Nongqai Vol 17 No 7 – 1988: SAP-Obelisk Kimberley

ABSTRACT

This article reconstructs the history and significance of the South African Police (SAP) 75th Anniversary Commemorative Obelisk unveiled on 15 October 1988 at SAP Headquarters, Transvaal Rd, Kimberley. Drawing on first‑hand recollections, limited archival sources, and contemporary media enquiries, it highlights the role of Brigadier “Klokkies” De Beer in initiating the project and the collaborative efforts of SAP members and police sport clubs in funding the monument. A central feature of the obelisk is a sealed time capsule containing messages from Northern Cape municipalities, transported to Kimberley during a symbolic torch relay by young police members. Intended for opening during the SAP centenary in 2013, the capsule remains unopened due to institutional changes after 1994, raising questions about its present condition and historical value. The article situates the obelisk within the broader administrative landscape of the Kimberley police complex in 1988 and reflects on its symbolic meaning for the generation of SAP members who contributed to its creation. Despite limited surviving documentation, the study underscores the monument’s enduring heritage significance and the importance of preserving such commemorative artefacts for future historical inquiry.

KEYWORDS

SAP Obelisk; Kimberley; South African Police History; 75th Anniversary SAP; Time Capsule; Brigadier De Beer; Adriaan Vlok; Northern Cape Police; Torch Relay; Police Heritage; 1988 Commemoration; Transvaal Rd Headquarters; Loraine Crafford; Historical Reconstruction; Police Monuments

1988: SAP-OBELISK KIMBERLEY

Triecia Naudé

Geskiedenis

Eintlik is die obelisk ‘n juweelstuk. Dankie aan Loraine Crafford, ek het dit nou geweldig geniet. En tot met koerantmense gepraat. Baie dankie vir die interessante geskiedenis.

Die SAP se 75-jarige Gedenkobelisk by SAP-hoofkwartier, Transvaalweg, Kimberley (1988): ‘n Huldeblyk aan diens, geskiedenis en hoop vir die toekoms.

Op 15 Oktober 1988 het die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) sy 75-jarige bestaan landswyd herdenk.

Een van die betekenisvolste gedenktekens wat tydens hierdie feesvieringe opgerig is, was die Gedenkobelisk by die hoofingang van die SAP-hoofkwartier in Transvaalweg, Kimberley.

Die destydse Afdelingskommissaris van die Noord-Kaap, Brigadier De Beer, algemeen bekend onder sy kollegas as “Klokkies” De Beer, was die dryfkrag agter hierdie projek.

Volgens voormalige lede is die oprigting van die obelisk moontlik gemaak deur fondse wat deur verskeie sportklubs en polisiemenasies beskikbaar gestel is.

Die onthulling van die monument het op 15 Oktober 1988 plaasgevind en die funksionaris tydens die glansgeleentheid, was die destydse minister van wet en orde, mnr. Adriaan Vlok, tydens die SAP se 75-jarige herdenkingsviering.

Wat hierdie gedenkobelisk besonders maak, is die tydkapsule wat daarin ingemessel is.

As deel van die herdenkingsprojek het jong polisielede uit die destydse Noord-Kaapse afdeling aan ‘n simboliese fakkelaflos deelgeneem. Die brandende fakkel is van dorp tot dorp gedra totdat dit Kimberley uiteindelik bereik het.

Saam met die aflos is geloofsbriewe vervoer wat deur die burgemeesters van die onderskeie dorpe geskryf is.

Hierdie dokumente was bedoel as boodskappe aan toekomstige geslagte.

‘n Voormalige vroue luitenant, Loraine Crafford, wat self by die projek betrokke was, onthou dat sy die voorreg gehad het om, van die dokumente waterdig te verseël voordat dit in die tydkapsule geplaas en onder die obelisk toegemessel is.

Die oorspronklike bedoeling was dat die kapsule tydens die 100-jarige herdenking van die SAP in 2013 geopen sou word.

Weens die veranderde geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Polisie ná 1994, het dit egter nooit gebeur nie.

Dit laat vandag die interessante vraag ontstaan: Bestaan die tydkapsule, onder die obelisk nog steeds?

Indien wel, bevat dit waarskynlik unieke historiese dokumente wat ‘n besondere tydbeeld van Suid-Afrika en die SAP in 1988 weergee.

Gedurende 1988 was die kompleks in Transvaalweg, Kimberley, die administratiewe hart van die afdeling.

Die gebou en perseel het onder meer gehuisves:

  • die Afdelingskommissaris se kantore,
  • die Distrikskommissaris Kimberley se kantore,
  • die Polisiestasie,
  • Speurdiens,
  • Veiligheidsdienste,
  • Diamant en Goud Tak,
  • ‘n Polisiemenasie sowel as die kaserne; en
  • die polisielykshuis alles op dieselfde perseel.

Destyds het die stasiebevelvoerder die rang van majoor beklee, terwyl die distrikskommissaris die rang van kolonel gehad het.

‘n Monument met betekenis gewis.

Hoewel die obelisk vandag min openbare aandag geniet en daar weinig foto’s of dokumentasie daarvan beskikbaar is, bly dit ‘n belangrike deel van die SAP se geskiedenis.

Vir die lede wat aan die projek gewerk het, verteenwoordig dit veel meer as graniet en klip. Dit simboliseer die diens, kameraadskap en trots van ‘n geslag polisielede wat hul merk op die geskiedenis gelaat het.

En eendag wanneer die tyd aanbreek dat die tydkapsule oopgemaak word en die boodskappe wat in 1988 vir die toekoms geskryf is, uiteindelik gelees kan word sal die SAP-lede en offisiere wat persoonlik aan die beplanning daarvan gewerk het, onthou word.

Erkenning:

Die skrywer spreek haar opregte waardering uit teenoor vroue-luitenant Loraine Crafford, wie se herinneringe en voorstel die inspirasie vir hierdie navorsing was. Haar persoonlike betrokkenheid by die verseëling van die tydkapsule het waardevolle eerstehandse historiese inligting verskaf.

Dank word ook betuig aan Triecia Naudé vir die navorsing en samevoeging van die beskikbare historiese gegewens.

Navorsing is verder gedoen met behulp van beskikbare inligting en navrae aan die Diamond Fields Advertiser, Media24 en die McGregor Museum, Kimberley. Alhoewel volledige argiefmateriaal nie verkry kon word nie, het die beskikbare bronne bygedra tot die historiese rekonstruksie van hierdie gebeurtenis.

Foto 1.

Die SAP 75 jaar Obelisk.

Foto 2:

Vlr Kapt Louis Bester, A/O Susan Bester, Luit Loraine Crafford, Kaptein Anton Crafford. Luit Loraine Crafford was die Seremonie meester by die funksie wat gehou was na afloop van die onthulling van die betrokke Gedenkobelisk op Saterdag 15 Oktober.