Nongqai Vol 17 No 10 – (35) Bos- en Grensletterkunde

Bos- en Grensletterkunde
Ds J van Tonder

NAGTELIKE DIER
(Soldate wroeging)
In die loom van wakker en slaap
hoor ek jou skuifel in die gang.
Stamp jy die deur
teen kosyne jn skraap.
Snuffel my voete,
jou asem teen my wang.
jou snoet wat druk en versteur.
Herinnering weer jaag
oor koeël en mortier
en jou sterwend maat
se laaste gesug .
Nagtelike dier wat telkens weer kom.

VERGETE SOLDAAD
Uit ʼn verslete kombers,
steek skugter ʼn hand
smekend verwagtend oë
In ʼn woordlose gebaar,
vir ʼn aalmoes of brood.
Vergete soldaat
deur jou senders verlaat.

UITGEWERP
Ek skryf ‘n vers
oor ʼn mens teen die muur
onder karton en papier
opgekrimp gebondel bly lê.
Ek skryf ʼn vers
oor die mens
wat, as die son ontdooi
smekend ‘n aalmoes sal vra.
Ek skryf ‘n vers
oor daardie mens
wat leef op gunste
wagtend die dood.
