SARIE VAN NIEKERK
MY GREAT GRANDFATHER A PRISONER DURING THE ANGLO BOER WAR. HE WAS HELD ON THE ISLAND OF CEYLON (NOW SRI LANKA), 1901-1902.
Sarie van Niekerk: Editor Nongqai Vroue/ Female
Key Words: Anglo Boer War, British Concentration Camps, Ceylon
Abstract
My Great grandfather Willie, was a prisoner of War During the Anglo Boer War on the Island of Cylon (now SRI LANKA). There was nothing for them to keep them busy and my grandfather decides to write a music book to take back home after the end of the war. This music book eventualy, after the death of my grandmother my mother and my father, end up in my hands. What a wonderful piece of history. I would love to share it with everybody, especially those of you who had family in this war or who was in the war.

S.L (Sarie)van Niekerk
Ek was nog nie eers gebore, toe oupagrootjie, Willem Jacobus Nel, kort na die begin van destydse Anglo-Boereoorlog uitgebreek het, as krygsgevangene gevang en na die Eiland Ceylon (vandag bekend as Sri Lanka) gestuur is waar hy vir twee jaar as krysgevangene aangehou is.
Oupagrootjie, .of grootoupa, soos daardie jare se kinders en kleinkinders hom liefdevol genoem het, terwyl hy maar klein gebou was. Hy was, volgens vertellings wat mamma en ouma altyd gesê het, ‘n regte kortetjie maar baie liefdevol en ‘n ou korrelkop. So het ek hom leer ken uit die familie vertellings.

‘n Bladsy uit oupagrootjie se musiekboek uit die Anglo-Boereoorlog
Maar teen die tyd dat oupagrootjie reeds oorlede is toe ek darem reeds die eerste lig aanskou het, beteken nie dat ek nie ten minste een stukkie baie waardevolle herinnering van hom uit sy dae as krygsgevangene op die eiland in my besit het nie. Boonop het die familie vreeslik graag vir ons klein- en agterkleinkinders vertel van oupagrootjie die krygsgevangene. Hy was die held in ons familie gewees.
Na mamma se dood het pappa vir my ‘n handgeskrewe musiekboek wat oupagrootjie geskryf, het terwyl hy op die eiland gesit en wag het vir die einde van die oorlog het, of dat ‘n wonderwerk sou gebeur en die oorlog tot ‘n natuurlike einde sou kom, gegee het.
Met die afsterwe mamma se ma het daar toe ‘n dosie, mooi toegedraai en met my naam daarop tussen haar goed uitgekom. Tipies soos sy maar was, het sy dit weggebêre en niemand het ooit geweet wat daar in was nie. Sy het baie gepraat oor die pragtige musiekboek wat oupa as krygsgevangene met sy eie hand en ‘n destydse veerpen en ink wat hy iewers in die hande gekry het, geskryf het, maar dit nie vir ons gewys nie. Dit was die enigste aandenking wat sy van hom gehad het en het nie die moed gehad om dit oop te maak en met almal te deel nie.
Ek moet sê ek was geweldig nuuskierig gewees, maar het dit hy my niks gehelp, ek moes maar net soos die ander kinders, wag tot na mamma se dood voordat ons ons goedjies van oupagrootjie af mag ontvang,
Groot was my verbasing toe ek ‘n rooi verouderde boek uit die mooi toegedraaide pakkie tussen my goedjies uithaal. Wat kon dit wees het ek gewonder en met vreeslike haas die pakkie oopgemaak. Groot was my verbasing en verrassing toe ek sien dit is ‘n musiekboek, dié musiekboek wat oupagrootjie pragtig met sy eie hand in Hooghollands geskryf het.
Op die eerste bladsy het hy sy naam en alle ander besonderhede geskryf. Ek kan nie veel uitmaak nie, want sien ek het nooit Hooghollands geleer nie, maar ek kan darem sy volle name uitmaak en dat hy op 11 September 1876 gebore is. Die spesifieke inskrywing is op 24 Oktober 1902 gemaak.

Oupagrootjie was twee jaar,1901 en 1902 op die eiland as gevangene aangehou
Sy eerste lied wat hy so netjies in sy pragtige Hoog Hollands geskryf het, was ‘Troost en hulp’. Die het hy op 3 Oktober 1902, geskryf.
Daar is baie meer as hierdie paar goed in die boek, maar ek haal slegs hier ‘n paar aan en plaas ‘n klompie foto’s van sy werk.
Ai hoe wens ek, ek het oupa grootjie geken!!!!
KORT AGTERGROND OOR DIE ANGLO-BOEREOORLOG
Die Anglo-Boereoorlog, was ‘n konflik tussen die Britse Ryk en die Boere Republieke bestaande uit die Boere Republieke die Oranje Vrystaat, weens die Britte se invloed in Suid-Afrika.
Die ontdekking van goud aan die destydse Witwatersrand het ‘n instroming van uitlanders na Suid-Afrika veroorsaak, meestal Britte, vanuit die Kaap-Kolonie het na die Suid-Afrikaanse Republiek gestroom.
Hoewel hulle toegelaat was om te stem na eers 14 jaar as inwoners van die land, het hulle hierteen beswaar gemaak by die Britse owerhede in onderhandelings met die Kaapse owerhede. Onderhandelings by die mislukte Bloemfontein Konferensie in Junie 1899, het hoofsaaklik aanleiding gegee dat die Anglo-Boereoorlog in Oktober van 1899, nadat die Britse regering besluit het om 10 000 Britse manskappe na Suid-Afrika te stuur, uitgebreek het.
Sarie van Niekerk
*