Koot.S
Pastoor Koot Swanepoel
Nico Frylinck

Pastoor Koot Swanepoel
My liewe vriend en dasversamelaar Koot Swanepoel. Hoe groet n mens jou so onverwags. Ons het soveel gedeel en ons lekker kuiertjies in Jeffreys en St Francis was altyd ‘n hoogtepunt. Jou liefde vir dasse was ongelooflik. As ek jou dasse vir jou gegee het was iets om te aanskou. Jy het met elke das gepraat. Hoe groet ‘n mens iemand wat jou onverwags verlaat. Ek gaan jou dagstukkies en ons Strava deeltjies vreeslik mis.

Nico Frylinck (links) en Koot Swanepoel (regs)
Rus in vrede my boeta.
Ek weet verseker dat jy nou by Jesus is en nog elke oggend jou draffie gaan draf.
Koot het al meer as 400 Parkruns gedoen.
Sterkte aan Ronel, Tanya en Swanel.
Tot ons mekaar weer eendag sien.
Nico Frylinck.

Nota

Pastoor Koot Swanepoel was meer as 10-jaar lank die kapelaan van die ou Nongqai-tydskrif.
Die aand voor sy dood (22 Maart 2023) het hy vir my ‘n boodskappie gestuur en vir my “naggesê”. Koot was ‘n ware kind van die Here en alles gedoen om die Woord te verkondig.
Ons innige simpatie aan sy liefdevolle gesin.
Saluut & Rus in Vrede
Hennie Heymans
