‘OGGEND’
Anita van Aardweg, in die digbundel ‘DIE ROOI KOMBERS’
Met my eerste koppie koffie in die hand
kyk ek deur die ruite
na buite…
In die park oorkant die straat
Is vier Kraaie, parlementslede geklee in swart manel pak en
wit gestrykte hemp
heftig aan kras-kras praat
Ek wonder waaroor?
Miskien oor die stoorkamer in die mik van die boom
waar hulle gesteelde goedere stoor
ʼn drawwer met ʼn hond kom aan
die kraaie vlieg protesterend omhoog
met ʼn kras-kras betoog
Die dag begin aanstap
na ure minute en sekondes
Alles word stil
elke dag is veels te kort
Aand-ure kom straks in swart gehul
Kopiereg
*

DRAKIE WIL GRAAG NIES
Drakie woon in ‘n groot park, in ‘n regop huisie met ‘n baie lang skoorsteen. Sy doopnaam is Amos.
Amos is vandag siek, hy het verkoue en sy neus loop steeds, dan jeuk sy neus heel erg. Amos het sy maats belowe dat hy sal kom speel in die park. “Mamma ek gaan wandel en speel met Wit Swaan, Grys Eekhoring,en Swart Kombuiskat”
“Dit is goed Amos, sorg dat jy tuis kom vir tee en Draak-soetkoekies”
Amos stap deur die park na die water waar Wit Swaan swem. Sy draakstert is baie swaar en sleep agter hom op die grond. Drakie wens hy kan ook sy stert hoog optel.
Mevrou Swaan is langs die kant van die meer. “Goeiedag Mev. Swaan , hoe gaan dit met u.? “Heel goed Amos, en met jou, ? jy lyk knieserig vir my?”
“Dankie dat u vra, maar ek het verkoue en ek wil nies,” en Amos gryp na sy neus.
“Asseblief nie Amos, hou die nies in, want as jou vlam aangaan skroei jy my vlerke en dan kan ek nie meer swem nie, maar ek swem nou weer verder totsiens Amos” roep sy as sy weg swem. Hy wens hy kan nies sy neus kriewel heel erg.
Amos sien Meneer Eekhoring , hy het ‘n groot grondboontjie in sy mond en is van plan om in die boom te klim.
“Goeiedag Meneer Eekhoring, neem u ete vir u familie?”
“Amos ons begin ete stoor vir die winter, maar is jy siek, jy lyk so vaal vir my?”
“Ag, Meneer Eekhoring ek het verkoue en my neus loop, en dit jeuk ek wil graag nies” en Amos voel na sy neus.
“Nee, Nee, Amos moenie nies nie, jou vlam sal aangaan en dan brand die boom, en my familie is binne in ons huis. Totsiens Amos ek gaan gou weg” roep Eekhoring, O…nou jeuk sy neus so erg, hy durf nie nies nie, hy trek sy asem diep in.
Amos sien Swartkat sluip tussen die struike, hy is besig om te jag vir muise.
“Goeiedag Swartkat, is jy besig om muise te jag.?
“Natuurlik Amos, jy sien dit tog, maar jy lyk oes vir my is jy dalk siek.?
“Swartkat ek het verkoue, my neus loop en dit jeuk, ek wil graag nies”
“Amos doen dit asseblief nie, as jou vlam aangaan brand jy my pragtige pels, en ook die struike, gaan huis toe en nies onder die skoorsteen”
Amos is hartseer, hy wens dat hy geen Draak is nie, almal vlug van hom weg, sy stert sleep agter hom en hy gaan na huis.
“Is jy nou al terug Amos?”vra Mamma
“Mamma ek wil nies, en al my vriende is bang dat my vlam aangaan en dan kry hulle seer”
“Amos jy mag maar nies, jou neus is nat dan kan jou vlam nie aangaan nie”
“Dankie Mamma , Dankie, en Amos begin nies, ai tjoe, ai tjoe, ai tjoe, ai tjoe.
Kopiereg behou, Anita van Aardweg
*

Anita Hamman
Swart Swane
Jy het omgedraai
aangestap na die brug
Ek het gewag dat jy nog eenkeer
stilstaan in die middel van die brug
en goodbye swaai
Jy het strak gestaar na die swart swane
op die oewer in sig
die ligte wind het jou hart weg gedra
Ek het omgedraai
my kierie opgetel
Begin stap op ons wandelpad
toe ons nog twintig was
Nou net nostalgiese herinneringe
van koue Winters en warm Somers
Toe vier seisoene nog liefde was.
*

Gebore op ʼn egte Hugenoot plaas in die distrik Malmesbury. Liefde vir die die natuur. Was getroud met Nederlander en reis veel na die buiteland, veral Franse platteland waar die voorouers vandaan kom. Ek het een dogter en kleindogter in Nederland. As kind graag stories vertel en sodoende ontstaan die publikasie van Anita se boeke en digbundel “Die Rooi Kombers”.
*
Te pragtig! Digteres, Kunstenares, te veel talente te noem, en nie een, is begrawe….
Nog, en meer, en nog meer!