AFSKEID VAN LEA
Dogter van Simon, die slagter
Anita van Aardweg
Die spieëls is bedek
die tafel gedek
met soetgoed
vir die fees wanneer jy slaap
onder Afrika se sand tapyt
en die ster van David
oor jou waak.
Ek onthou ons tye saam in
die Kibboets
In Haifa die straat kafee
met bagels en suurroom
was dit net ʼn droom?
My pogings om Jiddish te leer
en julle lag keer op keer
Ek gooi die swart mantilla oor my kop
wanneer die plankies kis
met touhandvatsels na benede sak
dieselfde ritueel deur eeue heen
sonder enige dode requiem
vir Lea dogter van Simon
op jou reis heen
en net ons bly agter alleen……………………
.kopiereg
Anita van Aardweg

Gebore op ʼn egte Hugenoot plaas in die distrik Malmesbury. Liefde vir die die natuur. Was getroud met Nederlander en reis veel na die buiteland, veral Franse platteland waar die voorouers vandaan kom. Ek het een dogter en kleindogter in Nederland. As kind graag stories vertel en sodoende ontstaan die publikasie van Anita se boeke en digbundel “Die Rooi kombers”.
*