31 MAY 1961: REPUBLIC DAY

REPUBLIEKDAG

Brig HB Heymans (SAP – afgetree)

As klein seuntjie onthou ek Uniedag op 31 Mei – dit was ‘n vakansiedag. Op 31 Mei het ons altyd ‘n kermis of basaar gehad. Ons het nie aan politiek gedink nie – net lekker speel! Op hierdie dag gedurende 1953 was daar ‘n sportbyeenkoms te Port Natal Hoërskool en die SAP-toutrek span, met my Vader in die span, het deelgeneem…

'n Foto wat klere, persoon, mense, groep bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat gebou, perd, teks, buite bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Op 31 Mei 1961 het ons ‘n republiek geword. ‘n Lang gekoesterde Afrikaner-ideaal is verwesenlik – ons het uiteindelik die Anglo Boere-oorlog gewen! Of so het ons gedink. Dr HF Verwoerd was die stukrag agter die republiek-gedagte. Adv CR Swart – destyds die Minister van Justisie – is die “nuwe” staatspresident. Die Suid-Afrikaanse Polisie se nuwe blou uniforms word vir die eerste maal aan die opgewonde publiek bekend gestel. Baie later in die jaar het my Vader eers die blou en grys uniform gekry. Dit was vir my ‘n mooi uniform.

Gedurende 1961 met Republiekdag is ek op skool en ons het spesiale gedenkkoevert gekry en ons het seels daarop geplak en dit sou spesiaal vir ons gestempel word.

'n Foto wat persoon, klere, leëruniform, person bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

My Vader, sers Abraham Faure Heymans (foto bo), was toe op spesialediens in die Transkei – om presies te wees te Kentani in die Transkei op daardie dag.

Die moord op polisiemanne te Cato Manor en die slag van Sharpeville het ‘n onuitwisbare indruk op my kindergemoed gemaak. Ek kon onthou hoe baie my Vader op “Stand By” was….. Mnr Harold MacMillan se befaamde “Winde van Verandering-toespraak” het my diep ontroer… Dis asof ek geweet het wat vir ons voorlê.

Later in die jaar 1961: Hoofman Albert Luthuli – Nobel Pryswenner vir Vrede – en leier van die ANC was ontsteld toe mnr Nelson Mandela by hom aandoen en verwittig dat hulle Mkonto we Sizwe (MK) gestig het. Die gewapende stryd het op nog ‘n dag begin wat vir ons as Afrikaners van groot waarde was, naamlik Geloftedag 1961. Dit was die begin van die terreurveldtog wat tot 1994 sou duur.

Gewapende insurgensie begin op 26 Augustus 1966 in die destydse Suidwes-Afrika.

Gedurende 1970 word ek lid van die veiligheidstak en op 31 Mei 1971 was ek aan diens in Durban toe die Indiër gemeenskap “R10” – of te wel tien jaar van republiek gevier het. Studente van die Indiër-universiteit – destyds op Salisbury-eiland – het sake ontwrig.

Lt-kol FMA Steenkamp en luit Nelson Nayager

'n Foto wat klere, persoon, person, kraag bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat klere, leëruniform, persoon, person bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Ek word aangesê om ‘n belhamel te gaan arresteer. Ek en ‘n Indiër-kollega ry na Chatsworth na die man se ouerhuis. Ons word vriendelik ontvang. Ons word koeldrank aangebied en drink dit. Ons neem die seun in hegtenis – hy is ‘n student. Hy vra wat aangaan terwyl ons na Fischer-straat ry. Ek maak hom bang en vertel hom almal pak die skuld op hom! (Ek was glad nie by die saak betrokke nie en het oor geen feite beskik nie.) By die kantoor aangekom sien hy een van sy mede-aangehoudenes en steeds maak ek hom bang. Ek oorhandig hom aan lt-kol FMA Steenkamp en luit Nelson Nayager. Die aangehoudene word bleek en sy mond so droog dat die velletjies op sy lippe afspring. Die bevelvoerder vertel dis die eerste keer dat hy so iets waarneem. (Ek het eenmaal in Umlazi ‘n pikswart gewapende man gearresteer en hy weer het asvaal – amper wit – geword. Ek dink dis skok en die bloed verlaat die kop!)

Gedurende my verblyf in Pretoria toe ons 15- en 20-jaar ‘n republiek was, kan ek nie onthou of ons dit amptelik gevier het nie.

As gevolg van my belangstelling en studies in nasionale veiligheid het ek later die gebeure akademies ontleed. Natuurlik het ons baie foute gemaak. Maar ek dink dit was politieke foute waar eie belang geen rol gespeel het nie. Daar het baie water in die see geloop en baie bloed het gevloei! Ook SAP- en SAW-bloed. Ons dink aan gevalle kollegas en die pad van Suid-Afrika van 1961 tot 1994. En dan van 199 tot 2025. Wat lê vir ons nog voor? Soos wyle genl Johan van der Merwe altyd gesê het, as dit moeilik gegaan het: ”Die Liewe Vader sal sorg”.

So, Uniedag of te wel Republiekdag (wat ons nie meer fier nie) ontlok steeds baie gedagtes by my!

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.