Nongqai Vol 17 No 9 – (31) Maandbrief van die Kapelaan

MAANDBRIEF VAN DIE KAPELAAN

Ds Jacobus van Tonder

Liewe Vriende

Lees Jona 1 vers 9: “Ek is ‘n Hebreër en ek vrees die Here die God van die hemel”

Toepassing:

Jona die vlugteling moes teenoor ander erken wie hy regtig is. Weet  ander om jou dat  jy werklik ‘n oortuigde, lewende, gelowige is – of net maar ‘n kenner van die Evangelie?

Gebed:

Here gee deur U Gees dat ek vir ander ‘n voorbeeld sal wees van oortuigde geloof in U. In Jesus Naam – Amen.