Nongqai Skrywers en Boeke - Volume 17, Nr. 5.

‘OGGEND’

Anita van Aardweg, in die digbundel ‘DIE ROOI KOMBERS’

Met my eerste koppie koffie in die hand
kyk ek deur die ruite
na buite…
In die park oorkant die straat
Is vier Kraaie, parlementslede geklee in swart manel pak en
wit gestrykte hemp
heftig aan kras-kras praat
Ek wonder waaroor?
Miskien oor die stoorkamer in die mik van die boom
waar hulle gesteelde goedere stoor
ʼn drawwer met ʼn hond kom aan
die kraaie vlieg protesterend omhoog
met ʼn kras-kras betoog
Die dag begin aanstap
na ure minute en sekondes
Alles word stil
elke dag is veels te kort
Aand-ure kom straks in swart gehul
Kopiereg

Anita van Aardweg

Gebore op ʼn egte Hugenoot plaas in die distrik Malmesbury.  Liefde vir die die natuur.  Was getroud met Nederlander en reis veel na die buiteland, veral Franse platteland waar die voorouers vandaan kom. Ek het een dogter en kleindogter in Nederland. As kind graag stories vertel en sodoende ontstaan die publikasie van Anita se boeke en digbundel “Die  Rooi Kombers”.

*