Nongqai Vol 17 No 10 – (26) Maandbrief van die Kapelaan, dr Jacobus van Tonder
Maandbrief van die Kapelaan
Dr Jacobus van Tonder

OORDENKING 3
Lees Ps 23:
Die HERE is my herder. Hy laat my neerlê …. Hy verkwik my siel…
U is met my…. U berei die tafel voor my aangesig…. U maak my hoof vet met olie.
Eers sê Dawid wie is die Here vir hom … Hy doen dit en dat vir hom. In die tweede deel spreek hy die HERE aan: U doen dit en dat vir my.
Merk u daagliks op hoe het Hy jou bewaar en hoe sorg vir elke dag.
Gebed:
Dankie Here dat ek mag weet my dae, my lewe is in U hand Ook al gaan ek deur ʼn dal van dood skaduwee. Amen.
