DIVISIVE NARRATIVES ABOUT LAND COULD PUT SA’S SECURITY IN GREAT RISK

ABSTRACT

The article, written by Brigadier Fanie Bouwer, warns against the dangerous consequences of divisive narratives and emotionally charged statements surrounding the land issue in South Africa. Bouwer emphasizes that radical rhetoric, propaganda and political populism not only reinforce racial polarization, but can also seriously threaten the country’s already fragile security. He points to specific cases of violence and land occupations as signs of potential escalation. The author calls for cool-headed leadership, honest dialogue, and inclusive solutions for land reform that bring fairness without destroying stability. Without proper governance, Bouwer warns that the land issue could be a fuse that could trigger large-scale conflict and anarchy.

OPSOMMING

Die artikel, geskryf deur brigadier Fanie Bouwer, waarsku teen die gevaarlike gevolge van verdelende narratiewe en emosioneel-belaaide uitsprake rondom die grondkwessie in Suid-Afrika. Bouwer beklemtoon dat radikale retoriek, propaganda en politieke populisme nie net rassepolarisasie versterk nie, maar ook die land se reeds brose veiligheid ernstig kan bedreig. Hy verwys na spesifieke gevalle van geweld en grondbesettings as tekens van potensiële eskalasie. Die skrywer doen ’n beroep op koelkop-leierskap, eerlike dialoog, en inklusiewe oplossings vir grondhervorming wat regverdigheid bring sonder om stabiliteit te vernietig. Sonder behoorlike bestuur, waarsku hy, kan die grondkwessie ’n lont wees wat grootskaalse konflik en anargie kan ontketen.

Keywords

• Communal conflict

• Land reform

• Land issue

• Land expropriation without compensation

• Ideological division

• Koelkop leadership

• Consensus

• National security

• Farm attacks

• Political populism

• Political responsibility

• Proactive prevention

• Propaganda

• Racial polarization

• Justice

• Social stability

• Security risk

Sleutelwoorde

  • Gemeenskapskonflik
  • Grondhervorming
  • Grondkwessie
  • Grondonteiening sonder vergoeding
  • Ideologiese verdeeldheid
  • Koelkop-leierskap
  • Konsensus
  • Nasionale veiligheid
  • Plaasaanvalle
  • Politieke populisme
  • Politieke verantwoordelikheid
  • Proaktiewe voorkoming
  • Propaganda
  • Rassepolarisasie
  • Regverdigheid
  • Sosiale stabiliteit
  • Veiligheidsrisiko

VERDELENDE NARATIEWE OOR GROND KAN SA SE VEILIGHEID IN GROOT GEVAAR STEL

Deur brigadier Fanie Bouwer

'n Foto wat persoon, klere, person, kraag bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Inleiding

Hierdie is ‘n onderwerp wat meesal met ‘n ideologiese bril bekyk word. Die verkeerde benadering, hantering van en uitsprake rondom die sg. grondkwessie kan Suid-Afrika se veiligheid mettertyd in ernstige gevaar stel.

Die onverkwiklike en omstrede debat – eintlik leuenagtige propaganda –  tans oor eiendomsreg en grondonteiening sonder vergoeding is besig om in ’n gevaarsone in te beweeg. Dit kan mettertyd ‘n uiters gevaarlike nasleep tot gevolg hê.

Hierdie emosioneel-belaaide onderwerp raak nie net die ekonomiese en politieke landskap nie, maar het ook die potensiaal om nie net die reeds brose veiligheidsituasie in die land te vertroebel nie, maar ook te destabiliseer.

Wat oorspronklik bedoel was as ’n poging tot regstelling van eiendomsreg en besit, word nou deur sekere politieke groeperinge gebruik as ’n werktuig van verdeling en emosionele opruiing.

Die emosionele en historiese aard van hierdie kwessie kan aanleiding gee tot verhoogde rassepolarisasie en konflik indien daar nie tydig en verstandig daarmee omgegaan word nie. Dit is belangrik dat voorkomende, proaktiewe eerder gouer as later bedink word.

Die besit en die nie-besit van grond simboliseer vir die partye aan teenkante daarvan verskillende dinge, meesal omdat die historiese feite nie aan hulle bekend is nie.

Die simplistiese narratief dat ‘alle grond is gesteel’, wat deur sommige politieke leiers en grondaktiviste verkondig word, polariseer verder deur ‘n ‘ons teen hulle’-gevoel aan te wakker. Hierdie tipe retoriek wek dan vrees en wantroue – maar veral woede aan beide kante.

Verdelende narratief

Propaganda verdiep die rassepolarisasie en veroorsaak toenemende spanning –  spanning wat maklik in geweld kan ontaard.

Voorvalle uit die verlede

Die destydse moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner, in 2020 het juis die grondkwessie ook daarna na vore gebring en het dit bykans tot ‘n gewelddadige konfrontasie in Senekal gelei.

Mobilisasie instrument

Politieke leiers en ander aktiviste gebruik die (sogenaamde) grondkwessie dikwels as ‘n mobiliseringsinstrument. Deur emosionele en eensydige stellings oor grondbesit en onteiening sonder vergoeding te maak, versterk hulle ‘n gevoel van onregverdigheid onder hul ondersteuners, maar dra terselfdertyd by tot onmin en haat. En ek glo hulle weet dat meeste van hulle ondersteuners vatbaar is vir die verdraaide feite.

Hierdie radikale uitsprake word dan soms as aansporing tot onwettige optrede beskou, wat kan lei tot grondbesettings, intimidasie en selfs geweld op plase of stedelike randgebiede. Daar was juis enkele voorbeelde onlangs in die media, wat dalk net ook as voorlopers tot toekomstige geweld beskou kan word.

Omsigtigheid nodig

Indien die regering nie hierdie saak met die nodige omsigtigheid en eerlikheid hanteer nie – ek dink aan die staatspresident se eie, verstommende uitspraak nou die dag hieroor – kan die situasie vinnig versleg en die land se veiligheidsituasie mettertyd erg skaad.

Beskikbare grond

Daar is oorgenoeg grond wat gedeel kan word vir die wat wil boer of naby hulle werk ‘n woonplek wil bou.

Die gevaar bestaan dat indien daar nie effektief en inklusief met die grondkwessie omgegaan word nie, kan dit lei tot wydspreidende grondbesettings en gepaardgaande rassekonflik en geweld. In ‘n land waar inter-groepsverhoudinge reeds gespanne is juis hieroor, kan ‘n enkele voorval van onwettige grondbesetting en geweld daar rondom, net die lont wees wat groter anargie kan aanmoedig en ontketen.

Profeties

Ons is nie profete nie, maar ons moét hieroor praat en skryf. Wat ek hier aanraak is eintlik maar ‘n tipiese, toekomstige scenario-skets – oor iets wat net kan ontstaan uit die huidige, maar onstuimige beroeringe en valse propaganda, wat nie sonder meer geïgnoreer kan word nie. Hiermee wil mens ook nie onnodig spoke opjaag nie, maar ek wonder of landbou-unies en private verdedigingsgroepe byvoorbeeld al aan gebeurlikheidsbeplanning begin dink het?

Lesse ui die geskiedenis

Die geskiedenis wys dat gewapende konfrontasies dikwels in só ’n konteks ontstaan. Die versterking en toetrede van paramilitêre groeperinge (Suidlanders, Boerelegioen en so meer) aan beide kante is dus ook nie ondenkbaar nie.

Koelkoppe is nou nodig.

Politici moet verantwoordelik optree en ophou olie op die vuur gooi vir korttermyn politieke gewin.

Grondhervorming is nodig – niemand betwis dit nie – die regering moet net húlle kant bring en dit met spoedige erns bejeën. Maar as dit op ‘n wyse gebeur wat mense stigmatiseer, verontmenslik en dreig, word die saad van konflik gesaai.

Suid-Afrika het ‘n dringende behoefte aan ‘n grondoplossing wat geregtigheid bring sonder om ekonomiese en sosiale stabiliteit te vernietig. Dit verg eerlike dialoog, ‘n funksionele grondoudit, en die aanspreek van korrupsie en onbevoegdheid in bestaande grondherverdelingsprogramme van die regering.

Plaaslike regerings

Plaaslike regerings (munisipaliteite) behoort ook gemeenskappe te betrek en konflikvoorkomingstrategieë implementeer, eerder as om ideologiese agendas na te jaag.

Die Staat se vermoë

Boere en die private verdedigingsorganisasies is meesal bewapen, terwyl die polisie meer as dikwels eerder afwesig is soos bv. tydens die Julie-2021 opstand in KZN. Waarom sal aanstigters nie glo dat hulle weer sulke (behulpsame) gedrag van die polisie kan verwag nie? Juis net hierom, is dit dan al klaar genoeg rede dat alle voorkomingsmaatreëls en minder retoriek eerder sterk en spoedig oorweeg moet word, want ek glo nie SA is in staat om grond-anargie enigsins te polisieer nie, hetsy net die hulp van die verswakte weermag al dan nie.

Om op te som: die SAPD, die weermag en SA se sekuriteitsdienste kan moontlik weer in ‘n toekomstige, anargistiese situasies oorweldig word indien grootskaalse konflik rondom grond uitbreek. Hulle sukkel steeds met kapasiteitsprobleme, swak leierskap, vertrouensbreuke en politieke druk. Dit is dus dáárom nodig dat proaktiewe inisiatiewe deur alle denkende rolspelers betyds oorweeg moet word.

Gevolge van nalates

Sonder veiligheid in SA of in ‘n staat van werklike anargie, is daar geen nuttige toekoms vir enige van sy burgers nie.

Die gedagte van grondonteiening sonder vergoeding opsigself is nie slegs ‘n beleidstegniek nie – ek is bevrees dat dit ook maklik kan ontaard in ‘n vuurhoutjie in ‘n ontvlambare sosiale konteks.

Politieke Populisme en Onstabiliteit

Die risiko vir geweld is nie hipoteties nie. In 2019 het ‘n plaasaanval in KwaZulu-Natal, waar die eienaar vermoor is, aanleiding gegee tot gewelddadige protesoptogte deur boere en teenbetogings deur gemeenskapslede.

Hierdie voorvalle demonstreer hoe vinnig geweld en wraak-aksies tussen gemeenskappe kan opvlam.

Die Pad Vorentoe: Koelkoppe en Konsensus

As grondonteiening sonder vergoeding nie met koelkop-leierskap en nasionale eensgesindheid benader word nie, loop Suid-Afrika die risiko van wydverspreide geweld en politieke destabilisering. Die keuse nou, is dus: pragmatisme en konsensus eerder as populisme en konfrontasie.

Die Pad Vorentoe: Koelkoppe en Konsensus

Die enigste manier om die potensiële risiko van geweld te vermy, is deur koelkop-leierskap, eerlike en inklusiewe gesprekke, en respek vir die regstaat. Grondhervorming is noodsaaklik, maar moet plaasvind binne ’n raamwerk van regverdigheid, ekonomiese volhoubaarheid, en nasionale eenheid. Indien dit gemanipuleer word vir politieke gewin of onder druk van radikale elemente, loop Suid-Afrika die gevaar om in ‘n spiraal van rassegeweld en sekuriteitskrisisse af te gly.

Grondverskille is ‘n veiligheidskwessie

Grondonteiening sonder vergoeding is nie net ‘n landbou- of ekonomiese aangeleentheid nie – dit is ‘n nasionale veiligheidskwessie.

Indien die emosie rondom die debat nie versigtig bestuur word nie, en indien alle Suid-Afrikaners nie aan die tafel gebring word vir ’n gedeelde oplossing nie, is die risiko vir gewelddadige konflik ‘n werklikheid.

Koelkoppe moet nou, meer as ooit, oorheers.

Die keuse nóu is: populisme en konfrontasie versus pragmatisme en konsensus.

As dit nie met koelkop-leierskap en nasionale eensgesindheid benader word nie, loop Suid-Afrika die risiko van wydverspreide geweld en politieke destabilisering.

SA op ‘n kruispad

Suid-Afrika staan op ’n kruispad. Grondhervorming is onontbeerlik, maar dit moet met wysheid, regverdigheid en ’n onwrikbare verbintenis tot vrede en stabiliteit benader word.

Die geskiedenis wys dat ideologiese polariteit en emosioneel-belaaide uitsprake dikwels ‘n aanloop tot konflik is.

Indien die regering en politieke rolspelers nie nou verantwoordelikheid neem nie, kan ’n kwessie wat bedoel was om ongelykhede reg te stel, die lont word wat ‘n nasionale krisis en anargie ontketen.

Daai is keuses

Ons het ‘n keuse: om die pad van verdeeldheid en populisme te volg, óf om as volwassenes saam te werk aan ‘n pad van konsensus, regverdigheid en volhoubare vrede.

In vurige verskille is dit dikwels die kalm stemme wat gehoor word. Hierdie stemme moet noú eerder as later gehoor word – want die prys van versuim kan vir ons almal dalk net te hoog wees.

'n Foto wat skermskoot bevat

AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.