskou. Die opkoms van nasionalisme in Europa, die uitbreiding van kapitalisme en die imperialistiese strewe van moondhede soos Groot Brittanje en Duitsland, het inligtingsdienste veral na 1880, sterk laat fokus op die nasionale veiligheid van state. Geheime agente of spioene het ‘n wesenlike invloed op die verloop van die geskiedenis gehad.
In baie opsigte was die totstandkoming van geheime dienste wêreldwyd die produk van gevorderde staatsbestuur tydens en na die nywerheid rewolusie. In alle state was ‘n omvangryke verandering ten opsigte van die administrasie en bestuur van die politieke prosesse binne die staat noodsaaklik. Die Zuid Afrikaanse Republiek (ZAR) in Suid Afrika was geen uitsondering me. Die plaaslike geheime diens het letterlik saam met die mynbou-omwenteling aan die Witwatersrand beslag gekry. Die Jameson-inval van 1895-1896 het die totstandkoming van dié instelling noodsaaklik gemaak.
13. Inligting en die Vestiging van Nasionalisme
Die opkoms van nasionalisme (wat op nasionalistiese en sosialisties grondslag gebaseer was) het gepaard gegaan met die opkoms van permanente weermagte en professionele diplomate sowel as die vestiging van organisasies, prosedures en buitelandse inligting sentrums. As voorbeeld het Koningin Elizabeth 1 van Brittanje se sekretaris ‘n netwerk van inligting sentrums in ander lande opgebou. Hy het gegradueerdes van die Oxford en Cambridge universiteite as agente gewerf. Inligting sentrums het geheime kommunikasie kanale, infiltrasies in hoë sirkels, en die sluipmoorde van vyande van die staat.
Eers in die laat 18de eeu, het daar ‘n skerp verdeling tussen interne en eksterne sekuriteit plaasgevind. Onder Wilhelm Stieber, die raadgewer van die koning van Pruise (Duitsland vandag), en later Otto von Bismarck, kanselier van Duitsland het hul ‘n militêre inligting sentrum geskep, wat opgetree het as die land se oë en ore in oorsese lande.
14. Inligting Sentrums in die Moderne Eeu
Teen die aanvang van die 20ste eeu het Europese regerings inligting buro’s dwarsoor Europa gevestig om te kan meeding in krag politiek en by te bly met militêre en kommunikasie tegnologie en teen-inligting inwinning.
Nadat die Eerste Wêreld Oorlog in 1914 uitgebreek het was die meeste Europese lande se inligting vermoë ontoereikend. Niemand wou regtig oorlog maak nie, agterna beskou, kan dit toegeskryf word aan die tragiese mislukking van voldoende inligting wat nie in ordentlike intelligensie (proaktiewe optrede) omskep kon word nie.
Die Franse Inligting diens, wie alreeds verswak is deur die Dreyfus aangeleentheid (Kaptein Alfred Dreyfus van die Franse Artillerie en ‘n Jood, was valslik daarvan beskuldig dat hy vir Duitsland spioeneer, waarna hy gevonnis is vir vier jaar in eensame gevangenskap op ‘n afgeleë tropiese Duiwels Eiland) het uitmekaar geskeur deur interne knoeiery, en ander skandale. Een van die grootste mislukkings van die Franse Inligtingsdiens, was hul lomp berekening van Duitsland se militêre sterkte in 1914, waar hulle Duitsland se tegniese en taktiese moontlikhede by verre onderskat het. Dit terwyl Franse militêre offisiere dokumente vervals het, inligting teruggehou het, terwyl hulle die regbank sisteem mislei het, en hul ondergeskiktes mishandel het. Hulle is gesteun deur regse groeperinge wie anti-Semitiese (persone wat groepstale o.a. Hebreeus, Arabies, Aramees en Ethiopies gebesig het) onluste gemobiliseer het, nasionale propaganda versprei het, konserwatiewe obstruksies georganiseer het – self politieke sluipmoorde beplan het.
Duitsland se inligting agente het ook begin agteruitgaan en teen 1914 het die generale personeel min vertroue in inligting agente gehad. Desnieteenstaande het die inligting agentskappe suksesvolle inligting t.o.v. Persië (vandag Iran) ingevorder met minder sukses in die VSA.
Die Britte kon daarin slaag om die Duitse vloot kodes te breek, wat hul in staat gestel het om die VSA te oortuig om wel oorlog te verklaar, nadat hul Duitsland se plan bekend gemaak het om Mexiko te betree in ‘n oorlog teen die VSA. Nieteenstaande, die taktiese inligting wat hul oor Duitsland ontvang het was dit deurspek met optimisme en misleiding in hul intelligensie beplanning t.o.v. Duitsland se militêre moontlikhede.
Anders as die Europese lande, het die VSA geen sentrale inligting organisasies gehad nie. In werklikheid, aan die begin van die oorlog, het die militêre inligting agentskap slegs uit ‘n klein seksie van die generale personeel, bestaande uit slegs twee offisiere en twee klerke. Aan die einde van die oorlog het die inligting agentskap gegroei tot 1,200 offisiere en burgerlike personeel. In alle opsigte, het die VSA inligting gemeenskap uit amateurs bestaan wat baie gebrekkig was.
Die inligting lesse van die Eerste Wêreld Oorlog, tesame met vooruitgang in tegnologie – spesifiek elektroniese en lugvleuel tegnologie – het uitgeloop op vinnige toename van nuwe inligting agentskappe in die 1920’s en 1930’s, veral in totalitêre (sonder die invloed en gesag van die staat) lande (Italië, Duitsland, en die Sowjet Unie), asook in sommige demokratiese Europese lande. Die uitbreiding beleide van die Sowjet Unie, Italië, Duitsland en Japan in 1930’s, veral met die uitbreek van die Tweede Wêreld Oorlog in 1939, het die uitbreiding en ontwikkeling van inligting dienste dwarsdeur die wêreld versnel.
In 1942 het die VSA, wie bykans oor geen vredestyd se inligting dienste beskik het nie, daadwerklik begin met die eerste volwaardige inligting en geheime in die oorlogsorganisasie vir operasies deur die Kantoor van Strategiese Dienste (voorloper van die CIA). Die oorlog het druk geplaas op inligting insameling, a.g.v. die vinnige vooruitgang van militêre tegnologie. Dit was veral lug oorlog wat nuwe offensiewe en defensiewe inligting benodig het vir operasies.
Die lugmag bevelvoerders het inligting benodig om teikens te bombardeer, inligting oor vyandelike vegters en teen-vliegtuig artillerie. In die eerste dae van die Tweede Wêreld Oorlog, het die VSA staat gemaak op versekerings rekords van Duitse industrie en lugwaarneming om teikens te bombardeer. Die vooruitgang van radio uitsendings het hulle in staat gestel om nuwe verwikkelings in sielkundige oorlogvoering te bestudeer om die effekte te bepaal.
Nieteenstaande die vinnige ontwikkeling, bly inligting insameling wisselvallig. Baie sleutel gebeure-insluitende die Duitse inval in die Sowjet Unie in Junie 1941, die Pearl Hawe aanval teen die VSA deur Japan in Desember 1941, die “Battle of the Bulge” (die laaste groot Duitse aanval) in Desember 1944 – Januarie 1945 veldslag op die Westerse Front gedurende die Tweede Wêreld Oorlog, wat vyf weke geduur het van 16 Desember 1944 tot 28 Januarie 1945, wat plaasgevind het in ‘n beboste te Ardenne tussen België en Luxemburg teen die einde van die oorlog in Europa (Duitsers het 450,000 man; 1,500 tenks en kanonne, asook groot getalle gepantserde voertuie in die stryd gewerp. Tot 100,000 soldate is gedood, vermis, gewond in aksie of gevange geneem). Die geveg het Duitsland se gewapende magte (insluitende hul lugmag) baie uitgedun.
Die VSA het self gevoelige verliese gely deur 81,000 ongevalle, wat 8,400 dooies ingesluit het. Die “Bulge” was die grootste en bloedbad sedert die Tweede Wêreld Oorlog. Die Alliansie se bomkampanje teen Duitsland (1942-45), waartydens die Duitsers onverwagte taai weerstand gebied het – is gekenmerk deur die mislukking van die besluitnemers om hul gebrekkige inligting in positiewe intelligensie te omskep.
Desnieteenstaande die vinnige ontwikkeling, het die intelligensie voorspelling wisselvallig gebly. Baie sleutel gevalle tydens die oorlog – insluitende Hitler se voortdurende kontrole sentralisering van alle operasies op alle fronte, het die Duitsers ontsettend kwesbaar gemaak het. Die groot deurslag het gekom nadat Pole beslag gelê het op ‘n kodemasjien van die Duitsers, en hulle (Pole) tesame met die Franse begin het om van die kodes te ontsyfer. Daarna het die Britte via hul Ultra projek, die res van die Duitse kodes ontsyfer het. Dit was heel moontlik die grootste inligting sukses van die oorlog, wat tot die gevreesde Duitse U-bote (duikbote) se neerlae gelei het.
Gedurende die Koue Oorlog het inligting insameling tot een van die wêreld se grootste industrie gelei, honderde duisende professionaliste is in diens geneem. Elke groot land het nuwe inligting burokrasie (gesamentlike staatsamptenare) geskep, wat ook tot kompetisie gelei het en van tyd tot tyd inligting van mekaar weerhou het. Die VSA het in 1947 die CIA “‘Central Inteligence Agency”) gestig; Brittanje M15 en M16; en die Sowjet Unie die KGB (“Komitee vir Staatsveiligheid”); Frankryk die SDECE (“Eksterne Dokumentasie en Teen-spioenasie Diens”); China se MSS (“Ministerie van Sekuriteit”); en Israel se Mossad (“Sentraal Instituut vir Intelligensie en Spesiale Operasies”).
Teen die 1970’s het elke streeksmag en relatiewe klein state inligting sentrums ontwikkel. Terselfdertyd het die ontginning van spioene en teen-spioenasie ‘n vername produk geword vir vermaak en publisering industrie. In rolprentteaters en op TV is inligting insameling uitgebeeld as komiese vermaak terwyl hul besig was met doodernstige take. By tye was die kommentaar onsmaaklik en immoreel.
Sedert die disintegrasie van die Sowjet Unie aan die einde van die Koue Oorlog, het terroriste organisasies en dwelm kartelle gesofistikeerde inligting en teen-spioenasie-inligting moondhede ontwikkel. Die Islamse terroriste organisasie Al-Qaeda, wie die September 11 aanvalle in die VSA geloods het, het inligting infrastrukture in veilige huise gehad in die Midde Ooste, Europa, en Noord Amerika. Dit het gesofistikeerde rekenaar hardeware ingesluit wat hul in staat gestel het om gekodifiseerde kommunikasie na terroriste selle in die VSA te stuur wat foto waarnemings geneem het vanaf satelliete. Vandag, maak terroriste en dwelm kartelle gebruik van die dienste van die vorige inligting dienste agente van die Sowjet Unie, Oos Duitsland en Joegoslawië om hulle in te lig, vanaf Colombia tot in die strate van Wes Europa, om hulle te beskerm.
15. Foute deur die Inligting sentrums
Die inligting sirkel spel nie uit waar om te begin nie. Die besluitnemer kan nie direk inligting bekom sonder aanwysings van die inligting produk. Sonder aanduiding, kan die inligting analis nie die produk in konteks versprei na die besluitnemer nie.
- algemene struikelblokke
- onbetroubare beriggewers,
- onvolledige kommunikasie,
- data sonder konteks,
- tekort aan standaarde ,
- tekort aan geskikte tegnologie,
- identifisering van bedreigings,
- tekort aan feite,
- swak koördinasie tussen hanteerder en beriggewer,
- evalueer opinies verskaf deur die beriggewer se sentiment,
- tekort aan akkuraatheid,
- terugvoer van hoogs intelligente beriggewers: ego, oordinking, verveligheid,
- onaktiwiteit en uitstel,
- behoorlike evaluering van inligting, voorbeeld van evaluering:
- lae situasie van terroriste aanval (Groen);
- behoedsaam van terroriste aanval (Blou);
- verhoogde situasie van terroriste aanval (Geel);
- hoë situasie van terroriste aanval (Oranje);
- ernstige situasie van terroriste aanval (Rooi).
16. Faktore wat inligting agente kan affekteer
- voeding
- besoedeling
- dwelms en alkohol misbruik
17. Tien (10) Beste Inligting Agente ter Wêreld (rangorde wissel voortdurend):
17.1 VSA – CIA (Sentrale Intelligensie-agentskap)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Amerika se deelname aan die Tweede Wêreld Oorlog het ‘n onmiddellike behoefte geskep om die oorlogsvegters te ondersteun. Die vestiging van die “Office of Strategic Services” (OSS) gedurende Junie 1942 is nie heeltemal deur die “Joint Chiefs of Staff” (JCS) aanvaar nie. Hul geheime operasies is baie skepties ontvang, en hulle het sterk kompetisie van die FBI en Weermag se inligting agente ontvang. Die OSS, het aansienlik van die Britse sisteem verskil, in die sin dat die inligting agente en evaluering operateurs saam gewerk het.
Intussen, is aansienlike inligting moontlikhede geskep in die militêre inligting agente (Militêre Inligting Diens) wat ook in 1942 geskep is. Hulle het voortgegaan om inligting in te win regoor die wêreld, insluitende operasionele operasies, sein onderskeppings, foto waarnemings, prisoniere en oorloper ondervraging, dan het hul ook daarin geslaag om die Japanse seinkodes te ontsyfer. Daarna het hul die Enigma kode masjien van die Duitsers ontsyfer, nadat dit deur die Pole begin, en voortgesit is deur die Britte – met die gevolg dat die oorlog aansienlik in Europa verkort is.
Dit het hul ook in staat gestel om Pearl Hawe te wreek. Die inligting het hul in staat gestel om die Japanse vloot te kon aanval en te verslaan sonder dat die Japanese, fisies hul die vyand kon sien.
Na die oorlog is ‘n Nasionale Sekuriteit Raad (NSC) asook ‘n sentrale Inligting Agentskap (CIA) op die been gebring. Hulle is egter nie dadelik geïmplementeer nie, in afwagting van Nasionale Wetgewing. Eerstens is ‘n Direkteur van Sentrale Inligting (DCI) aangestel, gevolg deur ‘n Advies Raad. Laasgenoemde het burgerlike en militêre hoofde van inligting agentskappe ingesluit wat die DCI moes adviseer.
Die VSA se “Central Intelligence Agency” (CIA) is in Desember 1947 gestig. Dit, nadat daar ‘n groot en dringende behoefte oor die jare ontwikkel het, na die onvoorsiene aanval op “Pearl” Hawe. Nieteenstaande die rol wat die “Pearl Harbour” gespeel het, was daar in regerings kringe na die Tweede Wêreld Oorlog ‘n groot aanvraag na ‘n groep om die regering se inligting insameling te koördineer. Die “Federal Bureau of Investigation” (FBI), die “Office of Strategic Service”, die “War Department” en selfs die Poskantoor het almal hulself probeer posisioneer vir die nuwe kragtige rolspeler.
Die CIA het eers in 1982 tot sy volle reg gekom. In die middel 80’s is die CIA en FBI geskud deur agente wat inligting aan die Sowjet Unie verkoop het. In 1991 het die Sowjet Unie begin uitmekaar val en is Kommunisme ‘n gevoelige slag toegedien.
Gedurende die Koue Oorlog, het die VSA eenvoudig nie die kapasiteit gehad om om agente in die Sowjet Unie te ontplooi vir enige situasies wat ontwikkel het. Die CIA se intelligensie oor die Sowjet Unie was alles verkeerd. Hul analisering deur die Koue Oorlog was eerder gedryf deur ideologie of deur politiek. Op ‘n stadium het die Voorsitter van die Gesamentlike Hoofde opgemerk dat die CIA oor die Sowjet Unie berig het asof hulle nie die nuusblaaie gelees het nie, en nie geheime inligting kon ontwikkel tot intelligensie nie. Die CIA was self onvoorbereid vir die Berlin Muur wat geval het,
Word algemeen beskou as die mees sterkste, fokus op buitelandse intelligensie en ontleding.
“Daar is vriendskaplike state, maar geen vriendelike intelligensie dienste nie.”
(VSA teenintelligensie-offisier – Philip Agee)
Sleutel Sterkpunte: Globale bereiking, gevorderde tegnologie, en ongeëwenaarde hulpmiddels.
17.1.1 Suksesse
- 1953 – Operasie Ajax, geheime operasie tussen CIA en Britse M16, wat Iran se Staatspresident ontsetel het, en Sjah Mohammed Reza Pahlavi, verkies is – om Westerse kontrole oor die olie reserwes te verseker.
- 9 April 1960, wend CIA ‘n spioenasie-vliegtuig aan om Sowjet militêre installasies (toets areas en Lugmagbasis met TU 95 strategiese bomwerpers) te fotografeer.
- 1964 – Operasie “Netunus”, disinformasie aan Slovakia (Staats Sekuriteit), tov vals Nazi-era dokumentasie.
- 1962 – Sowjet Unie se mislukte poging om missiele in Kuba te plaas as teenvoeter vir USA se missiele in Turkye en Italië.
- 1970-79 – CIA werf die Hoof van Intelligensie van die “Palestine Liberation Organization.”
- 2001 – kondig CIA aan dat hulle 27 afluister-apparate in ‘n Boeing 767, (amptelike vliegtuig deur die Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party gebruik), ontdek het;
- Tydens Operasie “Ghost” (voortdurend), gedurende 2010, word 10 Russiese 10 “sleepers” (agente wat diep onder dekking lewe met vals identiteite vir jare, en intelligensie inwin sonder diplomatiese immuniteit) gearresteer.
- 2011 – arrestasie en dood van Osama Bin Laden, gewelddadige terroris en massa moordenaar wat bomme en bloedvergieting aangewend het om sy uitermatige oogmerke te bereik. Na die stigting van die terroriste organisasie Al Qaeda, het hy ‘n reeks aanvalle in verskeie lande gereël wat die dood van duisende mans, vrouens en kinders, baie keer gewone inwoners wat besig was met hul daaglikse lewe, ingesluit het, te vermoor.
- Dekades lank tot 2018 het die CIA in die geheim “Crypto AG” besit, ‘n klein Switserse maatskappy wat enkripsie toestelle gemaak het, in samewerking met Wes-Duitse intelligensie. Die maatskappy het gekompromitteerde enkripsie toestelle aan meer as 120 lande verkoop, wat Westerse intelligensie in staat gestel het om kommunikasie af te luister.
- In 2019 het die CIA ‘n Chinese mol gearresteer wat 19 jaar gevangenisstraf opgelê is.
- Sedert 2019 het die CIA gefokus op teenterroriste-operasies, soos die aanval in 2021 wat die ISIS-leier Abu Ibrahim al-Hashimi al-Qurayshi doodgemaak het. Asook intelligensie-insameling om beleidmakers in te lig oor kwessies soos China se groeiende invloed en oorlog in Oekraïne. Ander positiewe impakte sluit in die ontwikkeling van gevorderde digitale tegnologieë vir spioenasie en ontleding, sowel as die voortdurende publikasie van die CIA “World Factbook” wat waardevolle inligting vir beleidmakers en die publiek verskaf. Sedert 11 September 2001, speel het die CIA ‘n baie belangrike rol Wêreldwyd teen Terroriste.
- Voorspel die Taliban-oorname van Afghanistan in Augustus 2021. Terwyl die CIA na bewering herhaaldelik waarskuwings uitgereik het oor ‘n moontlike vinnige ineenstorting van die Afghaanse regering en weermag, het die spoed van die werklike val van Kaboel binne dae steeds baie Amerikaanse beleidmakers en die publiek verras. Ten spyte van die waarskuwings van die intelligensiegemeenskap, het die Biden-administrasie (en die vorige Trump-administrasie se aanvanklike plan) voortgegaan met die volle militêre onttrekking, ‘n beleidsbesluit wat volgens sommige amptenare die primêre oorsaak van die daaropvolgende chaos was, eerder as mislukte intelligensie.
- Russiese inval in die Oekraïne (2022): In teenstelling met sommige ander gebeure, was die CIA se beoordelings rakende Rusland se voornemens om ‘n volskaalse inval te loods grootliks akkuraat en vooraf in die openbaar versprei, ‘n stap wat deur baie kenners as ‘n strategiese sukses beskou is.
- Afgelope 82 jaar (1947-2025) het CIA verhoed dat Rusland die Wêreld oorvat.
17.1.2 Negatiewe kommentaar
- Die skenking van ‘n afdruk die Groot Seël van Amerika (met ‘n versteekte afluister apparaat) aan die VSA Ambassadeur in Moskou in 1946 en eers in 1952 ontdek.
- Van 1968 tot 1972 behels die CIA se Phoenix-program die moord, sonder verhoor, van tussen twintig- en veertig duisend Suid-Viëtnamese burgerlikes wat vermoedelik lede is van wat Amerikaners die “Infrastruktuur” genoem het – die nie-militêre administratiewe en politieke komponente van die kommuniste se organisasiestruktuur. Duisende is gemartel voordat hulle doodgemaak is, deur metodes soos die herhaalde toediening van elektriese skokke.
- Iranse oorname van die Amerikaanse ambassade in Teheran in 1979.
- Tussen 1985 en 1986 het die CIA elke spioen wat hy in Oos-Europa gehad het, verloor. Die besonderhede van die ondersoek na die oorsaak is vir die nuwe direkteur verduister, en die ondersoek het min sukses gehad en is wyd gekritiseer.
- 1989 – die CIA se verbasing oor Indië se ontploffing van ‘n atoombom en die ambassade-bomaanvalle in 1998 deur Al Qaeda was ‘n mislukking op byna elke vlak.
- Op 21 Februarie 1994 het FBI-agente Aldrich Ames gearresteer. In die ondersoek wat gevolg het, het die CIA ontdek dat baie van die bronne vir sy belangrikste ontledings van die USSR gebaseer was op Sowjet-disinformasie wat deur beheerde agente aan die CIA gevoer is. Boonop is ontdek dat die CIA in sommige gevalle destyds vermoed het dat die bronne bedenklik was, maar die inligting is as eg in die ketting ingestuur.
- Nog ‘n bron van omstredenheid was die CIA se rol in Operasie Condor, wat ‘n veldtog van onderdrukking en staats-terrorisme deur die Verenigde State was wat intelligensie-operasies, CIA-gesteunde staatsgreep en sluipmoorde op leiers in Suid-Amerika van 1968 tot 1989 behels het. Teen die einde van die operasie in 1989 is tot 80 000 mense dood. Net so was die CIA aandadig aan die optrede van doodsbendes. In El Salvador en Honduras.
- Tydens die Iran-Irak-oorlog het die CIA albei kante gesteun. Die CIA het ‘n netwerk van spioene in Iran onderhou, maar geen in Irak. In 1989 het ‘n CIA-fout elke agent wat hulle daar gehad het, in gevaar gestel. In die weke voor die Irakse inval in Koeweit het die CIA die militêre opbou afgemaak. Tydens die oorlog het CIA-ramings van Irakse vermoëns en bedoelings omgedraai en was selde akkuraat. In een spesifieke geval was ‘n ondergrondse skuiling as militêre teiken geïdentifiseer en gebombardeer, onwetend dat dit ‘n burgerlike bomskuiling was.
- Tydens ‘n seldsame geval het die CIA korrek vasgestel dat die pogings van die koalisie magte te kort skiet in hul pogings om SCUD-missiele te vernietig. Kongres het die CIA se rol in die interpretasie van spioenasiesatellietfoto’s weggeneem en die CIA se satellietintelligensie-operasies onder die vaandel van die weermag geplaas. Die CIA het sy kantoor vir militêre sake geskep, wat as “tweede-echelon-ondersteuning vir die Pentagon gefunksioneer het.”
- CIA is gekritiseer dat hul nie inligting kon insamel tov die 11 September 2001 terroriste aanval nie – vier vliegtuie is in die noordooste van die Verenigde State gekaap in ‘n reeks gekoördineerde terreuraanvalle. Twee vliegtuie het in die “Twin Towers” in New York vas gevlieg, die derde in die Pentagon in “Arlington Country, Virginia, en die vierde het verongeluk in ‘n veld naby Shankville. Die aanvalle het die lewens van 2, 996 mense (insluitend die 19 kapers) gekos.
- Die CIA was betrokke by uitgebreide sielkundige oorlogvoering en propaganda veldtogte, beide binnelands en in die buiteland, om die openbare mening en politieke uitkomste te beïnvloed. Bedrywighede het die geheime befondsing van publikasies, organisasies en media ingesluit.
- Op 30 Desember 2009, is die operasionele “Basis Chapman”, Afghanistan, aangeval en sewe CIA offisiere is gedood en ses ernstig gewond.
- Gedurende 2013, het ene Snowdown, geklassifiseerde hoogs geheime dokumente van die CIA aan die nuusmedia gelek.
- In Julie 2014 moes CIA-direkteur John O Brennan wetgewers (twee prokureurs en drie rekenaar spesialiste) om verskoning vra, omdat vyf CIA-werknemers in die geheim die lêers van die Senaat se intelligensiekomitee deursoek en die e-pos van sommige komitee personeellede nagegaan op rekenaars wat veronderstel was om uitsluitlik vir kongres ondersoekers te wees.
- Die langverwagte verslag van die senaat se intelligensiekomitee in 2014 oor die CIA se omstrede aanhoudings- en ondervraging program het die VSA se teen-terroristepraktyke na 9/11 onder hernude ondersoek geplaas.
- Die “New York Times” het gedurende 2016 en 2017 van die CIA se ondermynende operasies in Sirië gerapporteer. Dit was ‘n geval van verskriklike misleide CIA-operasies, wat gelei het tot ‘n dekade van chaos, ‘n eskalerende streeks oorlog, honderde sterftes en miljoene ontheemdes.
- In Februarie 2017 het berigte na vore gekom dat sleutelkundiges binne die CIA bedank omdat hulle nie vir die Amerikaanse president Donald Trump wou werk nie. Die “Middle East Eye” het berig dat twee agente, wat spioenasie binne ISIS bedryf het, bedank het omdat hulle “… nie wou sien dat die kontakte wat vir hulle gewerk het, opgeoffer word weens onbevoegdheid en anti-Moslem-vooroordeel binne Trump se binnekring nie.”
- In Maart 2017 het “WikiLeaks” meer as 8 000 dokumente oor die CIA gepubliseer, met die kodenaam “Vault 7”, gedateer van 2013 tot 2016. Dit het besonderhede bevat oor die CIA se sagtewarevermoëns, soos die vermoë om inligting af te laai van motors, slim-TV’s, en webblaaiers, insluitend “Google Chrome”, “Microsoft Edge”, “Firefox en Opera”, sowel as die bedryfstelsels van die meeste slimfone, insluitend “Apple en Google se Android”. WikiLeaks het nie die bron genoem nie, maar gesê dat die lêers “op ‘n ongemagtigde wyse” onder voormalige Amerikaanse regerings kuberkrakers en kontrakteurs versprei is, oa aan WikiLeaks.
- Die CIA is ongelukkig berug vir kontroversie, insluitend die gebruik van politieke sluipmoorde, marteling, binnelandse afluister, propaganda, breinbeheertegnieke en dwelmhandel praktyke, onder andere.
- CIA, kon nie vinnige ineenstorting van die Afghaan regering voorspel nie, asook die Taliban se oorname in August 2021, nie.
- Die 7 Oktober aanval op Israel (2023) deur Hamas, was ‘n groot intelligensie mislukking vir beide Israeliese Mossad en CIA.
17.2 Brittanje – MI6 (“Geheime Intelligensiediens” (SIS)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Waar hulle jare gelede (1899) as die beste inligting insamelings land was, het hulle liederlik gefaal met die aanvang van die Anglo-Boere oorlog 1899-1902, waar hulle inligting ver te kort geskied het (oorgerustheid), wat meegebring het dat hul swak voorbereid was en die Suid-Afrikaanse situasie heeltemal onderskat het. Die Britse leër het in verskeie veldslae verloor, nieteenstaande hul oormag en al die besette hawens. Generaal Smuts sou egter later melding maak van die “konserwatiewe kortsigtigheid” van die ouer geslag van generaals, wat “die gulde geleentheid” van oorwinning laat wegglip het. Tydens die tydperk was die Boere generaals mense wat progressief was: kommersiële boere en professionele ambagslui. Hulle het net om een rede geveg: hul onafhanklikheid.
Met 448 435 Britse soldate het hul gereken die handjie vol boere kan binne 3 maande verslaan word. Dit het op die ou end 3 jaar geduur, wat 20, 000 Britse lewens gekos om ‘n “Boererebellie” van 52,000 plaasboere te oorwin. Ongeveer 5,000 Boere het in die oorlog gesneuwel; Die bittereinders het guerrillataktiek gevolg en in klein, beweeglike kommando’s geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug.
Spenser Wilkinson, professor van oorlog, van Oxford, het die aanvanklike aanslag van die Britte in die Anglo Boere Oorlog beskryf as ” ‘n man wat ‘n klein brein vir toevallige geleenthede in sy broeksak saamdra het in plaas daarvan om sy kop te gebruik”.
Die Britse opperbevel het van drie taktieke gebruik gemaak om die bittereinders te beveg. Eerstens is alle hawens beset sodat die Boere-vegters geen wapentuig kon invoer nie, tweedens is linies blokhuise en doringdraad opgerig om Boerevegters uit die een distrik na die ander uit te sluit, om hulle sodoende saam te hok om gevang te word. Hierdie taktiek was baie duur en hoewel baie dramaties, kon dit geen groot gevegte tussen die Boere wat die prooi was en Britse jagters uitlok nie. Die derde taktiek en nekslag wat gebruik was, die lafhartige verskroeideaardebeleid, wat berus het op, eerstens, die vernietiging van die Boere se plase; en tweedens die ontvoering en verhongering van Boervrouens en -kinders in konsentrasiekampe. Van die kampe wat verplaaste Boerefamilies moes huisves het reeds in Julie 1900 verskyn, meestal kinders onder 16-jaar, hoofsaaklik as gevolg van die swak kos-voorsiening, ‘n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling het minstens 26 000 vrouens en kinders en 12 000 Afrikane hul lewe in konsentrasiekampe verloor.
Engeland het eers in 1909 die “Secret Intelligence Service” (SIS) wat as Seksie 6 bekend gestaan het gestig, om Brittanje se mense teen die ekonomie en oorsee se bedreigings te beskerm.
In die 1930’s en 1940’s was dit geag die mees effektiewe inligting diens in die wêreld. Met die opkoms van Hitler in Duitsland, het seksie ses spioenasie aksies uitgevoer in Europa, Latyn Amerika en groot dele van Asië. Die naam MI6 het hierna sy beslag gekry.
Later jare is die twee hoof inligting sentrums, bekend as MI6 (buitelands) en MI5 (binnelands) die Veiligheidsdiens behartig. Die Britse inligting gemeenskap is meer ‘n konfederasie (verbond tussen state) met aparte agentskappe. Die MI6 is ‘n burgerlike organisasie geskoei op die VSA se CIA. Hul samel inligting oorsee in met strategiese dienste via buitelandse spioene en politieke geheime intervensie (om die verloop of uitslag beïnvloed). Hul direkteur algemeen bekend as “C”, is ‘n anonieme persoon. Dan rus daar ‘n hoë muur van geheimhouding op die res van die organisasie; inderdaad, die Britse regering erken skaars hul bestaan, alhoewel die groot totaal geldelike bydrae aan die Parlement voorgelê word. Die Britse Geheime Diens is aansienlik kleiner as beide die VSA en Rusland.
Hul prioriteit rol is om teen-terrorisme, teen-inligting in te samel vir stabiliteit, teen-kubermisdaad en teen-terroriste, en is hoogs effektief.
Kundige in buitelandse Intelligensie en spioenasie.
17.2.1 Suksesse
- Goeie verhouding tussen MI6 en Nazi Geheime polisie tot en met 1937 rakende inligting oor kommunisme;
- Nadat die VSA toegetree het tot die Tweede Wêreld Oorlog het was MI6 behulpsaam om Amerika se Kantoor van Strategiese Dienste (OSS) personeel op te lei. Sedertdien werk hul saam met die OSS se opvolger die CIA;
- Gedurende die Tweede Wêreld Oorlog het hul agente daarin geslaag (om die Enigma kodemasjien van die Duitsers, waarop Pole beslag gelê het en saam met die Franse begin het met kode ontsyfering) om die kodes van die Duitsers te ontsyfer, wat beteken het dat die oorlog met twee jaar verkort is;
- Gedurende Mei 1940, loods hulle ‘n geheime operasie om sabotasie te verhoed van Britse belange in Amerika;
- In 1961, het ‘n Pool oorgeloop na Brittanje, en George Blake, ‘n Sowjet agent in Brittanje ontbloot wat opgesluit is;
- In 1978 het ‘n GRU offisier, “Victor Suvorov” (Vladimir Rezun) oorgeloop na Brittanje en baie inligting bekend gemaak;
- Gedurende die Soviet-Afgan,1979, oorlog het hulle Ahmad Shah Massoud, bevelvoerder van die ISIS gewerf en waardevolle inligting rakende die Sowjet planne ontvang;
- Gedurende Oktober 2003 maak hulle ‘n groot deurbraak, nadat ‘n skip BBC China deursoek word en ‘n vrag parte vir Libië se geheime kernkrag ontdek word.
- Vroeg 2004, word lede van ‘n Pakistan terroristegroep arresteer in Bagdad.
- In samewerking met MI5 en ander veiligheidslede word Londen 2012 Olimpiese Spele beveilig teen terroriste bedreigings.
- Met gedeelde intelligensie word skootrekenaars tydelik op vliegtuie verbied in 2017, nadat planne ontdek word om bomme saam te stel wat lugdienste se sekuriteit sou omseil.
- Gedurende Mei 2021, ontdek MI6, dmv “groen spioenasie” om in die geheim klimaat verandering te weeg te bring.
- Voorspel akkuraat Russiese aanval op Oekraïne in Februarie 2022, wat bondgenote in staat stel om voorsorg en koördinasie te tref.
- Gedurende 2020-2025 dmv “intelligensie diplomasie” word bande versterk met bondgenote teen gedeelde bedreigde gevare.
17.2.2 Negatiewe kommentaar
- In die mid-1950s het konsternasie uitgebreek nadat ontdek is dat ‘n M16 agent, George Blake, ook vir Sowjet Unie gewerk het;
- In 1951 is die Britse inligting agent Kim Philby ontmasker as die mees suksesvolle dubbel agent sedert die Koue Oorlog wat ook vir die Sowjet Unie gewerk het;
- Teen middel 1990’s laat hul bronne hul in die steek met die fiktiewe Wapens van Massa Vernietiging inligting rakende Irak, intelligensiebeamptes beweer MI6 lede was betrokke by ‘n propaganda veldtog om Sadam Hussein in die laat 1990’s en vroeë 2000’s valslik te beskuldig van “Wapens van Massa Vernietiging”;
- Gedurende September 2004 word verskeie Britse spioene in Belgrado en Sarajewo ontmasker deur die plaaslike gemeenskap;
- Gedurende 2013 word ‘n Britse soldaat Lee Rigby vermoor deur Michael Adebolajo, waarna daar bevind word dat MI6, vir Adebolajo gedurende 2010 in Kenia aangehou is en aan Brittanje uitgelewer is. Hul het hul betrokkenheid in vermelde saak ontken.
- Gedurende 2018 word MI6 lede in die Parlement aangekla, vir aanranding en marteling van aangehoudenes in ten minste 200 gevalle.
- Gedurende 2020, kom dit aan die lig dat lede van MI6, betrokke was by ernstige kriminele dade oorsee.
- Kom as geen verrassing, dat MI6 lede betrokke is by die moord op ‘n kernkrag wetenskaplike Mohsen Fakhrizadeh van Iran in 2020.
- Tydens ‘n verslag deur die Aanmelding van Agente Kriminaliteit in 2020, kom dit aan die lig dat MI6 agente na gelaat het om moontlike “ernstige kriminaliteit” van sy oorsese agente aan te meld.
- Die teregstelling van Lireza Akbari, ‘n Iran-Britse nasionalis deur Iran in Januarie 2023 op aanklag van spioenasie vir die MI6, is beskryf as ‘n intelligensie mislukking.
17.3 Israel – Mossad (Hebreeus afkorting vir Instituut vir Intelligensie en Spesiale Operasies)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Sedert hul ontstaan in 1948, het die Staat van Israel besef dat hy ‘n noodsaaklikheid het vir inligting insameling en teen-spioenasie met agentskappe wat eerste-klas reputasie verwerf het. Hul professionalisme het gelei tot die feit dat daar minder inligting is oor hul doen en late is as enige ander inligting agentskap wêreldwyd.
Mossad die buitelandse inligting insamelings agent, is op 13 Desember 1949 gestig. Dit was veronderstel om die bestaansreg van Israel te verseker – die klein land wou ‘n veilige hawe vir Jode wêreld wyd skep. Mossad word beskou as lewens assuransie teen ‘n tweede Joodse volksmoord.
Israel het Rusland onttroon as die 2de beste Inligting Instansie (tot en met die Hamas inval in Israel op 2023/10/07), nadat hul vir vyftig jaar die tweede beste inligting agentskap in die wêreld was.
Mossad is in 1949 gestig as die opvolger van die militêre inligting agentskap. Dit het meer as ‘n jaar gevat om operasioneel te raak, met interne burokratiese konflikte, en ‘n vroeë verleentheid in 1951 nadat ‘n Israelse spioenasie ring in Bagdad ontbloot is waarna hulle gearresteer is.
Mossad is verantwoordelik vir inwin van inligting, geheime- en teen-terroriste operasies.
Na die stigting van die Joodse staat, was hulle redelik onaktief. Yitzhak Shamir, ‘n vorige Stern-bende “terroris” (Vryheidsvegter vir die vryheid van Israel), het ‘n operasie van stapel gestuur om Duitse wetenskaplikes te arresteer wat Egipte behulpsaam was om vuurpyle te bou. Later is kampanjes van stapel gestuur om Irak en Iran te ontwrig wat kernwapens (vir gebruik teen Israel) ontwikkel.
Op hierdie stadium blyk dit dat Israel die oorhand het, nieteenstaande hul klein land status. Kyk mens na hul geskiedenis, is dit duidelik dat hulle gewikkel is in ‘n komplekse realiteit. Hulle is omring deur Arabiese lande met ‘n agtergrond van historiese religieuse oorloë (Moslems vs Christene vs Jode- kruisvaarders). Dus, veg hulle eksistensiële (wysgerige rigting wat die menslike bestaan in elke situasie telkens in die middelpunt stel en deur ondersoek oorloë na die konkrete bestaanswyse van die mens die sin van die lewe wil deurgrond) oorloë.
Israel se inligting agente (met verpligte militêre opleiding) het tot gevolg dat hul ‘n uiters gedissiplineerde gemeenskap is, met intensiewe kennis tov beplanning en uitvoering van militêre planne.
Meestal werk inligting agente in donker skaduwees, en is nie betrokke in opspraakwekkende doodmaak van mense nie. Mossad se inligting agente is die uitsondering op die reël. Hulle is meesters van professionele geteikende persone in ander lande. Die frase in Hindi is “ghar mein ghus ke marenge” (ons sal jou huis binne kom en jou doodmaak).
Dit het alles begin met die radikale Palestynse terroriste wat die hotel kamers van die Israelse atlete wat aan die Olimpiese Spele in München, Duitsland in 1972 binne gebars het. Elf atlete is as gyselaars geneem en later dood gemaak. Al die terroriste wat betrokke is, is mettertyd in verskillende lande opgespoor en uitgewis.
Israel Inligting Agentskap het verskeie komprimeë met verskeie outonome organisasies aangegaan. Die Sentrale Instituut van Inligting en Sekuriteit, is die gewilde Mossad, wat buitelandse spioenasie en geheime politiese en paramilitêre operasies uitvoer, insluitende sluipmoorde op terroriste van Palestina en ander. Die Mossad hoof rapporteer direk aan die President.
Mossad is bekend vir hul noukeurigheid, effektiwiteit teen terrorisme en internasionale spioenasie. Bekend vir hul durf, gewaagde hoë insette en innoverende geheime operasies.
17.3.1 Suksesse
- Mossad spioen Wolfgang Lotz, infiltreer Egipte in 1957 en bekom inligting oor hul missiel, militêre instellings en industrie;
- Gedurende 1960, word die ontvlugte oorlog Nazi krimineel Adolf Eichmann, in Argentinië, gearresteer, verhoor en gehang in Israel;
- Gedurende Augustus 1962, arresteer Mossad, Duitse wetenskaplikes en tegnikusse wat vuurpyle in Egipte ontwikkel het wat radioaktiewe materiaal sou bevat;
- In 1966 slaag Mossad daarin om ‘n Irakse vlieënier Munir Redfa om te praat om oor te loop en in ‘n MiG 2 na Israel te vlieg. Hulle slaag ook daarin om Redfa se hele familie deur te smokkel na Israel. Op daardie stadium is onbekende inligting rakende die MiG 2 ook gedeel met die VSA;
- Die berugte spioen Elie Cohen wie Sirië se leierskap geïnfiltreer het om Israel behulpsaam te wees om die Golan Hoogtes te verower gedurende die 1967 Midde-Ooste oorlog;
- Op 5 April 1979, het Mossad agente ‘n Irakse reaktor opgeblaas, via ‘n lugaanval;
- Gedurende 1988 is Khalil al-Wazir (Abu Djihad) deur Mossad agente gedood. Dit is nadat hy die Palestynse Islamitiese para militêre organisasie gestig het in 1981, om aanvalle op Israel se bewoners uit te voer, self-moord bomaanvalle in Israel uit te voer, asook die afvuur van vuurpyle op Israel;
- In die laat 1990’s, het Mossad se agente in Johannesburg hulle as SA inligting agente voorgedoen, en twee Iran se agente ontvoer het wat met Denel geskakel het ivm gevorderde wapen sisteme. Hulle het die agente na ‘n pakhuis geneem hulle aangerand, geïntimideer en geforseer om die land te verlaat;
- in 1991 word Salah Khalaf, hoof van PLO intelligensie en tweede in bevel onder Yasser Arafat gedood;
- Mossad lig die CIA en FBI, gedurende Augustus 2001 in dat hulle inligting bekom het wat daarop dui dat daar moontlik 200 terroriste die VSA gaan binne glip om ‘n “groot aanval uit te voer”. Dit blyk agterna dat die twee vernaamste inligting agente nie op daardie stadium “eye to eye” gesien het nie, met die moontlikheid dat hulle die inligting nie ernstig opgeneem het nie. ‘n Maand later vind die grootste terroriste aanval in die geskiedenis van die VSA plaas;
- Gedurende September 2007 vernietig Mossad ‘n kernreaktor in Sirië;
- In 2008, word Imad Mughniyeh, leier van Hezbollah (terroriste organisasie), bondgenoot van Iran, onthoof in Damaskus, Sirië, nadat ‘n bom in ‘n voertuig ontplof;
- Vroeg Augustus 2010, word die liggaam van Yuri Ivanov, vise hoof van GRU, Russiese inligting agentskap op ‘n Turkse strand gevind, met Mossad agente die hoofverdagtes
- In 2018 infiltreer Mossad agente Iran se kernkrag argief in Teheran, waarna hulle meer as 100,000 dokumente en rekenaar leërs terugneem na Israel.
- 4/08/2024 word ‘n sluipmoord uitgevoer op ‘n Iranse kernwetenskaplikes en ‘n Hamas politieke leier wat Teheran besoek.
- 7/09/2025 word die top leier van Hammas Ismail Haniyeh gedood.
- 7/09/2025 word twee Iranse leiers, Qasem Soleimani & Mohammed Bagheri, gedood en hul lug verdedigings wapens vernietig, wat Israel in staat stel om ‘n aanval op Iranse kernkrag fasiliteite uit te voer.
- 2025/09/18 word talle Hezbollah terroriste ernstig beseer nadat hul “gedokterde” roepradio’s ontplof.
17.3.2 Negatiewe kommentaar
- Op 6 Oktober 1973, op Yom Kippur, Christelike dag, val Egipte en Sirië die Golan-hoogland aan, terwyl baie Israel se soldate op die vakansiedag weg was van hulle poste;
- In 1986, word ‘n sak met vervalste Britse paspoorte ontdek in ‘n telefoonhokkie in Wes Duitsland. Die paspoorte is deur Mossad verkry en was beoog vir die Israel se Ambassade in Londen vir gebruik tydens geheime operasies. Die Britse regering was woedend, en het ‘n verskoning van Israel geëis, met die versekering dat hulle dit nie weer sal doen nie;
- Op 15 Junie 1988, is ‘n Palestynse nagraadse student Ismail Sowan, skuldig bevind in die hof, terwyl twee Mossad agente uitgeskop is uit Brittanje. Sowan is naamlik in besit gevind van ‘n groot aantal wapens en gevonnis tot elf jaar gevangenisstraf. Dit het aan die lig gekom dat Sowan vir tien jaar ‘n opgeleide werker van Mossad was. Mossad het nooit vir M16 ingelig nie. Die Mossad kantoor is daarna gesluit tot 1994 na die bom aanslag op die Israel se Ambassade in Londen.
- Net na 1997, gedurende Binyamin Netanyahu se eerste term as eerste minister, volg die mislukking van die sluipmoord op Khaled Mash’al, ‘n Hamas terroriste leier. Die Mossad agente het met vervalste Kanadese paspoorte na die Israelse ambassade gevlug. Dit het ‘n groot diplomatieke krisis tot gevolg gehad, wat tot die bedanking van die Danny Yatom, Mossad se hoof gelei het.
- In Februarie 1998, word vyf Mossad agente in Switserland gevang terwyl hulle afluister apparate in ‘n Hezbollah agent se huis versteek. Vier agente is vrygelaat, maar die vyfde is skuldig bevind en gevonnis tot een jaar gevangenis straf, en verban tot toegang tot Switserland vir vyf jaar;
- In Februarie 2011, beskuldig Oekraïne vir Mossad dat hul ‘n Palestynse ingenieur ontvoer het wat aansoek gedoen het vir Oekraïniese burgerskap, nadat hy drie weke later in ‘n Israelse tronk opgeneem is;
- in 2018 beskuldig Maleisië, Mossad agente dat hul ‘n Hammas Ingenieur Fadi al-Batsh doodgeskiet het, omdat hy hul behulpsaam was in hul energie sektor;
- In Oktober 2022, word gerapporteer dat Mossad agente gepoog het om twee Hammas rekenaar kundiges in Maleisië te ontvoer, die een het egter ontsnap en die polisie gekontak, waarna die agente se motor se registrasie hul na ‘n huis geneem het waar hulle die ontvoerde gevind het en die kapers gearresteer het.
- Die Oktober 7 aanval op Israel in 2023 deur Hamas is wyd geag ‘n militêre mislukking vir beide Israel en die VSA se Intelligensie Agente. Geen voldoende waarskuwing van die gevaar en omvang van die aanval is oorgedra nie.
- Augustus 2024 word Liridon Rexhepi, ‘n spioen van Mossad in Turkye gearresteer.
- 14/04/2025 het honderde vorige Mossad agente, Mossad gekritiseer omdat hulle nie die gyselaars in Gaza kon opspoor nie.
17.4 China – MSS (“Ministerie van Staatsveiligheid”)
https://www.google.com/search?q=China+%E2%80%93+MSS+&sca_esv=2d75fd89a7b477b4&hl=en&sxsrf=ANbL-n7oXjje3_uGmiW2UTc1f7D5aAGtwQ:1769593885115&source=hp&biw=1366&bih=633&ei=Hdx5aa3S
Die “People’s Liberation Army” se geskiedenis begin in 1927 met die burgeroorlog in China, wat van ‘n guerilla mag tot die grootste weermag in die wêreld ontwikkel het.
Premier Mao Zadong, het sedert die 1920’s tot 1970’s, die land as ‘n outokraat bestuur. Met sy quasi-goddelike status bestuurstyl het China ontsettend gely onder inligting insameling, met sy konstruktiewe onuitwisbaarheid, wat van so ‘n aard was dat niemand bereid was om van hom te verskil nie. Al sy onderdane was te bang om negatiewe nuus bekend te maak, hy het alles bevraagteken en baie agente sonder bewyse toegesluit.
Teen die 1950’s is sy inligting insameling d.m.v. politieke bestuurstyl misbruik. Hierdie misbruik het ‘n hoogtepunt bereik gedurende die Kulturele Revolusie tussen 1966-76. Hy het na hartelus sy senior personeel valslik beskuldig van oorlopery en verraaiers. Hy het die uitvoerende mag, die Chinese Kommunistiese Party (CCP) in Maart 1967 onder militêre kontrole geplaas.
Die MSS is aktief in die industriële en kuber spioenasie om die “People’s Liberation Army” (PLA) te vervang.
Die voorloper van die MSS, China se inligting agentskap was die Chinese Kommunistiese Party, en daarna die Sentrale Spesiale Tak (Teke), wat in 1936 hernoem is. In 1955 is dit weer hernoem na die Sentrale Sosiale Sake Departement. In 1983 het dié Departement saamgesmelt met die Ministerie van Publieke Sekuriteit om die inligting departement van Ministerie van Publieke Sekuriteit (MSS) te vorm.
Alreeds in die 1950’s, het die meeste Chinese ambassades oor ‘n ondersoekende en navorsing kantoor beskik, as inligting agentskap.
China se “Ministry of State Security” is verantwoordelik vir China se burgerlike inligting insameling, hul sekuriteit en is ook die geheime polisie vir die republiek.
China se buitelandse inligting en teen-spioenasie agentskap is die MSS (“Ministry of State Security”) het in 1983 tot stand gekom het en gebaseer op die vorige KGB, verantwoordelik is vir buitelandse inligting, teen-spioenasie, asook die insameling van wetenskaplike- en tegniese inligting.
Hul taak is om inligting in te samel wat teen die land gemik is, om dan teen-inligting operasies uit te voer. Chinese se inligting beamptes is verbonde aan die diplomatieke personeel en ander nie-amptelike persone onder die dekmantel van besigheid persone en akademici. Hul operasies is taamlik suksesvol, veral in die VSA.
Die Chinese kommuniste leierskap was nog altyd besorg oor andersdenkendes op politieke, sosiale, of religieuse gebiede. Beide die MSS en “People’s Armed Police” hou verdagte andersdenkendes dop.
Die MSS is ‘n burgerlike agentskap, met hul eie polisie mag (“Staats Veiligheids Polisie”). Met die selfde magte as die gewone polisie, om arrestasies en aanhoudings betreffende klagtes ivm staat sekuriteit.
Die MSS is gemagtig om spioenasie uit te voer plaaslik en oorsee, asook die aanhouding van verdagtes vir 15 dae.
China is daagliks besig om globale ekonomiese en diplomatieke invloed te bekom, d.m.v. geheime operasies wat tradisionele inligting inwinning oortref. Dit is besig om Westerse sekuriteit agente te oorweldig. Dit is asemrowend hoe China besig is om tegnologiese en ekonomiese inligting te steel om buitelandse politiek te beïnvloed.
Die Chinese Kommunistiese Party was nog altyd pragmaties van natuur. China kan beskryf word as ‘n inligting staat. Die party beskou die besigheid van insameling en beskerming van geheime as ‘n alles-in-nasie onderneming. Dit strek sover dat belonings aangebied word aan die inwoners om moontlike spioene te identifiseer en selfs skoolkinders word geleer om bedreigings te identifiseer.
China se inligting agentskappe is kragtig en goed toegerus. Hulle is in staat om swakhede van die gemeenskap uit te buit en groot volumes van inligting en data in te win. Chinese se inligting operateurs is ook besig om Staats ondernemings, Staats media organisasies en ambassades en konsulate se inligting te tap.
Nog ‘n Chinese benadering is die geduldige benadering om met politici op grondvlak te skakel wie die potensiaal toon om hoër poste te beklee. Die elite Staats amptenare word winsgewende besigheid aanbiedings aangebied in ruil vir inligting van belang. Baie besigheid mense is in werklikheid ondergrondse MSS operateurs;
Die vooruitgang van China se kuber netwerke, veral hul vermoë om rekenaar webwerwe binne te dring/ontwrig van veral Westerse lande, is asemrowend. Hul kommunistiese bedrywighede en minagting van mense regte word al hoe groter bedreiging vir Westerse lande, met die oogmerk om die wêreld te verander.
Met hul industriële- en kuber-spioenasie, het hul die “People’s Liberation Army” (PLA) vervang as die land se mees gesofistikeerde, veerkragtige en gevorderde bedreiging.
Die intelligente Chinese maak gebruik van Marksistiese-Lenisme taal en revolusionêre geskiedenis. Dus word oorsese teikens in die swakste moontlike lig beskou.
Alle Chinese inligting agentskappe is kragtig met groot reserwes. Hulle is goed aangepas om swakhede uit te buit. Baie hiervan vind plaas in die kuber domein, waar hul ander lande se staatsondernemings, media, ambassades en konsulate monitor.
Konsentreer op bestuur van buitelandse, plaaslike en politieke intelligensie.
17.4.1 Suksesse
- Gedurende 1978 arresteer hulle vir Kang Sheng, wat ‘n groot rol tydens die Kulturele Revolusie gespeel het;
- Gedurende 1990 slaag China daarin om twee VSA besighede Aero-Technology Import & Export te koop – en bekom lugvaart tegnologie, asook Hauwei te koop – om spioenasie en rekenaar toerusting te bekom;
- In 2000, het hulle bv. daarin geslaag om geklassifiseerde inligting te verkry rakende die inter-kontinentale ballistiese missiele (ICBM) en duikboot-ballistiese lansering (SLBM);
- In 2010 het die MSS ‘n groot CIA-netwerk infiltreer wat gelei het tot die dood en inhegtenisname van meer as ‘n dosyn CIA-bronne oor twee jaar;
- In 2015, slaag hulle daarin om op die internet die VSA se kantoor van die Personeel Bestuur, binne te dring en miljoene persoonlike inligting te steel;
- In 2018 het die MSS ‘n mol, Jerry Chun Shing Lee, in die CIA geplant;
- In Desember 2020 is ‘n MSS operateur gearresteer in Afghanistan, nadat hy erken het dat hy inligting inwin oor Al Qaeda en Taliban
- Vermelde blootstelling is as ‘n sleutel onderdeel van verdedigingsstrategie beskou.
- Januarie 2024 het die MSS ‘n agent met die naam Huang (geen nasionaliteit bekend gemaak nie) ontdek wat glo deur MI6 gewerf is en verskeie nasionale geheime verskaf het.
17.4.2 Negatiewe kommentaar
- In 1979, ondervind hulle ‘n groot verleentheid nadat hulle nie Vietnam se inval in Kampuchea (vandag Kambodja) kon voorsien nie, en nadat China toetree met die hoop dat hulle Vietnam kan verdryf, moes hulle na 4 weke stert tussen die bene weer huiswaarts keer nadat die Vietnam guerrillas toegerus met Sowjet en VSA wapens hulle verjaag;
- Alreeds in 2009 het die MSS begin om andersdenkendes in die land te onderdruk, kerke en ander religieuse groepe is onderdruk, en is die internet gesensor, om te verhoed dat China se inwoners weet wat in die buite wêreld aangaan, om die kommunistiese kultuur uit te bou;
- In 2012 is ‘n uitvoerende assistent van ‘n vise-minister uitgevang dat hy inligting aan die CIA verskaf.
- In 2012 arresteer die CIA vir Candece Claiborme, ‘n staatsamptenaar in die VSA ambassade, wat as spioen vir China opgetree het;
- In 2017 nader MSS lede wat hul voordoen as Kulturele personeel, ‘n Chinese man met VSA burgerskap om vir hulle te spioeneer, hy lig die FBI in, wat hulle terug deporteer na China, nadat hulle beslag gelê het op hul fone;
- In September 2020 word ‘n MSS operateur in Indië gearresteer wat poog om inligting van ‘n Staats departement te bekom;
- In Desember 2020, word 10 CSS lede in Afghanistan gearresteer, nadat hulle poog om inligting oor al Queda, Taliban en Turkye se Islamitiese Party te bekom;
- In 2020 word 2 lede van MSS uit die VSA geskop nadat hulle die maatskappy Moderna, wat Covid-19 entstof ontwikkel, se rekenaar “kraak’ om inligting te steel;
- Gedurende Februarie 2021, skop Brittanje 3 lede van MSS uit die land wat hulle voordoen as joernaliste;
- Gedurende 2022, word ‘n Chinese beïnvloedingsagent, Christine Lee, in Engeland ontbloot wat namens die “Chinese Kommunistiese Party” kontakte oor die politieke spektrum te kweek.
- In 2022, word ‘n MSS spioen uit die VSA geskop nadat hy pro-demokratiese Chinese inwoner agtervolg en teister;
- Regeringsoptrede: die Britse regering se besluit om Chinese telekommunikasiemaatskappy Huawei teen einde van 2027 van sy 5G-netwerke te verban, wat in 2020 aangekondig is, was gebaseer op sekuriteitkwessies en intelligensie.
- Die Chinese konsulaat in Houston is in 2020 deur die VSA President gesluit nadat hulle uitgevang is dat hulle hoog-tegniese inligting gesteel het;
- Gedurende Mei 2021 is vier MSS agente uitgevang wat via rekenaars inligting bekom het in California vanaf universiteite, navorsing institute, en Staats ondernemers;
- Word Chinese staatsgeborgde kuberkrakers in die “HAFNIUM” veldtog ontbloot in die VSA. Kwesbaarhede in die “Microsoft Exchange Server – sagteware uitgebuit en duisende rekenaars wêreldwyd gekompromitteer. MSS-gekoppelde individue Xu Zewei en Zhang Yu is aangekla.
- Brittanje se intelligensie agente bevind in 2021-2022 dat China se intelligensie agente “hoogs waarskynlik” die Verkiesingskommissie gekompromitteer het.
- In 2025 VSA beskuldig CSS-intelligensie agente daarvan dat hul vals konsultasie firmas gebruik om regerings analiste te werf.
17.5 Rusland – SVR (“Sluzhba Vneshney Razvedki” – Rusland se primêre Buitelandse Intelligensie Agentskap)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Tot en met die Sowjet Unie se uitfasering in die vroeë 1990’s, het die KGB ‘n tipe kombinasie van die CIA, FBI en NSA gehandhaaf as ‘n enkele inligting insameling agentskap. Alhoewel die kombinasies vreemd vir ander lande was het die meeste kommunistiese lande die Sowjet Unie nagevolg.
Die Geheime Polisie is in 1917 na die Russiese Revolusie gestig met die Bolshevik Party (ver-linkse revolusionêr) onder Vladimer Lenin en het bekend gestaan as Cheka, afkorting vir die Russiese “Buitengewone Kommissie” om alle pogings en revolusionêre aksies en sabotasie deur vyande in die Russiese Burgeroorlog uit te wis.
Vorige benaming: KGB (“Komitet Gosudarstvennoy Bezopasnosti – Komitee vir Staatsveiligheid”). Dit was die hoof Sekuriteit agentskap van die Sowjet Unie van 1954 tot sy beëindiging in 1991.

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Die KGB het begin as Cheka, na die Tweede Wêreld Oorlog, het die MGB (“Ministry of State Security”) ontstaan. Die finale reorganisasie van die Sowjet inligting insameling het begin met die KGB wat in 1954 gestig is en het in 1991 ontbind.
Dit is algemeen aanvaar dat die KGB die Sowjet se inligting agentskappe gedomineer het. Die Weste se analiste het geglo dat die direkteur as indiwidu geweldige politieke mag gehad het.
Die KGB was verantwoordelik vir buitelandse inligting insameling en teen-inligting insameling en sekuriteit, en gewapende magte, om potensiële verraaiers aan die kaak te stel. Die meeste Sowjet amptenare wat oorsee gedien het direkte kontak met die KGB en GRU gehad: Sowjet diplomate verbonde aan die VN is van tyd tot tyd ontbloot as inligting agente. Hierdie gebruik deur spioene in diplomatieke poste aan te stel is daarna het die meeste groot lande hul nagevolg.
Dit word bereken dat aan die einde van die Koue Oorlog het die KGB se personeel op ongeveer 500,000 (uitsluitende beriggewers) gestaan. Ongeveer 20,000 KGB personeellede het in buitelandse missies gedien, met die meeste betrokke in teen-spioenasie, waarneming van die publiek, tegniese inligting insameling, en grens beheer. Dan het die KGB se ongeveer 5%-10% beriggewers deel uitgemaak van die bevolking.
Een van die KGB se laaste direkteurs, Yury Andropov, was aan die hoof vir 15 jaar en het later die leier van die Kommunistiese Party in 1982 geword tot en met sy dood in 1984.
Die KGB is in 1991 ontbind nadat hulle misluk het met ‘n staatsgreep teen die President Mikhail Gorbachev, die Buitelandse Intelligensie Diens (FIS) en Federale Veiligheids Diens (FSB) het daarna oorgeneem.
Rusland se Buitelandse inligting agentskap die SVR (“Sluzhba Vneshney Razvedki)” – Rusland se primêre Buitelandse Intelligensie Agentskap), is in Desember 1991 gestig, na die ontbinding van die Sowjet Unie en die KGB, na ‘n mislukte staatsgreep teen premier Mikhail Gorbatsjof.
Sedert die einde van die Koue Oorlog is hul steeds besig om lede te werf in die CIA en FBI. Desnieteenstaande sukkel die Russiese inligting insameling agentskappe met verskeie strukturele probleme.
17.5.1 Sommige suksesse
• Na die Tweede Oorlog, het die KGB aggressief Oos – Duitse Intelligensie offisiere gewerf om Wes Duitsland se Intelligensie Dienste te infiltreer.
• KGB slaag daarin om die Hongaarse Revolusie in 1956, en Praag Lente van Sosialiste in Tsjegge-Slowakye in 1968 te onderdruk en Nasionale Kommunistiese Regering te vestig.
• Daarna het werwing gekonsentreer op lande se verdedigingsmagte, wetenskaplike en tegniese spioene. Hulle slaan ‘n groot slag in1967 met die werwing van John Anthony Walker, die VSA Vloot adjudant-offisier, waarna hy vir 18 jaar lank meer as ‘n miljoen vloot kode-boodskap ontsyfer het.
• Gedurende Operasie Kaskada (“Cascade”) in 1970 infiltreer die KGB die Oekraïnse Sosialiste Republiek se nasionale party, waarna bomme die land ontwrig.
• Alreeds in 1979, slaag die KGB en Sowjet troepe daarin om Afghanistan te infiltreer, waarna die Afghaan President gedood word. Daarna volg 9 jaar van okkupasie deur Sowjet Unie.
• Suksesvol om in 1980 te verhoed dat die Solidariteit Arbeids Vakbond in Pole nie onderdruk word nie, waarna hulle spioene in die Solidariteit en die Katolieke kerk ontplooi.
• Gedurende die Koue Oorlog, het die KGB die FBI spioen Robert Hansen (1979-2001) en CIA spioen Aldrich Ames (1985-19940) gewerf.
17.5.2 Sommige Negatiewe Kommentaar
- Die KGB het insiggewende negatiewe intelligensie beleef, vernaamlik hul vermoë om die mislukking van die Sowjet Unie se ineenstorting te voorsien aan die einde van die Koue Oorlog, wat toegeskryf is aan hul fokus op ideologiese kontrole oor objektiewe analises. Dan het hul onwilligheid om slegte nuus oor te dra aan hul leiers.
17.5.3 Onderliggende punte
- Organisatoriese strukture: die KGB was nie ‘n ware onafhanklike rolspeler nie, maar het die Kommunistiese party gedien, en ideologie geprioriseer met kontrole oor objektiewe intelligensie insameling en analisering.
- Analitiese swakhede: met verskeie punte, is die analitiese kant van die intelligensie nie ontwikkel nie agv die feit dat dit gelei het tot gebrekkige analise en gebrekkige besluitneming.
- Tekortkoming om aan te pas, sekere foute, soos die trae rapportering van swak nuus, is gewortel in diepgewortelde “strategiese kultuur” wat getoon het dat verandering vir hul baie moeilik was, met gepaardgaande hervorming.
- As voorbeeld operasie RYAN, gedurende vermelde operasie, het die paranoïese Yuri Andropov opdrag gegee dat die Sowjet Intelligensie sy suspisie moet bevestig dat die VSA beplan het om kernkrag aanvalle op die Sowjet Unie te loods. Geforseerd om dit na te kom het die KGB vermelde onware bewering bevestig. Dit het die Sowjet Unie se vervolgingswaan het amper ‘n kernkrag oorlog inteken.
Vermelde aksie blyk steeds aanwesig te wees in Putin se bestuurstyl, deurdat die meeste leiers wat van hom verskil om die lewe gebring word.
17.5.4 Rusland – SVR (“Sluzhba Vneshney Razvedki” – Rusland se primêre Buitelandse Intelligensie Agentskap)
Opvolger van KGB, fokus op sekuriteit en intelligensie.
Interessant, dat Rusland nie die algemene generiese term vir Russiese agente gebruik om na ‘intelligensie’ of ‘sekuriteit’ te verwys nie, maar die term spesiale dienste besig.
Die Buitelandse intelligensiediens is in Desember 1991 gestig om die KGB op te volg. Werk baie nou saam die militêre intelligensie. Dit word bereken dat die SVR ‘n tweede vlak geskep het van hulpagente (onwettige en spesiale agente) wat oa wetenskaplikes en ander professionele persone insluit, wat onder diep dekking in die buiteland woon. Hul taak sluit o.a. in om geheime politieke moorde in die buiteland te hanteer.
Intelligensie agente in die buiteland word gereeld na Openbare Biblioteke gestuur waar hulle toegang tot die internet kry sonder om hul identiteit te openbaar. Hiervandaan plaas hulle propaganda, misleidings via e-posse op opvoedkundige webwerwe vir verspreiding.
Vermelde maatreëls word deur Russiese kundiges opgestel wat vir die SVR werk. Die doel is om Russiese buitelandse beleid wit te was, ‘n positiewe beeld te skep, anti-Amerikaanse gevoelens te bevorder en “verdeeldheid en onrus binne die VSA te veroorsaak.
Die SVR is bekend vir verskeie misleidende amptelike openbare verklarings.
17.5.4.1 Suksesse
- FBI-agent Robert Hansen Aldrich Ames (1985) en Earl Edwin Pits (1996), CIA-agent Harold James Nicholson (1994), en kolonel George Trofimoff, VSA Weermag Reserwe (2000) (hoogste militêre offisier wat vir spioenasie gearresteer is), agent “Emil Goldfus” (Rudolf Abel) het vir bykans vir 10 jaar aldaar geopereer voor sy arrestasie. Vermelde agente het jare as dubbele agente ook vir Rusland gewerk het en geklassifiseerde inligting oorgedra.
• Slaag daarin om die “Solar Winds” (2019) vanaf private rekenaar netwerk se sagte ware van die VSA regering binne te dring.
- Robert Philip Hansen ‘n FBI lid het vir 15 jaar vir die KGB gewerk, en duisende geklassifiseerde dokumente op kernkrag oorlog verdediging en ander sensitiewe inligting oorgedra. Het ook 3 Russiese agente wat vir die FBI gewerk aan die KGB het ontbloot. Daarna is hulle aangekla waarna twee skuldig bevind is en lewenslange gevangenisstraf moes uit dien. gevangenisstraf
- Slaag daarin om sensitiewe gesprekke van hooggeplaaste Duitse lugmag offisiere se te monitor in Februarie 2024 vir die potensiële lewering van Tarus kruis missiele aan Oekraïne.
• Nadat 10 Russiese “sleeper” agente vir jare in die VSA gewerk het word hulle eers in 2010 deur die FBI gearresteer.
17.5.4.2 Negatiewe kommentaar
- In 1999 word ‘n Russiese diplomaat geskors nadat hy uitgevang is dat hy afluisterapparate versteek het in ‘n konferensiekamer wat deur diplomate gebruik word in Oktober 2000.
- Gedurende Februarie 2004 word Zelimkhan Yandarbiyev in Qatari vermoor deur SVR agente, soortgelyk aan die moord, ook deur ‘n motorbom, gedurende 1996 van Dzhokhar Dudayev.
- As ‘n outoritêre leier beïnvloed Vladimar Putin waarskynlik Russiese intelligensie om gevolgtrekkings te maak wat sy eie sienings en vooroordele bevestig – wat waarskynlik sy besluit beïnvloed het om die wrede inval in Oekraïne in 2022 te loods. Vermelde proses om inligting te dwing om by gevolgtrekkings te pas, veroorsaak intelligensie-mislukking van bevestigingsvooroordeel. Wat heel moontlik rampspoedig kan wees.
- Verkeerde beoordeling van SVR, t.o.v. Westerse reaksie voor 2022 se inval, om Oekraïne te destabiliseer.
- SVR om toe te gee aan bevestigingsvoordeel, ‘n historiese probleem, ‘n moontlike oorbeklemtoning op spioenasie bo analise en druk op ontleders om by leierskap se siening aan te pas.
- Hoë profiel-mislukkings soos die onthullings gedurende 2010 tov die “Onwettige Vreemdelinge Program” in die VSA, en beweerde betrokkenheid by verkiesingsinmenging en disinformasieveldtogte.
- Ook gedurende 2010 word 10 diep-dekmantel Russiese intelligensie-agente geïdentifiseer en gearresteer.
- 2016, word SVR agente beskuldiging van verkiesings inmenging in die VSA deur Russiese intelligensie agente.
- 2018/05/04, mislukte poging deur SVR agente om Sergei Skripal in Brittanje te elimineer, nadat hy uit Rusland gevlug het en inligting rakende Russiese intelligensie agente aan M16 oorgedra het.
- Druk deur Russiese intelligensie op politieke teenstanders wat uit Rusland geëmigreer het, en onwettig na Rusland oor te plaas, soms deur formele regsprosedures te omseil.
- Geheime taktiek, en die gebruik van spioenasie sagte ware om ballinge en joernaliste te monitor, selfs binne die Europese Unie.
- Disinformasie en propaganda veldtogte om openbare mening te manipuleer en onrus in ander lande te saai.
- Geheime toesig en gebruik van spioenasie sagteware om ballinge en joernaliste te monitor, selfs binne die Europese Unie.
- Ontkenning van dienste/toegang: die implementering van maatreëls soos weier van toegang tot sekere lande of blokkering van toegang tot noodsaaklike dienste (bankwese, regshulp) om die lewe vir ballinge moeilik te maak en druk op hulle te plaas om terug te keer of hul aktiwiteite te staak.
- Fisiese bedreigings: gewelddadige dade, hoewel minder algemeen binne die Europese as wettige manipulasie, kom steeds voor, met gedokumenteerde gevalle van pogings tot vergifting en ontvoerings van dissidente in Europa.
- Vals inligting verskaf dat die VSA ‘n staatsgreep beoog voor die Georgiese parlementêre verkiesing in 2008.
- Beweer dat Europese Unie beplan om NAVO magte na die Moldawië verkiesing in 2025 te stuur om Moldawië te beset – dit was vals en het nooit gebeur nie.
17.6 Indië – RAW (Navorsings- en Analise Vleuel)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Indië, wie betrokke was in verskeie oorloë teen Pakistan sedert die 1940’s, het ook ‘n gesofistikeerde inligting gemeenskap wat verantwoordelik is aan hulle burgerlike regering; in vergelyking met Pakistan,
Die Gesamentlike Inligting Komitee, wat gekontroleer word deur die Kabinet, analiseer die inligting wat hulle ontvang van die burgerlikes en militêre agente. Die Militêre, Vloot, Lugmag lewer ‘n gesamentlike diens t.o.v. kriptografie en sein ontleding.
Indië, as die land met die meeste inwoners, het met rasse skrede vooruit gegaan om op ‘n stadium die derde beste inligting agent te wees, en het in die proses groot kanonne soos Engeland, Frankryk, Duitsland en Rusland verby gesteek.
Indië se “Research and Analysis Wing” (RAW), is die hoof internasionale inligting agentskap wat in 1968, gestig is en op die CIA gebaseer is. Vorige hoofde was deskundiges op China en Pakistan. Dan het hul voordeel getrek uit opleiding in die VSA en Brittanje, en meer onlangs in Israel. RAW se hoof val direk onder die Staats President en rapporteer aan die Kabinet – die grootste demokrasie in die wêreld.
Die hoof taak van RAW is die monitering van politieke, militêre ontwikkelings en terroriste aanslae vanuit naburige lande, wat ‘n direkte invloed het op Indië se sekuriteit en die formulering van sy buitelandse beleid speel. Die kontrole en vermindering van militêre hardeware na Pakistan, veral van Europa, die VSA en China, speel ook ‘n groot rol.
Hul sleutelpunt is gefokus op eksterne intelligensie.
17.6.1 Suksesse
- Oorwinning oor Pakistan in 1971;
- Speel ‘n groot rol in die samestelling van Bangladesh, nadat Pakistan ingemeng het, en die Noord Ooste staat van Sikkim in 1975 en die bystand aan Kachim weermag;
- Operasie “Smiling Buddha”, die vestiging van Indië se kernkrag program;
- Gedurende die mid-1980’s het twee geheime groepe Pakistan en Khalistani terroriste verhoed om wapens en geld oor die Indiese grens te smokkel;
- Tydens operasie “Cactus” in November 1988, val 200 rebelle Maldives binne (2,000 km van Indië), Indië word versoek om hulp te verleen. RAW verleen hulp met valskerm soldate wat die orde binne ure herstel;
- In 1990 het RAW inligting ontvang van Mohammed Ershad wat pro-Pakistan en anti-Hindoe beleidsbesluite wou neem, wat deur die Indiese regering as ‘n bedreiging beskou is.
- Die geveg teen Pakistan in 1999, Kargil Oorlog, was ‘n klinkende oorwinning;
- In 1991, nadat Khaleda Zia die verkiesing gewen het, was Indië bekommerd oor toenemende teistering van pro-Indië-politici, grootskaalse radikalisering en noukeurig beplande infiltrasie van opgeleide ekstremiste in Indiese gebied deur Jamaat-e-Islam. Hulle het verskeie terreuropleidingskampe langs die grens opgerig. Om al hierdie aktiwiteite te stop, het RAW spontaan verskeie van sy kampe en ‘n groot ISI-skuiling gebombardeer en sodoende terreurnetwerk afgebreek.
- In 1997 het Indië aktief deelgeneem aan die konflik met “Chittagong Hill Tracts.” RAW het die rebelle van Shanti Bahini, die militante vleuel van die PCJSS, opgelei en gefinansier.
• In November-Desember 2019 tydens ‘n spesiale operasie red RAW agente vier Indiese burgers wat in verskillende dele van Afghanistan werk, wat deur die Haqqani-netwerk ontvoer is.
• In 2002 het arresteer RAW vir Ajjad Gul met 5kg RDX (plofstof) by die Nizamuddin treinstasie wat hy wou opblaas en word gevonnis tot 10 jaar tronkstraf.
• Gedurende 2004, verskaf RAW inligting, dat daar ‘n moordpoging op Pakistan se vorige president, Generaal Pervez Musharraf uitgevoer sou word, wat Pakistan kon verhoed.
• RAW speel ‘n belangrike rol in 2016, deur intydse en akkurate intelligensie aan operasionele adviseurs en beplanners te Pakistan te verskaf tov lanseerplekke in Pakistan, wat Kasjmir geadministreer het.
• Gedurende 2019 tydens die Balakot lugaanval speel RAW ‘n belangrike rol deur inligting te verskaf rakende Markaz Syed Ahmad Shaheed se opleidings kamp waar ‘n aantal terroriste skuiling gesoek het.
• In 2020 fnuik RAW agente ‘n moordpoging van Al-Kaïda, Taliban en Turkistan Islamitiese Party lede wat lede van die Indiese regering wou vermoor.
• In Februarie 2020 het RAW die Indiese doeanebeamptes ingelig dat ‘n Chinese skip uit die Sjanghai-hawe, by die Kandla-hawe in besit was van ‘n wapen wat in die lanseer proses van ballistiese missiele gebruik kan word, dit is “verkeerdelik” as ‘n industriële droër verklaar.
• Groeiende invloed in Afghanistan sedert 1950, 2011 & 2021.
• Gedurende 2025 verskaf RAW inligting dat die hoof van die PCJSS (Politiese party in Bangladesh), Santu Larma, namens die regering van Bangladesj menseregteskendings, werwing van kindersoldate, wapen- en dwelms uitgevoer het.
17.6.2 Negatiewe kommentaar
- Op 5 April 1986 is die La Belle-diskoteek in Wes-Berlyn, ‘n gewilde kuierplek vir Amerikaanse dienspligtiges, geteiken in ‘n terreurbomaanval wat deur die Libiese geheime diens beplan is. Die aanval het tot drie sterftes gelei en 229 mense is beseer. Die intelligensie-agentskap het geen inligting vooraf gehad nie.
- Die ondersteuning van die Tamil separatisme (strewe na afskeiding) groep (“Liberation Tigers of Tamil Eelam (LTTE) in Sri Langa in die 1970’s, het baie kritiek van die “human rights organization” ontlok. Veral nadat die groep se terroristiese bedrywighede gedurende die 1980’s toegeneem het. In 1989 het RAW vredesgroepe na Sri Langa gestuur om die groepe wat hul opgelei het te beveg. In 1991, is die President van Indië Rajiv Gandi in ‘n sluipmoord om die lewe gebring;
- In die vroeë 1987 is K.V. Unnikrishnan, ‘n IPS-beampte wat by die RAW-stasie in Colombo geplaas is, is deur die CIA ontbloot dat hy tussen 1985 en 1987, toe hy as die stasiehoof in Chennai aangestel is, wat Sri Lanka-operasies koördineer, het hy inligting aan sy hanteerder weggegee oor die opleiding en bewapening van Tamil-groepe, insluitend LTTE. Hy het ‘n jaar in die Tihar-tronk deurgebring en is uit die IPS-kader ontslaan.
- Die binneval van Pakistan van die state Jammu en Kashmir in Indië, in 1999, het baie kritiek veroorsaak tov RAW se effektiwiteit;
- In 2004 was daar ‘n spioenasieskandaal waarby die CIA betrokke was. Rabinder Singh, gesamentlike sekretaris en hoof van RAW se departement van Suidoos-Asië, het op 5 Junie 2004 na Amerika oorgeloop. Hierdie verleentheid en nasionale veiligheidsmislukking word toegeskryf aan swak toesig, swak ondersoek en gebrek aan koördinasie.
- Op 26 November 2008, ontvang RAW inligting dat militante Islamiete terroriste Indië gaan binne val, die Nasionale Adviseur in die Kabinet, ignoreer egter die inligting. Daarna loods die terroriste 12 aanvalle loots en verskeie bomme laat ontplof, 175 mense kom om en meer as 300 word gewond.
- Die 2019 Pulwama-aanval het op 14 Februarie 2019 plaasgevind, toe ‘n konvooi voertuie met Indiese veiligheidspersoneel op die Jammu–Srinagar Nasionale Hoofweg deur ‘n selfmoordbomwerper by Lethapora in die Pulwama-distrik, van die voormalige staat Jammu en Kasjmir aangeval is.
- Eerstens, aangesien die RAW se skuif maande in voorbereiding was, hoe het Indië se intelligensie-agentskappe die tekens misgekyk? Ten minste is satellietbeelde met sub-een meter resolusie maklik toeganklik selfs vir leunstoel-intelligensie-waarnemers. Tweedens, selfs al was Indië se intelligensie-agentskappe bewus daarvan dat die PLA ‘n soort aksie beplan het nadat Indië die status van die voormalige staat Jammu en Kasjmir (insluitend Ladakh) vroeg in Augustus 2019 verander het, is sulke inligting met bevelvoerders gedeel? Derdens watter assesserings is deur Indië se intelligensiegemeenskap en die Nasionale Veiligheids se sekretariaat (NSCS) gemaak wat ‘n reeks reaksieopsies vir die regering voorsien het? Boonop, hoewel die verbod op die talle Chinese toepassings dalk nie direk met die onderwerp verband hou nie, ontstaan die vraag wel: as hierdie toepassings inderdaad ‘n sekuriteitsbedreiging inhou, waarom het Indië gewag vir ‘n krisis om die verbod in te stel?
- Gedurende Mei 2020, word 20 Indiese soldate gedood in ‘n botsing met China se Volksbevrydingsleër in die Galwanvallei in die Ladakh-sektor. Dit was wydverspreid en duidelik die resultaat van maande se beplanning. In reaksie het vrae het ontstaan oor Indië se intelligensievermoë.
- Self ‘n oppervlakkige kyk na enige krisis toon aan dat Indië se pogings om sy veiligheidsargitektuur en prosesse te hervorm histories reaktief, versigtig, gebrekkig en slegs inkrementeel eerder as holisties was. Dieselfde is byvoorbeeld gesien in die nasleep van die Kargiloorlog met Pakistan in 1999, en na die terreur aanvalle op Mumbai op 26 November 2008. Indië het selde proaktiewe hervormings onderneem en min gedoen om regstellende maatreëls na vermelde krisisse te implementeer.
- Gedurende Mei 2020 vind botsings plaas met China se “Volksbevrydingsleër” (PLA) in die Ladakh-sektor, en word 20 Indiese soldate gedood. Waarna Indië begin het om strafmaatreëls teen China in te stel. Vermelde botsings was meer aggressief en duidelik die resultaat van maande se beplanning deur China. In die nasleep daarvan het Indië se reaksie vrae laat ontstaan rakende hul intelligensie vermoëns.
- Op 22 April 2025 is die ongerepte kalmte van Baisaran-vallei naby Pahalgam, Kasjmir, deur geweld van die wreedste aard verbreek. In wat nou die dodelikste burger-geteikende terreuraanval in Indië sedert 2008 genoem word, is 26 toeriste, insluitend ‘n kind en ‘n Nepalese burger, koelbloedig vermoor deur militante wat lojaliteit aan The Resistance Front (TRF), ‘n bekende plaasvervanger van die terreurgroep Lashkar-e-Taiba van Pakistan, beweer het. Dit was nie net ‘n daad van verskriklike terreur nie. Vir Indië was dit ‘n katastrofiese intelligensie fout, ‘n sekuriteitsbreuk van die hoogste orde, en ‘n nasionale tragedie met diepgaande strategiese gevolge. Indië, met een van die wêreld se grootste staande weermagte en ‘n formidabele Intelligensienetwerk, het nie ‘n aanval in een van die mees bewaakte en sensitiewe streke van die land voorsien nie.
- Volgens kundiges is die vraag wat Indië nou kalm, ernstig en strategies moet vra die volgende: Hoe kan Indië die volgende nul-dag aanval voorspel en voorkom? Die antwoord lê nie net in meer soldate op die grond nie, maar in meer intelligensie, meer integrasie en meer tegnologie. Indië moet nou ‘n beslissende skuif maak na KI-versterkte nasionale veiligheid — en leer van wêreldwye eweknieë soos die Verenigde State en Israel, wat kunsmatige intelligensie diep in hul teen-terrorisme-raamwerke geïntegreer het.
17.7 Duitsland – BND (Bundesnachrichten Dienst)

Die Federale Inligting Diens (BND) is op1 April 1956, gestig en oorgedra aan die Wes Duitse regering.
Die Federale Inligting Diens (BND) is die wêreld se tweede grootste inligting hoofkantoor, wat deur Richard Gehlen (legendariese Koue Oorlog spioen meester) gedurende 1956 gestig is, en onlangs by NATO aangesluit het, met noue bande met die CIA. Die BND was meestal die enigste oë en ore op die grond van die Westerse inligting agentskappe in die Oosterse Blok. Die BND word ook geag as een van die beste inligting agente met betrekking tot die Midde Ooste vanaf die 1960’s.
Hulle kollekteer en evalueer inligting op verskeie areas in soos bv internasionale geen-state terrorisme, wapens van massa vernietiging, onwettige oordra van tegnologie, georganiseerde misdaad, wapens en dwelm smokkel, geld wassery,
Die BND tree vandag op as vroeë-waarskuwingsisteem om die Duitse regering in te lig rakende bedreigings van oorsee se lande. Hulle is afhanklik van afluister apparate en elektroniese waarnemings vanaf internasionale kommunikasies.
Duitsland is ‘n aktiewe, sleutel deelnemer in die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie en die Europese Unie, in noue samewerking met buurt Europese nasies en die VSA op internasionale ekonomie, inligting insameling, en sekuriteit kwessies.
17.7.1 Suksesse
- Gedurende 1962, was die BND die eerste Westerse inligtingsdiens wat oor inligting beskik het oor die Sowjet se plasing van medium-afstand missiele in Kuba;
- Suksesvolle Samewerking: Die BND werk effektief saam met ander nasionale en internasionale Veiligheidsagentskappe deur platforms soos die Gesamentlike Terrorismebestrydingsentrum (GTAZ), die Gesamentlike Internetsentrum (GIZ), en die Nasionale Kuberverdedigingsentrum, wat ‘n gladde inligtingsuitruiling verseker om komplekse en vinnig bewegende sekuriteitsrisiko’s te beveg.
- Gedurende 1963, word ‘n mol Heinz Felfe, gearresteer vir hoogverraad;
- In 1968, lig hulle die VSA in dat Sowjet en ander Warsaw troepe Tsjeggo-Slowakye gaan binne val;
• Globale Intelligensie: Dit het hulle vir dekades toegang tot geheime kommunikasie gegee en groot gebeure soos die Suez-krisis (1956), die Iranse gyselaar-krisis (1979), en die Camp David-ooreenkomste (1978) beïnvloed. Global Intelligence: Dit het hulle vir dekades toegang tot geheime kommunikasie gegee en groot gebeure soos die Suez-krisis (1956), die Iranse gyselaar-krisis (1979), en die Camp David-ooreenkomste (1978) beïnvloed.
- In 1986 het die BND die verslag van die Libië Ambassade in Oos-Berlyn oor die “suksesvolle” implementering van die1986 Berlynse diskoteek-bomaanval.[33]
• In 1990 het BND die Finse Veiligheidsintelligensiediens ‘n lys name bekom, wat glo bande met die Stasi agente (Oos Duitsland) gehad het .
- Na die 2006 Libanonoorlog het die BND geheime onderhandelinge tussen Israel en Hezbollah bemiddel, wat uiteindelik gelei het tot die 2008 Israel–Hezbollah gevangene-uitruil
- Aan die begin van 2008 is dit onthul dat die BND daarin geslaag het om uitstekende bronne binne Liechtensteinse banke te werf en sedert die begin van die 2000’s spioenasie-operasies in die prinsdom uitgevoer het.
- In 2014, word ‘n CIA-agent die land uit gesit nadat hy op Duitsland gespioeneer het;
- Historiese teenintelligensie-sukses: Histories het die BND (saam met die CIA) die Switserse kripto firma (“Crypto AG”) vir dekades suksesvol saam gemanipuleer, wat hulle in staat gestel het om die kodes van talle kliëntlande (insluitend Iran, Libië, ens.) te ontsyfer en beduidende intelligensie in te samel.
- April 2022, toe Franse hommeltuig beeldmateriaal, verskaf via DGSE-intelligensie (Franse Intelligensie), Russiese paramilitêre groepe ontbloot het wat probeer het om Frankryk te probeer inval deur liggame naby ‘n militêre basis in Mali te begrawe.
- Doen die bemiddeling tussen Israel en Hezbollah 2025, tov prisonier uitruiling;
17.7.2 Negatiewe kommentaar
- Onvermoë om die ontvoering en moord van die Israelse Olimpiese Spele in 1972 te identifiseer;
- Op 5 Februarie 2003,Colin Powell het die saak gemaak vir ‘n militêre aanval op Irak voor die VN-Veiligheidsraad, hy het sy saak ondersteun met inligting wat van die BND ontvang is, in plaas van dr. Hans Blixen die direkteur-generaal van IAEA (Internasionale Atoom Energie Agentskap). Die BND het inligting ingesamel van ‘n informant bekend as Rafid al-Janabialias Curveball, wat beweer het Irak sou in besit wees van Massa-vernietigingswapens, behalwe dat hy meer as 1,000 persone per jaar gemartel en doodgemaak het, vir meer as 20 jaar.
- Gedurende 2005, kom dit aan die lig dat die BND, joernaliste werf as spioene;
- In 2006, verskyn ‘n persberig dat BND agente spioeneer op Oostenryk se Kernkrag ontwikkeling;
- In 2014, word ‘n BMD agent gearresteer nadat hy geheime dokumente aan die CIA oorhandig het, en later gepoog het om geheime aan Russiese agent te verkoop;
- AUKUS-pakt en Duikboot ooreenkoms (2021): Franse intelligensiedienste het nie die AUKUS-veiligheidspakt tussen die VSA, die VK en Australië voorsien nie, wat daartoe gelei het dat Australië skielik ‘n multi-miljard dollar duikboot-kontrak met Franse in Desember 2022 gekanselleer het, is ‘n hoëvlak-werknemer van die BND op beweerde verraad gearresteer
• Grondwetlike Hof beslis in Mei 2020 oor die aktiwiteite van die BND. Die uitspraak het verklaar dat sogenaamde strategiese toesig aktiwiteite wat deur die intelligensie-agentskap uitgevoer word, onverenigbaar is met die fundamentele mensereg op privaatheid en persvryheid.
• BMD wat nie volskaalse inval in 2024 van Rusland in Oekraïne voorsien het nie.
• Verslaggewers Sonder Grense (VSG) het kommer uitgelig oor uitgebreide data-insameling en moontlike toesig oor joernaliste in Duitsland oor ‘n beduidende tydperk, veral vanaf die tyd van die Edward Snowden-onthullings in 2013 en die daaropvolgende aanvaarding van die nuwe BND-wet laat in 2016/vroeg 2017, tot ten minste laat 2023 en in 2024/2025.
• In 2025 het die BND, pogings om nasionale veiligheids- en intelligensie-raamwerke te moderniseer toegeneem, namate hul worstel met die beperkings van ouer burokrasieë teen gesofistikeerde digitale en transnasionale bedreigings.
• Personeel- en Befondsingskrisis asook ernstige onderbemanning, stadige werwing (tot 13 maande), en begrotingsonsekerheid het die BND se vermoë om aan toenemende sekuriteitsbehoeftes te voldoen, belemmer.
17.8 Frankryk – DGSE (Rigting Gėnerale de la Sėcurity)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
Frankryk het die “Deuxiéme Bureau”, ook bekend as 2de Buro, gestig deur die militêre circa 1871-1873 met die geboorte van die Franse Derde Republiek. Gedurende die Tweede Wêreld Oorlog is dit hernoem na die Sentrale Buro “de Renseignements et d’action, vanaf Julie 1940 tot November 1943. Op 28 Desember 1945, na die Tweede Wêreld Oorlog, het “kolonel Passy” die agentskap dramaties te hervorm deur 8,300 van die 10,000 voltydse inligting agente af te dank, met die nuwe benaming SDECE (Service de Documentation Extérieure et de conte-espionage). Die SDECE het nou al die inligting agentskappe onder een dak gehuisves. Die SDECE het tot die middel-1960’s onafhanklik geopereer, totdat daar ontdek is dat Mehdi Ben Barka, ‘n Marokkaanse revolusionêre woonagtig in Parys, vermoor is. Die gevolg van die skandaal was dat die agentskap onder kontrole van die Militêre Minister van Verdediging geplaas is. Buitelandse sake het in elk geval sedert 1871, onder toesig om politieke redes onder militêre toesig geopereer.
Met die verkiesing van die nuwe sosialistiese regering onder Francois Mitterrand, op 2 April 1982, is die inligting agentskap aansienlik hervorm en hernoem na die DGSE (“Direction Générale De La Sécurite Extérieure”). In 1992, na die Koue Oorlog, is die Verdedigings verantwoordelikhede na die DRM (Direkteur Militêre Inligting) verskuif.
Die hedendaagse Franse Inligting en teen-spioenasie sisteem bestaan uit ‘n algamasie van eenhede wat uit die Napoleontiese tye dateer en ‘n organisasie wat ontwikkel is deur generaal Charles de Gaulle as leier van Frankryk gedurende die Tweede Wêreld Oorlog. Vanaf 1946 tot 1981 het die grootste gedeelte van die Franse inligting diens uit die SDCE bestaan. Na 1981 is die SDCE omskep in die DGSE (Algemene Direktoraat van Uitvoerende Sekuriteit). Alhoewel die agentskap sy struktuur verander het, het hul tradisionele funksies behou: buitelandse inligting, teen-spioenasie buite Frankryk, en oorsee se koeverte politieke intervensies.
Toeligting
Frankryk se inligting agente te wete DGSE, is besig om spesialiste te werf tydens skole kompetisies vir tegnologiese leerders, om kuberkrakers hok te slaan. Die doel is om weggesteekte kodes te identifiseer in webwerwe en vertroulike lêers.
Sodra die aanbieder van DGSE klaar gepraat het, moet alle studente hul skootrekenaars uithaal en binne 20 dae met oplossings kom, insluitende kaping van e-pos adresse, webwerwe, ontsyfering van geheime kodes en identifisering van internet gebruikers wat sekere foto’s aanlyn publiseer.
Die studente ontwikkel die uitdagings, wat dan geëvalueer word. Die voordeel is dat die studente na vore kom met oorspronklike idees, sonder dat die DGSE se metodes geopenbaar word.
17.8.1 Suksesse
- “Farewel Source”: In samewerking met die binnelandse intelligensie-agentskap (DST) in die vroeë 1980’s het die DGSE ‘n bron met die kodenaam “Farewell” benut, wat ‘n uitgebreide Sowjet-tegnologiese spioenasienetwerk ontbloot het. Dit het Westerse lande van beduidende inligting voorsien oor Sowjet-tegniese vooruitgang en intelligensiemetodes.
- Operasie “Satanique”, ‘n missie wat daarop gemik was om protes deur “Greenpeace” teen Franse kernproewe in die Stille Oseaan te voorkom deur die sink van die Rainbow Warrior in Auckland, Nieu-Seeland, op 10 Julie 1985.
- Operasie Geelvoël: Van 1989 tot 1997 was ‘n geheime, veelsydige reddingsmissie, waarby die Franse DGSE betrokke was, wat die Hong-tirades, pro-demokrasie-aktiviste betrek het, om Chinese burgers uit die vasteland China te smokkel. ‘n Franse diplomaat het ‘n sleutelrol gespeel in die koördinering via Hong Kong na veilige toevlugsoorde.
- Tydens die Kosovo-oorlog (1998-1999) het die DGSE ‘n aktiewe rol gespeel in die verskaffing van wapenopleiding aan die Serwiese magte. Dit is selfs onthul dat verskeie DGSE-offisiere ook in ‘n Serwiese hinderlaag dood is. Vermelde konflik is beëindig deur die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).
- Verslae het DGSE-operateurs gekrediteer vir die infiltrasie en blootlegging van die innerlike werking van Afghaanse opleidingskampe gedurende die 1990’s. Een van die spioene wat deur die agentskap in diens geneem is, het later ‘n werk onder die skuilnaam “Omar Nasiri” gepubliseer en besonderhede van sy lewe binne Al-Kaïda ontbloot.
- Gyselaaronderhandeling: DGSE-personeel het ‘n sleutelrol gespeel in die onderhandeling en reëling van die vrylating van verskeie Franse burgers wat as gyselaars in Irak en elders gehou is, insluitend twee joernaliste in 2004 en nog een in 2005.
- Frankryk was aktief in internasionale pogings om die verspreiding van konvensionele en wapens van massa vernietiging te bekamp, en het veral ‘n gesamentlike poging met Switserland begin wat gelei het tot die aanvaarding van die Internasionale Instrument om State in staat te stel om onwettige handwapens en ligte wapens te identifiseer en op te spoor in 2005.
- In Oktober 2007 het DGSE ‘n uitgebreide operasie onderneem om sowat 120 Al Qaeda-terroriste in die FATA-streek van Pakistan op te spoor.
- In Junie 2009 het DGSE bewyse ontdek dat twee geregistreerde passasiers aan boord van “Air France” Vlug 447, wat met 228 lewens in die omgewing van Brasilië neergestort het, verbind is aan Islamitiese terreurgroepe.
- In Maart 2011 het die DGSE verskeie lede van die “Service Action” gestuur om die Libiese rebelle te ondersteun. Die meeste van die agente wat ontplooi is, was van die “Direction des Operations” se Diensmissie. Laasgenoemde eenheid versamel intelligensie en maak kontak met vegtende faksies in krisis gebiede.
- Groot Toesigprogram: ‘n 2013-verslag deur Le Monde het die DGSE se grootskaalse program vir die onderskepping en berging van metadata van internasionale rekenaar- en telefoonkommunikasie onthul, soortgelyk in omvang aan die Amerikaanse Prism-program. Alhoewel kontroversieel, is hierdie operasie ontwerp om terroriste-selle op te spoor en is dit ‘n sleutelkomponent van sy tegniese vermoëns.
- Geteikende Neutralisasie: Die Aksie-afdeling het verskeie groot terreur leiers in die Sahel-streek suksesvol vermoor, insluitend drie sleutelfigure van die Jama’at Nasr al-Islam wal Moslem (JNIM) tussen 2017 en 2019.
- In 2019 vind ‘n gesamentlike operasie plaas deur die Franse, Britte, Swede en VSA inligting agentskappe waarna ‘n GRU (Russiese Intelligensie) basis in die Suide van Frankryk ontdek word waarvan geheime operasies uitgevoer is na Europese lande. Ondersoekers identifiseer 15 GRU agente.
- Internasionale Samewerking: Die DGSE het intelligensie verskaf, saam met die CIA, wat gelei het tot die dood van Abdelmalek Droukdel, die leier van Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM), in 2020.
- Arrestasie op Januarie 2018 deur DGSE van die terroris Christian Ganczarski. AKA Abu Mohammed al Amani, aka Ibrahim, 51, poog om VSA lede te dood en verskaf ondersteuning aan Al Qaeda terroriste. VSA doen aansoek vir uitlewering aan hulle.
- DGSE behulpsaam om Nicobar”-netwerk, wat lei tot verkoop van 43 Mirage vegvliegtuie aan Indië in 2024.
17.8.2 Negatiewe kommentaar
- Die SDECE en DGSE is geskud deur verskeie skandale. In 1968 kom dit aan die lig dat die KGB die SDECE alreeds in die 1950″s infiltreer het. Dit het ook aan die lig gekom dat Franse en VSA inligting groepe in ‘n hewige wedywering stryd gekoppel was.
- Die Rainbow Warrior-fiasko in 1985 gelei tot die afdanking van admiraal Lacoste, hoof van die DGSE, en tot die bedanking van die Minister van Verdediging Charles Hernu, ‘n goeie vriend van die President. Vier jaar later het François Mitterrand prefek Claude Silberzahn as hoof van buitelandse intelligensie aangestel en hom verantwoordelikheid gegee vir ‘n groot transformasie van die diens.
- In die vroë1990’s kom dit tydens nog ‘n skandaal aan die lig dat die DSGE ekonomiese inligting operasies uitgevoer het teen Amerikaanse besighede in Frankryk.
- November 2010 het drie operateurs van DGSE se Service Operations (SO) (voorheen Service 7) ‘n operasie verbrou om die kamer van ‘China Eastern Airlines” se baas Shaoyong Liu by die “Crowne Plaza Hotel” in Toulouse te beroof. Die mislukking van die operasie het gelei tot die opskorting van al SO se aktiwiteite en die oorlewing van die eenheid is bevraagteken. SO opereer slegs op Franse grondgebied, waar dit geheime operasies uitvoer soos om hotelkamers te deursoek, pos of diplomatieke sakke oop te maak.
- In 2014 het DGSE in ‘n gesamentlike operasie met AVID, Holland se Intelligensie Agentskap, slaag daarin om die Russiese SVR Intelligensie Agentskap se kuber operasionele sentrum te penetreer en plant versteekte kameras.
- Die Parys-terreuraanvalle in November 2015 het beduidende intelligensie gapings en koördinasie probleme binne die Franse intelligensiegemeenskap (insluitend beide eksterne en interne dienste) beklemtoon.
- Gedurende 2017, is ‘n afgetrede generaal gearresteer is nadat hy beskuldig is dat hy vir China gewerk het.
- In 2017–19 elimineer DGSE 3 JNIM (Jama’at Nusrat al-Islam wal-Muslimeen terreur leiers. het die Aksie-afdeling 3 groot terreurleiers van JNIM vermoor.
- in 2018–19, tydens ‘n gesamentlike operasie het die DGSE saam met die CIA, DGSI, M I6 en FIS, slaag hulle daarin om 15 lede van die Russiese GRU Intelligensie te ontbloot wat Chamonixas ‘n ‘basiskamp’ gebruik om geheime operasies regoor Europa uit te voer.
- In 2020 rapporteer die parlementêre komitee, dat die DSGE sukkel om kandidate aan te stel weens die feit dat hulle sukkel om die mees basiese vrae te antwoord en moet kompeteer teen die privaatsektor wat salarisse betref,
- Dan het die agentskap ook in 2020, gesukkel met hulpbronne, dan blyk dit ook dat die agente sukkel met groei en wisselende uitdagings: terrorisme, spioenasie, georganiseerde misdaad, massa immigrasie en kuberaanvalle, ens.
- In 2020 is ‘n noemenswaardige mislukking openbaar gemaak toe twee voormalige DGSE-offisiere skuldig bevind is aan spioenasie vir China vir meer as ‘n dekade.
- DGSE slaag nie daarin om op te merk dat Australië in 2023 hul besluit om hul duikboot-ooreenkoms met Frankryk te laat vaar, om ‘n nuwe alliansie met die VSA en Brittanje te vorm nie.
17.9 Pakistan – ISI (Inter-dienste-intelligensie)
. 
https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10

https://greydynamics.com/pakistans-isi-rogue-intelligence-agency-or-state-within-a-state/
Gedurende 2020, verander die ISI hulle Logo na ‘n goue arend.
Vermelde agentskap is in 1948, gestig met hul funksie om inligting in te win rakende bedreigings teen die staat; asook die hantering van teen-spioenasie.
‘n Direkteur-generaal, wat tradisioneel ‘n dienende luitenant-generaal in die Pakistanse Leër, is hoof van die ISI. Drie adjunk-direkteurs-generaal, wat as twee-ster militêre offisiere dien, rapporteer direk aan die direkteur-generaal met elke adjunk wat onderskeidelik drie vleuels lei:
Ten spyte van meer as agt jaar van voortgesette burgerlike mag, kan Pakistan op sy beste as ‘n oorgangsdemokrasie bestempel word. Die land het twee opeenvolgende en relatief demokratiese verkiesings in Februarie 2008 en Mei 2013 beleef, en die hoofstroom-politieke partye—in wese die Pakistan “Muslim League Nawaz”-faksie (PML-N) en die “Pakistan People’s Party” (PPP) is nie meer bereid om hulself deur die weermag teen mekaar te laat uitspeel nie, wat dus die bewegingsruimte van die veiligheidsinstelling beperk. Tog, ten spyte van hierdie beperkte suksesse, was daar min strukturele verandering in siviel-militêre verhoudings. Die weermag bly in ‘n groot mate die dominante rolspeler in Pakistan se politieke lewe.
Die politieke rol van die intelligensie-agentskappe, wat nog altyd omstrede was, het selfs belangriker geword vir die weermag ten spyte van (of dalk juis van) Pakistan se demokratiese vooruitgang in die afgelope jare. Vandag, net soos in die verlede, word “operasies teen dissidente politici, objektiewe intellektuele en ander aktiviste steeds uitgevoer deur sistematiese teistering, disinformasieveldtogte, fiktiewe verhore, ontvoering, marteling en sluipmoorde”, soos getoon deur die de facto volksmoord in “Balochistan” of die voortdurende politieke krisis, waarin die regering uitgedaag word deur rand-politieke en godsdienstige bewegings. Sulke taktieke is egter nie bedoel om die militêre regime te beskerm nie, maar eerder om militêre mag te bewaar en te verhoog in ‘n meer beperkte binnelandse en internasionale omgewing wat, vir eers, ‘n terugkeer na direkte militêre bewind uitsluit. Gevolglik strek die impak van die agentskappe verder as die spanning wat inherent is aan enige stryd om politieke mag—dit beskadig verder die persepsies van demokrasie in ‘n land waar demokratiese instellings reeds broos en gebrekkig is.
17.9.1 Suksesse
• Tot en met 1965 het dit goed gegaan met ISI, en slaag hulle daarin om die anti-Avub groepering “Combined Opposition Parties” (COP) te infiltreer. Teen die middel 1960’s was ISI die dominante intelligensie-organisasie in Pakistan en het dit die Khan-regime ondersteun.
• Na die Khomeini-revolusie in 1979 het die Verenigde State toegang tot Iran-gebaseerde elektroniese toesig verloor. Die Pakistanse president Zia ul-Haq het ingestem tot intelligensie-samewerking, wat die VSA se verhoudings met sy Direktoraat vir Inter-Dienste Intelligensie (ISI) versterk het. President Zia moes sy swak status en Islamitiese geloofsbriewe binne Pakistan versterk. Amerikaanse hulp het sy anti-Kommunistiese kwalifikasies by Pakistanse Islamitiese en Washington versterk.
• Gedurende die 1980’s is hul die CIA behulpsaam met die Mujahideen vegters teen die Sowjet unie.
• Die bekendste sukses was die ondersteuning van die Afghaanse weerstand wat die Sowjetunie in die 1980’s verdryf het; ‘n Meer dubbelsinnige prestasie was om die Taliban te help om in 1996 mag in Afghanistan oor te neem.
• In 1989 het die Sowjet Unie Afghanistan verlaat, uitgeput deur 10 jaar se gevegte. Die ISI–CIA gesamentlike onderneming het gehelp om die onttrekking af te dwing.
• Ramzi Yousef: Een van die beplanners van die 1993 “World Trade Center-bomaanval” en die “Boijinca” word op 7/2/1995 deur ISI gearresteer.
• 2000’s: ISI het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die onderdrukking van die Tamil-opstand in Sri Lanka, wat deur Indië se RAW ondersteun is om ‘n aparte Tamil-land vir die Tamils van Sri Lanka uit te kerf.
• Abu Zubaydah: ‘n Al-Kaïda-terroris verantwoordelik vir verskeie terreur dade, insluitend die stuur van Ahmed Ressam om die Los Angeles-lughawe in 2000 op te blaas. Hy is op 28 Maart 2002 deur ISI-, CIA- en FBI-agente gevang nadat hulle verskeie veilige huise in “Faisalabad”, Pakistan, deursoek het.
• Vang en teregstelling van Hoë-waarde-teikens: Die ISI was betrokke by gesamentlike pogings met internasionale vennote, insluitend die CIA, om hoëvlak-terroriste-verdagtes aan te hou. Alhoewel baie van die mees hoë-profiel-inhegtenisnemings voor 2010 plaasgevind het, het voortdurende intelligensie-samewerking bygedra tot die verwydering van talle militante leiers.
• 2011: In die nasleep van ‘n skietvoorval waaraan die Amerikaanse CIA-agent Raymond Davis deelgeneem het, het die ISI meer waaksaam en agterdogtig geword oor die CIA se spioenasienetwerk in Pakistan, wat ISI-CIA-samewerking ontwrig het. Minstens 30 vermoedelike geheime Amerikaanse operateurs het hul aktiwiteite in Pakistan opgeskort en 12 het glo die land verlaat.
- Operasie Zarb-e-Azab: ISI-intelligensie was van kardinale belang in die beplanning en uitvoering van grootskaalse militêre operasies soos Operasie Zarb-e-Azab, wat in 2014 geloods is en daarop gemik was om militante vestings in Noord-Waziristan uit te skakel. Hierdie operasies het die vermoëns van verskeie terreurgroepe wat binne Pakistan opereer, aansienlik verswak.
- Tydens die Koue Oorlog einde 1991 het die ISI en die CIA saamgewerk om spioenasie vliegtuie oor die Sowjetunie te stuur. Die twee organisasies het ook nou saamgewerk tydens die Sowjet-Afghaanse Oorlog en groepe soos Gulbuddin Hekmatyar se Herb-i-Islami en Jalaluddin Haqqani, leier van die Haqqani-netwerk, ondersteun.
• Hulp by Mosul-bevryding: In 2017 was die ISI glo betrokke by die hulp aan Irak om Mosul van die Islamitiese Staat (IS) militante te bevry, ‘n noemenswaardige teen-terrorisme sukses.
• Volgehoue Invloed in Afghanistan: Die ISI het uitgebreide netwerke tussen Afghaanse faksies en staatmakers gehandhaaf, wat dit in staat gestel het om gebeure oor verskeie dekades te vorm. Hierdie langtermynstrategie het uiteindelik bygedra tot die Taliban se terugkeer aan bewind in Augustus 2021, ‘n uitkoms wat vanuit Pakistan se perspektief as ‘n strategiese sukses beskou word in die beveiliging van sy grensbelange en die teenwerk van Indiese invloed.
• 2025 – teen-terrorisme: Die ISI lei steeds operasies teen binnelandse bedreigings soos die Tehreek-e-Taliban Pakistan (TTP) en separatistiese bewegings, en help die weermag met presiese anti-terreuraanvalle.
• 2025 – beskerming van bates: ‘n Kern van voortdurende sukses is die voortgesette beskerming van Pakistan se kernarsenaal, wat verseker dat sensitiewe navorsing en wapentuig veilig bly teen buitelandse sabotasie of interne onstabiliteit.
17.9.2 Negatiewe kommentaar
- Sedert 1947, beskou hulle Indië as ‘n bedreiging vir die Moslem meerderheid in die land. Oor dekades het die ISI plaaslike militante en Islamitiese ekstremiste opgelei. Sedert 1947 verskaf hulle militêre opleiding.
- Sedert 1958, bevind ISI hulle in hewige kompetisie met ander Intelligensie Agentskappe in Pakistan. Swak befondsing en oorvleueling verantwoordelikhede. Militêre Inligting Agentskap geniet ook voorkeur bo die ISI.
- Gedurende die 1965 Indo-Pakistani oorlog was hulle onvoorbereid, aangesien hulle gemoeid was met die onderdrukking van opponente en beknoeiing van verkiesings. Dit lei tot die bedanking van die Pakistan Premier in 1969, waarna Burgerlike Administrasie onder Zulfikar Ali Bhutto, verantwoordelik is vir die geleidelike vermindering van belangrikheid van die ISI gedurende die 1970’s.
- Gedurende 1977, is die vermelde regering omvergegooi deur militêre mag, waarna die nuwe premier onderneem om Pakistan Islamities te maak. Dit lei ook na ‘n nuwe leier van ISI wat ‘n getroue Moslem navolger is. Weereens word die fokus van ISI verskuif na plaaslike onderdrukking van die premier se vyande. Hul word ook geforseer om die Mujahideen oproer in Afghanistan te koördineer en terroriste in Punjab Indië in te voer.
- Gedurende die 1980’s het die ISI opleiding verskaf aan “Jammu-Kasjmir Liberation” (JKLF) sowel as radikale “Islam-Kasjmiri” groeperings. Deurgaans gedurende 1980’s en 1990’s het Indië, Pakistan beskuldig dat hulle terroriste borg.
- Gedurende die 1980’s en 1990’s het ISI vir seker kontak met al-Qaqda gehad as deel van hul netwerk met Islamitiese bondgenote in Afghanistan. Terwyl ISI vir seker kontak gefasiliteer het pro-Taliban magte in Afghanistan.
- Verskaf strategiese ondersteuning en inligting aan die Taliban, tydens die Afgaan Burgeroorlog in 1992, .
- Bewapen en lei die Taliban troepe op wat die VSA aanval op 11/9/2001;
- Die ISI het sterk bande met die terroriste in Kasjmir in Indië, wat in Julie 2006 Mumbai trein bomme geplaas het; tydens die 2001 aanval op die Indiese Parlement; Augustus 2007 Hyderabad bomme; en in 2008 die Mumbai aanvalle;
- ISI ondersteun groepe soos die Taliban en Jaush-e-Mohammed (JeM) die afgelope dekades (1970’s – 2000).
- Verskeie Westerse lande het besluit om militêre hulp aan Pakistan op te skort as strafmaatreëls teen Pakistan sedert 2001. Hul is gefrustreerd met Pakistan se volgehoue instemming met veilige hawens vir die Afghaanse Taliban en sy wrede Haqqani-tak in Pakistan (albei baat meer by wanbestuur in Afghanistan, maar Pakistan se hulp help baie). Erger nog, Pakistan het direkte militêre en intelligensie-hulp aan albei groepe verskaf, wat gelei het tot die dood van Amerikaanse soldate, Afghaanse veiligheidspersoneel en burgers, plus beduidende destabilisering van Afghanistan
- In 2011, word die meesterbrein van 9/11. Osama Bin Laden, gedood deur VSA Vloot Spesiale Groepering in Abbottabad, ‘n stad in Pakistan. Vir ses jaar kruip die mees gesoekte terroris weg, nie ver van die Pakistan se Militêre Akademie. Die vraag ontstaan dus rakende ISI se medepligtigheid en bevoegdheid?
- In 2023 is Labhshankar Duryodhan Maheshwari, ‘n 53-jarige man van Pakistanse oorsprong wat al 17 jaar as burger in Indië gewoon het, gearresteer op aanklagte van spioenasie. Hy is daarvan beskuldig dat hy Pakistanse agente gehelp het om ‘n Indiese Sim-kaart te bekom, wat glo gebruik is om die selfone boodskappe van kinders van Indiese verdedigingspersoneel te onderskep, volgens plaaslike mediaberigte.
• Op 4 Februarie 2024 is Satendra Siwal, ‘n werknemer by die Indiese ambassade in Moskou, in Meerut, Uttar Pradesh, gearresteer op aanklagte van spioenasie omdat hy glo geklassifiseerde inligting aan Pakistan se Inter-Services Intelligence (ISI) verskaf het. Volgens die Uttar Pradesh Anti-Terroriste-eenheid het Siwal vertroulike militêre inligting gedeel in ruil vir finansiële aansporings en is ingevolge die Wet op Amptelike Geheime aangehou.
- Pakistan-gebaseerde bendelede ontvang ondersteuning van die ISI om terreuraktiwiteite in Indiese Punjab aan te wakker. ‘N polisiestasie in Gurdaspur is met handgranate aangeval. ISI werf kwesbare jeuglede met beloftes van geldaanbiedings en beloftes om in die Verenigde State gevestig te word, en die koördinering van operasies met medewerkers in die buiteland, met verskeie arrestasies in Delhi en Punjab in 2025 wat sy netwerk aan addisionele beplande aanvalle koppel.
• In Junie 2025 in ‘n groot intelligensie-gebaseerde operasie, is twee individue—Gurpreet Singh alias Gopy Foji en Sahil Masih alias Shali—in hegtenis geneem op vermoede van betrokkenheid by spioenasie-aktiwiteite wat met ISI verband hou. Volgens die Punjab-polisie het voorlopige ondersoeke getoon dat Gurpreet Singh in direkte kontak was met ISI-operateurs en daarvan verdink is dat hy sensitiewe en vertroulike inligting oorgedra het. Die sleutel-ISI-hanteerder in die saak is geïdentifiseer as Rana Javed. Owerhede het twee selfone in beslag geneem wat glo gebruik is om met ISI-kontakte te kommunikeer. Die arrestasies was deel van ‘n breër poging om ‘n spioenasie- en terreurnetwerk met oorgrens bande te ontmasker.
17.10 Ausralië – ASIO (Sekuriteit Intelligensie-organisasie)

https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-
intelligensie-agentskap-werke-2021-10
Australië “boks moontlik bokant sy gewig”, hul eerste inligting agentskap die “Special Intelligence Bureau” (ASIO) is gedurende Januarie 1916 gestig. Op 16 Maart 1949 is die naam verander na die Sekuriteit Inligting Organisasie.
Hul bestaan is geheim gehou vir die publiek tot en met 1972.
As ‘n middelmatige krag en G20 ekonomie in die internasionale gemeenskap en streeks krag in die Asiaties Stille Oseaan en Indoe-Stille Oseaan speel Australië ‘n belangrike rol in internasionale sekuriteit.
Die SIO is die enigste verdedigings inligting agentskap in die Westerse wêreld, waar die hoof ‘n siviele persoon is (met geen inligting agtergrond).
Die SIO bestaan uit Australië Inligting Gemeenskap (AIC) en die Nasionale Inligting Gemeenskap (NIC), verantwoordelik vir beveiliging en nasionale sekuriteit.
Die SIO is verantwoordelik vir die beskerming van die land teen spioene, sabotasie, dade van buitelandse inmenging, politieke gemotiveerde geweld, aanvalle op sy Verdedigings sisteem en terrorisme. Die SIO word vergelyk met die FBI en M15 inligting agentskappe.
Dit het na die Tweede Wêreld Oorlog en die Koue Oorlog getransformeer gedurende die Wêreldwye Oorlog teen Terrorisme via militêre ontplooiing in Afghanistan, Irak en teen ISIS in Sirië. Sleutel internasionale- en nasionale veiligheids kwessies sluit in terrorisme, gewelddade radikale, kuber sekuriteit, transnasionale misdaad, opkoms van China en vreedsame streeks sekuriteit.
17.10.1 Suksesse
- Op 5 Februarie 1951 is Vladimir Mikhaylovich Petrov geïdentifiseer as ‘n agent van die Sowjet se Kabinet van Staats Sekuriteit, die voorganger van die KGB, hy het daarna oorgeloop na die SIO, nadat hy vir sy lewe gevrees het;
- Tussen 1961 en 1963 het hulle Ivan Skripov, die Sowjet se sekretaris by die Sowjet ambassade in Australië, “persona non-grata” verklaar nadat hy van spioenasie beskuldig is;
- In April 1983 is Valery Ivanov, die Sekretaris van die Sowjet ambassade uitgevang nadat hy op Australië gespioeneer het en is “persona non-grata” verklaar;
- Gedurende 1990 het die SIO daarin geslaag om die Chinese ambassade in Australië te penetreer dmv afluisterapparate;
- November 2002, is ‘n verdagte gearresteer nadat hy beplan het om die Israelse ambassade op te blaas;
- Oktober 2003, is ‘n Australiese bewoner met Franse burgerskap gearresteer nadat hy ondervra is betreffende terroristiese bedrywighede;
- September 2005, word Scott Parin gearresteer, en sy visa as Amerikaanse burger gekanselleer nadat hy in die geselskap van twee Irakse vlugtelinge opgemerk is wie later weens sekuriteit aangeleenthede aangehou is;
- Gedurende 2011 is inligting agente van Suid Korea gearresteer, nadat hulle sensitiewe inligting wou bekom;
- Gedurende 2017 is Sheri Yan en haar man Roger Uren is deur SIO ondersoek op vermoede van spioenasie vir China. Uren, voormalige Assistent-sekretaris verantwoordelik vir die Asië-afdeling van die Kantoor vir Nasionale Assesserings, is gevind dat hy dokumente wat verband hou met Chinese intelligensie-operasies in Australië verwyder het, en dit in sy woonstel gehou het. Yan is daarvan verdink dat hy invloed-operasies namens die Chinese Kommunistiese Party uitgevoer het, en Kolonel Liu Chaoying, ‘n militêre intelligensie-offisier, aan Australiese kontakte voorgestel het.
• Op 19 Februarie 2023, word ‘n Australiese kommunikasie en tegnologiese infrastruktuur konsultant, Alexander Csergo, gearresteer nadat hy geld ontvang het nadat hy inligting oor die land se Weermag, ekonomie en nasionale sekuriteit verkoop het;
- Op 24 Februarie 2023, word ‘n Russiese spioenasie-ring ontbloot, wie hulle as diplomate voorgedoen het;
- In laat Augustus 2025 het ‘n ASIO-ondersoek bevind dat Islamitiese Revolusionêre Garde Korps(IGRC) is in Oktober 2024 betrek by ‘n brandstigting aanval op ‘n Joodse restaurant in Sydney en ‘n Melbourne-sinagoge in Desember 2024. In reaksie hierop het die Australiese Eerste Minister Anthony Albanese het die Iranse ambassadeur Ahmad Sadeghi en drie ander Iranse amptenare verklaar as “persona non grata” en het Australiese diplomate onttrek uit Teheran. Die Australiese regering het ook bevestig dat dit die IRGC as ‘n terreurorganisasie sou aanwys.
17.10.2 Negatiewe kommentaar
- Australië se langtermyn strategiese verhoudings met die VSA en die VK, en in mindere mate met die Suharto-regime, het hul blootgestel aan die huidige terreurbedreiging.
- Gedurende 1970s is ‘n KGB mol in die SIO geïdentifiseer;
- Gedurende Junie 1993 is George Sadil geïdentifiseer as ‘n mol nadat hy vir 25 jaar by die SIO as Russiese tolk werksaam was;
- Ondersoek teen SIO lei tot inligting rakende wrede burokratiese weerstand in sommige kringe teen die 1998- en 1999-intelligensieskattings oor Oos-Timor ingesluit wat deur Lance Collins en sy intelligensiepersoneel by die ontplooibare gesamentlike mag hoofkwartier opgestel is.
- Na die 11 September 2001 aanvalle op die VSA, het die SIO verkeerdelik toegeslaan op die huis van Bilal Daye, die adres was verkeerd en Daye het ‘n siviele eis ingestel wat buite die hof geskik is.
- Toe Australiese troepe in 2001 in Afghanistan aangekom het met die missie om veiligheid te bou deur teen die Taliban te veg, het die Australiese regering nie verduidelik nie – waarskynlik omdat hulle nie geweet het nie – dat sy magte “besig was om in die uitkoms van ‘n verwaarloosde vredespoging [in die streek] te tree wat in wraakaanvalle en bloed moorde ontaard het”.
- Bekommernisse het veral toegeneem ná die Bali-bomaanval op 12 Oktober 2002, wat 202 mense gedood het – 88 van hulle Australiese burgers. Die aanval is deur die Indonesiese terreurgroep Jemaah Islamiah (JI) gedryf, maar daar was ook groeiende kommer oor ander streeksgroepe soos die Filippyne Abu Sayyaf. Die opkoms van JI en ander streek-terroristegroepe in die eerste paar jaar na 9/11 het getoon dat die AIC en die Australiese polisie nie ‘n diep begrip van sulke streek-bedreiging aksies gehad het nie, insluitend hul bande met al-Kaïda. In die nasleep van die Bali-aanvalle het die Howard-regering verskeie politieke optredes gemaak.
- Irak-oorlog WMD-intelligensie: Die mees opvallende mislukking was die verkeerde beoordeling dat Irak voorrade van massa-vernietigingswapens (WMD) besit het voor die 2003-invasio, wat grootliks op gebrekkige Amerikaanse en Britse intelligensie staatgemaak het,
- In Mei 2013 het China daarin geslaag om dokumente van die SIO te steel;
- Nadat Izhar ul-Haque deur SIO gearresteer is nadat hy terroriste opleiding in Pakistan ontvang het, is alle klagtes teen hom teruggetrek nadat die hof bevind het dat SIO lede hom valslik laat glo het dat hy wettig gebonde was om alles te erken;
- In Mei 2013 het ABC News beweer dat China bloudrukke van die hoofkwartier van die ASIO gesteel het.
- Vanaf 2013 het toenemende debatte in die Australiese media en gemeenskap ontstaan oor die toepassing van teen-terrorisme wette deur verskeie AIC-agentskappe en of dit toepaslik, proporsioneel en wettig was. Alhoewel die saad van groeiende gemeenskap bekommernisse reeds teen die middel van die 2000’s in plek was toe die Dr Mohamed Haneef in hegtenis geneem en gearresteer het vir sy beweerde rol in mislukte aanvalle op ‘n Londense nagklub en Glasgow-lughawe in Julie 2007. ‘n Daaropvolgende regterlike ondersoek (die Clarke-ondersoek) na die saak het bevind dat die bewyse teen Haneef ‘heeltemal onkenbaar’ was en dat ASIO die AFP ingelig het dat daar geen bewyse was wat daarop dui dat Haneef ‘aan enigiets skuldig’ was nie. Uiteindelik het Clarke tot die gevolgtrekking gekom dat AFP-bevelvoerder, Ramzi Jabbour, bestuurder van Plaaslike Teen-Terroriste objektiwiteit verloor het.
- Wat die wan hantering van intelligensie binne SOTG vererger, is ‘n probleem wat in ‘n onlangse artikel in “The Australian” – “Afghan handlanger used ADF troops'” – deur ‘n Nederlandse Afghanistan-kenner, Bette Dam (saam met Amanda Hodge), geopper word: die Australiese Weermag se ‘vertroue op twyfelagtige intelligensiebronne’ en ‘valse intelligensie’ tydens sy diens in Oruzgan-provinsie tussen 2006 en 2013. Daar is “geloofwaardige bewyse” dat Australiese elite-soldate onwettig 39 mense doodgemaak het tydens die Afghaanse oorlog, het ‘n langverwagte verslag bevind. Verslag het aanbeveel dat 19 huidige of voormalige spesiale magte-soldate moet deur die polisie ondersoek word oor moorde op “gevangenes, boere of burgers” in 2009-13.
- Die opkoms van Islamitiese Staat in 2014 en die ‘eensame akteur-aanvalle’ in Melbourne en Sydney wat vroeër bespreek is, het saamgeval met Tony Abbott se nuwe Liberale-Nasionale Koalisie-regering (2013–-2015) en het soos hierbo beskryf gelei tot ‘n verdere hersiening van veiligheid, sowel as die afkondiging van nuwe wette om die verskynsel van buitelandse te hanteer werwing en aanlyn ‘radikalisering’. Tog het geen van hierdie maatreëls, insluitend dié wat tydens die “Labor Rudd/Gillard/Rudd”-regerings geïmplementeer is, tot betekenisvolle strukturele hervorming van die AIC gelei nie. Oor die algemeen was beleid – en wetgewende hervormings geneig om meer ad hoc te wees in reaksie op eksterne geopolitieke gebeure. Verbeterde koördinasiebedrywighede, befondsing en wetgewing het blykbaar die voorskrif van die Australiese intelligensiebedryf gelyk eerder as enige oorweging van ‘n algehele herbesinning van die Australiese intelligensie-onderneming.
- Woensdag 16 Okt 2019 Australië se binnelandse spioenasie-agentskap het gewaarsku dat sosiale media-platforms soos “LinkedIn” as ‘n spioenasie-instrument gebruik word. ASIO se jaarverslag het ook gesê sy hulpbronne word gestrek aangesien die vraag na advies oor buitelandse inmenging sy vermoë oorskry het. “Met die terreurbedreiging wat geen tekens van beduidende afname toon nie, het ASIO beperkte ruimte om interne hulpbronne te herlei om die toenemende gaping tussen ons teenspioenasie- en buitelandse inmenging advies en ons vermoë om hierdie bystand te verskaf, aan te spreek.”
- Nakomings voorvalle: In Februarie 2021 het ASIO die Inspekteur-generaal van Intelligensie en Sekuriteit (IGIS) in kennis gestel van ‘n voorval waar ‘n interne magtiging vir ‘n opsporingstoestel moontlik nie aan die vereiste wetlike drempel voldoen het nie, wat gelei het tot ‘n tydelike staking van versameling en ‘n interne hersiening.
- Kontroversiële Interaksies met Joernaliste: In 2019 het ASIO deursoekings by die huise en kantore van joernaliste uitgevoer as reaksie op kritiese stories. Hierdie optrede het beduidende kommer oor persvryheid en die moontlikheid van intimidasie van mediaberiggewing oor sake van openbare belang laat ontstaan.
- Die ooreenkoms tussen die Salomoene-eilande en China is ‘n groot mislukking deur Australië se intelligensiegemeenskap — en deur ‘n regering wat die streek se bekommernisse afgemaak het. Die belangrikste ooreenkoms tussen die Salomo-eilande en China, ‘n bilaterale veiligheidsooreenkoms, is in April 2022 onderteken.
- Blywende probleme wat Australië se kuberveiligheid frustreer, is inligtingsdeling en tekorte aan kuber-arbeidsmag, en elkeen het ‘n ‘kuberskild’ wat daaraan toegewy is. Australië se kuberarbeidsmag is egter die vlieg in die salf. Personeeltekort bestaan al dekades lank en word net groter. Die probleem is selfs meer akuut in die regering, waar laer as die mark salarisse en swaar sekuriteitsvereistes bykomende hindernisse is vir ‘n voldoende kuberarbeidsmag.
- Oktober 2024 Oktober 2024 “Real-Time Bidding” (RTB) stel buitelandse state en nie-staatsakteurs in staat om kompromitterende sensitiewe persoonlike data oor sleutel Australiese personeel en leiers te bekom.
Belangrike insigte:
Ondersoek beklemtoon ‘n wydverspreide handel in data oor sensitiewe Australiese personeel en leiers wat hulle blootstel aan afpersing, kuberkraking en kompromie, en die veiligheid van hul organisasies en instellings ondermyn.
- Real-Time Bidding (RTB) stel buitelandse state en nie-staatsakteurs in staat om kompromitterende sensitiewe persoonlike data oor sleutel Australiese personeel en leiers te bekom.
- Net so kommerwekkend is Australië se brose energie-sekuriteit. Meer as 90 persent van die land se brandstof word ingevoer, met beperkte binnelandse raffinerings kapasiteit. Die ooreenstemmende afhanklikheid van eksterne voorsieningsketting laat Australië uiters kwesbaar vir ontwrigting. ‘n Goed beplande teenstander aksie kan hierdie lewenslyn afsny en ‘n krisis veroorsaak wat noodsaaklike dienste sou verlam en nasionale veerkragtigheid sou ondermyn – van voedselverspreiding tot nooddienste.
18. Bronnelys
https://www.google.co.za/search?q=Intelligence+gathering&hl=img
https://www.britannica.com/biography/Oleg-Vladimirovich-Penkovsky
https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
https://www.reuters.com/article/us-britain-russia-gru-factbox-idUSKCN1MF1VK
https://www.amazon.com/Glass-House-Russias-Military-Intelligence-ebook/dp/B09N3FBYGY
https://www.voanews.com/a/russia-gru-military-intelligence-agency/4604965.html
https://www.google.co.za/search?q=The+Art+of+War+deur+Sun+Tzu&hl=img
https://www.google.com/search?q=China+%E2%80%93+MSS+&sca_esv=2d75fd89a7b477b4&hl=en&sxsrf=ANbL-
https://weet.co.za/sosiale-wetenskappe/die-anglo-boereoorlog/
https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/25767/09chapter9.pdf?sequence=10&isAllowed=y
https://www.google.com/search?q=history+brittain+military+intelligence0=UTF-8
https://byjusexamprep.com/upsc-exam/intelligence-agency-of-india
https://www.britannica.com/topic/intelligence-international-relations
https://www.elysee.fr/en/national-intelligence-and-counter-terrorism-coordination
https://www.britannica.com/place/Munich-Bavaria-Germany
chrome-extension://efaidnbmnpccleclefindmkaj/https://www.ialeia.org/docs/Psychology_of_Intelligence_Analysis.pdf
chrome-extensi.on://efaidnbmnnnibpcajpcglclefindmkaj/https://idsa.in/system/files/strategicanalysis_vanand_1206.pdf
https://carnegieendowment.org/2023/05/10/military-disrupts-pakistan-s-democracy-once-again-pub-89724
https://www.sahistory.org.za/article/bureau-state-security-boss
http://www.gelofteland.org/images/Gratis_e_boeke/volksverraad.pdf
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2017000200004
https://omalley.nelsonmandela.org/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv02918/06lv02949.htm (sabotasie aanvalle)
https://en.wikipedia.org/wiki/Operation_Neptune_(spioenasie)
https://www.google.com/search?q=CIA+using+Lockheed+U-2+airplane+to+cover&oq=CIA+using+Lockheed+U-
2+airplane+to+cover+&gs_lcrp=EgZjaHJvbWUyCQgAEEUYORigATIHCAEQIRigATIHCAIQIRigATIHCAMQIRigATIHCAQQIRiPAtIBCTU5MTExajBqOagCALACAQ&sourceid=chrome&ie=UTF-8
https://www.theguardian.com/books/2025/jul/10/the-mission-by-tim-weiner-review-unmasking-the-cia
https://www.google.com/search?q=positive+points+on+Mossad+since+2018&sca_esv=d961df446e695a03&biw=1366&bih=633&sxsrf=AE3TifMYCDzeVZD6BEoStRqs-QMMINMZEQ%3A1761307310218&ei=rmr7aL-NDfKrhbIP45fw2Qc&ved=0ahUKEwi_ –
https://www.businessinsider.com/how-russias-secretive-gru-military-intelligence-agency-works-2021-10
https://www.trtworld.com/article/4339f4a2ce3d Turkye
https://casi.sas.upenn.edu/iit/dheeraj-paramesha-chaya


