Nongqai Vol 17 No 10 – (38) Speurdiens: Dossierinspeksies

Uittreksel
Die artikel ondersoek of die afname in dossiergehalte, lae oplossyfers en onsuksesvolle vervolgings moontlik verband hou met die verslapping van deeglike dossierinspeksies en bevelvoering binne die ondersoekproses.
Abstrak:
Hierdie artikel reflekteer op die belangrikheid van dossierinspeksies binne die Suid-Afrikaanse polisiewese en die rol wat professionele toesig in die gehalte van ondersoeke speel. Aan die hand van ‘n persoonlike ervaring uit 1978 beskryf die skrywer hoe ervare speuroffisiere afgehandelde dossiere sistematies ondersoek het om vas te stel of alle ondersoekstappe, inspeksies en administratiewe vereistes behoorlik nagekom is. Die artikel bevraagteken of soortgelyke inspeksiestelsels steeds met dieselfde noukeurigheid toegepas word en suggereer dat die afwesigheid van streng kwaliteitbeheer moontlik kan bydra tot swak ondersoeke, verlore dossiere en mislukte vervolgings. Die bespreking beklemtoon die waarde van ervaring, dissipline en verantwoordbare bevelvoering as noodsaaklike elemente van suksesvolle misdaadondersoeke.
Sleutelwoorde:
dossierinspeksies, strafondersoek, SAP, speuroffisiere, ondersoekgehalte, kwaliteitbeheer, bevelvoering, polisiebestuur, misdaadondersoeke, oplossyfers, vervolgings, ondersoekdagboek, gereed-vir-verhoor, professionele standaarde, polisiëring, ervaring, dissipline, dossiere, staatsaanklaers, polisiële toesig.
DOSSIERINSPEKSIES
Die laaste paar jare lees mens oor buitengewoon lae oplossyfers, dossiere wat wegraak, onsuksesvolle vervolgings in die howe en staatsaanklaers wat weier om te vervolg weens onvolledige ondersoeke.
Wat kan die oorsake deesdae wees?
Toe ek gister deur my ou geskrifte blaai, kom ek op hierdie een van 2014 af.
Ek vermoed dat wat ek hier uitgewys het, dalk (van die) redes is vir die kwessies wat ek hierbo in die eerste paragraaf na verwys.
—–
In 1978 kom die Bolandse Afdelingspeuroffisier – ene kolonel Van Der Vyfer – by my stasie op Robertson aan.
Ek was toe ‘n luitenant (tans ‘n kolonel as stasiebevelvoerder, met ‘n takbevelvoerder) in my tweede jaar. Daardie tyd het so ‘n duubbeldoor-situasie gegeld, in die sin dat jy vir beide stasiebevelvoerder en takbevelvoerder pligte (saakdossiere) verantwoordelik was.
Onder ander vra die kolonel ook vir ‘n sekere maand se bundel reeds afgehandelde dossiere. En hy begin van hulle een vir een deurlees. Dit het my toe nogal getiekel.
Ek vra hom die doel van dié oefening?
Hy sê toe aan my dat hy dit met ‘n fyn kammetjie deurgaan omdat hy wil kyk of alle bestaande opdragte ens. omtrent die dossiere wel nagekom is.
Hy verwys toe na óf die sake wat as ongegrond, onopgespoor of teruggetrek is, wel voor-af deeglik ondersoek was en of alle verklarings geneem was, ens.
Dan, sê hy toe verder, dat hy ook kyk of 24-uur inspeksie, ander gereelde tussenpose-inspeksies gedoen is en of daar die voorgeskrewe ‘gereed-vir-verhoor’ verklaring (inskrywing) deur die bevelvoerder in die ondersoekdagboek gemaak was alvorens die saak na die aanklaer vir verhoor gestuur was.
Ek wonder of sulke soort van inspeksies deur kundige, ervare takbevelvoerders en speuroffisiere deesdae steeds noukeurig uitgevoer word?
Ekself sou nie omgee om so-iets nou by ‘n stasie te doen nie. Iets sê my dit sal baie … kom ons noem dit maar ‘interessanthede’ … oplewer.
Te veel dossiere per ondersoekbeamptes;
Geen beriggewers soos jare terug, nou crime intelligence. Beriggewers moet direk met OB praat en bestuur word. Dit was die wenresep jare terug.;
Ek onthou 24 inspeksies was nie jou maat nie. As jy niks gedoen het nie,was daar groot moeilikheid.
Brigadier Hennie, dankie vir die vaslegging van ‘n tyd waar ‘n sersant nog ‘n sersant was.