NATIONAL SECURITY: THEFT OF COPPER CATENARY WIRES DUE TO THE DISSOLUTION OF THE SA RAILWAY POLICE
NASIONALE VEILIGHEID: AGTERUITGANG VAN SPOORWEË AGV DIE ONTBINDING VAN DIE SA SPOORWEGPOLISIE
Die hooflyn tussen Viljoensdrift en Sasolburg (Johannesburg en Kroonstad)
J & J Wepener
Summary
After the disbandment of the Railway Police, crime on railway premises increased dramatically, with copper theft from the overhead track (sabotage?) becoming a common occurrence. Private security companies have taken over, but their capacity and jurisdiction are limited, making it difficult to protect critical infrastructure. The overhead track, consisting of valuable copper wires, is regularly stolen, which not only disrupts service delivery but also causes major financial losses. In the Free State, diesel traction has replaced electric units, partly due to the damage to electrical systems. While diesel offers an immediate solution, it is expensive and dependent on diesel. Electricity, on the other hand, requires high initial investment, but is a more cost-effective form of power supply in the long run. Electric trains have the advantage that, when traveling downhill, they can push energy back into the grid—a process that promotes renewable power generation. The absence of a national, specialized railway police leaves a strategic gap in the protection of our transport infrastructure. Without a centralized anti-crime strategy, the railways remain vulnerable to organized crime and sabotage, which not only causes economic damage but also compromises public safety.
Die hooflyn: Oorhoofse elektriese koperdraad is gesteel.
Twee klas 44-diesels en een klas 43-xxx op die hooflyn. Volgens berigte is daar geen werkende kragdrade in die Vrystaat oor nie. Meeste koper-kragdrade wat krag aan elektriese lokomotiewe voorsien is gesteel. Die spoorweë maak nou van diesel-eenhede gebruik. Diesel is baie duurder as elektriese krag. Na wat verneem word, word die koperdraad in die bo-baan nie vervang nie.
Viljoensdrift spoorwegstasie


Kommentaar deur Hennie Heymans
Ná die ontbinding van die Spoorwegpolisie het misdaad op spoorwegpersele met verdrag drasties toegeneem, met koperdiefstal van die bo-baan (sabotasie?) wat ‘n alledaagse verskynsel geword het. Privaat sekerheidsmaatskappye het wel oorgeneem, maar hul kapasiteit en jurisdiksie is beperk, wat die beskerming van kritieke infrastruktuur bemoeilik. Die bo-baan, bestaande uit waardevolle koperdraad word gereeld gesteel, wat nie net dienslewering ontwrig nie maar ook groot finansiële verliese veroorsaak. In die Vrystaat het diesel-trekkrag die plek van elektriese eenhede ingeneem, deels weens die skade aan elektriese stelsels. Hoewel diesel ‘n onmiddellike oplossing bied, is dit duur en afhanklik van diesel. Elektrisiteit, aan die ander kant, verg hoë aanvanklike investering, maar is op die lang duur ‘n meer kostedoeltreffende vorm van kragvoorsiening. Elektriese treine het die voordeel dat hulle, wanneer hulle afdraande beweeg, energie terug in die netwerk kan stoot—’n proses wat hernubare kragopwekking bevorder. Die afwesigheid van ’n nasionale, gespesialiseerde spoorwegpolisie laat ’n strategiese leemte in die beskerming van ons vervoerinfrastruktuur. Sonder ’n gesentraliseerde teen-misdaadstrategie bly die spoorweë kwesbaar vir georganiseerde misdaad en sabotasie, wat nie net ekonomiese skade berokken nie maar ook openbare veiligheid in gedrang bring.