Nongqai Vol 17 No 9 – (8) Kampvuurstories in Suidwes

OM DIE KAMPVUUR: SAND, DIAMANTE, KAMELE EN SPIOENE

’n Vertelstyl‑Essay oor die Namib, die Sperrgebiet, Gordonia, die Polisie en die Geheimenisse van ’n Stil Woestyn-wêreld

Hennie Heymans

Dis storietyd om die vuur

ABSTRACT (English)

This fireside essay blends personal memory, historical reflection, and desert storytelling to explore the Namib, the Sperrgebiet, and the broader world of South West Africa. Through encounters with policemen, soldiers, spies, prospectors, refugees, and wanderers, the narrative traces the hidden histories of a vast and silent landscape. It moves from geologic time to wartime intelligence operations, from camel patrols to diamond smuggling, from the Dunedin Star rescue to the ghost towns of Kolmannskop. Interwoven with spiritual reflection and stargazing, the essay portrays the Namib not merely as a desert but as a living archive of human endurance, mystery, and memory. It is a tribute to the men and women who served, travelled, survived, and dreamed in one of the world’s oldest and most enigmatic deserts.

KEYWORDS (English, with commas)

Namib Desert, South West Africa, Sperrgebiet, police history, camel patrols, diamond smuggling, Dunedin Star rescue, Kolmannskop, desert ecology, military history, intelligence operations, stargazing, geologic time, Namibia heritage, ghost towns, SAP history, SWA Police, Dorslandtrekkers, desert narratives

EXCERPT (English)

The fire crackles softly in the windless Namib night, and the desert stretches out like an ancient, breathing presence. Around the flames, stories rise — of camel patrols, diamond fields, stranded ships, spies in German South West Africa, and policemen who walked the silence with discipline and courage. The Namib becomes a vast archive: a place where the stars speak of creation, where abandoned towns sink slowly into sand, and where men like Louis Botha, Trew, Ironside, Smith, Verster, and countless unnamed constables left their footprints on a land older than memory. In this world of dunes, wind, and forgotten histories, the desert keeps its secrets — yet reveals them to those who listen.

OM DIE KAMPVUUR: SAND, DIAMANTE, KAMELE EN SPIOENE

Die vuur knetter sag. Die nag is warm en windloos — ’n seldsame geskenk in die Namib.

Kom sit nader; laat ons gesels.

Lauberville

Hier, by Lauberville, voel ’n mens hoe oud die wêreld is. Die sand is nie net sand nie; dit is tyd self. Miljoene jare oud, die sand! Geoloë meen die Namib is waarskynlik die oudste woestyn op aarde, met dele wat 55–80 miljoen jaar oud is. Dit is dus nie ’n romantiese storie nie — dit is geologie.

Kapt. Schlegter sit oorkant my, sy gesig half verlig deur die vuur. Hy vertel van “Ou Suidwes”: van woestynpatrollies, dae toe ’n man moes “skiet om te eet”, want daar was geen Spar of Checkers naby nie. Net sand, stilte, en die harde realiteit dat die woestyn jou toets — elke dag.

Ek wonder: Waarom woestynpatrollies? Sigbaarheid? Soewereiniteit?

[Bestaan Lauberville vernoem na die Senior Stafoffisier te SA polisiehoofkantoor, genl Laubscher, vandag nog? Ek weet nie. ]

Woestynpatrollie

Lig-elegante sepia 1938-styl foto sonder teks

Skets deur KI: Ons drink ‘n koffetjie in die woestyn.

Later, wanneer ek in die argief blaai, sien ek die foto’s: ou geregsdienaars, gestewel en gespoor, met helm of pet, patrollerend in ’n landskap waar stilte die enigste konstante was. Hulle was die manne wat die woestyn se geheime moes raaksien — of soms moes erken dat daar géén geheime is nie.

Die Hemelruim en die Stem van die Skrif

Ek kyk op. Die lug is so helder dat ’n mens letterlik terug in tyd kyk. Lig beweeg teen ongeveer 125 000 voet per sekonde, en wanneer ons Alpha Centauri sien, sien ons die ster soos dit vier jaar gelede was. Ons sien “geskiedenis”!

In Genesis praat God met Abraham en sê sy nageslag sal wees soos die sterre — as hy hulle kon tel. Dawid skryf in Psalm 147 dat God die sterre name gegee het. Hier in die Namib voel dit nie soos poësie nie; dit voel soos waarheid. Die hemel is ’n koue, stil uitspansel — en tog is dit vol stemme en beweging!

In die waarneembare heelal is daar na raming tussen tien-sekstiljoen en een-septiljoen sterre—’n getal so groot dat dit die menslike verbeelding te bowe gaan. Teen 2026 het sterrekundiges reeds meer as sesduisend bevestigde eksoplanete ontdek, met duisende ander wat nog wag op bevestiging. Hierdie ontdekkings wys dat planete waarskynlik net so volop soos sterre is, en dat die kosmos wemel van wêrelde waarvan ons nog net die oppervlak begin raak. (Lees gerus die boek: Die Groot Gedagte – Gideon Joubert.)

Toeriste-kaart van SWA

Rondalia-kaart: Bruno Martin het die kaart vanuit Hobart, Tasmanië gestuur. Kyk waar is Sesfontein – naby die kameelperd

Newels oor die Namib: SAUK

As kind het ek na ‘n radio-vervolg verhaal “Newels oor die Namib” geluister en ek onthou ‘n woord: Strandjut-wolf. Dit het so avontuurlik geklink. Die program het ‘n blywende indruk op my gemaak. Dit was met groot waardering dat ek die kus in Suidwes kon besoek…..

Lawrence Green en die Geheim van Twee Buskaartjies

Een van my gunsteling skrywers is, Lawrence G. Green. Hy vertel hoe ’n polisieman in die “ou dae” twee “London Transport”-buskaartjies in die Namib opgetel het. Hoe kom dit dáár? Die woestyn antwoord nie. Sy geheim bly sy eie geheim.

’n Jong Offisier in ’n Groot Land

Veldmaarskalk E Ironside kon Afrikaans praat soos ‘n Boer

Green skryf in To the River’s End hoe die Cape Mounted Police ’n jong gehawende Britse Imperiale offisier, kaptein Edmund Ironside, naby die Oranje ontmoet het. Hy het hom as ’n Boer voorgedoen en Afrikaans vlot gepraat terwyl hy op die Duitse magte in DSWA gespioeneer het. Die voorval het tydens die Duitse-Hottentot-oorlog van 1904 – 1908 plaasgevind. Die polisie het hom eenvoudig gehelp — water gegee, hom verder geneem tot waar die pad weer betroubaar was.

Kort oorsig van veldmaarskalk Ironside:

Ironside was ’n jong, dapper offisier in die Anglo‑Boereoorlog, ’n waaghalsige spioen in Duits‑Suidwes-Afrika gesetel te Robberts Heights, en het uiteindelik die hoogste rang in die Britse leër bereik — veldmaarskalk. Sy loopbaan het hom van die Boerefront tot die hoogste strategiese posisie in die Tweede Wêreldoorlog geneem.

Kommentaar: Spioene in SWA

Alexander Paterson Scotland wat in DSWA gespioeneer het.

Ons het talle bekende en minder bekende spioene in Duitsuidwes en in die Kaapkolonie aangrensend tot DSWA raak geloop:

Ons dink aan Scotty Smith – sy werklike naam was George St Leger Lennox (1845 – Desember 1919), aan die merkwaardige Alexander Paterson Scotland wat in DSWA gespioeneer het voor die uitbreek van die eerste wêreldoorlog, ons dink aan ons eie kaptein Jan Taillard, kapt Pieter Swanepoel het my vertel van Ruth First in Windhoek en majoor V Koslov (destyds KGB – USSR) – van die moderne spioene praat ek nie nou nie. Ons het al oor almal in Nongqai geskryf.

“Sjeef by die koffie?”

Sal ons ooit meneer Carpio van die Verenigde Nasies se besoek gedurende die 1960’s aan SWA vergeet? Fanus Rautenbach se liedjie: “Sjeef by die koffie” / “Wie het die gif by die koffie gegooi?” het gemaak dat ons die episode nooit sal vergeet nie. (Pottie Potgieter het vir ons jare gelde die storie geskryf en ons het dit in een van ons ou uitgawes gepubliseer.)

HARRY TREW, WITKOP BADENHORST EN DIE KAMELE VAN SUIDWES

Lt-kol HF Trew

Lt-kol HF Trew – Afdelingskommissaris van Polisie in die Westelike Provinsie

Kapt. H.F. “Harry” Trew, bevelvoerder van genl. Louis Botha se lyfwag, skryf hoe die groot Johannesburgse polisieperde in die woestyn gesukkel het. Die sand het hulle letterlik ingesluk.

Verbeterde historiese foto

Ou foto deur KI verhelder – SAP Lyfwag in DSWA – met kapt HF Trew as BO.

Botha Treks

Lees gerus sy boek: Botha Treks. Hy skryf as lid van die SA Constabulary het hulle ook teen die Boere geveg tydens die ABO. Hulle was opgeleide soldate en hy vertel hy het nou saam met genl Louis Botha in DSWA baie geleer. Hier is ‘n Boere-generaal met radio en vliegtuie toegerus 12-jaar na die ABO en na die bloedige rebellie wat die Generaal moes onderdruk. Snaaks in Duitswes moes die generaal met ‘n ander generaal via die telefoon konfereer. Raai hulle het toe isiZulu met mekaar gesels sodat die Duitsers wat kon inluister geen snars daarvan verstaan nie.

Op een plek in die woestyn was geen hout beskikbaar nie, toe steel hulle ‘n dwarslêer van die spoorlyn en maak toe hul kos gaar. Hy vertel dit eenmaal vir ‘n senior amptenaar van die spoorweë en die amptenaar was glad nie beïndruk nie.

Genl Botha was deur dr C Louis Leipoldt op ‘n dieet geplaas. Toe hulle ‘n bees braai kry die Generaal by die kok ‘n lekker vet stuk beesrib wat die Generaal toe met sy knipmes ewe skuldig eenkant eet om die kwaai geneesheer te ontwyk. (Dr Leipoldt was tydens die rebellie saam met die lyfwag toe hulle met kmdt Jopie Fourie by Nooitgedacht slaags geraak het en is eervol vermeld vir sy heldhaftige optrede).

Genl. Witkop Badenhorst (SAW-HSI)

Skets deur KI

Genl. Witkop Badenhorst het my vertel hoe sy vader, ’n konstabel in die SWAP, nog met kamele patrollie gery het.

Ek het al die generaal se foto’s geskandeer — die uit sy Vader se album en ook dié van die Dorslandtrekkers wat uit Angola teruggekeer het.

Konst Badenhorst, SWAP

Op die kampbedjie in die woestyn lê die Nongqai — dik, oud, en een van die oudste tydskrifte in Suid-Afrika. Geen radio, geen selfoon, net die Sakbybel en die Nongqai

Wat my opval is dat die manne in volle uniform patrolleer.

Die Dunedin Star: ’n Reddingsverhaal langs die Seekus van die Dood

Kapt JWB Smith hy het later ‘n LV geword.

Die Dunedin Star-ramp en die onwrikbare leierskap van Kaptein JWB Smith

Toe die Dunedin Star op 29 November 1942 aan die Skedelkus grondvat, het ’n buitengewone reddingsoperasie ontvou — ’n stryd teen die see, die woestyn en die elemente. Terwyl skepe en vliegtuie van die Suid-Afrikaanse magte alles in hul vermoë gedoen het om die gestrande passasiers en bemanning te bereik, het een man se rol gou sentraal geword: Kaptein JWB Smith van die Suid-Afrikaanse Polisie, bevelvoerder van die reddingskonvooi op land vanaf Windhoek.

Smith het met ’n kolonne van 11 voertuie die ongenaakbare Namib betree — ’n gebied wat destyds feitlik onbekend, onbarmhartig en sonder enige infrastruktuur was. Sy taak was eenvoudig maar skrikwekkend: om die mense wat op die strand vasgekeer was, lewend uit die woestyn te bring. Die konvooi het deur sagte sand, klipvelde, soutpanne en versengende hitte beweeg, dikwels sonder duidelike roete, en met min water. Tog het Smith se vasberadenheid en koel leierskap die konvooi aan die beweeg gehou, terwyl SAAF‑Ventura’s uit die lug water en noodvoorrade laat val het.

Op 8 Desember het Smith se konvooi die oorlewendes van die gestrande tug Sir Charles Elliot by Rocky Point bereik — ’n kritieke keerpunt. Daarna het hy noordwaarts voortgedruk tot by die Dunedin Star-strand, waar hy die laaste groep uitgemergelde oorlewendes kon bereik. Smith se manne het die mense versorg, gestabiliseer en voorberei vir die terugtog deur die woestyn. Op 23 Desember, ná ’n uitputtende terugreis, het die konvooi uiteindelik Windhoek bereik — ’n logistieke en menslike prestasie wat vandag nog as een van die mees merkwaardige reddingsoperasies in Suidwes-Afrika se geskiedenis staan.

Hoewel die see- en lugreddingspogings dramaties en heldhaftig was, was dit Kaptein Smith se landreddingskonvooi wat die finale sukses verseker het. Sonder sy vasberadenheid, sy dissipline en sy vermoë om mense deur die Namib se doodstil uitgestrektheid te lei, sou die verhaal van die Dunedin Star waarskynlik ’n veel donkerder einde gehad het. Sy rol verdien om prominent onthou te word — as ’n voorbeeld van Suid-Afrikaanse leierskap, moed en praktiese vernuf onder die moeilikste moontlike omstandighede. (Wikipedia – https://en.wikipedia.org/wiki/MV_Dunedin_Star)

Die Sersant, die Diamantdelwers en die Royal Navy

’n Speurdersersant in Windhoek ontvang inligting dat twee verdagtes van ’n skip afgeklim het om diamante te delf. Hy vertrek per motor na Sesfontein, en daarna per kameel na die kus.

Die see raak onstuimig; die vaartuig verlaat die twee delwers tydelik. Die sersant bereik hulle, kla hulle op die kus aan. Hulle is toe verheug nou moet die polisie sorg! Nee, sê die sersant en waarsku dat hulle in Walvisbaai in die hof moet verskyn. Hulle moet op hul vaartuig klim sodra die see kalmeer en dan na Walvisbaai vaar waar hulle in die hof moet verskyn.

Hy keer terug na Sesfontein — en dáár dink hy buite die kassie.

Hy stuur ’n boodskap na Windhoek en versoek dat die SWAP dat die Royal Navy verwittig moet word om die vaartuig op te spoor en na Walvisbaai te begelei.

Van Windhoek af reis hy per trein na Walvisbaai om te getuig. Dit is polisie‑vernuf op sy beste.

Die Vlieënde Skelm

Nog ’n skelm het ’n vliegtuig gebruik om diamante te delf. Hy land langs die Seekus van die Dood — die woestyn het hom ook gevind. Die SAP het hom gearresteer. Die woestyn het geen geheime nie.

Windhoek

Ruiterstandbeeld – wat verteenwoordig die standbeeld nie alles van DSWA se militêre geskiedenis nie?

Lt.-kol. FJ “Frank” Verster en die Nazi‑Internering

Lt-kol Frank Verster die Vader van lt-genl Vic Verster.

Die SAP kom in Windhoek aan en neem die SWAP oor en so word ‘n nuwe patrollie-gebied word vir die SA Polisie in SWA geskep

Lt.-kol. Frank Verster het die Polisiekontingent van Pretoria gelei wat die Duitse Nazi‑simpatiseerders in SWA gearresteer en geïnterneer het. Die SWAP is toe by die SAP ingelyf. Luit.-genl. Vic Verster het goedgunstiglik al sy eie en sy vader se foto’s met my gedeel — ’n skatkis van geskiedenis.

Kapt Vic Verster – 1961 – Fort Namutoni, Etosha

The Sheltering Desert: Henno Martin en die Groot Stilte

In The Sheltering Desert (Hoffmann & Martin, 1955) beskryf Henno Martin hoe hulle in die Namib weggekruip het om nie by die oorlog betrokke te raak nie. Hulle het hul vragmotor vol proviand gelaai en die woestyn ingevlug. Hul oorlewingsverhaal is ongelooflik — totdat die SAP hulle gevind het en in Swakopmund geïnterneer het.

Die woestyn het hulle nie verraai nie — maar die polisie het hulle wel gevind.

Een van die lekker-lees-boeke oor Afrika!

P.C. Swanepoel — “Pietertjie”

Sy boek Polisieavonture in Suidwes is ’n wenner. Swanepoel was ’n uitstekende skrywer en het later by Nasionale Intelligensie ’n baie hoë pos beklee.

Hy is ook die skrywer van Really Inside Boss:

Hy was die eerste offisier‑in‑bevel van die Republikeinse Intelligensiediens in SWA, onder mnr. Mike Geldenhuys, gesetel in die “Withuis” in Johannesburg.

Sers. Hannie Fourie — SAP King’s Rest

Hy moes in die 1960’s met sy .303 na die Suidweskus gaan om die visbronne in Suid-Afrika se gebiedswaters te beskerm. ’n Stil, maar belangrike taak. Hy was op een of ander skip van die SA Vloot tydens hierdie diens.

Swakopmund

Swakopmund: Die son sak in die weste.

Swakopmund Monument

Gedenkplaat – Swakopmund, Namibië

Ter nagedagtenis aan die bemanning van ’n polisiehelikopter wat op 21 April 1966 tragies omgekom het toe hul vliegtuig by Terrace Bay in die see neergestort het.

Polisiepersoneel:

  • Luitenant T. J. Winterbach
  • Sersant H. J. Morton
  • Konstabel Dirk Brand

Burgerlikes:

  • Mnr. P. J. Holmes
  • Mnr. D. Bernhardt

Onthul op 26 Julie 1967 — ’n waardige huldeblyk aan manne wat in diens van veiligheid en gemeenskap hul lewens afgelê het.

Kol. Myburg en die Portugese Vlugtelinge

Dink aan die moeite om die graf so ver van die beskawing op te rig en niemand sien dit nie!

Die grootste menslike drama in die woestyn was die Portugese vlugtelinge uit Angola. Kol. Myburg en sy manne het hulle deur die Namib begelei — ’n tog van gevaar, hitte, koue en hoop. Dit was een van die SAP se stil heldedade.

Bosveld Treinsafaries

Met Bosveld‑treinsafaries (BTS) het ek na Tsumeb via Walvisbaai, Swakopmund… gereis en selfs voor die winkel in Swakopmund met die trein gestop om die koerant te koop. As pensionaris was ek die kroegman én fotograaf op die BTS se trein op vier togte deur Suidwes.

Van my hoogtepunte was om in die woestyn uit die trein te klim en diep in die woestyn te stap, mooi foto’s te neem en die stilte in te adem. Ons het skilderagtige plekke besoek … Ek het al baie gereis maar nog nooit ‘n land of plek besoek wat so in ‘n mens se hart inkruip soos Suidwes nie.

Doc Immelman

Sy boeke oor Suidwes het my altyd laat wens ek kon die land sien. Gelukkig het die polisie my verskeie kere daarheen gestuur — en vier maal het ek per trein tot by Tsumeb gereis. Ek het een maal in SWA gaan jag.

Doc Immelman – Die Romantikus van die Ou Suidwes

Daar was ’n tyd toe Suidwes-Afrika nog ’n land van groot stiltes was — ’n wêreld van rooi sand, windgeskeerde klipkoppe, die reuk van kameeldoringhout en die diep, geheimnisvolle asem van die Namib. In daardie wêreld het ’n man geleef wat die stilte kon hoor en die woestyn kon lees: Doc Immelman, gebore Daniël Ferdinand Immelman, maar vir altyd “Doc” — die klein man met die groot voorkop, die skrywer met die groot hart.

Dowwe voorblad verhelder deur KI

Hy het nie net boeke geskryf nie; hy het inderwaarheid ’n land bewaar. Elke bladsy was ’n stukkie van die ou Suidwes — die mense, die jagters, die boere, die prospekteerders, die San, die Himba, die Topnaars, die Duitse koloniste, die ruwe manne en die sagte vroue wat in sy verhale leef. Soos die wikipedia sê: “Sy boeke gaan hoofsaaklik oor oorlog, jag en misdaad, altyd met ’n tikkie romanse in ’n ruwe manswêreld en meestal gesitueer teen ’n Namibiese agtergrond.” Hierdie romanse — nie net tussen mense nie, maar tussen mens en land — was sy ware erfenis.

Doc het die Namib nie beskryf nie; hy het die land bemin. Hy het die taal van die wind geleer, die spore van die gemsbok gelees, die stories van die Dorslandtrekkers opgetel soos ’n man wat diamante in die sand raap. Hy het agt tale gepraat, maar sy mooiste taal was die een waarmee hy die woestyn laat leef en praat het.

“Sy werke is verder van belang vir die goed nagevorste historiese agtergrond en die akkurate tekening van die natuurlewe, die gebruike en gewoontes van plaaslike inwoners.”

Hy was ’n jagter, ’n swerwer, ’n fotograaf, ’n marconis, ’n plaasboer — maar bowenal was hy ’n bewaker van herinneringe. Sy stories is die laaste asem van ’n land wat vandag net in foto’s, ou koerante en vergete plekname leef. Wanneer hy skryf oor die Namib, voel ’n mens die hitte op jou skouers. Wanneer hy skryf oor Angola, ruik jy die reën op die rooi grond. Wanneer hy skryf oor die mense van Suidwes, hoor jy hul stemme — eerlik, eenvoudig, sonder fieterjasies. Jy hoor die skote!

Doc het meer as sestig boeke geskryf, honderde kortverhale, duisende rubrieke. Maar sy grootste prestasie was dat hy ’n land se siel vasgevang het. Hy het die Namib nie romantiseer nie — hy het dit geromantiseer. Hy het die harde wêreld sag gemaak, die gevaar mooi gemaak, die stilte hoorbaar gemaak. Hy het die leser laat glo dat die woestyn nie ’n plek is nie, maar ’n karakter — een wat jou toets, vorm, straf en uiteindelik liefhet.

En miskien is dit waarom sy boeke steeds gelees word: omdat hy nie net geskryf het nie, maar geleef het in wat hy geskryf het. Hy het die buffels geken, die prospekteerders, die jagters, die boere, die sandstorms, die geheime van die kus van die dood. Hy het die mense van Suidwes verstaan — hul trots, hul pyn, hul humor, hul eenvoud.

Doc Immelman was nie net ’n skrywer nie. Hy was ’n romantikus van die ou Suidwes, ’n man wat die woestyn in woorde kon omskep en ’n hele land kon bewaar vir die geslagte wat ná hom kom.

Keetmanshoop-SAW-monument

(Foto Hennie Heymans)

REGIMENT WESTELIKE PROVINSIE

Ter nagedagtenis aan die lede van die regiment wat gesterf het in die treinongeluk op Keetmanshoopstasie op 25 Maart 1977.

70310743BT – Sktr G. A. Bricknell

65764292BT – Sktr P. H. J. Holtzhausen

66338310BT – Sktr W. Hugo

66338328BT – Sktr H. J. Uys

68438340BT – Sktr P. K. D. van Zyl

Hierdie steen dien ook as simbool van innige dankbaarheid aan die gemeenskap van Keetmanshoop vir hulp verleen ten tyde van die ongeluk.

Onthul op 6 November 1982.

Welwitsia: Die Plant met ’n Duisend Jaar se Stilte

Ek het hier stil gestaan en gewonder wat die plant oor die eeue heen beleef het en besef ons Skepper is Wonderlik!

En toe sien ek die welwitsia — ’n plant wat duisende jare oud kan word. Sy wortels hou vas aan ’n wêreld wat stadig vergaan. Sy blare fluister ’n geheim wat net die woestyn verstaan.

Die Namib

Die stil wye vlaktes van die Namib (Hennie Heymans)

Grassplatz

Grassplatz-stasie tussen Aus en Lüderitz (Hennie Heymans)

Kolmannskop naby Lüderitz

(Alle foto’s deur Hennie Heymans)

Kolmannskop is een van Namibië se mees ikoniese en mees fotogeniese spookdorpe — ’n plek waar die woestyn stadig maar seker ’n hele menslike wêreld terugneem. Die dorpie lê sowat 10 km oos van Lüderitz, diep in die Namib, en was eens ’n ryk diamantmynnedersetting wat in 1908 ontstaan het nadat ’n spoorwerker, Zacharias Lewala, ’n diamant op die spoorlyn opgetel het.

’n Duitse dorpie in die woestyn

Kolmanskop het vinnig ontwikkel tot ’n luukse, Europese styl-dorp met ’n hospitaal, skietbaan, teater, sportsaal, casino, kragstasie, ysfabriek en selfs die eerste X‑straalmasjien in die suidelike halfrond. Die inwoners het in ’n wêreld van oorvloed geleef:

  • daaglikse ysbokse,
  • ingevoerde water per spoor,
  • operagroepe wat kom optree het,
  • en selfs ’n slee wat deur ’n mak volstruis getrek is tydens Kersfees.

Diamantkoors en die Sperrgebiet

Die gebied is deur die Duitse koloniale regering tot ’n Sperrgebiet verklaar — ’n streng verbode sone waar slegs gemagtigde mynmaatskappye toegang gehad het. Die diamantproduksie was astronomies: teen 1912 het Kolmannskop meer as ’n miljoen karaat per jaar gelewer, omtrent 11% van die wêreld se diamantproduksie.

Die begin van die einde

Teen die 1920’s het die diamantvelde begin uitput. In 1928 is die rykste diamantterrasse ooit suid van Kolmannskop ontdek, naby die Oranjerivier. Die inwoners het in hul massas suidwaarts getrek en die dorp agtergelaat. In 1956 is Kolmanskop finaal verlaat — en die Namib het die dorp begin terugneem. Vandag loop besoekers deur huise waar die sand kniehoogte lê en deur vensters en deure instroom.

’n Fotograaf se paradys

Kolmannskop is wêreldberoemd vir sy surrealistiese tonele:

  • kamers gevul met golwende sand,
  • verbleikte Edwardiaanse mure,
  • stil, verlate gange,
  • en ’n atmosfeer van tyd wat vasgevang is.

Die droë woestynklimaat bewaar die geboue verbasend goed, terwyl die sand dit stadig verswelg — ’n perfekte simbool van verganklikheid en die krag van die natuur.

’n Dorpie vol stories

Agter die romantiese verval skuil ook ’n donkerder geskiedenis: die diamantrykdom was gebou op die harde arbeid van inheemse werkers wat in streng, afgesonderde kampe gewoon het. Die Herero- en Nama‑volk se lyding in die vroeë 1900’s vorm die tragiese agtergrond van hierdie blink era.

Spergebied naby Kolmannskop

Wee die oortreder!

Foto: Servamus

Die Spergebied in die ou Suidwes-Afrika (vandag Namibië) lê langs die Atlantiese kus tussen Lüderitz en die Oranjerivier. Dit strek ooswaarts tot naby Aus en Klein-Aus Vista, en noordwaarts tot by die Koichab- en Pomona-gebiede.

Kort beskrywing:

  • Die Spergebied is oorspronklik in 1908 deur die Duitse koloniale owerhede afgebaken nadat diamante by Kolmannskop ontdek is.
  • Dit is ’n geslote diamantgebied, waar toegang streng beheer is — vandag bekend as die Namib-Naukluft Nasionale Park se suidelike deel.
  • Die landskap bestaan uit woestynvlaktes, duine, en granietheuwels, met ’n unieke ekologie wat dekades lank ongestoord gebly het.

Die gebied is vandag een van die mees onbewoonde en historiese streke in Namibië — ’n plek waar die spore van die diamantkoors en die stilte van die Namib saamvloei.

Maanlandskap

Die maanlandskap

Die maanlandskap in Namibië lê net noord van Swakopmund, in die binneland tussen Swakopmund en die Kuiseb-rivier. Dit is ’n surrealistiese, byna buitenaardse gebied van erosieklowe, kaal heuwels en golwende basaltformasies wat oor miljoene jare deur die Swakoprivier uitgesny is.

Ausnek Begraafplaas

Hierdie is ‘n plek met ‘n ryk militêre-geskiedenis – al wat oor is, is die grafte wat stille getuies is van ‘n oorlog meer as 100-jaar gelede. Hier is Duitse en Suid-Afrikaanse troepe begrawe.

Ausnek Begraafplaas

Diaz-punt naby Lüderitz

Adolf Lüderitz

Lüderitz in die woestyn

Lüderitz – Die kerk let op geen gras nie

Die wildeperde van Garub

Die wilde perde van Garub is een van Namibië se mees geliefde en mees simboliese natuurskatte — ’n klein, geharde kudde wat al meer as ’n eeu in die suidelike Namib oorleef. Hulle is uniek: die enigste werklik wilde perdpopulasie in Namibië, en een van slegs twee in heel Afrika.

Hier is ’n duidelike, mooi en volledige oorsig, gegrond op die nuutste bronne:

Waar leef hulle?

Die perde leef op die Garub-vlakte, naby Aus, tussen Lüderitz en die Namib‑Naukluftpark. Hulle oorleef danksy ’n borehole wat reeds in 1908 deur die Duitsers geboor is vir stoomtreine — vandag die enigste betroubare waterbron in die omgewing.

Hoe lyk hulle?

Die Garub-perde word die Namib Woestynperde genoem. Kenmerke:

  • meestal donkerbruin (bay), soms kastaiing of bruin;
  • atleties, sterk bene, kort rug, goeie skouers;
  • lyk soos Europese ryperde — waarskynlik hul oorsprong;
  • geen gryse kleur in die populasie nie.

Hulle is waaksaam maar nie skrikkerig nie — hulle het geleer dat die mens by die watergat nie ’n bedreiging is nie.

Waar kom hulle vandaan?

Die oorsprong is nie 100% seker nie, maar die bronne stem saam dat hulle waarskynlik afstam van:

  • Duitse kavallerieperde (Schutztruppe) wat tydens die 1915‑retreat losgelaat is;
  • Suid-Afrikaanse militêre perde wat by Garub gestasioneer was;
  • perde van Duitse stoetplase (Kubub, Duwisib) wat tydens die Eerste Wêreldoorlog verlate geraak het.

’n Dramatiese teorie: ’n Duitse vlieënier het ’n bom op die SA‑kamp by Garub gegooi, waarna sowat 1 700 perde die woestyn ingevlug het.

Hulle het uiteindelik by Garub saamgetrek — die enigste plek met water.

Hoe lank is hulle al daar?

Sedert 1914–1915, dus meer as 100 jaar. Die perde het die oorlog, droogtes, roofdiere en menslike inmenging oorleef.

Hoe oorleef hulle die woestyn?

Die Namib is een van die droogste woestyne ter wêreld. Tog oorleef die perde deur:

  • die boorgat by Garub;
  • lang afstande te loop vir skaars gras;
  • hul kuddestruktuur (hings met sy harem);
  • uiterste gehardheid en aanpassing.

In droogtes breek die kuddes soms op, en perde loop dae lank sonder water.

Hoeveel is daar?

Die populasie wissel tussen 90 en 150 perde.

Hulle word as kritiek bedreig beskou.

Namutoni

Namutoni-gedenkteken

Windhoek

Windhoek spoorwegmuseum “Kobus” en Funkey.

Ons spoorwegpolisie-kollegas in SWA het met “Kobus” die spoorlyne gepatrolleer en voor ons troepetreine gery met oop oë, om te voorkom dat die spoorlyne gesaboteer word.

Namib: Desert Express

Ek was nog altyd maar ’n man van eenvoudige smaak. Die Trans-Karoo en Trans-Natal was goed genoeg vir my en sommer uitstekend! Die Bloutrein het buite my bereik gebly, en van Rovos Rail praat ek nie eens — dis ’n wêreld vir die welgestelde paar reisigers. Selfs die Desert Express in Namibië is ’n luukse ervaring vir die ryker besoekers. Ek het maar my reise op die gewone nostalgiese manier gedoen, met roet in my oë en die wind en rook deur die oop venster in my gesig. ‘n Drankie in die sitkamerwa, biltong en kondensmelk is altyd lekker op ‘n trein.

‘n Luukse rytuig van die Desert Express

SWA en die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad (SSVR)

My sekondering na die SSVR het meegebring dat ek onder andere die Walvisbaai-strategie moes opstel.

Op eenslag is ek saam met ander lede van die SSVR na SWA ons het die geleentheid gehad om Windhoek en die talle SAW-basisse op die grens te besoek.

Na ‘n paar jaar was ek weer by die Nodale Punt van die SAP by polisiehoofkantoor gestasioneer en moes ek weer monitor-verslae opstel vir die verskillende strategieë. Die Walvisbaai-strategie was een so ‘n strategie.

Mnr PW Botha was destyds die staatspresident en wat ek kon lees in amptelike stukke en in notules en gehoor het tydens voorligtings wou die staatspresident die mense van Walvisbaai nie verlore laat voel nie en is Walvisbaai meer as deel van die ou Kaapprovinsie beskou as van Suidwes en as sulks bestuur.

AO WJ “Willie” du Plessis – destyds die distriksklerk van Walvisbaai

Wat die polisie betref het Walvisbaai ‘n eie distrikskommissaris, ‘n gewone polisiestasie met speurders, veiligheidstak, SANAB-tak, twee ander polisiestasies een elk vir Narraville en Kuisabmond, ‘n watervleuel, grensposte & teen-insurgensie afdeling. AO Willie du Plessis (ex-Jeppe) was die distriksklerk. (Willie het ook ‘n interessante spioenasie-storie destyds in Nongqai vertel mbt die VN in Namibië.)

Verder was daar ‘n hof, SA Weermag-elemente in die hawe en te Rooikop. Daar was immigrasiebeamptes en doeane in die hawegebied en by die lughawe.

Ek het eenmaal met die polisievliegtuig na Walvisbaai gevlieg. Genl Basie Smit en ‘n lid van die destydse kwartiermeester het saam gevlieg. Ons het die groot duin uitgeklim en die soutpaaie het ‘n indruk op my gemaak.

Dis moeilik om te glo, maar ‘n paar ouens het uit hul land, São Tomé, per boot gevlug en in Walvisbaai aansoek om politieke asiel gedoen.

‘n Ander keer saam met genl DK Genis het ons met ‘n spuitvliegtuig na Walvisbaai gevlieg om die monitorverslag op te stel en die politieke asielsoekers te besoek. São Tomé (Sentraal-Wes-Afrika, naby die ewenaar) was rofweg 1500 seemyl van Walvisbaai. Ons regering het hulle asiel geweier ….

1886

1899 Polisie te Walvisbaai.

1910

1908 Polisie te Walvisbaai

1952 SAP Walvisbaai: Die hoofkonstabel – voor regs – en sy manne! Van die lede is geklee as voetmanne (swart) en ander as beredemanne (kakie).

PAUL ELS SE BOEK OOR WALVISBAAI

DIE EINDE VAN ‘N ERA

.

Foto’s en inskrywing bekom van genl JV van der Merwe

Netjiese oordrag aan Nampol.

En so kom my kampvuurstorie tot ‘n einde maar ons sal altyd ons kollegas en vriende wat daar sterwend gedien het en dienend gesterf het onthou!

Slot

Ons ontvang graag verdere kommentaar, aanvullende stories en verhale van ou Suidwes. Foto’s van monumente en grafte welkom vir ons argief: Stuur aan Hennie Heymans: heymanshb@gmail.com

Teken gratis in op die Nongqai – kontak Rene Geyer< renegeyer@telkomsa.net>

Groete en Saluut

Hennie Heymans