Nongqai Vol 17 No 8 – Maandbrief: Potpourrie

Abstract (English)

This month’s letter weaves together South African history, policing heritage, personal memoir, and spiritual reflection. It opens with the remarkable story of Johanna van der Merwe — “a Voortrekker heroine who survived more than 20 assegai wounds during the Bloukrans massacre” — and expands into a broad historical survey of early policing bodies such as the Natal Mounted Police, Cape Police, Durban Borough Police, the Railway Police, and units active during the Anglo-Boer War.

Interspersed with these historical accounts are vivid personal recollections: early police service in Wentworth, encounters with former colleagues, and meetings with figures from the South African Police, Railway Police, and National Intelligence Service. The letter also reflects deeply on Afrikaner identity, language decline, cultural shifts after 1994, and the changing landscape of schools, churches, and communities. The narrative asks the poignant question: What became of the once formidable Afrikaner?

The final section offers a spiritual meditation on Simon of Cyrene — “the man who carried the cross” — and the enduring faith legacy of his family in the early Christian church. The article concludes as a rich blend of historical documentation, personal narrative, cultural commentary, and devotional insight.

Keywords

Johanna van der Merwe, Voortrekkers, Bloukrans massacre, Bloedbad van Weenen, Natal Mounted Police, Cape Police, Durban Borough Police, South African Constabulary, Railway Police, Anglo-Boer War, concentration camps, Jacobs camp, Merebank camp, SAP Springs, SAP Wentworth, South African Police, Special Task Force (Railway Police), National Intelligence Service, Afrikaner identity, Afrikaans language, Durban history, Pretoria FM, Raakpraat, Simon of Cyrene, early Christian church, F.A. Venter, personal memoir, South African policing history

1838: JOHANNA VAN DER MERWE

Voortrekker ossewa getrek deur rooi Afrikaner-osse in kleur

Met die verloop van tyd het ek vergeet wie Johanna van der Merwe was. Ek weet wie Johanna Brandt was, maar iemand het Johanna van der Merwe weer op die voorgrond geplaas. Ek het toe na wikipedia gegaan en uitgevind wie sy was. Hier is haar merkwaardige storie, ‘n ossewa en ‘n duikboot is na vernoem:

Foto: Deur Anonymous – https://ancestors.familysearch.org/en/GZNN-3NM/johanna-cornelia-van-der-merwe-1825-1888, Publieke domein, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=137991029

Johanna Cornelia van der Merwe (7 Maart 1825 – 15 Januarie 1888) was ‘n Voortrekkerheldin wat ten spyte daarvan dat sy meer as 20 assegaaisteke ontvang het, die Bloukransmoorde (ook bekend as die Bloedbad van Weenen) oorleef het na ‘n impi-aanval op haar trekparty op 17 Februarie 1838.

Sy is later getroud met Hendrik Frederik Delport saam met wie sy sewe seuns gehad het, ten spyte daarvan dat sy gestremd gelaat is deur die aanval. Sy het op die ouderdom van twee-en-sestig gesterf en is in Rouxville begrawe.

‘n Ossewa was tydens die geskiedkundige 1938 Groot Trek Eeufeesviering na haar vernoem, asook ‘n Daphné-klas duikboot van die Suid-Afrikaanse Vloot, SAS Johanna van der Merwe.

Monument

Deur Discott – Eie werk, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=100381212

https://af.wikipedia.org/wiki/Johanna_van_der_Merwe

Natal Mounted Police (Pre-1894)

Offisier, sersant, korporaal, manskappe en die stasiebrakkie

Police Station: Alexander Rd, Pietermaritzburg Polisiestasie: Alexander-weg Pietermaritzburg
The police station in Alexander Road, Pietermaritzburg, was built by the Natal Mounted Police between 1878 and 1890, and the building was completed in 1890. At that time, it served as the police station and barracks for the Natal Mounted Police, which was later renamed the Natal Police in 1894. The complex was designed by Colonel Hime, and its façade forms the front of a U‑shaped building that is still preserved today as a heritage site. Die polisiestasie in Alexander-weg, Pietermaritzburg is deur die Natal Mounted Police gebou tussen 1878 en 1890, en die gebou is voltooi in 1890. Dit het destyds gedien as die polisiestasie en barakke vir die Natal Mounted Police, wat later in 1894 herdoop is tot die Natal Police. Die kompleks is ontwerp deur Kolonel Hime, en die vooraansig vorm die voorkant van ’n U‑vormige gebou wat vandag nog as ’n erfenisterrein gebruik word.

CAPE POLICE: KAAPSTAD

Konstabel op rondtediens – Constable on Beat

Policemen (British Transvaal Colony), Marabastad, Pretoria, South Africa, 1902.

It is unknown whether these members belonged to the Transvaal Town Police, the Transvaal Police, or the South African Constabulary.” Dit is onbekend of hierdie lede aan die Transvaal Town Police, die Transvaal Police of die South African Constabulary behoort het.

Kimberley Court House

Kimberley se hofkantoor in die ou dae

Harrismith Courthouse

1901: Die hofkantoor in Harrismith tydens 1900

DURBAN SE OU HOFKANTOOR

Daar is vandag ‘n museum in die gebou.

Durban Borough Police / Durban se Gemeentelike Politie

The Durban City Police was at one time one of the oldest continuous policing bodies in South Africa. Today they are the Durban Metropolitan Police. Die Durban se Stadspolisie was op ‘n tydstip een van die oudste aaneenlopende polisiemagte in Suid-Afrika. Vandag is hulle die Durban Metropolitaanse Polisie.

Durban Borough Police (1900): Constable on Beat

1899 – 1902: ANGLO BOERE-OORLOG: ANGLO BOER WAR

A Boer “Long Tom” artillery piece being transported from Pretoria to the Ladysmith front. ’n “Long Tom”-kanon van die ZAR wat van Pretoria na die Ladysmith‑front vervoer word.

1899 – 1902: ANGLO BOERE-OORLOG: JACOBS

I grew up on the Bluff in Durban. As a policeman in Wentworth and King’s Rest, I often worked in Jacobs, but I was never able to locate the original site where the concentration camp had once been situated. I did, however, visit the site of the Merebank concentration camp. Ek het op die Bluff in Durban grootgeword. As polisieman te Wentworth en King’s Rest het ek dikwels in Jacobs diens gedoen, maar ek kon nooit die oorspronklike terrein opspoor waar die konsentrasiekamp destyds gestaan het nie. Ek het wel die terrein van die Merebank‑konsentrasiekamp besoek.

Genl Schalk Burger se aankoms te Jacobs-konsentrasiekamp:

Gen Schalk Burger’s arrival at Jacobs Concentration Camp:

1902 Central South African Railways Police

Generated image thumbnail

1900 (circa) South African Constabulary: Gen Baden Powell

1899 – 1902: Anglo Boer War: Railway patrol Cycles

During the Anglo-Boer War, train wreckers such as Capt Jack Hindon actively sabotaged railway lines. Shown here is Major Owen Lewis’s invention — the Railway Patrol Cycles — conducting a patrol. Tydens die Anglo-Boereoorlog het treinvernielers soos kapt. Jack Hindon aktief spoorlyne gesaboteer. Hier word maj. Owen Lewis se uitvinding — die spoorwegpatrolliefietse — getoon terwyl dit op patrollie is

1914 Zulu Police in Durban

“My father joined the South African Police in 1938 and was posted to Durban. He told me that they also marched in pairs to their beats. The section sergeant would lead them and, upon reaching each designated point, he would call out: ‘Halt. Beat numbers 1 and 2 fall out.’ The men would then step off and continue on their way until each had reached his beat. He also recalled that they worked two four‑hour shifts, for example from 06:00 to 10:00, and again from 14:00 to 18:00. My vader het in 1938 by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit en is na Durban verplaas. Hy het my vertel dat hulle ook in pare na hul rondtes gemarsjeer het. Die wyksersant het hulle gelei en, wanneer hulle by elke aangewese punt gekom het, sou hy bv. uitroep: ‘Halt. Rondtes nommers 1 en 2 val uit.’ Die mans het dan uitgetree en voortgegaan totdat elkeen sy rondte bereik het. Hy het ook onthou dat hulle bedags twee vieruur-skofte gewerk het, byvoorbeeld van 06:00 tot 10:00, en weer van 14:00 tot 18:00.

1938: Springs Police Station

The SA Police Station, Third Street, Springs.

1954: Springs Police Station

1954 – The impressive and imposing new Springs Police Station and Barracks is built on Delmas Road (Now Welgedacht Road). 1954 – Die indrukwekkende en statige nuwe Springs-polisiekantoor en -barakke in Delmas-weg (nou Welgedacht-weg).

Source: Springs – History of a Gold Town

1939 – 1945: Rooi Lussies op UVM & SAP-Uniforms

Lieutenant in the Union Defence Force

Union Defence Force Women Transport Drivers. Press Photo. Dated 1943 – Frans Erasmus

1955: Permit to visit Uranium Installations

Det/Head/Constable’s Permit to visit Uranium Installations signed by the Commissioner of Police, Maj-Gen HJ du Plooy during 1955.

1964: Konstabel Oortjies Viljoen: SAP Wentworth

My eerste dag as polisieman ná kollege was by SAP Wentworth, waar ek vir nagdiens aangemeld het. Konstabel Oortjies Viljoen was toe die wyksersant, en ek is saam met hom gepos as “voertuigbemanning” op “M61 – Wentworth”. M61 was ‘n wit Studebaker Lark. Konstabel Johan Senekal was die wa-bestuurder op “M63 – Wentworth”- ‘n Ford-patrolliewa.

Ek is al vir jare besig om my outobiografie te skryf en versamel gedurig materiaal en foto’s om dit outentiek en interessant voor te stel.

So het ek onlangs ’n foto ontvang van my eerste wyksersant in die Suid-Afrikaanse Polisie. Oortjies het my ’n paar jaar gelede opgespoor, en ons het heerlik oor die “ou dae” gesels. Hy is getroud met Johanna Olivier, wat saam met my aan Hoërskool Dirkie Uys gematrikuleer het. Klein wêreld!

2026 JULIE: ONTMOETINGS

Johan Lotriet en Fanie Booysen

Op 7 Julie 2026 het ek vir Johan Lotriet en Fanie Booysen ontmoet. Beide het hul diens in die SA Spoorwegpolisie begin. Mnr Johan Lotriet was een van die vier bevelvoerders van die SA Spoorwegpolisie se Spesiale Taakmag. Hy is later deur Nasionale Intelligensiediens gewerf om aldaar ‘n baie spesiale taak te vervul. Fanie was ook ‘n polisie-offisier in Durban. Ek het die ontmoeting vreeslik geniet en ons het gesels oor die:

  • SA Spoorwegpolisie
  • Die Spoorwegpolisie se Spesiale Taakmag
  • Oor die SA Polisie in Durban
  • Oor Nasionale Intelligensiediens

Lt-genl Chris Serfontein

Op 14 Julie 2026 het ek ontbyt met lt-genl Chris Serfontein geniet. Dit was die eerste keer dat ons alleen was en ons het van 09:40 tot 13:45 land en sand gesels. Wat ‘n wonderlike voorreg om brood met ‘n oudkollega te breek!

Lt-genl Serfontein

Mnr Johan Mostert (BSV/DNV/NI en hoof van die SSVR)

Op 29 Julie 2026 het ek en mnr Mostert ontbyt genuttig en vreeslik gesels oor ons nasionale geskiedenis. Mnr Mostert het belowe om nog attikels vir ons te skryf veral tov nasionale veiligheid net na 1994.

Mnr Johan Mostert

‘n Stem uit die Verlede: Kapt Thys du Plessis (SAP New Canada)

Groot was my verrassing toe ek ’n WhatsApp‑boodskap van Johan Lotriet ontvang. Hy en sy gade het saam met Thys du Plessis en sy gade iets in die Vrystaat gaan geniet.

Thys was as klein seuntjie op die Bluff, waar my moeder sy onderwyseres by Laerskool Dirkie Uys was.

Sy vader was ’n bekende spoorwegpolisieman in Durban, en ek het hom destyds by hul huis besoek.

Later, toe ek in Soweto gestasioneer was, was daardie selfde Thys die stasiebevelvoerder van die polisie te New Canada, Soweto. Thys was ‘n Yster!

PRETORIA FM: RAAKPRAAT

https://www.youtube.com/watch?v=YKzOgJINQFM

3 959 kyke 18 Jun. 2026

Staan die gebeure van 16 Junie 1976 in insolasie of moet daar ook na ander gebeure in daardie tydperk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gekyk word om sodoende presies te verstaan wat gebeur het en waarom? James Kemp gesels met brigadier Hennie Heymans oor die gebeure van 50 jaar gelede.

Die Motorwag

Potloodskets van motorwag

Die outomatiese bankteller by ons winkelsentrum het my bankkaart ingesluk, en ons moes na ’n ander sentrum ry waar daar ’n bank is. Ons ry daarheen. Dis winter, en ek verkies om in die motor in die son te sit en warm te word, terwyl my gade, Petro, alleen na die bank stap.

Daar is ’n motorwag wat rondtrap. Hy lyk effens uit sy plek uit. Ek sit en lees my boek, geniet die sonskyn, en die motor is heerlik warm. Toe hy naby kom, maak ek die venster oop en groet hom. Hy is ’n Afrikanerseun van om en by veertig. Ons raak aan die gesels. Hy moet betaal om daar te werk, en ek vergelyk die bedrag met wat die motorwagte by ons winkelsentrum moet betaal. Sy fooi is heelwat laer.

Ons gesels land en sand. Hy het vroeër gewerk, maar is ge‑retrench. Sy taal is nie myne nie. Hy ry ’n hele ent met ’n geleende motor vir die twyfelagtige voorreg om daar te kan werk. Is hy getroud? Nee. Hy het twee kinders, en hy en die moeder van sy kinders maak hulle saam groot. Sy werk ook as motorwag, maar “vandag werk sy nie”.

Ons gesels lekker, en ek raai hom aan om ’n ambag te leer. Toe Petro terugkom, gee ek vir hom my gebruiklike fooitjie. Ek sê vir hom: “Ek het eintlik my eie motor opgepas, maar omdat jy die diens verskaf en teenwoordig is, gee ek jou ’n fooitjie.”

Ek is opreg jammer vir mense wat as motorwagte moet werk. Ek het al oud‑SAP‑lede ontmoet wat dit doen. Werk is geen skande nie, MAAR omstandighede — insluitend diskriminasie — dwing mense soms tot hierdie soort werk omdat geen ander werk beskikbaar is nie.

Vriende, wees asseblief vriendelik met motorwagte, en gee tog maar ’n fooitjie. U het soveel om te gee, en dit beteken ’n wêreld vir ’n man en sy gesin.

Afrikanerskap se Klimtol-spronge

My voorsate het uit die Kaap getrek en hulself op die plaas Witklip naby Bethlehem gevestig. Toe breek die Anglo-Boereoorlog uit. My oupagrootjie lid van die Bethlehem-kommando word deur die berugte Klaas-bende vermoor. Die lank en die kort van die storie: die gesin beland eers in die Harrismith-konsentrasiekamp, waar Oupa Heymans se baba-sustertjie sterf. Daarna word hulle verskuif na Tin Town in Ladysmith.

Na die oorlog keer Oumagrootjie terug na ’n verskroeide aarde — arm, gebroke, maar vasbeslote. Die perdekar val om en sy breek haar been. Hulle slaap onder sinkplate wat skuins teen ’n muur geleun het. Daar was geen osse om te ploeg nie, geen vee nie. Sy verkoop uiteindelik ’n stuk van hul dorpserf — waar die Bethlehem stadsaal vandag staan — om te oorleef.

Oupa, toe nog ’n jong seun, word ’n kebdrywer by die spoorwegstasie en later ’n sakeman in Van Reenen. Armoede laat hy agter, maar rykdom was daar nooit. Hy het sewe kinders, en my vader sluit by die Spesiale Diensbattaljon aan en vandaar na die polisie-depot.

My vader beland in Durban, ’n stad waar Engels die lug oorheers. Later kry ons ’n eie Afrikaanse Bybel, en nog later Afrikaanse Psalms en Gesange. Ná intimidasie neem my vader die rooi-eed in Pretoria.

Ek word ná die oorlog gebore — eers ’n Engelse kleuterklas, toe Stella Park Primary vir graad een. In 1953 gaan ek na die nuut geopende Laerskool Port Natal. Daar was ‘n Hoërskool Port Natal. Intussen ontstaan die nuwe Bewaarskool Port Natal. Ek voltooi standerd 6 en beweeg na Hoërskool Dirkie Uys, waar ek in 1963 matrikuleer — omtrent 63 jaar ná die Anglo-Boereoorlog. Ek wens ek het meer na Oupa en Ouma se oorlogstories geluister. En 62 jaar gelede word ek self ’n polisieman.

Ons was min Afrikaners in Durban, maar stadig kom daar meer Afrikaanse skole: Saamwerk, Gelofte, en ander. Die meeste Afrikaners se ouers werk by die spoorweë, polisie of staatsdiens. Ons het Afrikaanse kerke in meeste woonbuurte. Ons gemeente, NG Kerk Durban-Suid, was vol spoorwegmense en polisie.

Na my uitpasering in 1964 kom mnr Gys Muller en wens my geluk. Ek wil meer weet en word ’n student aan die Universiteit van Natal. In die Afrikaans-Nederlands-klas vertel die professor dat daar in Smithstraat, Durban, net twee Afrikaanse woorde te sien is: Trust Bank en Suid-Afrikaanse Polisie. Durban se tale was Engels, isiZulu en ’n veelheid Indiese tale. Die spreek- en skryftaal in die polisie was Engels — maar ons kon darem in Afrikaans in die hof getuig, ons onbetwisbare reg.

Ons kerke was stampvol; nuwe gemeentes het ontstaan. Afrikaanse skole was vol. Ons het nooit parlementêre verkiesings gehad nie — die wêreld van my jeug was Verenigde Party, die Sappe. Stadig maar seker het Afrikaans begin gedy. Ons kry selfs ’n Afrikaanse onderwyskollege. Teen 1990/91 is dieselfde Gys Muller die burgemeester van Durban. Afrikaanse universiteite blom: Stellenbosch, Port Elizabeth, Bloemfontein, Potchefstroom en Johannesburg (RAU).

Toe breek 1994 aan. Die Afrikaanse hart van die polisie, spoorweë, weermag en universiteite word uitgeruk. Ons eens stampvol kerke loop leeg — ek sien net gryskoppe in die kerk en wonder wat van die jeug se voorstellingsdienste geword het.

Volgens berigte is daar nou net een Port Natal-skool. Dirkie Uys is weg. My alma mater, die Universiteit van Natal, dra ’n nuwe naam. Durban se straatname verander een vir een.

Selfs Pretoria se straatname verander — ek hoor die verkeersverslae op die radio en begryp nie waar die plekke is nie. Kan ons nie maar vir elke dorp ’n nuwe naam gee nie? Dan kan ons in Afrikaans die ou naam gebruik, en in Engels die nuwe naam. Dan sal ek weet waar ek is.

Afrikaans taan — selfs in Pretoria. Kerke word minder. Skole verdwyn. Gelukkig het ons Pretoria FM — “Onbeskaamd Afrikaans” — en YouTube waar ek Afrikaanse programme kyk. Ek kyk ook na Nederlandse TV.

Afrikaans is ’n pragtige taal — seker die soetste taal op die oor. Maar waar is al die Afrikaners heen? Perth, Nieu-Seeland, Amerika, Engeland. Ek weet nie. Min kinders in die kerk. Is die kerk nog belangrik? Sondagsport is in, en die wêreld is deurmekaar. Hemelvaartdag is nie meer ’n geestelike rusdag nie. Die staat is totaal sekulêr — van Sondag tot Maandag kan ek enigiets koop, ook drank of selfs dobbel.

Afrikaans is vandag vol Engelse woorde. Maar in Durban het ek geleer om Afrikaans lief te kry en te koester — dis ’n kosbare kleinood. Afrikaans is hier gemaak en is een van die modernste, jongste tale waarin jy enigiets kan sê of skryf.

En dan die vraag wat bly hang:

Wat het van die eens magtige Afrikaner geword? (“Hoor jy die magtige dreuning?”) Hy het Engeland uitgedaag en die fisiese stryd tydens die rewolusionêre oorlog gewen, maar ongelukkig die politieke oorlog verloor.

Waar is die Afrikaner nou?

BOEK: SIMON MAN VAN SIRENE

Simon van Sirene help Jesus dra die kruis, minder hout, meer fokus op gesigte en hande

Simon van Sirene – Die man wat die kruis gedra het, en die gesin wat die Evangelie gedra het

Na baie jare het ek weer F.A. Venter se boek Simon, man van Sirene gelees. Dit het my aangegryp, en ek het besluit om ’n bietjie navorsing te doen. Vanoggend (12 Julie) het ek op Pretoria FM se program Kerkaktueel weer na die verhaal van Simon en sy gesin geluister — en die diepte van hierdie Bybelse figuur het my opnuut getref.

Simon van Sirene is een van die mees aangrypende “stil figure” in die Evangelies. Hy verskyn net vir ’n oomblik op Golgota, maar die impak van daardie oomblik het deurgespoel in die lewe van sy hele gesin en die vroeë kerk. F.A. Venter se roman bou juis op hierdie kern: ’n gewone man wat onverwags die kruis van die Messias dra — en wie se huisgesin later ’n geestelike pilaar word. (Sirene lê in die streek wat vandag deel is van Libië.)

Die Bybelse gegewens

Simon word drie keer genoem:

  • Matteus 27:32
  • Markus 15:21
  • Lukas 23:26

Die belangrikste verwysing is Markus 15:21, waar Simon beskryf word as “die vader van Alexander en Rufus.” Markus noem die seuns omdat hulle reeds bekende Christene was in die gemeente waarvoor hy skryf — waarskynlik Rome.

Rufus – ’n geliefde gelowige

Paulus verwys waarskynlik na dieselfde Rufus in Romeine 16:13:

“Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder, wat ook vir my ’n moeder geword het.”

Hierdie enkele vers sê baie:

  • Rufus was ’n geliefde Christen in Rome.
  • Sy moeder het vir Paulus soos ’n geestelike moeder geword.
  • Dit impliseer dat Simon se gade ’n vrou van groot geloof, gasvryheid en geestelike invloed was.

Die Bybel noem nie haar naam nie, maar die logiese gevolgtrekking is dat die “moeder van Rufus” die vrou van Simon van Sirene was — ’n stille, maar kragtige matriarg in die vroeë kerk.

Alexander – die ander seun

Alexander word nie verder in die Nuwe Testament geïdentifiseer nie. Die naam was algemeen, en daar is geen bewyse dat hy dieselfde Alexander is as die persone in Handelinge of Paulus se briewe nie. Tog noem Markus hom omdat hy bekend was in die vroeë gemeente — ’n aanduiding dat Simon se hele gesin ’n geestelike rol gespeel het.

Simon se gesin en die vroeë kerk

Die Cyreneërs het ’n merkwaardige rol in die verspreiding van die Evangelie gespeel. In Handelinge 11:20 lees ons dat gelowiges uit Cyrene die Evangelie in Antiochië verkondig het — ’n sleutelstad in die vroeë sendingwerk. Dit is heeltemal moontlik dat Simon se gesin deel was van hierdie beweging.

Die beeld wat uit die Skrif en vroeë oorlewering ontstaan, is dié van ’n huisgesin wat diep geraak is deur Simon se ontmoeting met Jesus op die kruisweg. Die man wat die kruis gedra het, het ’n gesin gehad wat die Evangelie verder gedra het — tot in Rome, tot by Paulus, tot in die hart van die vroeë kerk.

Slot

Simon van Sirene se verhaal is kort in die Bybel, maar sy nalatenskap is lank. Sy daad van gehoorsaamheid het ’n huisgesin gevorm wat ’n geestelike tuiste vir Paulus geword het en ’n ankerpunt vir die vroeë kerk. F.A. Venter se roman vang hierdie waarheid raak: dat God dikwels gewone mense gebruik om buitengewone spore te trap.

Ons behoort aan die Here — Hy het ons by naam geroep. Ons is Syne, en niks sal ons uit Sy hand ruk nie. Maar soos Simon moet ons gehoorsaam wees, luister na Sy stem, en nooit huiwer nie. Ons moet Hom getrou en met passie dien.

Meer as twee duisend jaar later onthou ons steeds vir Simon — die man wat vir ’n oomblik die kruis gedra het, maar vir ’n leeftyd die geloof.

Groete tot later …..