The Panga man

THE PANGA MAN

Mark Naude

Mark sent us this clipping from Commando, February 1961:

[We have published a full account of the “Panga man” in Nongqai Vol. 4 no 2. 1 (Special Edition) February 2013.]

For context the following documents are supplied:

Die Pangaman: Om die gees van die oorspronklike saak weer te gee word daar uit die amptelike polisie verslag aangehaal:

SUID-AFRIKAANSE POLISIE OPLEIDINGSMUSEUM

Geskiedenisstaat van Bewysstuk(ke)
(moet in triplikaat aangestuur word)

1. Verwysingsnonwer (stasie en VB, ROM, RAA): Pretoria R O M’s 99/1/55, 485/1/155; 296/2/55; 99/10/56; 326/12/58.

Villeria ROM’s

2. Aard van Bewysstuk(ke): Een tuisgemaakte panga.

3. Lid/lede wat saak ondersoek het: Kolonel F van Niekerk was natuurlik gemoeid met die ondersoek van die sake en die volgende speurders het daadwerklike ondersoek gedoen (voormalige) Luitenant A. Venter, voormalige S/A/0. J. Straus, S/A/O Kotze, voormalige S/Serst. H. Straus, S/A/0. J.S. Momberg en talle ander lede.

 

4. Kort besonderhede van tyd en plek/omgewing waar die misdaad plaasgevind het: Beskuldigde Phineas Tshetaudzi en vier ander bantoes het as ‘n bende gedurende 1946 begin opereer. Teen die einde van 1952 is die eerste (lid) van die bende naamlik Alfred Malasi deur voormalige S/Serst. Jan Roux in ‘n lokval te Queenswood doodgeskiet. ‘n Jaar of wat later is twee van die bende in die Fonteine gearresteer en op vingerafdrukke vasgestel, die dood vonnis opgelê en tereggestel. Gedurende Oktober, 1957 is Jack Dibakwane gearresteer en is gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf. Op 20/11/1959 het ek Phinias Tshetaundzi in Wachthuis Polisie Hoofkwartiere gearresteer. Die beskuldigdes het te Skanskop, Swartkop, Klapperkop, Fonteine, Uniegebou se gronde, Meintjieskop, Tom Jenkins-rylaan, Queenswood en Koedoespoort in ‘n area van ongeveer tien vierkante myl geopereer.

5. Kort lewensbeskrywing van misdadiger(s) , ras, ouderdom, geslag en sy misdaadagtergrond: Phineas Tshetaundzi is ‘n manlike Venda ongeveer 40 jaar en het ’n skoon rekord gehad ten tye van sy arrestasie. Hy was verbonde aan die die Weermag waar hy gebruik is as ‘n nagwag te Swartkop lughawe. Hy was ook in diens van die WNNR en Avbob ook as nagwag en as skoonmaker te Polisie Hoofkwartiere tot en met sy arrestasie.

6. Modus Operandi : Verstrek n ontleding : Kyk Wenke in verband met Ondersoek van Misdaad, bladsy 243. Verduidelik veral die element(e) wat die misdadiger in staat gestel het om sy slagoffer te mislei of om die misdaad suksesvol te pleeg, of om die polisie te ontwyk: Beskuldigde het gewoonlik paartjies in motors op eensame plekke bekruip, hulle aangerand met stokke, beroof en in sommige gevalle die dames verkrag, gewoonlik in die donker alhoewel daar seldsane gevalle in daglig voorgekom het. Toe Phinias Tshetaundzi die oorblywende een van die bende was, het hy vir homself ‘n tuisgemaakte panga gemaak wat baie skerp was en van toe af is talle mans en vrouens gekap, beroof en in meeste van die gevalle is die dames deur hom verkrag.

7.Uitslag van Saak: Beskuldigde is op 21/1/1960 tot strafsitting verwys op 32 aanklagtes van verkragting, aanranding met die doel om te moor en roof, poging tot verkragting, aanranding met die doel om te verkrag, aanranding met die doel on ernstige liggaamlike letsels toe te dien, roof en sodomie. Oor die tagtig getuies het getuienis by die voorlopige ondersoek afgelê. Met die voortsetting van die verhoor by die Hooggeregshof te Pretoria voor regter Roper en twee assessore, advokate M.Murray en A.S. van der Spuy gedurende begin Mei I960 het advokaat R. W. Rein ten tye adjunk-prokureur-generaal besluit om slegs met 19 aanklagtes voort te gaan. Hy en advokaat Smalberger het namens die Staat opgetree en voormalige prokureur-generaal F.E. Lutge en wyle advokaat T.H. Loots is Pro-Leo aangestel deur die Staat vir die beskuldigde.

Gedurende die eerste helfte van Mei I960 is Phinias Tshetaundzi skuldig bevind en soos volg gevonnis:-

Ter dood veroordeel op elk van twee klagtes van verkragting, op elk van drie klagtes van aanranding met die doel om te moor en roof en ‘n verdere ses jaar gevangenisstraf weens Aanranding opset die doel om te moor (drie klagtes), vier jaar weens aanranding met die doel om te verkrag (twee klagtes), twee jaar weens aanranding met die doel om ernstige liggaamlike letsels toe te dien, een jaar weens roof, en een jaar weens Diefstal. Op 14/11/60 is beskuldigde Phinias Tshetaundzi in die Sentrale Gevangenis te Pretoria Sentraal opgehang. Sy laaste woorde aan die laksman op pad na die galg was ” Mag God gee dat elke Polisieman en bewaarder vrek en Suid-Afrika teruggegee word aan die Bantoes”.

8. Watter rol het die bewysstuk gespeel om die saak op te los (of andersins): Dit het nie ’n rol gespeel in die in die oplossing van die sake nie, maar het wel die getuienis op k1agtes versterk

9.Hoe kan die bewysstuk(ke) bydra om die polisie op te lei in die ondersoek van misdaad? Met die laaste aanval op 9 /10/1959 het die panga weggeskram teen die klaer se kop en`n duidelike patroon van die fatsoen van die panga was sigbaar op sy borskas en toe was (daar)deur middel van fotografie vasgestel wat die werklike fatsoen van die panga was.

10. Ander opmerkings: Daar lei geen twyfel aan nie dat dit een van die opsienbaarste sake in ons misdaad geskiedenis is en die mees senutergendste en veeleisendste ondersoek van my lewe. (Foto’s van die beskuldigde en van die uitkenningsparades behoort in die betrokke dossiere te wees

 

PLEK: Durban

f 2 )

Bevelvoerende Offisier.

Datum: 9/3/1967

Let wel

1.Indien onvoldoende ruimte sluit. Mededelings af met ‘vervolg agterop’, herhaal die paragraaf se
nommer en gaan voort op keersy.

2. Indien foto’s van ‘n beskuldigde,

slagoffer of toneel van misdaad

beskikbaar is, moet dit in paragraaf

10 gemeld word.

===========================================================

So het die persverklaring destyds gelyk en soos volg gelui:

PANGAMAN

Gedurende 1955-1959 net verskeie aanvalle waarin ‘n panga gebruik is in die omstreke van Pretoria voorgekom.

Die aanvaller se modus operandi was om paartjies wat saans op afgeleë plekke geparkeer het met ‘n panga te dreig en wreed aan te rand. Soms is ledemate afgekap. Hy het gewoonlik geld en goedere geëis en in menige geval is die vroulike metgesel barbaars verkrag. .

Weens die feit dat die slagoffers gewoonlik geskok en histeries was, kon nooit ‘n duidelike beskrywing van die aanvaller verkry word nie.

Gedurende die aand van 30 September 1959 is ’n Swart werker in die Weermag aangerand en van sy geld beroof. Die Militêre Polisie het die saak ondersoek. Die klaer was in staat om’n beskrywing van die aanvaller te verstrek. Dit het ooreengestem met die van die klaers in die panga-aanvalle, en die Speurdiens is in kennis gestel.

Daar is toe vasgestel dat die verdagte se naam PHINEAS TSHETANDZI is en dat hy in Wachthuis werksaam is. Hy is aangehou en sy huis in Vlakfontein is deursoek. ‘n Panga asook juwele, kledingstukke en ander artikels wat van die slagoffers geroof is, is daar gevind.

Hy is op 6 Mei I960 skuldig bevind aan twee aanklagte van verkragting, twee van poging tot verkragting, nege van roof en een aanklag van diefstal.

Die doodstraf is hom opgelê weens twee aanklagte van verkragting en drie van roof.