Nongqai Vol 17 No 9 – (32) Bos- en Grensletterkunde

Bos- en Grensletterkunde
Ds Jacobus van Tonder

SWART HOND
(Oud-soldate wroeging)
Hy sluip in jou gemoed
woelende wroeging
soos ʼn sluwe dier,
draaiend gegrom,
rusteloos in jou ontbrand
as dit bitter binne jou tier,
Jy wil vergeet
van vuurpyl en mortier,
ontploffing en wond,
skrapnel se dodelike sus.
Skrik en angs
Wat jou trane laat vloei
as die swart hond
weereens gaan kom.
