SAP Wierda­brug-herinneringe2

BRIEF UIT THAILAND: SAP WIERDA­BRUG-HERINNERINGE

Lt Barry Taylor (Destyds SAP-KOD)

’n Onvergeetlike Dag op Lyttelton se Plotte

In my dae by takbevelvoerder van die speurdiens te Wierda­brug het ek met ’n wye verskeidenheid mense en situasies te doen gekry, maar min was so onvergeetlik soos die voorval op ’n plot naby Lyttelton. Destyds was dit verbode vir ’n swart lid om ’n verklaring van ’n wit vrou te neem, en omdat al die ander speurders uit was, het ek besluit om self te gaan.

By die huis aangekom, maak ’n bediende die deur oop en wys my om die huis na die swembad. Daar tref ek toe twee dames, heel ontspanne en ‘topless’, in die son. Ek stel myself voor en, X1, bevestig dat sy die persoon is van wie ek die verklaring moet neem. Sy nooi my om sommer daar by die swembad te sit. Dit was, sagkens gestel, ’n uitdagende omgewing om ’n ernstige verklaring oor ’n moord te neem.

Ná die verklaring nooi sy my vriendelik om eendag vir koffie te kom. Ek het dit nie ernstig opgeneem nie, maar ’n paar maande later bel sy my wel — dié keer met ’n ander probleem. Haar vriendin (X2), wat daardie dag saam met haar by die swembad was, het beweer dat sy deur ’n lid (X3) van die Lugmag verkrag is.

Ek kontak die vrou, en sy vertel my dat sy en X3 mekaar goed geken het. Haar man, self ’n majoor in die Weermag, was vir drie maande op kursus in Oudtshoorn. Sy erken dat X3 gereeld by haar kom koffie drink het en dat daar fisieke aanraking was, maar dat dit nooit verder gegaan het nie — totdat hy een aand ná ’n funksie opgedaag het. Volgens haar het dinge handuit geruk, en sy het dit as verkragting beleef, al het sy ook erken dat sy die voorafgaande intimiteit geniet het maar nie verder wou gaan nie.

Ek het haar meegedeel dat ek haar dokter toe sou moes neem vir ‘n mediese ondersoek en daarna  ’n formele verklaring te maak, maar sy sê te sy wou dit eers oordink. Daarna hoor ek niks verder nie.

Totdat kol Boesman Basson my een dag roep. Die saak het intussen geëskaleer: toe haar man van kursus af terugkeer, het sy hom alles vertel. Hy het die hoof van die Weermag gebel, wat op sy beurt die kommissaris van polisie gekontak het. ’n Saak moes nou geopen word — en ek moes wegbly. Kaptein Piet is gestuur om die verklaring te neem. Sy het toe erken dat sy vir my gesê het sy sal my laat weet, maar nooit het nie.

Die klagte teen my het gelukkig nêrens gegaan nie, al het sy glo ook by Piet aangelê. X3 is egter geskors en die saak is hof toe verwys. Kapt Piet was oortuig die klagte ongegrond was, en Boesman het uiteindelik die dossier na die PG geneem. Twee weke later is vervolging geweier en X3 se skorsing is opgehef