
HERWAARDERING VAN LANDELIKE VEILIGHEID – PRIORITISEER PLAASAANVALLE INGEVOLGE DIE POLISIEWET
Deur brigadier Fanie Bouwer (Afgetree)
Abstract
Brig Fanie Bouer (SA Police ret) writes about farm murders in South Africa. He makes some useful suggestions regarding the problem. |
Sleutelwoorde / Keywords
Herwaardering Van Landelike VeiligheidPlaasmoorde en -aanvalle
Geweldsmisdaad haatmisdaad, of geweld gemotiveer deur politieke, sosiale of ekonomiese spanning. SAW – kommando’s kommando-stelsel afgeskaf met die argument dat dit ‘n verlede van apartheid en uitsluiting weerspieël Charles Nqakula spesiale polisie-eenhede as alternatiewe meganismes vir landelike veiligheid daar te stel. Bheki Cele, sekuriteitsvakuum plaasaanvalle as ‘gewone misdaad’ aanvalle word met uiterste geweld en wreedheid uitgevoer – insluitend marteling, seksuele geweld en die slagting van hele gesinne. Suid-Afrikaanse Polisiewet (Wet 68 van 1995) Artikel 205 van die Grondwet Die daarstelling van toegewyde landelike veiligheidseenhede Beter opleiding van SAPD-lede om op hierdie unieke misdade te reageer onafhanklike monitering van statistieke rakende plaasaanvalle om plaasmoorde net as nóg moorde te beskou, is nie net ongevoelig nie, maar onregverdig teenoor slagoffers en hul families. reaktief optrede proaktief beleid voedselketting prioritisering van plaasmoorde sekuriteitsvakuum. Die tyd het aangebreek om plaasaanvalle te prioritiseer morele verantwoordelikheid klein, bewese kwesbare groep van die bevolking wat in afgesonderde, maar gevaarlike omstandighede leef en werk. spesialiste eenheid in KZNatal vir politieke moorde is eers vroeg in 2025 ontbind. hoekom die boere dan nie soortgelyke aandag deur die polisie mag kry nie? |
Reassessing Rural SecurityFarm Murders and Attacks
Violent Crime hate crime, or violence motivated by political, social or economic tension. SADF – commandos. commando system abolished on the grounds that it reflects a past of apartheid and exclusion. Charles Nqakula. establishing special police units as alternative mechanisms for rural security. Bheki Cele. security vacuum. farm attacks as ‘ordinary crime’. attacks carried out with extreme violence and brutality – including torture, sexual violence and the slaughter of entire families. South African Police Act (Act 68 of 1995). Section 205 of the Constitution. The establishment of dedicated rural security units. Better training of SAPS members to respond to these unique crimes. independent monitoring of statistics regarding farm attacks. to view farm murders as just another murder is not only insensitive, but unfair to victims and their families. reactive action. proactive policy. food chain. prioritization of farm murders. security vacuum. The time has come to prioritize farm attacks moral responsibility. small, proven vulnerable group of the population who live and work in isolated, but dangerous circumstances. specialist unit in KZNatal for political murders was only disbanded in early 2025. why then should the farmers not receive similar attention from the police? |
Inleiding
Plaasmoorde en -aanvalle is een van die mees kommerwekkende en emosioneel gelaaide kwessies in Suid-Afrika.
Hierdie misdade vind plaas in landelike gebiede waar boere en plaaswerkers dikwels verwyderd is van hulpbronne en nooddienste.
Wat hierdie geweldsmisdade verder onderskei, is nie net hul brutaliteit nie, maar ook die gevoel van verwaarlosing deur die owerhede – veral deur die Suid-Afrikaanse regering en die polisie.
Plaasmoorde verskil van gewone misdade in hul aard en impak. Die motiewe agter baie van hierdie aanvalle is nie altyd rooftogte nie, maar dikwels ook haatmisdade, of geweld gemotiveer deur politieke, sosiale of ekonomiese spanning. Die wyse waarop hierdie aanvalle uitgevoer word – dikwels met marteling en onmenslike wreedheid, toon ‘n unieke graad van brutaliteit wat nie in gewone moordsyfers weerspieël kan word nie.
Agtergrond
Dit is noodsaaklik om terug te verwys na ‘n belangrike beleidsbesluit wat vandag steeds groot en onaangename gevolge het.
Dit was die regering wat in die vroeë 2000’s die besluit geneem het om die kommando-stelsel geleidelik af te skaf. Dié proses het in 2003 begin en in 2008 voltooi.
Waarom was kommando’s afgeskaf?
Die regering het die kommando-stelsel afgeskaf met die argument dat dit ‘n verlede van apartheid en uitsluiting weerspieël het, en dat dit nie in lyn was met die nuwe demokrasie nie. Die destydse minister van polisie, Charles Nqakula, het gesê die stelsel is ‘onaanvaarbaar binne ‘n demokratiese samelewing.’
Die regering het belowe om spesiale polisie-eenhede as alternatiewe meganismes vir landelike veiligheid daar te stel. Dit is egter nooit werklik effektief geïmplementeer nie. Die vorige polisieminister, Bheki Cele, was ook toondoof hieroor.
Herstrukturering – ‘n alternatiewe keuse
In plaas daarvan om die stelsel heeltemal af te geskaf het, sou herstrukturering onder demokratiese beginsels dan, ‘n baie meer verantwoordelike benadering gewees het. Dit kon beteken het dat plaaslike veiligheid versterk word sonder diskriminasie, en dat plaasgemeenskappe steeds ‘n gevoel van beskerming en gereedheid kon hê.
Dit kán, met die nodige politieke wil, steeds gedoen word. En dit ís nodig dat dit wat voorheen gedoen moes gewees het, noú gedoen moet word. Lede van ál die gemeenskappe moet by só ‘n veiligheidstelsel betrek word om inklusiwiteit daar te stel in samewerking met die SAPD.
Die gevolge van die destydse nalate
Die afskaffing van die kommando’s sonder ‘n vervangende alternatiewe veiligheidstelsel het ‘n sekuriteitsvakuum geskep wat, volgens kenners, die deur oopgemaak het vir ‘n toename in plaasaanvalle. Die regering het alternatiewe veiligheidstrukture belowe – maar die werklikheid is dat min daarvan daadwerklik of volhoubaar geïmplementeer is. Dit was asof die wil ontbreek het.
Die owerhede se siening oor plaasmoorde
Hoewel die regering dikwels plaasaanvalle as ‘gewone misdaad’ klassifiseer, weerspieël die geleefde werklikheid iets anders, nl. erge trauma en vrees. Hierdie houding van die regering is nie net onverskillig nie, maar ook in stryd met die gees van die Suid-Afrikaanse Polisie- én die grondwet.
Baie van hierdie aanvalle word met uiterste geweld en wreedheid uitgevoer – insluitend marteling, seksuele geweld en die slagting van hele gesinne. Dit laat vrae ontstaan oor die aard en motiewe agter hierdie aanvalle: Is dit net rooftogte, of is daar ander sinistere redes?
Statistieke – Moorde en aanvalle
Die volgende is Afriforum se nuutste beskikbare data:
Plaasmoorde:
Ongeveer 75–85 bevestigde moorde op plase in die voorafgaande 12 maande.
Plaasaanvalle:
Meer as 400 aanvalle wat ‘n breër spektrum van geweld insluit.
Bostaande syfers mag effe verskil van die van die SAPD.
Die Polisiewet en die Grondwet
Die Suid-Afrikaanse Polisiewet (Wet 68 van 1995) en Artikel 205 van die Grondwet stel dit duidelik: die polisie se plig is om misdaad te voorkom, te ondersoek en die veiligheid van alle mense in Suid-Afrika te verseker. Verder bepaal die wet dat spesifieke aandag gegee moet word aan kwesbare en bedreigde gemeenskappe – ‘n beskrywing wat beslis op alle plaasbewoners van toepassing is.
Ek argumenteer dáárom dat plaasaanvalle en moorde dringend as prioriteitsmisdade geklassifiseer moet word.
Hierdie klassifikasie sal die weg baan vir:
* Die daarstelling van toegewyde landelike veiligheidseenhede
* Verskerpte teenwoordigheid van polisie in landelike gebiede;
* Beter opleiding van SAPD-lede om op hierdie unieke misdade te reageer; en
* Die onafhanklike monitering van statistieke rakende plaasaanvalle.
Die afwatering van die ernstigheid van plaasmoorde
Om plaasmoorde net as nóg moorde te beskou, is nie net ongevoelig nie, maar onregverdig teenoor slagoffers en hul families. Elke lewe in Suid-Afrika behoort dieselfde waarde te hê – ongeag ras. Wanneer gemeenskappe voel dat hul veiligheid nie ernstig opgeneem word nie, ontstaan daar wantroue, woede en selfs roepstemme vir selfbeskerming buite die raamwerk van die wet.
Pro- en reaktiewe optrede
Die regering en die SAPD moet dus nie net reaktief optree ná plaasmoorde nie, maar proaktief beleid implementeer wat hierdie aanvalle kan voorkom en plaasbewoners beskerm. Reaktief behoort goed opgeleide en ervare speurders in toegewyde taakspanne vir hierdie doel aangewys te word.
In ‘n samelewing wat streef na gelykheid en geregtigheid, kan SA dit nie bekostig dat ‘n sekere deel van ons kwesbare bevolking – die boere – aan hul eie genade oorgelaat word nie. Hulle is immers ook die mense wat verantwoordelik is vir ‘n volhoubare voedselketting in SA, met ook ‘n aansienlike finansiële bydrae tot die binnelandse bruto produksie (BBP).
Tyd vir prioritisering van plaasmoorde is noú
Die sekuriteitsvakuum wat geskep was, het volgens kenners die deur oopgemaak vir ‘n toename in plaasaanvalle.
Die tyd het aangebreek om plaasaanvalle te prioritiseer – nie net uit wetlike plig nie, maar uit morele verantwoordelikheid teenoor ‘n klein, bewese kwesbare groep van die bevolking wat in afgesonderde, maar gevaarlike omstandighede leef en werk.
Voorbeeld uit die onlangse verlede
‘n KwaZulu-Natal (KZN) politieke moorde-taakspan, was in 2018 gestig is om polities-gemotiveerde geweld in dié provinsie aan te spreek.
Dit het altesaam uit ‘n totaal van 96 lede bestaan, insluitend tientalle speurders. In 2018 het die span ‘n herstrukturering ondergaan en is dit uitgebrei om 118 nuwe lede in te sluit, saam met 8 van die oorspronklike span. Hierdie spesialiste eenheid is eers vroeg in 2025 ontbind.
Die vraag wat dus tereg gevra kan word, is: Hoe kon die moorde in KZN spesiale aandag deur die staat kry, maar as dit by die aanhoudende plaasmoorde kom, dan word allerhande deursigtige verskonings aangevoer hoekom die boere dan nie soortgelyke aandag deur die polisie mag kry nie? Dit noop my om te sê dit maak ‘n bespotting van die reëls van logika.
Slot
Al hoe meer swart en bruin mense het ook die afgelope 30 jaar begin boer Dit is derhalwe belangrik dat die klagtes rondom die gebrek aan veiligheid vir boere nié as iets gesien moet word as ‘n geweeklaag deur ‘wit boere’ nie.
Logieserwys moet daar dus slegs na die ‘boeregemeenskap’ verwys word wat wat segregasie in die politieke debat en moontlike risiko van identiteitskonflik, politieke polarisasie en bevoordeling kan vermy.