Nongqai Vol 17 No 10 – (28) Dr Georg Scharf (Destyds BO 1 Mil) se Angola-fotoalbum
Fotoalbum: SAGD op die Grens tydens die bosoorlog
Foto’s: Dr George Scharf | Teks Hennie Heymans
Terugkyk na die dae in die Bosoorlog
Wanneer ’n mens vandag na hierdie foto’s kyk, sien jy meer as ou uniforms, toerusting en tonele uit ’n vorige tyd. Elke foto bewaar ’n deel van die herinnering aan mense wat hul kennis, vaardighede en moed in diens van ander gebruik het.
Die nota’s wat saam met die foto’s ontvang is, verwys na Dr. Scharf, die veldomgewing, chirurgiese toerusting, beserings en die mediese span. ’n Veldteater en tydelike mediese fasiliteite het besondere eise gestel. Voorbereiding, samewerking en vinnige optrede was noodsaaklik wanneer beseerdes behandeling nodig gehad het.
Die foto’s vertel nie elke individuele geval se volle verhaal nie.


Die kernspan in Angola met dr Scharf voor regs

Ons gekamoefleerde teater.

Basies al wat mens nodig het om lewe te red.

Toediening van narkose

‘n Slagoffer van ‘n landmyn se besering word gehelp.

Valskerm spring: Valskerm spring in tandem was ook ingeoefen om blitsig op toneel te kom. Dr Scharf is in rooi sodat almal kan weet waar die chirurg is.

In die operasiesaal te 1 Mil – Pretoria
