Gister se onthou – Nongqai Vol 17 No 6
GISTER ONTHOU: KOEVOET ERVARING, PLAASBESOEKE, GODSBEWARING & HUMOR IS DIE SITUASIE
Ds Jakobus van Tonder

Abstract 1: Koevoet Experience and Counter‑Insurgency Operations
This section recounts first‑hand experiences accompanying Koevoet teams during counter‑insurgency operations in northern Namibia. The narrative highlights the tactical differences between Koevoet and the SADF, the intensity of spoor‑tracking, and the dangers of improvised explosive devices. A vivid description of a patrol ambush illustrates the suddenness of violence: “Then there were an explosion and shrapnel whistled through the air.” The account also reflects on the cooperation between units, the role of helicopters, and the emotional impact of casualties, including the death of a tracker.
Keywords: Koevoet, counter‑insurgency, SADF, Ovamboland, spoor‑tracking, landmine, Casspir, ambush, insurgents.
Abstract 2: Pastoral Duties, Rural Infiltration and Civilian Vulnerability
This portion describes the author’s pastoral responsibilities during periods of insurgent infiltration in farming districts. Farmers were restricted from using roads, making the pastor the primary link to town. The narrative conveys the constant threat of landmines and ambushes, as illustrated by the soldier who “sat with his nose almost against the window” while scanning for disturbed soil. The text also recounts earlier attacks on farms, the psychological strain on visitors, and the uneasy coexistence of danger and routine community life.
Keywords: rural security, pastoral work, landmine threat, Ovambo region, farm attacks, AME (Area militêre-eenheid), civilian vulnerability, South African Border War.
Abstract 3: Divine Protection, Attacks on Oshakati, and Human Resilience
This section reflects on multiple mortar and rocket attacks on Oshakati between 1985 and 1987, emphasizing moments of perceived divine protection. Mortars fell on both sides of the house, yet “not a single window was broken.” The narrative includes encounters with unexploded ordnance, narrowly avoided ambushes, and the emotional aftermath requiring psychological support. It also recounts the 1988 Oshakati bank bombing and the pastoral role in supporting bereaved families. The closing anecdotes introduce moments of humour amid tension, illustrating the resilience of communities living under constant threat.
Keywords: Oshakati attacks, mortars, rockets, divine protection, psychological impact, SWAPO infiltration, Oshakati bombing 1988, pastoral care, resilience, humour in conflict.
GISTER ONTHOU
KOEVOET ERVARING
Die polisie se teen-insurgente eenheid. Die verhouding tussen sommige soldate Eenhede was nie goed met Koevoet nie. Die verskil in optrede van die twee was: Koevoet agtervolg Terroriste waar die Weermag oorlog bedryf in operasies. Later het die Weermag 101 Bataljon gestig wat op die taktiek van Koevoet geopereer het. As Koevoet Insurgente geskiet het word die lyke ingery basis toe vir die Inligting Eenheid en vertoon aan plaaslike inwoners. In die Casspir was nie plek vir lyke nie, dus is hulle buite oor die spaarwiel of elders geplaas. Dit het nie goed by publiek afgegaan nie.
Op ʼn dag skakel ʼn spanleier, Jackie, my of ek ‘n week wil saam wil gaan veld toe. Genl Dreyer het toestemming gegee as Jackie my sal oppas want daar is nie assuransie vir ʼn siviele persoon. Ek gryp die geleentheid aan. Sondag na kerk ry ek Oshakati toe. Maandag word ek met die nodige uitgerus en na ʼn bidparade vertrek ons. Iewers het terroriste die waterpyp van Ruacana af opgeblaas. ʼn Teken hulle is in Ovamboland teenwoordig en intimideer die plaaslike bevolking.
Al gou tel die spoorsnyers die spore op. Een se spoor dui aan dat hy iets swaar dra. Dit behoort ʼn RPG wees. Spoedig sluit nog drie of vier spanne by ons aan. Ek verkyk my aan die spoed waarmee die spoorsnyers die spoor volg. Teen alle beswaar klim ek af en vra: “Wys my die spoor”. Hier ʼn skewe grassie, daar ʼn gekraakte takkie. Ek was oortuig hulle ruik die spoor. Jackie vra helikopter-hulp aan. Dadelik draai die spoorsnyers hulle pette om sodat ʼn oranje top vertoon word. Dan kan die vlieënier sien in watter rigting die spoor gaan. Twee helikopters is daar. Een vlieg hoog om beweging in die bos te probeer opmerk. Die ander vlieg laag oor die spoorsnyers. Terug in die Casspir neem ek ʼn paar foto’s (Spyt ek het nie twee films vol geneem nie). Meteens klim die meeste terug en neem posisie in by die skietgate. Ek weet ek moet op nou die vloer lê om uit die pad te wees, maar hang nogtans oor die kant om te sien. Dan is daar ʼn ontploffing en skrapnel fluit die lug in. Alles in sekondes. Een het ʼn pootjiemyn (pomzet) afgetrap. Die dun draad in die gras was nie sigbaar nie. Sestien is beseer. Ons stop dadelik. Soos wafferse Medics sit die res drips aan en bind are af. Voor ry ʼn Casspir heen en weer wat vir my vreemd lyk Later verstaan ek dat hy landingsplek oop ry vir ʼn Puma om die beseerdes te verwyder. Een spoorsnyer sterf aan bloedverlies. Die insurgente ontsnap na Ongiva.
GISTER ONTHOU
PLAASBESOEKE
Wanneer daar insypeling was in die boerdery gebied, mag die plaas boer nie op die paaie ry nie. Hy kan deur die veld sy bokke en beeste besoek. Dan is die dominee die enigste hulp van die dorp af. Bring asb. brood of suiker ens. saam. Die Area-mag-eenheid AME-kantoor (Area Militêre-eenheid) reël vir ʼn Buffel of ʼn soldaat om saam te gaan. Die Buffel ry voor. Vir die een soldaat wat saam met my moes ry verduidelik hy moet op die uitkyk wees vir landmyne. Die pad oppervlak mag versteur lyk. Die man sit met sy neus bykans teen die ruit, hoewel ek weet die rit bly ʼn waagstuk want jy sal nie somaar ʼn landmyn kan opmerk nie. Ons het die dag die rondte gery van Tsumeb, Oshivello, Tsinsabus en terug. Die man was opsigtelik dankbaar toe ons Tsumeb nader. Jare later het ek van hom gehoor hoe uitgeput hy was van die spanning.
Met so rit besoek jy soveel boere as wat jy kan, ongeag kerk lidmaatskap.
ʼn Dominee van Klerksdorp was by ons tuis vir ʼn spesiale kerke-vergadering. Ek vertel hom van die gebeure daar. Aanvalle en ontploffings. Ons gaan die aand braai by mense naby Etosha-wildtuin. Op die plaas Ruimte is die vroeëre eienaar en ʼn S Maj naby die huis aangeval en doodgeskiet. Die S Maj se rug is afgeskiet en is toe met ʼn “spanner” dood geslaan. Maar dit was lank voor my tyd op Tsumeb. Die dominee was redelik op sy senuwees en bly rondkyk terwyl ons rustig braai. Toe ons terug ry gee ek hom die R1 om vas te hou. Ek dink as dit moontlik was het hy die loop gebuig.
GISTER ONTHOU
GODSBEWARING
Op die vraag of ons enige Godsingryping beleef het Ja. Verseker
Die nag, ʼn Saterdag in ‘85, is Oshakati met mortiere bestook. Die mortiere het weerskante van die huis geval waar ons geslaap het. Een mortier het die boom voor die venster getref. Vermoedelik met sy kant, want dit het weggespat en ʼn paar meter van die huis geval. Geen venster is gebreek nie. My motor was wit van die sand gewees sonder ʼn skrapnel merk. Die kerk kon eers ʼn uur laat begin want die soldate veespan moes eers deurgaan om die mortiere wat nie ontplof het nie verwyder. Tot vandag toe skrik ek as ʼn deur toeklap, want dit klink soos ʼn mortier wat skiet.
ʼn Tweede aanval 1986 was met vuurpyle. Ons het in ʼn woonstel van die skool gebly vir die naweek. Langs “10 Pantser” se grondwal. Die reël was dat die vensters oop gestamp word om te verhoed dat die lug skok dit versplinter, en jy moet onder ʼn matras of kussings in die gang gaan lê. Ons het egter voor die venster gestaan en kyk hoe die wit streep van die vuurpyl verby trek en ʼn yster paal tref met ʼn helder blits wat ons kamer verlig het. Voor die volmaan trek die stof in strepe verby. ʼn Huis is getref en twee slaapkamers is weg geskiet.
Die derde aanval wat ek beleef het was 1987. As ek reg onthou is die menasie se dak getref. Weereens was ek in die woonstel en kyk na die vuurpyl streep hier voor my verby. Weer is ek gespaar. Ek was die enigste dominee op die dorp. Die huise wat ek gaan vra het of alles reg is het my laat besef hier moet maatskaplike werkers of sielkundiges kom.
Ek gaan na die Hoofkwartier en vra om die bevelvoerder te spreek. Toe die deur oopgaan staan Kol Jakes Swart daar. In 1964 was hy ons kompanie bevelvoerder in die Leër Gimnasium. Ek die Tamboer-Majoor. Sy eerste woorde was: “Van Tonder wat soek jy hier?” Na 21 jaar. Daardie Sondag middag preek ds Davids van die NG Kerk uit Joel 3 vers 16. “En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel”.
SM Joe Lombaard reël vir besoek aan lidmate by “61” een aand. Met spesiale relings mag ek op die pad anderkant Oshivello ry tot by Omatya. Daar was in die tyd insypeling. Met die terug ry, sonder ligte aan, staan twee Kameelperde in die pad. Ons moet stop. Toe ek die ligte aanskakel beweeg hulle uit die pad en kon ons verder. Die volgende dag vind die Veespan vars spore waar ons die aand gestaan het.
Ek sou 11:00 die oggend pos by die posbus te gaan haal. Daar is nie pos aflewering nie. Toe ek wil ry stop ʼn lidmaat by my en ons gesels. Meteens is daar ʼn ontploffing iewers. Later sou ek hoor daar was plofstof in ʼn lemoen by die Poskantoor waar ek sou wees.
Ek ry saam met die man van Waterwese na Ruacana vir besoek daar. Naby Ombalantu stop ons om eers tee te drink. Toe ons buite staan sê die Vambo-hulp wat saam ry: “Nee. Ons moet nou ry”. Die oom vra nie vrae nie sit alles terug en ons ry. Na ongeveer ʼn kilometer sê die hulp, hy kan maar stop. Terwyl ons tee drink is daar ʼn ontploffing by Ombalantu waar op ʼn bus geskiet is onder die boom waar ons gestaan het.
As ons by ʼn skool kom ry oom Kasper ʼn wye draai om die skool. As die Vambo sê dit is reg dan gaan ons na die skool. By een skool sê die Vambo: “Nee gaan maar”. Ons ry aan na Ruacana. Dae daarna hoor ons van kinders wat by ʼn skool ontvoer is deur SWAPO. Miskien was dit daar.
Een Sondag kom ek van Oshakati. Regs van my kom ʼn helikopter, hang skuins, en daar word geskiet. In die ry neem ek ʼn foto. Ek wou nie waag om te stop nie. By Oshivelo hek hoor ek daar is drie insypelaars geskiet is. Dit was net buite die ontbosde deel langs die pad.(+- 500 meter).
Jy sal nooit weet hoe naby jy aan die gevaar was nie. Ek glo deur Goddelike bewaring is ons beskerm.

Skildery deur ds Jakobus van Tonder: Ons sal onthou
Op ʼn Vrydag 19 Februarie 1988 was daar ʼn bomontploffing in die Barclays Bank op Oshakati. In die ontploffing is Charlotte Teitge, SM James Teitge, se vrou dodelik gewond. Sy word afgevlieg na 1 Mil Hospitaal Pretoria. Deur die bemiddeling van die Lombaard gesin (SM Lombaard 61) mag ek afvlieg na Pretoria. Deur ds Sam Ygelaar hospitaal kapelaan leen die Verkennings Eenheid (Kol J Swart) vir my ʼn Honda-voertuig. Ek en James staan langs haar bed maar Charlotte is dood. Ek reël die begrafnis diens in die Gereformeerde Kerk Pretoria Wes waar Charlotte se ma lidmaat is, en waar ek groot geword het.
GISTER ONTHOU
HUMOR IS DIE SITUASIE
As AME het ons gereeld padblokkades rondom Tsumeb gehad. Ek en buurman Frikkie Kruger is deel van ʼn blokkade op die Etosha-pad. Frikkie hakkel as hy praat. ʼn Geel Volkswagen Kewer kom van Etosha af. Duitsers in die motor. Dit was ʼn besonder warm dag. Die vrou het net ʼn broekie aan en die man net sy onderbroek. Frikkie stop die motor, maar by die sien van die kaal vrou stotter hy so dat daar geen woord uitkom. Ek het die voertuig gewys om maar te ry. Dit het ʼn tydjie vir Frikkie gevat om tot verhaal te kom en weer normaal te hakkel.
Een nag 3-uur lui die foon Dit is tante Trui. Ek moet nou dadelik kom. Haar huis was so 500-tree van die Oshivello-kaplyn. Om by die plaas hek te kom moet jy met spoed deur ʼn groot kol sand ploeg. Sy was ʼn bejaarde vrou wat met ʼn jonger man as sy getroud is.
Ek klim terug in die bed. My vrou wie en wat was dit, en of ek gaan ry. Nee, dit was in insypelings tyd. Ek wag tot die son skyn voor ek dit sou waag. Toe ek die volgende oggend 10 uur daar opdaag was tant Trui redelik opgewerk teenoor my: “Wat kom jy nou hier maak. Ek het laasnag gesoek. Op hierdie plaas werk net die bul en die windpomp. Ou Martin beteken niks. Vat hom saam dorp toe”.
So was daar vele ligte oomblikke in die tyd van spanning.
Hier moet ek vertel van ons eerste ervaring van die omstandighede waaronder die mense geleef het. Saterdag voor nagmaal is daar ʼn bring en braai in die karavaan park wat maar ʼn oop stuk veld was aan die kant van die dorp. Skierlik vlieg hier twee helikopters laag oor na die vliegveld. Toe ons sien pak almal op en gaan huis toe. Op my vraag wat nou word gesê, as die helikopters kom is daar insypeling in die gebied. Later hoor ons die Buffels ry stadig deur die strate op patrollie.
