1970: HISTORICAL DOCUMENTS: AWARD OF OFFICER RANK TO NON-WHITE MEMBERS OF THE SOUTH AFRICAN POLICE

Abstract

1970: Historical Documents: Award of officer rank to non-white members of the South African Police

Keywords

  • Abbott, Henry – Dr
  • Apartheid in the South African Police
  • Botha, Chris – Maj-Gen.
  • Bouwer, Fanie – Brig
  • First Non-White offers – South African Police
  • First Non-White Officers – in British Army
  • Govender, Logan – Col
  • Heymans, HB – Brig
  • Munilal – D/Sgt SAP Wentworth – later a Senior Officer
  • Nayager, Nelson – Capt
  • Nkosi, Sgt – SAP Louis Botha Airport
  • Pillay, S – Col
  • Steenkamp, WP – Dr

1970: HISTORIESE DOKUMENTE: TOEKENNING VAN OFFISIERSRANG AAN NIE-BLANKE LEDE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE

Skrywe C.8/3/14 (Brig Loxton) gedateer 30 Julie 1970

Dr Henry Abbott (seun van genl Abbott – genl Abbot was voorheen stasiebevelvoerder van SAP Witdraai in die jare ’50) het hierdie dokumente bekom toe hy oor die ou Witdraai-polisiestasie en oor kamele, in diens van die SA Polisie, navorsing gedoen het.

Britse Gemenebes

Die Unie van Suid-Afrika was deel van die Britse Gemenebes tot in 1961. Die SA Magte het baie by die Britte geleer. Baie Britse tradisies en gewoontes van rugby en krieket tot by saluut en eerbetoon is aangeneem. Eers na die tweede wêreldoorlog is wêreldwyd begin om af te sien van segregasie en het “Uhuru” oor die wêreld gespoel.

RSA en apartheid

In 1961 het ons ‘n republiek geword en natuurlik moet die aangehaalde SAP-dokumente in die konteks van daardie tyd gesien, geëvalueer en waardeer word. Daar was afsonderlike ontwikkeling/apartheid en dit was die beleid van die regering dat elke groep hulself afsonderlik moes polisieer. Apartheid (of segregasie) was nie eksklusief tot Suid-Afrika beperk nie. In die Britse Ryk en in die VSA was dit aanvanklik vry algemeen.

Ons blankes het van segregasie by die Britte geleer. Die Britte het eers tydens die eerste wêreldoorlog (1914 – 1918) nie-wit offisiere aangestel. Kyk hier: https://www.google.com/search?q=First+Black+Officers+in+British+Forces&rlz=1C1GCEU_enZA1088ZA1100&oq=First+Black+Officers+in+British+Forces&gs_lcrp=EgZjaHJvbWUyBggAEEUYOTIICAEQABgWGB4yCAgCEAAYFhgeMgoIAxAAGKIEGIkFMgcIBBAAGO8F0gEKMTkzOTNqMGoxNagCCLACAfEFuzA1h0nr-qbxBbswNYdJ6_qm&sourceid=chrome&ie=UTF-8

Walter Tull (Afro-Karibiese afkoms)

Walter Daniel John Tull (28 April 1888 – 25 Maart 1918) was ‘n Engelse professionele sokkerspeler en Britse leëroffisier van Afro-Karibiese afkoms. Hy het as ‘n binne-voorspeler en halfagter vir Clapton, Tottenham Hotspur en Northampton Town gespeel en was die derde persoon van gemengde afkoms wat in die top-afdeling van die Football League gespeel het na Arthur Wharton en Willie Clarke. Hy was ook die eerste speler van Afrika-afkoms wat in 1917 vir Rangers geteken het, terwyl hy in Skotland gestasioneer was.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Tull in die Middlesex Regiment gedien, insluitend in die twee Footballers’ Bataljons. Hy is op 30 Mei 1917 as tweede luitenant aangestel en het op 25 Maart 1918 in aksie gesneuwel.[1]

Seth Anthony: eerste swart Afrika-gebore soldaat

Onderkant van vorm

Uit Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Majoor Seth Kobla Anthony, MBE (15 Junie 1915 – 20 November 2008) was ‘n Ghanese soldaat en diplomaat. Hy was die eerste swart, in Afrika gebore soldaat wat as offisier in die Britse Leër aangestel is.

• Vroeë lewe en opvoeding

Seth Anthony is in Adafienu in die Volta-streek van Ghana gebore.

Loopbaan

Anthony het in 1937 by die personeel van die Achimota-skool aangesluit om Latyn, Engels en Wiskunde te onderrig. Later, tydens die Tweede Wêreldoorlog, het hy as soldaat by die Britse leër aangesluit. Sy eenheid was die Vyfde Bataljon van die Gold Coast Regiment. Hy het in 1941 by die Royal Military College in Sandhurst in Engeland ingeskryf en is in 1942 as ‘n Tweede Luitenant aangestel. Hy het in die 81ste Divisie van die Royal West African Frontier Force gedien, waar hy die eerste Afrika-offisier in die geskiedenis van die Britse leër geword het. [2]

Wat het in suidelike Afrika gebeur met die mense van kleur? Ek gee my eie perspektief:

Die Nie-Wit lid van die SA Polisie: Persoonlike Perspektief

As iemand wat vir jare in die geskiedenis van die SA Polisie belangstel en gedurig vrae gevra het, kom ek vandag tot die volgende gevolgtrekking:

Onder die VOC se bestuur van die nedersetting aan die Kaap was die meeste polisiemanne nie-blank. Na die eerste Britse besetting, onder die kortstondige bewind van die Bataafse Republiek, was die Kaap die eerste nie-rassige demokrasie in Afrika, met alle kwalifiserende mans wat stemreg geniet het ongeag ras. Vir die tydperk (1802 – 1806) kon ek geen voorbeeld van diskriminasie teen nie-wit soldate vind nie. Ek dink bv aan die “Slag by Blauwberg”, waar die Kaap teen die 2e Britse inval verdedig is deur die gesamentlike mag van Boere dragonders, Hottentotse Ligte Infanterie en die plaaslike Maleiers wat die (vrywillige) “Javaanse Artillerie-korps” gevorm het. Daar was geen ‘apartheid’ nie.

Ook gedurende die Groot Trek is daar skouer-aan-skouer geveg. Tydens die slag van Bloedrivier was ongeveer ‘n kwart van die vegters in die laer Trek-deelnemers wat “nie-blank” was. Dit was byvoorbeeld die Trekker-leier Jan Bantjes, waarskynlik die mees geskoolde van die Voortrekkers en self ‘n man van kleur, wat die Gelofte formuleer het (hy sou later posmeester-generaal van die Transvaalse republiek en sekretaris van die Volksraad word – dit was sy seun wat die Witwatersrandse goud-rif ontdek het).

In die Britse kolonies wat later Suid-Afrika geword het, het die Britse owerhede altyd teen die nie-wit polisieman op een of ander wyse gediskrimineer – neem bv die uniforms, mediese voordele en soldy. Daar was verskillende uniforms vir blankes, Indiërs en swart lede. Laasgenoemde was dikwels kaalvoet. (Die SA Polisie het die beleid en die sub-kultuur voortgesit tot in die 1980’s en toe eers het almal dieselfde blou-en-grys uniform gedra.)

In teenstelling met die Zuid-Afrikaansche Republiek Politie (Zarp) – word waargeneem dat die swart polisie wel dieselfde uniform en skoene dra.

‘n Foto vertel sy eie verhaal. Graag word ‘n paar foto’s vertoon om die polisie van destyds te skets.

Natal Kolonie

'n Foto wat persoon, klere, person, wapen bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Natal Kolonie: ‘n Kaalvoet-polisieman met assegaai.

'n Foto wat klere, buite, persoon, skoene bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Natal Kolonie: ‘n Sersant met knopkierie. Ek wonder of hy ‘n beredeman is? Opmerklik ligte broek en oprol kamaste.

'n Foto wat klere, persoon, person, skoene bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Twee lede met verskillende uniforms – die swart lid dra “tradisionele” wapens – assegaai en knopkierie! (Miskien Durban Gemeentelike Politie).

'n Foto wat gebou, persoon, groep, klere bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Natal Kolonie: Weer kaalvoetpolisie en wit en swart dra verskillende uniforms.

'n Foto wat klere, person, persoon, mense bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Natal Kolonie: Drie verskillende uniforms vir wit en nie-wit. ‘Kaalvoet-polisiemanne’ van Natal. In die heel agterste ry, links, staan twee Indiërlede met petjies op. Nie-wit lede dra swart en blankes dra kakie.

Natal Police of Suid-Afrikaanse Polisie

'n Foto wat klere, persoon, gebou, skoene bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Let op die nie-wit lede van die Natal Police of Suid-Afrikaanse Polisie – let op Indiër-lid agterste ry – regs met petjie. Voor swart lid – kaalvoet met knopkierie en rolkamaste.

Zarps

Adjudant Maraba van die Zarp’s dra dieselfde uniform (met skoene) as die wit lede.

'n Foto wat klere, persoon, gebou, skoene bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Staande heel regs: Adjudant Maraba in dieselfde uniform as sy Boere-kollegas. Onder die Boere se polisie kon ek geen kaalvoet polisiemanne kry nie – slegs onder Britse koloniale heerskappy.

Kaapkolonie: Swartmense in die Polisie

Ek kan geen foto’s van swart polisielede in die Kaapkolonie opspoor nie. Meestal kom slegs wit mense op foto’s voor. Sekere magte, soos die Frontier Mounted and Armed Police, Cape Police, Cape Mounted Police blyk slegs wit mense in diens te hê. Sekerlik was staljongens en wadrywers swart maar ek kon geen swart lede in uniform bekom nie. (Is dit omdat hulle onbelangrik was dat hulle nie afgeneem is nie.)

Suid-Afrikaanse Polisie

Suid-Afrikaanse Polisie: Voor gestewelde swart lede – voet- en beredepolisie (met opslaan hoede). Middelste ry Indiër-lid heel links.

Sers Nkosi: SAP Louis Botha-lughawe (1969)

'n Foto wat voertuig, buite, lug, wiel bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Sersant Nkosi: ‘n Beter en getroue sersant was moeilik om te vind! Ons was net twee sersante op die stasie en hy het sy plek dubbel en dwars vol gestaan, maar hy was geen klerk nie. (“When I think of him, I think of the three “D’s” viz: Discipline, Dedication and Determination” – HBH)

My eerste indruk van die “nie-Blanke”-lede van die Mag was, dat hulle nie van die begin af, as VOLWAARDIGE lede van die Mag beskou was nie, maar eerder as hulp-konstabels (Auxiliary Police) in ons stryd teen misdaad gesien was. Soos onder die Britte (Kyk ook maar na die destydse Rhodesië) het blankes altyd die bevel gevoer en was ‘n nie-blanke lede aan selfs die jongste Patrol Officer onderskik. (Die Zulu’s het ons jong mannetjies “Kosaan” genoem.)

Deur die jare het ek die indruk gekry dat nie-wit polisiemanne, alhoewel sommige nie kon lees of skryf nie, wel uitstaande lede van die Mag was. Ek was op “skofte” van 1964 – 1969 en het met etlike swart lede saamgewerk. Baie van hierdie lede was ongeletterd of het lae skolastiese kwalifikasies gehad, maar hulle was uitstekend polisiemanne! (Hulle het ‘discipline, dedication and determination’ gehad).

So het ons bv senior-spesiale graad-hoofsersant Taylor Xaba gehad – hy het vir niemand op die stasie teruggestaan nie, veral wat administratiewe kennis betref het MAAR hy kon in sy wildste drome nie die stasie “oorvat” as stasiebevelvoerder nie. Die ander swart lede sou nie na hom luister nie want hy het geen “koninklike bloed” gehad nie. Die man met gesag op die stasie was ‘n verrimpelde ou konstabel met koninklike bloed – as hy met die stasiebevelvoerder tydens stasie-lesings saamgestem het, het al die swart lede ingestem – dis hoe dit was!

‘n Swart man sluit by die polisie aan te SAP King’s Rest en sy rang? Arbeider-konstabel! (Nie student-konstabel nie.) Dit verskerp my siening dat die owerhede hulle as hulp-polisie beskou het.

Eers na die tweede wêreldoorlog word swart lede vir die eerste maal formeel opgelei en Indiërs later in Durban gedurende 1952.

Kom ons wees eerlik:

  1. Blanke lede was destyds skolasties beter opgelei (ons het bv die hele leerstuk mens rea geken) en het die leiding geneem – ons polisie was die eerste linie van verdediging.
  2. Wit polisiemanne het ‘n groot kulturele voorsprong gehad, hulle was mense wat bv kerk toe gegaan en dus met die gemenereg in sy breedste sin, groot geword het en bv Bybel, koerante en die Nongqai gelees het, radio geluister het. Swart lede het uit ‘n ander milieu gekom.
  3. As rekenpligtige amptenaar het die kommissaris altyd probeer om die Mag twee-derdes ongetroud te hou om te spaar op mediese uitgawes. Blanke lede moes aansoek doen om te trou. Die polisieman se gesin het gratis mediese behandeling ontvang. Slegs die nie-wit lede het gratis medies ontvang want hulle gesinne was groot en baie het meer as een vrou gehad. Ek is jammer maar so was dit.
  4. Wanneer ‘n swart lid met verlof gegaan het, moes hy sy uitrusting inhandig en het hy ‘n geskrewe verlofpas ontvang.
  5. ‘n Wit lid – juis van sy kulturele agtergrond – het altyd bevel gevoer en was dissiplinêr verantwoordelik aan die stasiebevelvoerder vir bv die aflossing se gesamentlike optrede. (Ek ontken geensins die ervaring ván swart lede nie – hulle was ‘n onmisbare skakel in ons strewe om ‘n misdaadvrye samelewing daar te stel.
  6. Gedurende 1964 was ek in die SAP-kollege – ek was ‘n kind – en was uitgereik met ‘n rewolwer met 12 patrone, ‘n .303-geweer, bajonet en 50 patrone. (Ons Boerseuns het vuurwapens en die hantering daarvan van kleins af goed geken). Ook is ons baie goed in die kollege opgelei – deur die beste instrukteurs in die wêreld! Saam met my uitrusting het ek ‘n stel boeke ontvang, nl Staande Orders, Staande Orders Finansieel, Staande Orders Voorrade en Wenke by die Ondersoek van Misdaad. Ek moes nie net die vuurwapens in stand hou nie maar ook die gereelde wysigings in die boeke aanbring. Ek het omdat ek kan lees ‘n reuse voorsprong gehad!
  7. My swart kollegas het net ‘n knuppel, fluitjie en handboeie gehad. My swart kollega het ook ‘n knopkierie of assegaai, by geleentheid, gedra. (Die bandietwag het elke dag sy assegaai gedra.) In die onluseenheid het ons swart kollegas met assegaaie en knopkieries die eerste linie gevorm.
  8. Ons wit jong seuns in die Mag het alle sersante respekteer en op die rang aangespreek – wit en swart. Ons het baie met die ervare swart lede beraadslaag en hul leiding aanvaar. Hulle het my bv geleer om inbrekers te vang!
  9. Ek was ook op die personeel van die afdelingsbevelvoerder, veiligheidstak, Port Natal. Destyds was die BO luit-kol FMA Steenkamp. Luit Nayager was na sy offisierskursus weer na Durban teruggestuur. Almal het hom “luitenant” genoem. Lt-kol Steenkamp het hom ‘n nuwe goue Chevrolet sedan motor gegee (bekend as “The Golden Beauty’) en toe die wit luitenante en AO’s kla dat hulle swakker voertuie as lt Nayager het, het die BO gesê dat die luitenant ‘n leier in sy gemeenskap is en ‘n “bypassende” motor moet hê.
  10. Ek het met lt. Nayager saamgewerk – ons was op dieselfde Saterdag-skof en ek het baie met hom gesels. Hy was ‘n vermaarde offisier en het selfs alleen ‘n opgeleide terroris gearresteer. (Ek het toevallig nou die dag met die einste aangekeerde gesels, ‘n afgetrede generaal van die SANW, en hy het bevestig dat die luitenant hom aangekeer het.) Hy was so goed hy het selfs blanke bronne gewerf en hanteer. Vir my het hy soos die akteur Omar Sharif gelyk. Hy was ‘n ware heer.
  11. Ook as konstabel en sersant het ek met uitstaande nie-wit lede gewerk wat uitmuntende diens gelewer het. Daar was in daardie “moeilike dae” baie goeie polisiemanne en “apartheid” het nie vir ons saak gemaak nie. In die aanklagtekantoor as ons moes borg gee en geen wit-sersant was teenwoordig nie, het sersant Q Khumalo 140072R (ek onthou steeds sy magsnommer) die borgkwitansie vir ons geteken en geen haan het daaroor gekraai nie. Sers Muninal was ‘n uitstekende speurder te Wentworth en hy het ons gereeld gehelp – veral wat tolkwerk betref het van Hindoestani, Goetsjerath ander Indiese dialekte na Engels – sy bynaam was “Sergeant Tiger”.
  12. Die eerste swart lid om sy eie dossiere te dra was speurder-konstabel Russel Gwala – hy het my daarvan vertel. Eers het slegs blanke speurders dossiere gedra en swart speurders getaak om in opdrag sekere verklarings te neem. Konst Gwala was baie trots op die feit.
  13. Ek sal nooit konstabel Bekinkosi Cele se woorde vergeet nie: “Kosaan as julle die land moet verlaat, gaan ek saam. My mense kan g’n land regeer nie”. Hy was ‘n tweede wêreldoorlog veteraan en het te Tobroek ontsnap. Ons het op nagdiens baie oor die oorlog gesels.
  14. As militaris kon ek nooit verstaan dat iemand ‘n “Bantoe-luitenant” kan wees nie! Jy is ‘n offisier wat ‘n kommissie van die staatspresident ontvang het en niks anders nie. Mens salueer die rang nie die mens nie. So is ‘n sersant ‘n sersant. In my oë was daar ook nie iets soos ‘n vroue-kaptein nie – jy is ‘n kaptein en niks anders nie. ‘n Rang is ‘n rang en die word verwerf sonder voorvoegsels!
  15. As distrikskommissaris (DK) het ek ondervind dat ‘n (swart) luitenant-kolonel as stasiebevelvoerder dien. My distrik-offisiere was luitenante, kapteins en majoors – hoe kon hulle sy stasie inspekteer? Ek het hom toe na die DK-kantoor verplaas en by Gemeenskapsverhoudinge aangestel maar hy moes ook DK-stafwerk doen. Hy was ‘n uitstekende Gemeenskapsverhoudinge-offisier maar het nie van die stafwerk gehou nie.
  16. Ek het gedink dis kwetsend as Indiërlede van Natal deur die Vrystaat na die Transvaal gereis het om permitte te bekom om deur die Vrystaat te reis. ‘n Polisieman is ‘n polisieman en moet as sulks behandel word – eintlik moes die wet gewysig word dat dit nie op Indiër-polisiemanne van toepassing was nie.
  17. Ek het in my polisieloopbaan slegs een voorval van rassisme teëgekom toe ‘n munisipale busdrywer nie \n swart konstabel in volle uniform – wat my vergesel het – nie op die “rooi” Durban munisipale bus wou toelaat nie – ons moes vir die “groen” nie-blanke munisipale bus wag waarop ons albei kon reis. (In Durban, Johannesburg en Kaapstad het poliesmanne destyds gratis op busse gery.)

'n Foto wat klere, persoon, kraag, person bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Links: S/Sers Munilal destyds van die KOD te SAP Wentworth – hy het later ‘n senior-offisier geword. Regs: Lt-kol S Pillay stasiebevelvoerder van SAP Chatsworth

My kollega van die veiligheidstak, Port Natal. Luit Nelson Nyager met die “Golden Beauty”.

'n Foto wat teks, skermskoot, dokument, kwitansie bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat teks, dokument, papier bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Nota: Ek wonder wat van hierdie offisiere geword het. Nie-wit offisiere het later tafeltenue ontvang en gedra. Gedurende die begin 1980 het almal die blou en grys uniform gedra.

Kommentaar deur dr Willem Steenkamp

‘n Baie nodige artikel, brig Hennie. Blank Suid-Afrika (die wit Afrikaners by name) het nie Apartheid uitgevind nie – net dit loop staan en kodifiseer en naam gee, en toe die Britse uitvinders daarvan verbygesteek (soos met rugby) in die uitleef daarvan.

Dat dit egter nie gestrook het met ons eie Kaapse en Trekker-wortels nie, is ‘n historiese feit soos ‘n koei – soos u navorsing deeglik aantoon.

Ek kan beaam wat u sê oor die aandrang op respek vir alle seniors van kleur. My pa (na wie u in die artikel verwys) was altyd absoluut gesteld hierop – ook met ons as kinders. Iets wat mens moet onthou is dat vele Afrikaanse polisiemanne van daardie era plattelandse kinders was wat die swart taal van hulle streek vlot kon praat en saam met swartmense grootgeword en self van kindsbeen af geleer is om hulle te respekteer.

Al het Britse tradisies ingesypel (die grondslag vir die struktuur en uitrusting van die polsie na die 2e Vryheidsoorlog is to deur hulle gelê) was daar ook die Afrikaanse Christelike norme wat vormend gebly het oor inter-persoonlike gedrag.

Niemand kan of wil dus die destydse bestaan van diskrimansie en ‘n sin onder ons dat daar tog opsigtelik verskille in kulturele identiteit was, probeer ontken nie. Maar erkenning van die werklikheid van verskillende kultuur-agtergronde het nie ipso facto beteken persoonlike disrespek nie – veral nie in instansies soos die Mag nie, waar ander sterk tradisies tog ook gegeld het, soos dissipline, erkenning van gesag en die beginsel dat dit orde-gewys gaan om die rang, nie die man wat die kentekens daarvan dra nie.

Gelukkig verander tye, en verander mense se tradisies en simbole. Was ons te laat, om aan te pas? Bes moontlik ja. Sou dit veel beter gewees het as ons die Ou Kaapse en Trekker-benadering bly handhaaf het, eerder as dat ons magte (as aanvanklik deel van die Britse Ryk) toentertyd in daardie styl georganiseer is? Bepaald JA. Moet ons egter ook erken dat van die ander Britse magte-tradisies wat ons ge-erf het waardevol was? Ook JA.

Gedane sake het geen keer nie. Dit is wat dit was. Al wat oorbly, is om die lesse van die verlede te leer. En daarvoor, daardie verlede korrek te boekstaaf – soos wat u hier puik gedoen het.

Kommentaar Deur Brig Fanie Bouwer

Ek was ‘n paar maande ‘n konstabel gewees toe Hoofkantoor bostaande omsendbrief in 1970 gesirkuleer het. Ek sien dit nou vir die eerste keer.

Ek sit en wonder hoekom die omsendbrief nogal as ‘Streng Vertroulik’ gemerk was?

Twee dinge het onmiddellik deur my kop gegaan toe ek die omsendbrief lees. En natuurlik ook brigadier Heymans se mymeringe en geskiedenisoorsig hierbo.

Die eerste was: “Those were the days .. “. En die tweede ding, is die ou stelling:  “Ons was maar almal maaksels van ons of ‘n spesifieke tyd” gewees.

Laasgenoemde stelling dra natuurlik ’n diep en insiggewende betekenis, veral in die konteks van ’n era soos ons dit destyds in Suid-Afrika in daardie historiese tydvak(ke) beleef het en wat mense se denke en gedrag gevorm het.

Met “maaksels van ons spesifieke tyd” word erken dat mense nie in isolasie bestaan nie, maar eerder gevorm word deur die idees, norme, strukture en verwagtinge van die tyd waarin hulle geleef het. In die ou Suid-Afrika het wetgewing, opvoeding, godsdiens, media en maatskaplike druk almal saamgespan om ’n sekere wêreldbeskouing te vorm, wat ook al dit sou wees.

In daar dekades vóór 1970, het polisiemanne, wat ookal die politieke beleide was, reg of verkeerd, geglo hulle dien die gemeenskap  – nie met kwaadwilligheid nie, maar omdat dit bloot in die gees van die tyd was.

Ek lees in die artikel van nie-blankes se eienaardige uniformstukke, toerusting (assegaai, knopkierie) en ‘n swartkonstabel sonder skoene. Die ‘maaksels’ van die tyd het dit só goedgevind, sonder enige kwaadwillige bedoelings.

In 1970 was die verhoudinge met ander rasse  in SA op ‘n baie goeie plek. En veral in die SAP was daar baie goeie, onderlinge verhoudinge en wedersydse respek tussen wit en swart lede gewees.

Ek glo vas ek en my mede wit kollegas sou daardie nuwe nie-blanke offisiere gerespekteer het; op hul rang aangespreek én gesalueer het.

Kommentaar Deur Genl-Maj Chris Botha

Geagte brigadier Hennie,

Bake dankie hiervoor – ek het met aandag gelees.

Ek hou van die feitelikheid (soos met Fanie die geval is, is die primêre bron vir my onbekend gewees tot nou toe) en die histories-eerlike empatie waarmee jy hiermee omgaan. Neem alle hedendaagse kommentators oor die aparte ontwikkelingsdenke altyd genoegsaam kennis van die soomlose benadering teenoor die eerste- en vroeër inwoners van die huidige Suid-Afrika tydens (opeenvolgend) kolonialisme en apartheid? Van die denke in Europa wat saamgekom het met die mense wat hierheen gereis het? En die invloed wat dit vir solank na aankoms nog sou uitoefen?

Die outo-etnografiese insigte wat jy met jou lesers deel het my natuurlik oopgeval: dit is ‘n bron van ryk inligting waarvan opvolg-navorsers kennis kan neem.

Op Wolmaransstad vanaf 20 Januarie tot vroeg Julie 1972 het ons vir sersant Isak, ‘n swartman, gehad. Hy het ‘n lourierkrans om die kasteel (of ster?) van sy rangteken gedra en ek meen (as ek reg onthou) dat sy rang as ‘Hoofsersant’ bekend gestaan het. Sersant Isak was as ‘sersant’ aangespreek en my stasiebevelvoerder (die latere bekende kolonel Willie Fouchè van Koevoet) het ons twee studente op die stasie die dood voor die oë gesweer indien ons nie respekte sou betoon het nie. Hy was aktief betrokke by ons opleiding terwyl ons op die stasie was. (Onthou, dit was in die ou Wes-Transvaal, nie juis bekend vir verligte politieke denke nie …). Op Oos-Londen (1977) het sersant Njombolwana, ‘n isiXhosa sprekende, saam met my gewerk wanneer ek die Aanklagkantoor-sersant was. Van hierdie ou man, in die lang nagure by die ou Fleetstraat polisiestasie, het ek van die beste opleiding gekry oor gemeenskapskakeling. As ‘n jong kommissie-offisier en kompaniebevelvoerder by die drilafdeling van die ou Polkol, het ek die voorreg gehad om (latere kommissarisse/generaals) John Manuel, Morgan Chetty en ‘n paar ander deur die drilkurrikulum van die Kandidaatoffisierskursus te neem. Die gesprekke rondom die rol van dril in die uitvoering van die polisietaak in die samelewing bly my vandag nog by (ek het selfs later die diskoers verfyn en in ‘n voorgeskrewe handboek publiseer).

En so voort …

Kom ons vertel die lesers wat ons beleef het, en wat ons uit ons geleefde ervaring geleer het – sonder om heeltyd te blameer, maar tog met die doel om nie dieselfde foute te maaak nie en te neem uit die verlede wat goed was. Vir die vrou by die put het Jesus gesê dat sy gerus met haar lewe moet aangaan, maar nie weer dit moet doen wat nie reg was nie …

Dalk pas die aangehegte gediggie hierby?

Dankie vir wat jy doen geagte vriend – hierdie saad sal op vrugbare grond val …

Caritas et amor!

B

Gedig deur genl-maj Chris Botha

DEMOKRASIE, Sê JY?

(Chris Botha)

nog iets wat ek nie verstaan nie

is, hoekom is ek die aartsvyand

vir die wat nie met my eens is nie

ek mag mos verskil, dan nie?

eerlikheid is tog nie verkeerd nie

my punt is sorgvuldig beredeneer

mag ek nie aangehoor word nie

het ek dan nie ook ‘n saak nie?

oneerlikheid is nie vir my reg nie

reg en oneerlik is tog nie verwant

wil opposisie my punt nie oorweeg nie

daarmee is mos niks verkeerd nie?

is dìe wat nie kan redeneer nie

ongesofistikeerde stiksieniges

wat verkies om nie te groei nie

of bang hul kan nie meeding nie?

dalk moet ek tog maar bedees

berus die aartsvyand te wees

van die analfabetiese gees

(Hartenbos; 11 Mei 2025)

Kommentaar deur Kol Logan Govender

Hy was die eerste offisier van kleur te Wachthuis. Hy lewer soos volg kommentaar:

1970: HISTORICAL DOCUMENTS: AWARD OF OFFICER RANK TO NON-

WHITE MEMBERS OF THE SOUTH AFRICAN POLICE

The history of the South African Police dates to April,1913. The first two Indian members / officials of the South African Police Force were Constables Maghali and Jacob Mahomed, who originally joined the Borough Police of Natal during 1904. Historically, Non-White policemen were seen to be inferior to white police officers, and they were poorly treated and further discriminated against. Every White member was considered superior to their Non-White counterparts, irrespective of their rank or seniority.

During June 1970, approximately 57 years after inception, the South African Police, created the first opportunity for Special Grade Chief Sergeants to be trained into Commissioned Officers. If successful, these officials were to be Commissioned to the rank of Lieutenant. The first course was held at The South African Police, New Modder, Training College located in Benoni, Transvaal (now Gauteng).

The initial intake, in 1970 comprised of eleven (11) Non-White candidates selected for this Candidate Officer’s Course of which, only two were Indian, viz Subramonia Pillai and (Nelson) Karbalamurthi Nayager; both of whom were based in Durban, Kwa-Zulu Natal.

At a special passing-out parade at the New Modder Police Training College, the eleven (11) Non-White officials were promoted to officer’s rank in the Police Force. This must have been a very proud moment for each of them, their families and friends.

During the 1970’s and 1980’s, a number of these officers had acquired many years of service, experience, knowledge and skills in policing, that made it possible for them to assimilate the training material imparted to them, on this intense Commissioned Officer’s Course.

The passing-out parade, which was addressed by the then Minister of Police, Mr SL Muller, was also attended to by General JP Gous, the then Commissioner of the South African Police. Other high-ranking officers, representatives of several departments of State (including the Department of Indian Affairs, the Chairman of the South African Indian Council, members of the Coloured Representative Council, other dignitaries, relatives and friends of those on parade) were also in attendance. (According to the information at my disposal S Pillai attended a course, Warrant Officer to Lieutenant from 1970-07-01. The article published in the Fiat Lux 1970 v 5 attached below is dated 7th September 1970. this causes me to believe that the first course in 1970 was for approximately ONE or maybe TWO MONTHS only. – [LG])

Image 01

Media Clipping

Image 02

Media Clipping

'n Foto wat teks, klere, koerant, leëruniform bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Image 03

Media Clipping

Unfortunately, very little or nothing further is known about the nature of this particular course.

Apart from a few minor incidents of the unpleasant racial policies of the Apartheid Government, I did not experience the same racial discrimination that was meted out to other members and our predecessors from the early days. I have learnt from many other fellow members of the unfair practices experienced by these individuals.

Entrances to the charge office, toilet and ablution facilities, canteen and mess and barracks were separated for the exclusive use of Whites and Non-Whites did exist and we were compelled to strictly complied with.

I will not waste valuable time and dwell on these as I am primarily concerned with the historical accomplishments and achievements of our individual Indian members.

I shall begin by referring to some of the incidents that I was involved in but overcame by the Grace of God and hard and diligent work.

After I was promoted to the rank of Sergeant in 1984 I was summoned by the District Commandant’s office and informed that as an Indian I am unable to remain at the station as firstly awaiting promotion to the rank of Warrant Officer and it is prohibited to remain at a station where the commander was a white Warrant Officer as I would have seniority over the white constables and sergeants. The authority arrived a few days later stating “Die verplasing moet so gou as moontlik uitgevoer word om doeltreffendheid te bevorder.” This was not the reason as I was verbally informed otherwise.

I was immediately transferred to a station that had an Indian Captain as the station commander.

After my promotion to commissioned rank, lieutenant in 1986, I was acting station commander as the White Captain, the station commander was away on detachment duties. An incident occurred where an attorney reported irregularities at the station regarding an awaiting trial prisoner. The District Commandant sent a white sergeant to drive to the station to investigate. Upon his arrival he was informed by the charge office to consult with myself. After listening to the sergeant, I informed him as he could see I was a commissioned officer and will not let a sergeant undermine my integrity or authority. I Immediately called the District Commandant, who was a Colonel and informed him that a white sergeant is at the station on the instructions from his office who was sent to investigate an Indian Lieutenant, but I won’t allow it. The District Commandant responded that he was not aware that there was an officer at the station and profusely apologized and asked that the sergeant be sent back on his way. This officer has reached a senior rank and him, and I are still in constant contact as friends.

During 1989 I was transferred to the Soweto West District; after a few months the Chief Deputy Commissioner, a Lieutenant-General at the time forwarded a telex instructing me to report to the Head of Personnel Administration, a Major General, I think it was the “Maritime” building in Pretorious Street. I was informed by the General that I was the first and only Indian will be working amongst mainly white members and civilian staff.

A few days later a telex arrived instructing me to report to Compol, Wachthuis, Pretorious Street, the following Monday.

On Monday morning at around 7am I nervously walked towards “Wachthuis” the “lions’ mouth” as I nicknamed it. I was shocked as I was gently greeted by a Major General. He said, “more luitenant, wie soek jy” I greeted him in Afrikaans and informed him that I was instructed to report to the 10th. He gladly led to the foyer where the elevators were and guided me to the office of the senior staff officer another Major General. I later learnt he was the Quartermaster Major General Stemmet, himself.

No one spoke English and expected that as a Lieutenant I was au fait with it. I was informed to attend the morning prayer meeting where Afrikaans hymns were sung.

My immediate supervisor was summoned to collect me from the 10th floor, and I was inducted and taken to a very large office shared by about 4 other Lieutenants and one Captain.

The duration at “Wachthuis” was the highlight of my police career as I was treated with respect and dignity. Even the White civilian females were very pleasant.

A few years later I was reluctantly informed by the Chief Deputy Commissioner there was a vacancy available and whether I wanted to return to Pietermaritzburg. He urged me not to accept but I unfortunately did not have the foresight neither the hindsight to foresee this decision would not be good for my career.

Upon my arrival in Pietermaritzburg, I was told by a White Captain who was the Station Commander to just go upstairs and find an office and occupy yourself. I was not inducted or told what to do.

During and after my career I became friends with a number of senior and junior white officers and members, such as late Lieutenant General Mulder van Eyk, Snr, Major General Dirk Schoeman, Brigadiers Stan Gillham, Hennie Heymans, the Editor in Chief of Nongqai, who appointed me as a sub-Editor of Nongqai online magazine, Reg Crewe, Eugene Smit, Gert Van Rooyen, late Lieutenant Jan de Klerk, Jerome de Villiers, Norman Nel, Pieter Van Zyl and others. Brigadiers Heymans and Gillham introduced me to several other senior officers including the previous Commissioner, late General JV van der Merwe.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

  1. https://en.wikipedia.org/wiki/Walter_Tull afgelaai op 13 Mei 2025.
  2. https://en.wikipedia.org/wiki/Seth_Anthony