Suicide by self-inflicted wound: Bread knife used
SELFMOORD
Barry Taylor (Thailand)

Ek moet sê ek weet darem nie hoe ‘n mens jouself kan doodsteek nie?
Ek het so ‘n selfmoord van ‘n Tsjeg ondersoek wie homself met ‘n broodmes doodgesteek het in Springbok-woonstelle in Park-straat op 6 Februarie 1970 op ‘n Vrydagaand.
Dit was een van die grilligste selfmoord, of dooie mens, wat ek in my lewe gesien het.
‘n Vroue-dokter wat langs hom gewoon het, het die mes uitgetrek en jy weet hoe lank is ‘n broodmes is en dan nog met saagtande.
Daar het ek gesien hoe poliesmanne vaal word, ek self het ook nie die spektakel waardeer nie.
Die ou was oortuig dat die Tsjeggiese- veiligheidspolisie hom kom arresteer en het sulke woorde in sy kop gehoor.
Hy het net die oggend met ‘n Afrikaanse meisie in die landdroshof in Pretoria getrou
Hy het die mes skuins van onder sy ribbekas tot in sy hart gedruk.
Barry
