
SPESIALE UITGAWE
Fort Schanskop, Pro Patria Museum
Voortrekker Monument, Pretoria
6 Desember 2025
Kopiereg
Kopiereg van die titel, teks, tabelle, kaarte, foto’s en geskandeerde voorwerpe bly die eiendom van die Bestuur van die Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie Erfeniskomittee.
Alle regte word voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ‘n herwinbare sisteem gestoor, of in enige vorm of op enige wyse gekommunikeer word, hetsy elektronies, meganies, deur middel van fotokopieë, opname of andersins, sonder die voorafverkrewe skriftelike goedkeuring van die kopiereg-eienaar nie.
Voorwoord
Deur
Johan F Lotriet: OOB
1. Inleiding
Die Loodsing van die SA Spoorwegpolisie Erfenisdag op 6 Desember 2025, gehou by Fort Schanskop in die Pro Patria Museum by die Voortrekker Monument, het ’n historiese mylpaal vir die voormalige SA Spoorwegpolisie verteenwoordig. Vir die eerste keer is die volledige SA Spoorwegpolisie se nalatenskap, diens en opofferings amptelik opgeneem in die ruimte waar die gewapende dienste van Suid-Afrika se geskiedenis bewaar en vereer word. Hierdie prestasie was die resultaat van toegewyde onderhandelinge deur Fanie Booysen, saam met die SA Weermag Veterane liggaam, Generaal-Majoor Lawrence Smit, Louis Buys en Johann van Graan, wat uiteindelik gelei het tot die toekenning van ’n permanente uitstalspasie vir die SA Spoorwegpolisie.
Met slegs kort kennisgewing is ’n bekwame reëlingskomitee saamgestel—Generaal-Majoor NJ O’Kelly, Johan Lotriet, Fanie Booysen, Manie Fourie en Brigadier Sam Kilian—wie se samewerking en toewyding die ontwerp, samestelling en plasing van die uitstalling moontlik gemaak het. Hulle het ook die volledige logistieke reëlings vir die Erfenisdag behartig, ’n geleentheid wat deur sowat 350 lede en gaste bygewoon is. Die bywoners het verteenwoordigers ingesluit van die Pro Patria-komitee, die SA Weermag, Spesiale Magte en natuurlik die SA Spoorwegpolisie-familie self.
Die Loodsing het bestaan uit waardige toesprake, die oorhandiging van sertifikate aan verdienstelike ontvangers, ’n erewag vir die eregaste, asook ’n formele voorlegging en demonstrasie van die nuwe uitstalling binne die museum. ’n Gedenkwaardige oomblik was die aansteek van ’n kers—’n simboliese vlam van herinnering wat die diens, opoffering en kameraadskap van die SA Spoorwegpolisie verewig. Die dag is afgesluit met ’n groepsfoto buite die museum en ’n gesellige ete wat die gemeenskapsgees verder versterk het.
Die terugvoer van alle teenwoordiges was oorweldigend positief. Die uitstalling is met groot waardering ontvang, en die erkenning wat die SA Spoorwegpolisie ontvang het, het bevestig dat hierdie Mag se plek in die geskiedenis nie net verdien is nie, maar lankal verskuldig was. Die Erfenisdag het nie net ’n uitstalling geloods nie—dit het ’n nalatenskap herstel, ’n gemeenskap verenig en ’n nuwe hoofstuk van trots en herinnering oopgemaak.
2. REëLINGSKOMITTEE
Die reelingskomittee vir die seremonie bestaande uit vlnr: Generaal-Majoor Nico O’Kelly; Manie Fourie, Fanie Booysen, Johan Lotriet en Brigadier Sam Kilian
2.1. Uitnodiging, program en voorbereiding
2.1.1 Agtergrond en Doel van die Geleentheid
Die SA Spoorwegpolisie Erfenisdag, gehou op 6 Desember 2025 by Fort Schanskop, Pro Patria Museum, het ten doel gehad om die SA Spoorwegpolisie se nalatenskap te herstel, te vereer en amptelik te integreer in die militêre erfenisruimte saam met ander gewapende dienste. Die dag het ook die formele loods van die nuwe SA Spoorwegpolisie-uitstalling ingesluit.
2.1.2. Uitnodiging: Reikwydte en Benadering

2.1.3. Teikengroepe
Uitnodigings is gerig aan:
• Voormalige lede van die SA Spoorwegpolisie
• Verteenwoordigers van die SA Weermag
• Pro Patria-komitee
• Spesiale Magte
• Families van gevalle lede
• Gaste van die Voortrekker Monument en Pro Patria Museum
2.1.4 Kommunikasiekanale
• Formele eposuitnodigings
• WhatsApp-kennisgewings aan groepe en individue
• Telefoniese opvolg vir eregaste
• Sosiale media aankondigings binne veterane-gemeenskappe
2.1.5. Sleutelelemente in die Uitnodiging
• Doel van die Erfenisdag
• Datum, tyd en plek
• Kleredrag (formeel / veterane drag / eenheidsdrag waar toepaslik)
• Programopsomming
• RSVP-prosedure
• Parkeer- en toegangsinligting
2.2. Program vir die Dag

Voor en agterkant van die program
Binnekant van die program
2.3. Ontvangs en Registrasie
• Deure open: 09:00
• Registrasie en ontvangs deur komiteelede
• Informele ontmoeting en sitplekreëling




Die saal waarin die seremonie plaasgevind het

Uitstalling van die sertifikate en geskenke
2.4. Amptelike Opening
• Welkomwoord deur die seremoniemeester
• Gebed of oomblik van stilte
• Uithang van vaandels en posisionering van erewag
Vlnr: Emma Lotriet wat die verwelkoming hanteer het en Fanie Booysen die seremoniemeester

Pastoor Alistair Westcott wat die Skriflesing en gebed hanteer het
2.5. Toesprake
• President van die Pro Patria-groep, Generaal-Majoor Lawrence Smit
• Johan Lotriet oor wat is Erfenis en hoe bewaar ons, ons erfenis
• Historiese oorsig oor die SA Spoorwegpolisie, Brigadier Sam Kilian
• Erkenning aan Generaal JJJ van Vuuren, deur sy kleinseun Jacques Olivier

Vlnr Johan Lotriet en Generaal-Majoor Lawrence Smit, Die President van Pro Patria

Vlnr: Jacques Olivier, kleinseun van Generaal JJJ van Vuuren en Brigadier Sam Kilian
2.6. Sertifikaatoorhandiging
• Erkenning aan individue vir hul diens, bydraes en ondersteuning
• Fotomomente met ontvangers

Vlnr: Magda Beyl, sy vrou wie die huldeblyk sertifikaat ontvang vanaf Johan Lotriet en Philip Schutte besig met die huldeblyk aan oorlede Brigadier JR Beyl


Vlnr: Louis (Hammer) Botha wat ‘n huldeblyk bring aan Johan Lotriet en Emma Lotriet wat die sertifikaatoorhandiging behartig.
2.7. Bedankings
Generaal-Majoor Nic O’Kelly het die bedankings behartig.

Generaal-Majoor Nic O’Kelly tydens die bedankings
2.8. Erewag opgestel voor die Museum vir die Eregaste

Die erewag aangetree voordat die Eregaste arriveer

Lede van die Erewag voor die aantree
2.9. Simboliese Seremonie
• Aansteek van die Herinneringsvlam
• Kort refleksie oor opoffering en kameraadskap

Vlam van Herinneringe wat jaarliks aangesteek sal word
2.10 Museumvoorlegging
• Formele bekendstelling van die uitstalling
• Demonstrasie en verduideliking van artefakte
• Rondleiding deur die kurator en komiteelede

Bord wat Grensdiens uitbeeld

Bord wat die geskiedenis van die Spesiale Taakmag uitbeeld

Bord wat die ontstaan en geskiedenis van die Spoorwegkollege uitbeeld

Bord wat die Hoofde en Kommissarisse van die SA Spoorwegpolisie uitbeeld

Johan Lotriet verduidelik die filisofie agter die ontwerp en uitleg

Uitstalling in die museum


Uitstalling

Uitstalling
Spesiale Taakmag uitstalling

Uitstalling
2.11. Groepsfoto
• Buite die museum by die trappe

Groepsfoto buite die Museum
2.12. Afsluitende Ete
• Ligte maaltyd en verversings

Ligte verversing by die Lapa
