Nongqai Vol 17 No 7 – Lekker gesels: Spoorwegpolisie Spesiale Taakmag en Nasionale Intelligensiediens

Editor’s Note

This article offers a valuable glimpse into the covert operational world of the former National Intelligence Service (NIS). Through personal recollections and informed commentary, it highlights the complexity of South Africa’s security structures during a turbulent era, as well as the importance of documenting both overt and covert contributions made by dedicated individuals. Nongqai remains committed to preserving national security history with accuracy, fairness, and respect—providing a platform where these stories can be shared without sensationalism, and where the past is examined thoughtfully without becoming a place of residence.

ABSTRACT

This article reflects on a recent conversation with former members of the South African Railway Police Special Task Force and explores their lesser‑known connections with the National Intelligence Service (NIS). Through personal recollections, operational insights, and historical context, the narrative highlights the unique capabilities of the Railway Police, the covert contributions of NIS operatives, and the importance of compartmentalisation within intelligence structures. The article also revisits significant historical intelligence figures and underscores the ongoing need to document South Africa’s covert security history. Nongqai continues to serve as a platform dedicated to preserving national security heritage with accuracy, balance, and respect for the past.

Key Words

South African Railway Police, Special Task Force, National Intelligence Service, covert operations, intelligence history, compartmentalisation, Durban Harbour, OOB medal, Johan Lotriet, Anthony Turton, Fanie Booysen, security heritage, Nongqai, South African Police history, operational intelligence, historical research

LEKKER GESELS: SPOORWEGPOLISIE SPESIALE TAAKMAG EN NASIONALE INTELLIGENSIEDIENS

Hennie Heymans

Hierdie week was ek bevoorreg om ontbyt te geniet saam met Johan Lotriet, OOB, en Fanie Booysen — beide oudlede van die gedugte Spesiale Taakmag van die SA Spoorwegpolisie.

Die destydse Spoorwegpolisie was ’n unieke en veelsydige mag: hulle moes kon optree in die lug, op see, in hawens, en in en om treine. In die 1980’s het ek Durban-hawe amptelik besoek, omdat dit ’n kritieke nasionale sleutelpunt was. Die SA Vloot het die seewaartse verdediging behartig, terwyl die Spoorwegpolisie die landwaartse verdediging moes verseker — geen maklike taak nie. Die magte in Durban het my destyds tydens die amptelike besoek beïndruk.

Johan Lotriet – ’n uitsonderlike bevelvoerder

Johan Lotriet

Johan Lotriet is destyds spesiaal deur die Nasionale Intelligensiediens gewerf. Hy was die derde bevelvoerder van die Spoorwegpolisie se Spesiale Taakmag — ’n man met ’n indrukwekkende persoonlikheid, hoë intelligensie, taktiese vernuf en ’n natuurlike krygslis. Ek het al baie spioene en koverte operateurs ontmoet, maar Johan Lotriet is werklik een uit ’n duisend.

Prof. Anthony Turton se woorde bevestig dit:

Prof Tony Turton

“Johan was my Divisional Head in K4. He led the team that did close-in surveillance of (redacted) in (redacted), after his release via (redacted). He is the best tactical commander I ever worked under. I later used his services to do close-in surveillance of candidates under evaluation in a foreign hostile environment when I was an instructor for HDKO.” (Hoof-Direktoraat Koverte Operasies – HBH)

(Selfsensuur is soms nodig — HBH.)

My opsomming van Johan Lotriet was dus in die kol.

Gesels oor Durban en die ou dae

Fanie Booysen

As oud-Durbaniet het ek en Fanie heerlik gesels oor die polisie in Durban, die ou karakters, en die misdadigers wat ons albei onthou. Dit was ’n lekker terugblik op ’n era wat vandag al hoe minder mense uit eie ervaring ken.

Die “Moet‑weet‑reël” en NI se koverte wêreld

Ek het ook met Johan gesels oor sy uiters koverte, maar baie interessante rol by die Nasionale Intelligensiediens. Hy het saam met die latere prof. Tony Turton gewerk. Een van die groot probleme van ons “hoofkantoor‑Johnnies” was dat ons gedink het ons weet alles.

Ek was byvoorbeeld lessenaaroffisier en het sommige verslae van Operasie Daisy hanteer — maar eers jare later het ek die volle prentjie verstaan. Dit was die “Moet‑weet”‑reël in werking.

NI was uiters gekompartimentiseer. Baie ervare, deurwinterde NI‑lede het nooit geweet van die reuse taak wat die koverte afdeling verrig het nie. Net so weet min mense waarom Johan Lotriet met die OOB‑medalje vereer is.

Nongqai – ’n leerskool sonder einde

Vir meer as 17 jaar is ek by Nongqai betrokke, en ek leer steeds elke dag meer oor ons land se veiligheidsgeskiedenis. Mnr. Johan Mostert (NI en SSVR‑bestuurslid) het my baie geleer — vir my as amateur‑geskiedkundige was dit goud werd.

Tradisioneel het NI bestaan uit veldwerkers, insamelaars en analiste. Deur prof. Turton se boeke en my skakeling met hom het ek ’n nuwe, dieper NI ontdek.

Ek wens ek kon die geleentheid kry om ’n paar onderhoude met mnr. Lotriet te voer.

Foto-album

“Hennie, vind twee foto’s van die verlede waar dr. Anthony Turton saam ons aan ’n vasbyt deelgeneem het. Vriendelike groete – Johan.”

Dit was ‘n besondere taai vasbyt. Prof Turton het twee taai ‘vasbyte’ agter die rug.

Kommentaar deur Hennie Heymans

Ek lees en doen navorsing al vir baie jare, en het juis hierdie week kommentaar gelewer in die artikel oor kapt. Jan Taillard:

“Die Suid-Afrikaanse Polisie het drie uitstaande inligtingsmense opgelewer: kol. Jan Taillard, Q018 A/O Gerard Ludi, en RS 167 maj. CM Williamson. Die Nazi’s in SWA wou ’n putsch trek — ’n staatsgreep — om die gebied aan Adolf Hitler op sy verjaarsdag te skenk. Lt-genl. HV Verster het my die hele storie van SWA en Robey Leibbrandt se arrestasie vertel. Oom Claude Balfour Sterley was ook daar en het tydens die arrestasie vir arme kapt. Taillard bewusteloos geslaan. Oom Claude is die enigste polisieman wat Robey Leibbrandt ooit uitgeslaan het. In Durban het ek saam met Oom ‘Kippie’ Geyser gewerk — hy word in Greig Stewart se boek genoem. Die oorlogsjare was ongelooflik interessante tye, en ek vind dit steeds fassinerend.”

Verwysing: https://www.nongqai.org/nongqai-vol-17-no-7-capt-jan-taillard-sa-police/

Ons het nog baie werk om te doen ten einde die legkaart te voltooi.

Dr. Willem Steenkamp (oud-NI) het pas ’n reuse werk oor die onderhandelinge van die 1990’s voltooi, en ek het sy manuskrip gelees. Die koverte geskiedenis van Nasionale Intelligensie moet nog volledig vertel word!

Ons beoog ’n video‑onderhoud met Johan Lotriet vir Pretoria‑FM, en ons sal hopelik met Fanie Booysen ’n onderhoud doen vir die program Veterane Tree Aan!

Nongqai bly ’n platform vir nasionale veiligheidsgeskiedenis — ’n ruimte waar ons die verlede sonder kwaadwilligheid belig, waaroor ons verantwoordelik skryf sonder om daarin vas te val, en sonder om koverte aksies, sensitiewe inligting of geheime bronne te openbaar wat teen oud‑veiligheidsmaglede misbruik kan word.

Indien u meer oor koverte sake wil lees, klik op:  https://arclightafrica.substack.com/p/the-anatomy-of-a-policy-dilemma-in-803