ZABS: Nongqai Vol 17 No 6

ZUID-AFRIKAANSE BEREDE SKUTTERS (ZABS) – SOUTH AFRICAN MOUNTED RIFLES (SAMR)

Staande Macht Politie – Permanent Force Police

HB Heymans

Skouer-kenteken

 

Abstract

This short article examines the reorganisation of policing in the newly formed Union of South Africa between 1911 and 1926, focusing on the creation, structure, and eventual dissolution of the South African Mounted Rifles (SAMR). Established under Act 14 of 1912 and formally constituted on 1 April 1913, the SAMR unified several former colonial — the Cape Mounted Police, Cape Mounted Rifles, Natal Police, Orange Free State Police, and Transvaal Police — into a single paramilitary policing organisation.

The SAMR comprised five geographically dispersed regiments supported by an artillery brigade of five batteries.

From 1916, a Military Police detachment was incorporated into the establishment, with specialised duties performed from ordinary police stations and small garrison-based units such as the 14‑man detachment at Roberts Heights.

Comparable detachments likely operated in other Union garrison centres.

In 1920, the five regiments were disbanded, with 26 officers, 196 non‑commissioned officers, and 1,022 troopers transferred to the South African Police. The remaining personnel were consolidated into a single regiment stationed at Roberts Heights, which continued to function until its final disbandment in 1926.

The study highlights the SAMR’s transitional role between colonial policing traditions and the emerging national police system of the Union.

Keywords

South African Mounted Rifles, Union of South Africa, colonial policing, paramilitary police, Cape Mounted Police, Natal Police, Transvaal Police, military police, Roberts Heights, police reorganisation, early 20th‑century military South African history.

ZUID-AFRIKAANSE BEREDE SKUTTERS (ZABS) – Staande Mag Polisie

Kenteken van die ZABS

In 1911 is daar besluit om die polisiedienste van die pasgestigte Unie van Suid‑Afrika te herorganiseer volgens die stelsel wat vroeër in die Kaapkolonie gebruik is.

Met ingang 1 April 1913, kragtens Wet 14 van 1912, is twee polisiedienste binne die Unie gevorm. Die Zuid-Afrikaanse Berede Skutters / South African Mounted Rifles (ZABS – SAMR) is saamgestel deur die samesmelting van die Cape Mounted Police (CMP), Cape Mounted Rifles (CMR), Natal Police (NP), Oranje‑Vrystaat Polisie en die Transvaal Polisie (TP).

Die SAMR het uit vyf regimente bestaan wat oor die Unie versprei was.

• Die 1ste Regiment (CMR) was in King William’s Town gestasioneer en het die Transkei en dele van die Oos‑Kaap gepatrolleer.

• Die 2de en 3de Regimente (NP) was onderskeidelik in Pietermaritzburg en Dundee.

• Die 4de Regiment (TP) was in Pretoria gebaseer.

• Die 5de Regiment (CMP) was in Kimberley gestasioneer.

Benewens hierdie regimente is ’n artillerie-brigade van vyf batterye ook aan die SAMR gekoppel.

Gespe vir leer lyfband

In 1916 is voorsiening gemaak vir Militêre Polisie binne die personeelsterkte van die eenheid, en van 1916 tot 1922 is ’n detasjement Militêre Polisie op die sterkte van die SAMR geplaas. Hierdie militêre polisiemanne het hul gespesialiseerde pligte vanaf ’n gewone polisiestasie verrig.

By Roberts Heights het daar blykbaar ’n detasjement van 14 man bestaan, bestaande uit ’n sersant, ’n korporaal en 12 lans-korporaals.

’n Stafoffisier aan die bevelvoerder van Troepe by Roberts Heights is aangestel as beide Bevelvoerder van die Militêre Polisie en Superintendent van die detensiebarakke.

Daar word aanvaar dat soortgelyke militêre polisie‑detasjemente in die garnisoensentrums van die Unie bestaan het, soos Kaapstad, Potchefstroom en Durban.

In 1920 is die vyf SAMR‑regimente ontbind. 26 offisiere, 196 onderoffisiere en 1 022 manskappe is na die Suid‑Afrikaanse Polisie oorgeplaas.

Die oorblywende personeel is saamgevoeg tot ’n enkele regiment wat steeds in Pretoria by Roberts Heights gestasioneer was. Hierdie laaste regiment het tot 1926 voortbestaan.

Staande Macht Politie

Skouer-kenteken

Benewens die militêre eenhede van die S.A.M.R. was daar ‘n polisie-afdeling, bv. aanklaers, voetpolisie, ens. Beide instellings het dieselfde uniform gedra, maar die kentekens was verskillend. Die polisie-afdeling het die helmplaat van die Suid-Afrikaanse Polisie sowel as die volgende titel gedra het:—

P.F.P. = “Permanent Force Police” aandui terwyl

S.M.P. = Staande Macht Politie aandui. (Waarskynlik later Permanete Mag Polisie, soos hierbo uitgebeeld)

Lyfband gespe vir leerlytfband

Kommentaar deur Hennie Heymans

Die nadeel van die stelsel was wanneer oorlog uitbreek dan moet die SA Polisie die leemte vul wat deur die ZABS en ook personeel aan die weermag afstaan.

Foto Album 1910

Foto Album 1914

Generaal Dan Pienaar

Hier is genl Dan Pienaar nog ‘n kanonnier.

1918

1918

1918: Pietermaritzburg

NB – Polisie en militêre range word gebruik bv hoof-konstabel vir a/o.

Mafeking: SMP & ZABS

Weereens word polisie en militêre range bv konstabel en hoof-konstabel.

Na die front