Keywords: ANC selective prosecutions, Equality before the Law, Gelykheid voor die Reg, Vula.
Excerpt: This article includes the debate about the ANC’s selective political prosecutions in South Africa.
Abstract:
ON 10 MAY 2026, FORMER MEMBER OF PARLIAMENT AND PROFESSOR DR. PIETER MULDER ASKED A FEW TOUGH QUESTIONS IN RAPPORT ABOUT THE ANC AND NPA’S SELECTIVE PROSECUTIONS OF FORMER MEMBERS OF SOUTH AFRICA’S SECURITY FORCES. THE FOUNDATION FOR EQUALITY BEFORE THE LAW INITIATED THIS DEBATE AND NONGQAI IS HAPPY TO HOST THIS IMPORTANT MORAL AND ETHICAL DEBATE ON ALL ITS JOURNALISTIC PLATFORMS. OUR PLATFORMS ARE OPEN AND TRANSPARENT – ANYONE CAN PARTICIPATE IN THIS DEBATE. NONGQAI WELCOMES CONTRIBUTIONS AND A PUBLIC CONVERSATION ONT THE ANC and NPA’s CONTROVERSIAL DECISION TO PROSECUTE ONLY SOME TRANGRESSIONS OF THE LAW, BUT NOT ALL OF THEM – Editor.
OP 10 MEI 2026 STEL DIE VOOMALIGE PARLEMENTSLID EN PROFESSOR DR. PIETER MULDER IN DIE BURGER ‘N PAAR NETELIGE VRAE OOR ANC EN NPA SE SELEKTIEWE VERVOLGINGS VAN VOORMALIGE LEDE VAN SUID-AFRIKA SE VEILIGHEIDSMAGTE. DIE STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG HET HIERDIE DEBAT INISIEëR EN NONGQAI GOOI GRAAG SY PUBLISISTIESE GEWIG AGTER HIERDIE NETELIGE KWESSIE IN. ONS PLATFORM IS OOP EN DEURSIGTIG – ENIGE PERSOON KAN AAN HIERDIE DEBAT DEELNEEM. NONGQAI VERWELKOM BYDRAES EN OPENBARE GESPREKVOERING – Redakteur.
Dr. Pieter Mulder se rubriek in DIE BURGER, 10 Desember 2025
Operasie Vula in 1990 en Vula vandag?
Pieter Mulder
10 Desember 2025
4 Mei 1990 teken Nelson Mandela en FW de Klerk die Groote Schuur-minuut. Die twee leiers verduidelik by ’n mediakonferensie hoe hulle verbind is tot ”…’n vreedsame onderhandelingsproses” en hoe hulle dit so in die eerste paragraaf verwoord het.
Twee maande later ontbloot die veiligheidspolisie ’n geheime ondergrondse sel van die ANC. Verdere ondersoeke ontbloot dit as Operasie Vula onder leiding van Mac Maharaj, Ronnie Kasrils en Siphiwe Nyanda. Die drie is prominente lede van die ANC se Nasionale Uitvoerende komitee.
Operasie Vula behels dat ondergrondse selle orals in die land gevestig word om as ’n netwerk te dien vir ’n gewapende oorname van die regering. Daarvoor is reeds groot hoeveelhede wapens onwettig die land ingebring en in opslagplekke versteek. Operasie Vula is in 1986 in Lusaka onder toesig van Oliver Tambo, ANC leier, en Jacob Zuma, intelligensiehoof van die ANC, geloods. In 1990 besluit die ANC om daarmee voort te gaan ongeag die onderhandelinge en die Groote Schuur ooreenkoms se vreedsame beloftes.
Operasie Vula verbreek alles wat ooreengekom is. Die ANC sit met eier op die gesig. Tog eis hulle dat ANC lede soos Maharaj en Nyanda, wat in hegtenis geneem is, amnestie moet kry en vrygelaat word.
Die Polisie eis dat as amnestie gegee gaan word, die geleentheid benut moet word om ook amnestie te gee aan polisielede wat oor die jare by die gewelddadige konflik betrokke was. Die ANC was met sy rug teen die muur en kon dit nie weier nie. Minister Kobie Coetzee skiet dit af. Volgens hom moet sekere politieke belange eers beskerm word voordat algemene amnestie op die tafel geplaas kon word.
Generaal Johan van der Merwe, polisiehoof, skryf later: “Dit het later duidelik geword dat die politieke belange waarna mnr. Coetsee verwys het, bloot gegaan het om die beskerming van die politieke toekoms van regeringslede. Die belange van die veiligheidsmagte het hulle geensins getraak nie.”
Die gevolg hiervan is dat twee bejaarde oud lede van die Veiligheidspolisie verlede week aan moord in 1987 skuldig bevind is. Nog 159 soortgelyke polisiesake word tans ondersoek volgens minister Kubayi. Robert McBride is gevonnis vir drie moorde by die Magoo’s Bar. Saam met talle ANC lede het hy amnestie gekry en loop tans vry rond. Meer as 20 000 ANC lede het amnestie gekry voor die Waarheidskommissie nog gesit het. Hierdie dubbele standaarde maak my woedend en is uiters onregverdig.
Hierdie week bedank Zuma se dogter Duduzile Zuma-Sambudla uit die parlement weens haar betrokkendheid om 17 Suid-Afrikaners te werf vir die oorlog in die Oekraïne. Jacob Zuma verduidelik in ’n brief aan die Russies Minister van verdediging, Beloesof, dat die 17 na Rusland is vir opleiding as offisiere en nie om in die oorlog te veg nie.
Zuma skryf hulle is gestuur “om gevorderde militêre opleiding te ontvang. Hul missie was om van die wêreld se bestes te leer sodat hulle eendag na Afrika kan terugkeer as bekwame leiers en standvastige kampvegters vir ons gemeenskaplike saak.” Waarom ”militêre opleiding” in Rusland en vir watter “gemeenskaplike saak?” Dit lyk en ruik na ’n nuwe operasie Vula.
In Julie 2021 kon die polisie nie keer dat duisende protesteerders winkels plunder en mense doodmaak nie. Die doel, is verduidelik, was om die land onregeerbaar te maak. Zuma-Sambudla was ook daarby betrokke. Dink iemand dit kan dalk met beter militêre opleiding herhaal word om so met geweld van die huidige ongewilde Ramaphosa regering ontslae te raak?
Sien die regering hierdie saak ook so ernstig as wat dit vir my lyk?
Wat sou gebeur as 17 Afriforum-lede met kamoefleer-uniforms na Rusland vertrek vir militêre opleiding?
Dr Pieter Mulder is ’n voormalige parlementslid en professor.
*

*
Repliek van mnr. A.P. Stemmet: 16 Desember 2025 en 1 Januarie 2026
Ek stem nie saam dat VULA en die huidige gebeure vergelyk kan word nie . Daar is wesentlike verskille .
Adamus P. Stemmet, voormalige sekretaris van die SVR
IN MY KOMMENTAAR OP JOU ARTIKEL SÈ EK DAT DIE VRAAG OF MANDELA EN KIE, TERWYL HULLE MET DE KLERK AAN DIE ONDERHANDEL WAS DAARVAN BEWUS WAS DAT KASRILS, NYANDA EN MAHARAJ BESIG WAS OM N GEWELDADIGE MAGSOORNAME TE BEPLAN, N DEBAT VIR N ANDERDAG WAS. IS ONS DIT NIE AAN ONS NAGESLAG VERSKULDIG OM DIT NOU REEDS AAN DIE GANG TE SIT NIE. ONS JARE LOOP AAN..
Adamus Stemmet *
Repliek van dr. Pieter Mulder: 31 Desember 2026
Baie geluk aan Henning van Aswegen met hierdie deeglik nagevorste artikel oor Operasie Vula van die laat tagtiger- en begin negentigerjare. Hy dui die beplanning en uitvoering van Operasie Vula oor etlike jare volledig aan en vra dan met reg die vraag of dit doeltreffend was?
Die titel van sy artikel “a deadly miscalculation” beantwoord hierdie vraag. Dit sou ook nie so ’n “deadly miscalculation” gewees het as ons verskillende staatsveiligheidsafdelings nie daardie tyd steeds so doeltreffend was nie om operasie Vula oor vyf jaar te monitor sonder dat die anderkant daarvan geweet het.
Vergun my drie verdere opmerkings.
- Dat die onderhandelinge en ’n skikking in die negentigerjare nodig was, word nie betwis nie. Daar was nie meer baie alternatiewe oor nie. Ek was ook by groot gedeeltes van die onderhandelinge teenwoordig. My frustrasie was al die geleenthede, waarvan ek getuie was, wat gemis is en waarmee ’n beter skikking en ’n meer wen-wen oplossing verkry kon word.
Operasie Vula is een so ’n voorbeeld. Daar kan geen twyfel wees dat Oprasie Vula hoogverraad was en dat die betrokkenes daarvolgens gestraf sou kon word nie.
Operasie Vula het alles van ’n vreedsame onderhandelingsproses soos wat tussen die NP-regering en die ANC by die Groote Schuur minuut ooreengekom is, verbreek. Die ANC het met eier op die gesig gesit. Tog eis die ANC op arrogante wyse dat ANC lede soos Maharaj en Nyanda, wat in hegtenis geneem is, amnestie moet kry en vrygelaat word.
FW de Klerk het ook ’n dilemma gehad deurdat dit logies was dat sonder amnestie dit tot ’n uitgerekte hoogverraadsaak sou lei wat die onderhandeling sou beëindig of op die minste dit met maande sou vertraag.
Die Polisiehoofde sien hierdie dilemma raak en maak voorstelle hoe dit ten beste benut kan word. Hulle eis dat as amnestie gegee gaan word aan die Vula-oortreders, die geleentheid benut moet word om ook amnestie te gee aan alle polisielede wat oor die jare by die gewelddadige konflik betrokke was. Die ANC was met sy rug teen die muur en kon dit nie weier nie.
Die ongelooflike gebeur deurdat Minister Kobie Coetzee dit af skiet. Volgens hom moet sekere politieke belange eers beskerm word voordat algemene amnestie op die tafel geplaas kon word. Generaal Johan van der Merwe, polisiehoof, skryf later in sy boek (p.172): “Dit het later duidelik geword dat die politieke belange waarna mnr. Coetsee verwys het, bloot gegaan het om die beskerming van die politieke toekoms van regeringslede. Die belange van die veiligheidsmagte het hulle geensins getraak nie.”
Die gevolg hiervan is dat twee bejaarde oud lede van die Veiligheidspolisie (Engelbrecht en Stander) onlangs aan moord in 1987 skuldig bevind is. Nog 159 soortgelyke sake word blykbaar tans volgens minister Kubayi ondersoek.
Ek het nie al die detail van die 1987 aanklagte teen die veiligheidspolisielede nie maar ek weet dat Robert McBride amnestie gekry het nadat hy gevonnis is vir drie moorde in 1986 op onskuldige persone by die Magoo’s Bar. So ook Mzondeleli Nondula wat skuldig bevind is aan ses moorde op die onskuldige De Nysschen en van Eck families in Messina. Hy het twee polisielede doodgeskiet en die kleuters van die families se liggaamsdele is in die boomtakke gevind nadat die myn wat hy geplant het, afgegaan het. Daar is nog talle voorbeelde.
Meer as 20 000 ANC lede het so amnestie gekry en is vrygelaat voor die Waarheidskommissie nog gesit het as voorwaarde van die ANC vir onderhandelinge. Hierdie dubbele standaarde maak my woedend en is uiters onregverdig. ’n Belangrike geleentheid om algemene amnestie te kry deur Vula as onderhandelingshefboom te gebruik, is gemis. McBride was later hoof van die buitelandse tak van die Staatsveiligheidsagentskap en hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Onafhanklike Ondersoekdirektoraat. Nondula het na 1994 ’n kolonel in die weermag geword.
- Onlangs het oud-president Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, uit die parlement bedank weens haar betrokkenheid om 17 Suid-Afrikaners te werf vir die oorlog in die Oekraïne. Jacob Zuma verduidelik in ’n brief aan die Russies Minister van verdediging, Beloesof, dat die 17 na Rusland is vir opleiding as offisiere en nie om in die oorlog te veg nie.
Zuma skryf hulle is gestuur “om gevorderde militêre opleiding te ontvang. Hul missie was om van die wêreld se bestes te leer sodat hulle eendag na Afrika kan terugkeer as bekwame leiers en standvastige kampvegters vir ons gemeenskaplike saak.” My vraag is: Waarom ”militêre opleiding” in Rusland en vir watter “gemeenskaplike saak?” Dit lyk en ruik na ’n nuwe, maar baie amateuragtige poging vir ’n operasie Vula. Veral gesien teen die agtergrond van Zuma se betrokkenheid en kennis van die eerste Operasie Vula.
Later is verduidelik dat hulle vir “militere opleiding” gestuur is om hier beskermers van belangrike persone te kan word. Ons het meer as genoeg sulke opleidingsgeleenthede in Suid-Afrika.
Die feite is dat die polisie in Julie 2021 nie kon keer dat duisende protesteerders winkels plunder en mense doodmaak hoofsaaklik in KZN nie. Die doel, is later verduidelik, was om die land onregeerbaar te maak. Zuma-Sambudla was ook daarby betrokke. Dink iemand dalk dat met beter militêre opleiding hierdie 2021 gebeure herhaal kan word om so met geweld van die huidige ongewilde Ramaphosa regering ontslae te raak? Hopelik neem die regering kennis van hierdie saak.
- Suid-Afrika is trots op sy demokrasie. Die vraag is of Suid-Afrika die finale toets vir ’n demokrasie al geslaag het. As ek na standpunte van Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, van MK- en EFF leiers luister, is ek nie seker nie.
Die finale toets kom wanneer president George H.W. Bush van die VSA die sleutels van die Withuis, en so die regering aan die nuwe president Bill Clinton (van ’n ander politieke party) oorhandig na ’n demokratiese verkiesing en hom vriendelik die Withuis en “Oval Office” wys. Of Jan Smuts as leier van die “Sappe”, wat minder gewillig maar steeds, die Uniegebou se sleutels in 1948 aan dr. DF Malan, leier van die “Natte” oorhandig.
Prof K.A. Busia van Ghana het die volgende oor demokrasie in Afrika geskryf:
“A democracy in the last analysis depends on the character of individual men and women and the moral standards of the community. Rules governing elections may be made; freedoms may be provided in constitutions; and Bills of Right may be passed; they will make arbitrary acts easier to resist publicly, but they will not by themselves secure democracy. There are other rules which are unwritten, such as honesty, integrity, restraint and respect for democratic procedures.”
Ek het so gevoel dat daardie toets vir die ANC en vir Suid-Afrika nie meer ver die toekoms in is nie.
Dankie Henning van Aswegen vir hierdie deeglike artikel en vir jou lekker lees boek Spioenmeesters waaruit hierdie inligting kom.
Pieter Mulder
*
Repliek van dr. Pieter Mulder: 31 Desember 2026
Ek stem met jou saam dat daar wesentlike verskille tussen destyds se Vula en nou is, Adamus. Tog lyk dit na ’n amateuragtige poging om iets van destyds se Operasie Vula te herhaal. Om net 17 manne te stuur om in die oorlog te veg, maak ook nie sin nie. Jacob Zuma skryf ook dat dit nie die doel was nie. Die doel was militêre opleiding volgens hom. Hulle huidige verduideliking is dat hulle as veiligheidswagte vir leiers opgelei moes word. Daardie opleiding kan jy maklik ook wettig in Suid-Afrika kry.
Pieter Mulder
*
Repliek van Brig. Hennie Heymans, Hoofredakteur Nongqai Trust & Publikasies
Vriende, ek stem saam met dr. Pieter Mulder.
Hennie Heymans
Repliek van Dr. Willem Steenkamp; 2 Januarie 2026
Hiermee enkele gedagtes oor Vula en dit wat die kwessie nou weer relevant maak.
Ten eerste stem ek hartgrondiglik saam dat daar tans gans te veel mites en wanbegrip bestaan oor ons verlede. Mense moet die werklike dryfvere verstaan agter dit wat gebeur het, tans nog gebeur en in die toekoms kan herhaal.
Die ANC is huidig polities met die rug teen muur. Na regs gaan hy nie hond-haaraf maak om stemme te werf nie. Van links af (waar sy enigste hoop sou wees om weer stemme terug te probeer wen) word hy skerp aangeval as verraderlike kneg van “Blanke kapitaal”. As deel van sy politieke strategie gebruik Ramaphosa se ANC dus nou die herlewing van vervolgings om kredietwaardigheid te probeer bou by linkses. Uit hulle hoek, dus, hoe meer publisiteit en polemiek daaromheen, hoe beter vir hulle – wat die vraag laat ontstaan: hoe om nie in hulle hande te speel nie…
Aandrang op “gelyk-beregtiging” en uitwys dat die pot en ketel ewe swart was gaan geen hond haaraf maak nie – dit gaan hulle hoegenaamd nie moreel roer nie en ons publieke proteste gee hulle juis wat hulle soek: publisiteit en krediet by die linkses waarna hulle vry. Al wat regtig kan help is die beste moontlike regsverteenwoordiging vir die vervolgdes plus geldelike en emosionele bystand aan hulle.
Teen hierdie agtergrond moet Vula in konteks gesien word: vir wat dit in die verlede was, en wat dit mag aandui rondom wat in die toekoms vanuit sekere oorde verwag kan word (veral indien die land – soos dit toenemend lyk – teen die volgende verkiesing in effek onregeerbaar mag raak by gebrek aan die moontlikheid om ‘n koherente regeer-meerderheid te konstitueer).
Betreffende die verlede moet drie dinge onthou word: Vula is bedink en in werking gestel in die “armed struggle” fase lank voor onderhandeling op die toneel gekom het; die ANC/SAKP was altyd diep verdeel tussen wat mens breedweg die Lusaka en Londen faksies kan noem van sg radikales en gematigdes; en die intelligensie-gemeenskap, veral NI, het Vula reeds diep gepenetreer gehad vanuit sy staanspoor. Toe Vula oplaas dus publiek bekend geword het agv 1990 SAP-VT optrede teen hulle in Natal, was die vraag wat die regering moes antwoord of Vula gronde was om die hele vredesproses te stop (maw, op grond daarvan dat dit doelbewuste duidelike dubbel-agenda sou wees aan die kant van ook die “moderates” in die ANC rondom Mandela en Mbeki wat onderhandeling voorgestaan het). In die alternatief, of Vula eerder tekenend was van ‘n “armed struggle” erfenis wat voortsleep, asook van die verdeling tussen die “moderates” en die Lusaka-faksie.
Danksy die deeglike penetrasie van Vula en sy gewaande “onbreekbare” kommunikasie, was NI destyds in die posisie om die regering te kan voorlig dat Vula gesien moet word as in werklikheid juis so ‘n sleepsel vanuit die verlede wat tekenend was van ANC-verdeling; aan die kant van die Lusaka-faksie, wat die regering in 1990 gladnie vertrou het nie, was die voortsetting van Vula gesien as ‘n tipe assuransie-polis. Dit het ook gestaan in die teken van die toe reeds groeiende stryd om die Zoeloe-stem in veral Natal en WWR tussen IVP en ANC, wat al meer fisies geraak het. Vula was dus nie meer in wese gemik op die aanvanklike oogmerk daarmee, nl om mee te help om die blanke regering met wapengeweld te ontsetel nie (die ANC/SAKP top-leierskap het maar te goed besef dat hulle enigste pad na mag deur onderhandeling was) maar eerder gegaan het oor ‘n “plan B” in plek hou in geval van “regeringsverraad” en ook wapen-stapeling vir ‘n voorsienbare kinetiese konflik met Inkatha. Volgens my navorsing is Vula dus nie deur NI gesien as gronde vir die opskort van die vredesproses nie, maar eerder as nog meer rede om onderhandeling te bly prioritiseer – met reg so.
Wat Mandela en Mbeki betref: Mandela (toe nog in die tronk) was uiteraard nie betrokke by die daarstel van Vula nie. Dit was ook bekend in intelligensie-kringe dat Mac Maharaj se haat vir Mbeki (wat uiteindelik uitgeloop het op eg. se kampanje om Mbeki met JZ by Polokwane te vervang in Desember 2007) juis finale beslag gekry het rondom Vula se ontbloting deur de SAP-VT en die gepaardgaande arrestasies – Mbeki was glo woedend dat die Lusaka-faksie die onderhandelinge in gevaar gestel het met die voortsetting van Vula, en Maharaj was weer woedend vir Mbeki omdat Thabo volgens hom geweier het om ‘n vinger te verroer om Maharaj-hulle onverpoosd vrygelaat te kry.
Die baie meer belangrike betekenis vandag van Vula – veel meer as tob oor die verlede en/of dit te probeer bytrek as (iedergeval nodelose) deel van ‘n verweer van gebrek aan gelykberegtiging in die onlangs-herleefde vervolgings, is wat Vula vandag nog mag aandui rondom wat van die Zuma-faksie verwag kan word in konteks van die komende politieke magstryd… In ag nemend die geskiedenis en nou weer mense Rusland toe stuur, kan gryp na die geweer myns insiens nie uitgesluit word nie…
Wat in die hele debat oor die herleefde vervolgings ook nie uit die oog verloor moet word nie is die werklikheid dat Vula en die arres van sy leiers destyds die ANC baie ontvanklik gestem gehad het vir die idee van ‘n algemene amnestie. Dat dit nooit deurgevoer is nie, is m.i. te lê voor die deur van die NP politieke leierskap. Wat was die werklike “deal” onderliggend aan die vrede-sluiting? In essensie het dit neergekom daarop dat die blanke regering die mag oorgee aan die ANC, in ruil vir vrede, rehabilitasie van die Afrikaner-beeld en waarborge rondom die beskerming van individuele en eiendomsregte. Uit ‘n individueel-persoonlike hoek was “rehabilitasie” van die eie self vir die NP-leierskap en daarmee uitskakeling van ‘n Nuremberg-proses (wat Anton Rupert vir PW Botha oor gewaarsku gehad het) sekerlik ‘n eg-menslike oorweging in elk se agterkop.
‘n Algemene amnestie sou onvermydelik na die oorgang die skuld-soek fokus van bv die media gehou het op die politieke en magte-leierskap. By Nurenberg was die kollig nie op sersante en luitenante nie, maar op die ministers en maarskalke.
Die uiteindelike WVK formule het die kollig heeltemal op die range geplaas, wat in die geval van die Polisie deur hulle eie eensmalige bevelvoerders omgepraat is om te gaan derms uitryg en die WVK-stelsel in effek te oorstroom. Net die SAP het dit loop staan en doen. Van die meer as 7,000 amnestie-aansoeke is net ‘n handvol toegestaan (5, 392 is geweier). Geen minister of generaal het aan die pen gery nie.
Was Kobie net te dom / tipies vrot sleg as verantwoordelike minister, of te behep met sy meisie en sy beeste, om tyd te maak om die Algemene Amnestie betyds in plek te kry? Of het dit sy persoonlike belang gepas? Was van die destydse top polisie-generaals se aansporing van die range om in massa te gaan bieg, die kundige advies van voormalige bevelvoerders lojaal besorgd oor hulle ondergeskiktes – of ook tog maar gekleur deur eiebelang?
My pa, (so woedend en ontsteld soos ek hom selde gesien het, op die dag toe drie can hierdie vol-generaals hom aan huis kom probeer oortuig het om ook vir amnestie te vra) het hulle gewaarsku oor wat hy duidelik kon sien sou gebeur. Hy het hulle verag vir wat hulle aan’t doen was, en subiet geweier om daarmee saam te gaan… (Generaal-majoor Frans Steenkamp, gedurende vroeg-tagtings SAP-VT nasionale bevelvoerder).
Vir die “groot kokkedore” het hulle strategie weliswaar toe gewerk, maar vir die laer range het 77% van aansoekers nie amnestie gekry nie…
Die werklike skuld hoort by die destydse politici, wat vir dekades verdeeld was oor die mees basiese strategiese opsie (of ons moes voorberei om te skiet, of om te skik). Danksy PW se “sluip-staatsgreep” het die “totale aanslag” brigade en “skiet” ongelukkig gedurende die verlore dekade die botoon gevoer, totdat dit so opsigtelik gefaal het dat weer terug moes gehaas word na skik – maar toe ongelukkig sonder dat enige behoorlike voorbereiding daarvoor gedurende die PW-dekade gedoen is. Danksy die “totale aanslag” fase onder PW is die magte gekondisioneer dat ons in ‘n oorlog gewikkel was, met polisiemanne in die voor-linie hiervan. Met die terugkeer na onderhandeling is polisiemanne toe skielik weer siviele “bobbies”, maar word hulle dade wat onder die oorlog-psigose van hulle vereis is, toe nie aan oorlogtydse norme gemeet nie maar weer aan gewone vredestydse prosesregtelike kriteria – met die bevelvoerders en politici van destyds wat “wink-wink, nudge-nudge” aangehits gehad het (maw, sonder skriftelike bevele), wat toe met woordeboek-uitlegte jakkalsdraaie hardloop en die manne vir wie hulle aangepor het om eerrstens te doen en toe vervolgens om te gaan bieg daaroor, wat aan die wolwe oorgelaat is…
En vandag! Meesal probeer ons instinktief steeds om tog maar nog “die span” se beeld te poets, sonder om die ongemaklike waarhede kaalkop aan te spreek. Al wat dit doen, is om ruimte te skep vir die mites en wanvoorstellings wat toenemend sirkuleer. Daarom dat dit nou so nodig is om die disfunksionele en onoordeelkundige wat destyds hoogty gevier het, tesame met ‘n groot dosis politieke agterbaksheid en rugstekery, klinies in perspektief te plaas sodat vandag se geslag kan verstaan hoe ons gekom het van waar ons was tot waar ons is, en die regte lesse daaruit kan neem vir die toekoms…
Dr Willem Steenkamp. Voormalige ambassadeur & hoof van die diplomatieke akademie, intelligensie-analis van SA se siviele intelligensiediens, en prokureur.
*
Repliek dr. Pieter Mulder: 2 Januarie 2026
Adamus, jy is reg oor die navorsing en dat die arme nageslag toegegooi word met mites en leuens oor die verlede wat hulle nie kan beantwoord nie.
In sommige van Mandela se reaksies later, het hy glad nie ontken dat hy geweet het nie en het hy selfs die deelnemers geprys. Ek aanvaar teenoor FW moes hy aantoon dat hy niks geweet het nie. Dit mag aan die anderkant ook waar wees dat hy regtig nie ingelig was nie. Mbeki het minder argumente dat hy nie geweet het, nie aangesien hy beslis in die begin van die operasie geweet het.
Ek kan my ouderdom van 74 ook as verskoning gebruik maar ek wonder of die “jonge” Henning van Aswegen nie tyd gaan hê om daarna te kyk nie. Iewers in ’n boek oor Mandela of ’n geskrif mag daar meer inligting wees.
Pieter Mulder
*
Kommentaar deur Hennie Heymans: 4 Januarie 2026
Vriende, ek het KI vir inligting genader:
🔎 Operasie Vula – Wat dit was en hoekom dit saak maak
Operasie Vula (ook bekend as Vulindlela, “Open die Pad”) was een van die mees geheime en gesofistikeerde ondergrondse operasies van die ANC in die laaste jare van apartheid. Dit het tussen 1986 en 1990 plaasgevind en is deur oningeligde historici beskryf as een van die ANC se indrukwekkendste projekte.
🧭 Doel van Operasie Vula
Die operasie is ontwerp om:
• Verbode ANC-leiers en wapens in Suid-Afrika in te smokkel
• ’n ondergrondse netwerk te bou wat binnelandse aktiviste verbind met die ANC in ballingskap
• ’n direkte kommunikasielyn te skep tussen ANC‑hoofkantoor en Nelson Mandela in die tronk, wat op daardie stadium reeds met die regering onderhandel het
Dit was dus nie net ’n militêre projek nie, maar ook ’n kommunikasie- en organisasiestrategie.
🧑✈️ Wie het dit gelei?
• Mac Maharaj – bevelvoerder binne Suid-Afrika
• Siphiwe Nyanda – sy adjunk
• Oorhoofse toesig: Oliver Tambo en Joe Slovo in Lusaka
Die projek was só geheim dat selfs baie senior ANC-leiers geen kennis daarvan gehad het nie.
🕵️ Hoe het dit gewerk?
Operateurs het:
• Geheime kommunikasietegnologie gebruik (bv. vroeë vorme van digitale kodering)
• Wapens en dokumente deur verskillende roetes ingesmokkel
• ’n netwerk van veilige huise en ondergrondse strukture opgebou
• Kommunikasiekanale met Mandela gevestig wat die staat nie kon onderskep nie
⚠️ Ontmaskering en gevolge
In 1990 is die operasie blootgelê en agttien leiers is aangekla onder die Internal Security Act vir terrorisme en ’n beplande gewapende opstand.
Die blootstelling het plaasgevind tijdens die CODESA‑onderhandelings, wat die politieke klimaat baie gespanne gemaak het. Sommige historici, soos Henning van Aswegen, beskryf dit as ’n “dodelike misrekening” wat die onderhandelingsproses kon ontspoor.
🧭 Hoe beoordeel historici dit?
• Stephen Ellis noem dit “die mees effektiewe en indrukwekkende projek ooit deur die ANC geloods”. Die historikus Henning van Aswegen skryf in Spioenmeesters dat Operasie Vula van Dag Een af (1986) gekompromiteer was omdat Tim Jenkin nalatig en naief van British Telecom-telefoonlyne gebruik gemaak het. Hierdie inligting is reeds in 1986 deur die Britse binnelandse intelligensiediens MI5 deur middel van die amptelike skakelkanaal aan Suid-Afrika se veiligheidsdienste deurgegee.
• Ander meen dit het te laat gekom om die magsbalans werklik te verander.
• Kritici (veral uit veiligheidskringe) sien dit as ’n SACP‑gedrewe poging om ’n gewapende revolusie te loods terwyl onderhandelinge reeds aan die gang was.
📌 Kort opsomming
Operasie Vula was ’n hooggeheime, tegnies gevorderde ondergrondse ANC‑operasie wat:
• wapens en leiers die land ingebring het
• ’n nasionale ondergrondse netwerk opgebou het
• direkte kommunikasie met Mandela moontlik gemaak het
• in 1990 ontbloot is, wat groot politieke spanning veroorsaak het
Dit bly een van die mees omstrede en fassinerende operasies in Suid-Afrika se politieke geskiedenis.
*
Mnr. AP Stemmet, voormalige sekretaris van die Staatsveiligheidsraad, skryf op 4 Januarie 2026:
BESTE PIETER, EK WIL GRAAG DIE WAARHEID OP REKORD LAAT PLAAS. MY ODERVINDING HET MY IVM. DIE ONDERHANDELINGS TWEE DINGE GELEER, NL.
1) KEN JOU VYAND, en 2) ONDERHA DEL ALTYD UIT N POSISIE VAN KRAG.
FW DE KLERK EN SY SPAN WAS ONERVARE, ONIGELIG, NAIEF EN ONBEKWAAM. HY HET SY VEILIGHEIDS-MAGBASIS VERNIETIG VOOR DIE ONDERHANDELINGS. (EKKE DIE REDE). HY HET DUS NIKS GEHAD OM OP TERUG TE VAL TOE VULA PLAASGEVIND HET EN MANDELA DIKWELS MET ” MASS ACTION ” GEDREIG HET OM SY SIN TE KY NIE . AGV. VAN FW SE HAAT VIR DIE VEILIGHEIDSMAGTE HET HY NIE GEBRUIK GEMAAK VAN OPGELEIDE MENSE IN ONDRRHANDELINGSVAARDIGHEDE EN TOEKOMSSTUDÏES NIE. DIT WAS TOG BEKEND ĎAT ONS ĎIT BY DIE STAATSDURNS INGEVOER HET. KYK IN PROF. NICK SEGAL SE BOEK ‘BRÊAKING THE MOULD’, WAAR DAAR NA NY VERWYS WORD AS BRON OOR DIE INVOER DAARVAN IN DIE STAATSDÌENS.
DIE DÔKUMENT COMMUM0NIST NEGOTIATI NG TECHNIGES HET HY EN SY MENSE OF NIE GELEES OF VERSTAAN NIE . DÏE GEVOLG ? KYK DIE VOLGENDE UITTREKSEL UIT HIERDIE DOKUMENT: ” One of their strongest weapons: exhaustion through delay. The logic: the longer the process takes, the more the opponent will concede just to make progress. RICHARD NIXON HET DIE VOLGENDE OOR KOMMUNISME GESË : ‘JY PRAAT NET DIE VYAND OOR VREDE TERWYL HULLE OORLOG BEDINK ..
OM AF TE SLUIT : ONS MOET DIE FEITEGEPUBLISEER KRY VOOR DÏE OUDERDOM ONS INHAAL. GROETE, ADAMUS STEMMET. Nota : HENNIE HEYMANS WERK AAN IETS OOR OPERASIE VULA.
*
Kommentaar vanaf genl.Bertus Steenkamp, voormalige direkteur SAW Afdeling Militêre Inligting (AMI).
FW se “haat” vir die SAW, kom ook na vore in die sg “Nag van die Generaals” toe hy senior SAW afgedank het. SAW lede het aangedring op Raad van Ondersoek. Geweier. Genl Chris Thirion het hof toe gegaan, maar hy het net verskoning gevra – gekry. Nog ‘n vrees was dat die veiligheidsmagte die Verkiesing sou ontwrig. Hierdie berus op informasie en nie ware intelligensie nie.
*
Kommentaar deur A.P. Stemmet, voormalige sekretaris van die SVR
BESTE WILLEM,
BAIE INTERESSANT . MY VRAAG MOET DUS NIE WEES OF MANDELA VAN VULA GEWEET HET NIE, MAAR OF FW DE KLERK GEWEET HET. TERLOOPS,TOE JOU PA GEVRA IS OM AANSOEP OM AMNESTIE TE DOEN, HET HULLE MY OOK GEVRA. EK HET HULLE GEVRA OF HULLE VAN HUL VERSTAND AF WAS .
ADAMUS STEMMET
*
Bydrae deur dr. Pieter Mulder: 5 Januarie 2026
Dankie vir die gesprek en argumente oor Operasie Vula. Dit maak alles baie sin. Ook dat mens nie in hulle hand moet speel in die huidige tyd nie.
Ek is deur Maroela Media gevra om ’n reeks onderhoude met hulle te doen oor die onderhandelinge in die negentigerjare. Volgens hulle vra jonger mense al meer vrae oor hoe ons in die huidige slegte situasie gekom het. Hulle argumenteer, waarskynlik korrek, dat jonger mense nie meer vreeslik boeke of lang stukke lees nie maar wel na korter TV en radio-opnames kyk en luister. Sulke opnames word ook maklik oor sosiale media versprei.
Hulle wou sommer dadelik begin met die onderhoude. Ek verdrink in talle dokumente wat ek uit die onderhandelingsproses gebêre het. Die dokumente se inhoud sal waarskynlik te tegnies en droog wees vir sulke onderhoude maar dit help om my geheue te verfris. Daarom het ek vir uitstel gevra ten einde my eers voor te berei. Ek hoop om selfs sekere vrae aan hulle te kan gee ten einde by die regte feite uit te kom.
Die argumente in hierdie skrywes oor Vula, met inagneming van wat vertroulik is, sal my beslis help. Enige ander inligting is ook welkom.
Groete, Pieter Mulder
*
Maroela en TV, Adamus Stemmet: 6 Januarie 2026
N TV REEKS MET N KUNDIGE SOOS JY IS BROODNODIG . ONS IS DIT AAN ONS AGESLAG VERSKULDIG OM DIE WAARHEID TE BOEKSTAAF. AL IS DAAR DORINGS IN . .
IN SY ONLANGSE SMRYWE MAAK DR WILLEM STEENKAMP N GELDIGE PUNT DAT ONS NIE DEUR ONS SWAKPUNTE BY KODESA TE OPENBAAR ( BEKLEMTOOʼn ? ) VERKIESINGSMATERIAAL AAN DIE ANC EN ANDEŘ VERSKAF NIE .ONS MOET DUS FYN TRAP. TER VOORBEREIDING VAN JOU OPNAMES SAL ONS DUS MY SKERP KRITIEK WAT EK APART KAN VERSKAS N BIETJE MOET SKAAF. LAAT ASB WEET AS EK KAN HELP .
A.P. Stemmet
Akkurate Geskiedskrywing
Ons probeer die afgelope twaalf jaar om ‘n georganiseerde poging tot akkurate geskiedskrywing van die grond af te kry. Eerstens dmv. meesters en doktorsgrade (akademia) en die skryf van boeke, en tweedens sosiale media met inbegrip van Wikipedia. Ons slaag slegs in geringe mate hierin omdat (a) ons nie bepland en georganiseerd te werk gaan nie, en (b) omdat ons nie ‘n begroting tot ons beskikking het nie. Lukrake en individuele response maak eenvoudig nie hond haaraf nie. – Henning van Aswegen, Redakteur Nongqai.
*
Inset Dr. Willem Steenkmap, 8 Januarie 2026
Rig enige verdere navrae oor hierdie inhoud direk aan Dr. Steenkamp, asseblief: admin@nongqai.org. – Redakteur.
Beste vriende – in die lig daarvan dat ons almal akkoord skyn te wees oor die noodsaak om duidelikheid te bring oor wat werklik gedurende die onderhandelinge / oorgang gebeur het (met Dr Mulder wat nou genooi is om radiopraatjies daaroor te doen) heg ek hierby aan die eerste hoofstuk van my inset daaromtrent.
Julle mag bewus wees dat ek reeds lank daaraan werk (met die oog op publikasie in Nongqai as deel van ons reeks “Die Manne Vertel”). Dis ongelukkig erg opgehou deur my gesondheidsprobleme. Die Manuskrip is gelukkig reeds basies klaar en het laasjaar as konsep reeds sy eerste rondte gedoen vir ontlok van kommentaar en insette – waarvan daar baie was, van groot waarde. Ek is dus nou net besig om dit op te dateer en poleer, sodat ek hoop om die volgende hoofstukke met redelike frekwensie te kan bly uitrol.
Ek besef dat Mnr Stemmet dit moeilik sal vind om dit te lees, en sal heeltemal verstaan as hy sou verkies om dit later nader te trek wanneer ons hoop om dit ook voorgelees as ‘n klank-boek beskikbaar te maak. Die gedagte is om dit via Nongqai as ‘n e-boek by die blog aan te heg, gratis aflaaibaar met ‘n skakel, sowel as om uittreksels in die blog self te plaas en om dan ook praatjies daaroor tussen my en brig Hennie as videos op ons Nongqai YouTube kanaal te plaas. As enige uitgewer belang stel, kan dit moontlik ook eventueel in boekvorm uitgegee word.
Vir die huidige egter stuur ek dit nou so stuk-stuk aan u met die hoofdoel om Dr Mulder soos versoek van insette te voorsien (vir gebruik aldan nie, na sy diskresie) vir sy komende radio-praatjies. Hierdie eerste hoofstuk is dan ook in wese ‘n opsomming wat aanduidend is van waaruit die res van die boek sal bestaan.
Die formaat is blog-gerig, sodat die kantlyne bv nie in blok-vorm is nie en die bladsye nie genommer is nie. Die Indeks is ook nog nie eksak nie en tans net maar breedweg aanduidend – die res moet eers klaar, voordat dit finaliseer kan word. As julle enige kommentaar of insette het – veral as julle feite-foute sou raakloop – sal ek baie waardeer om van julle te hoor,
Willem Steenkamp
*
Bydrae, dr. Pieter Mulder: 8 Januarie 2026
More dr. Willem. Baie dankie. Dit is baie werd.
Ek het net nog vinnig geloer maar die inhoud lyk baie insiggewend en wys. Die bietjie wat ek kon lees bevestig, met bewyse, baie van my vermoedens en aanvoeling terwyl ek by die onderhandelinge die “channel” gadegeslaan het!
Groete, Pieter Mulder
*
Brigadier Christo Davidson het op 7 Januarie 2026 tydens ‘n gesprek met Nongqai se Redkatueur Emititus, Brig. Hennie Heymans, toestemming verleen om hierdie verslag wat hy oor Operasie Vula geskryf het, te publiseer.
OPERASIE VULA en my ondervraging van Siphiwe Nyanda:
Brig. Christo Davidson
Ek het op 8 Junie 1963 op Sasolburg by die destydse Suid-Afrikaanse Polisiemag aangesluit. Ek het ‘n maand lank as student by die polisie in Welkom gewerk voordat ek Pretoria toe is vir my opleiding aan die polisiekollege.
Na die uitpasseringsparade in Desember 1963, is ek na Dannhauser in die destydse Noord-Natal gestuur waar my lewe as plaaspolisieman begin het. Na drie jaar op Dannhauser is ek na Nqutu in die destydse Zoeloeland verplaas. ‘n Jaar later het ek aansoek gedoen om speurder te word. Ek moes eers ‘n drie maande lange speurderkursus deurloop waarna ek in September 1967 na Newcastle verplaas is. Daarna is ek na Dundee verplaas waar ek in 1969 met Martha Cronjé getroud is. In 1972 is ek oorgeplaas na die veiligheidstak, Newcastle. Ek is in 1973 tot offisier bevorder.
Hoewel my loopbaan as geheel in die polisie ‘n hoogtepunt in my lewe was, is daar tog een besondere voorval waaroor ek graag meer sal wil se. My aandeel in die ondersoek na Operasie Vula. Die vraag word dikwels gevra: “Wat sou gebeur het as die ANC voor 1994 al sy planne om Suid-Afrika in anargie te laat verval en die destydse regering tot ‘n val te bring, uitgevoer het?”
Die ondersoek na die ANC se Operasie Vula is tussen Junie en Desember 1990 in Durban gehou.
Wat was Operasie Vula eintlik gewees? Operasie Vula het deel gevorm van die ANC se terreurveldtog voor die wettiging van die organisasie en die vrylating van die voormalige pres. Nelson Mandela uit die Victor Verster-gevangenis op 11 Februarie 1990.
Die doel van Operasie Vula was dat lede van Umkhonto weSizwe Suid-Afrika in die geheim moes binnekom en onder meer lede vir die ANC werf. Vir die projek was dit nodig dat mense op professionele wyse vermom moes word. Die hulp van die Nederlandse anti-apartheidsaktivis, Connie Braam, is ingespan om met die projek te help. Die program, wat in die laat jare tagtigs van stapel gestuur is, was nie ‘n geheime plan om die apartheidsregime omver te werp soos wyd geglo word nie.
Die operasie het onder meer aan oudpres. Mandela ‘n regstreekse kommunikasiekanaal besorg met ander vryheidsvegters soos Oliver Tambo, lank voordat mnr. Mandela by Victor Verster se tronkdeure uitgeloop het.
Connie Braam, ‘n Hollandse burger en ANC simpatiseerder, is in 1986 genader om ANC-lede te vermom, Hollandse burgers te werf en om veiligheidshuise vir die MK-lede in Suid-Afrika te skep en ook ‘n kommunikasiekanaal te skep.
In 1990 het die destydse veiligheidstak onthul dat Operasie Vula die gewapende stryd van die ANC sou voortsit indien die onderhandelinge nie slaag nie.
Mnr. Mac Maharaj (vandag die president se amptelike woordvoerder en voormalige minister) was destyds die militêre en politieke hoof van Operasie Vula.
Die terreurveldtog deur die ANC, gesteun deur sy Kommunistiese hulpverleners, teen die Suid-Afrikaanse regering, gedurende die jare sewentig en tagtig, het vandag al amper in die vergetelheid verval. Dit is buitendien vandag nie polities korrek om daaroor te praat of daarna te verwys nie. Dit is inteendeel vandag polities gewild om net na die sogenaamde wandade van die vorige wit regering te verwys, sonder om enigsins te verwys na die dade van die organisasies wat die regering met geweld omver wou werp.
Ek voel dit is nodig om hier te verwys na statistiek uit daardie tydperk.
Die onderstaande statistiek is vervat in dokumentasie wat aan die destydse Harmse-kommissie van ondersoek voorgelê is. Die destydse president, mnr. FW de Klerk, het aan die begin van 1990 die kommissie, onder voorsitterskap van regter Louis Harmse aangestel, om ondersoek in te stel na beweerde wandade deur die Suid-Afrikaanse Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiemag.
In die tydperk 1976 tot 1989 was daar 1 548 terreurvoorvalle in die land waarvoor die ANC verantwoordelik gehou word. In die voorvalle is 187 mense dood en 1 554 beseer en vermink.
Tussen November 1985 en Februarie 1991 was daar 57 voorvalle van landmynontploffings waarin 25 mense dood en 76 beseer en vermink is.
Hierdie voorvalle van terreur het oral in die land voorgekom. Die voorvalle was nie net gemik teen lede van die veiligheidsmagte nie, maar klaarblyklik teenoor sogenaamde sagte teikens, onskuldige mans, vroue en kinders.
Die ANC het amptelik verantwoordelikheid aanvaar vir die aanvalle.
Die ANC se rol hierin is in verskeie hofsake bewys waar erkende terroriste skuldig bevind en gestraf is.
In die terreurveldtog is die ANC tot ‘n mindere mate ondersteun deur die Pan Africanist Congress (PAC).
Dit is teen hierdie agtergrond dat die polisie, selfs na mnr. De Klerk se beroemde parlementsopenings-toespraak op 2 Februarie 1990 en die gepaardgaande wettiging van die ANC en ander revolusionêre organisasies, asook die vrylating van politieke gevangenes soos Nelson Mandela, steeds ‘n stryd gevoer het om wet en orde te handhaaf.
Voorvalle van geweldpleging, veral in die destydse Natal en in swart woonbuurtes in Durban, Kaapstad en die voormalige Witwatersrand (vandag Gauteng) was steeds ‘n daaglikse verskynsel.
Dit is in hierdie tydperk van geweldpleging dat ek, van Maart tot Mei 1990, in Kwamashu en Umlazi in Durban diens gedoen het. As bevelvoerder van ‘n groepie lede van die veiligheidstak, was dit ons verantwoordelikheid om die politieke geweld tussen die Inkatha Vryheids Party (IVP) en die ANC te probeer bekamp. Dit was ‘n haas onbegonne taak.
Dit was in die middel van Junie 1990 dat ek op ‘n Donderdagaand, ek was toe nog op Newcastle by die Veiligheidstak gestasioneer, opdrag ontvang het van genl.maj. Bertus Steyn, destydse bevelvoerder van die veiligheidstak in Port Natal, om die volgende oggend in Durban aan te meld. Ek het nie die vaagste benul gehad wat om te wagte te wees nie.
Saam met ander lede van die veiligheidstak in Natal, hoor ons toe daar die eerste keer van Operasie Vula. Ons hoor toe ook van mense soos Siphiwe Nyanda (MK Gebuza) Catherine Mvelase, Susan Tshabalala en ander wat in verband hiermee in hegtenis geneem is. Tydens die arrestasie van hierdie persone is daar ook op verskeie rekenaars, wat deur hulle gebruik is, beslag gele. Nog ‘n leier van Operasie Vula, Mac Maharaj, is kort daarna in hegtenis geneem. Dit dien hier gemeld te word dat ‘n Indier informant gedurende 1989 aan my gese het dat Mac Maharaj by sy familie se huis in Newcastle was, maar hy kon nie besonderhede geen van wanneer hy daar was nie. Ek het so ‘n verslag opgestel en na Durban gestuur, maar dis afgemaak as onmoontlik, aangesien alle inligting op daardie stadium daarop gedui het dat Maharaj in of Lusaka of London was.
Kapt. Hentie Botha het ons breedvoerig ingelig oor die werksaamhede van Operasie Vula. Ons is in ondervragingspanne verdeel. Ek moes Siphiwe Nyanda ondervra en hierdie was die eerste keer in my loopbaan dat ek die geleentheid gekry het om so ‘n hooggeplaaste lid van die ANC te ontmoet en te ondervra. Kol. Zen de Beer van die veiligheidstak te Durban, was in bevel van die ondersoek.
Ek moet sê ek was nogal ge-eerd om juis hom te ondervra gesien in die lig van sy posisie in MK. Ek het sy ouers baie goed geken, eerlike, hardwerkende mense wat hul eie besigheid in die Madadeni-woonbuurt by Newcastle, bedryf het. Sowat ‘n week vroeër het ek ook toevallig sy vrou, Priscilla en dogtertjie by sy ouerhuis gesien. Ek was ook bewus daarvan dat ‘n ander broer van Siphiwe Nyanda, wie ook by die ANC en MK betrokke was, ‘n ruk vantevore in Swaziland gedood is tydens ‘n polisie optrede, ek het die broer nie geken nie. Ek dra nie kennis van enige verdere besonderhede van die voorval van sy dood nie maar ek weet dat sy ouers na Swaziland gereis het vir sy begrafnis.
Siphiwe Nyanda se jongste broer is ook voorheen deur ons gesoek in verband met bomontploffings op Newcastle, waarby die broer betrokke was. Tydens ons soektog om hom te arresteer, het ons sy ouerhuis deursoek en op ‘n reissak met handgranate afgekom wat op sy ouerhuis se dak versteek was. Sy ouers het nie kennis daarvan gedra nie en ons het beslag daarop gele. Die broer het ewe kordaat vir my ‘n boodskap gestuur dat ons hom nie maklik sou vang nie. Sy boodskap was, daar geskiet sou word as ons hom sou probeer vang en dat hy nie so maklik gevang sou word soos wat ons drie van sy handlangers gevang het nie. Ons het die broer dan ook nie lank voor Nyanda se inhegtenisneming, met minute gemis toe ons op hom toegeslaan het.
Ek het die ondervraging oorgeneem by wyle AO. André Fivaz en het my persoonlike kennis van sy gesin as taktiek gebruik om makliker “toegang” tot hom te kry.
Daar is baie ure gewy aan Nyanda se ondervraging om soveel moontlik inligting so gou moontlik uit hom te kry. Dokumente wat ons op Operasie Vula se rekenaars gekry het, het die ondervraging baie vergemaklik. Hy het redelik goed saamgewerk en selfs van hul veilige huise in Johannesburg aan ons uitgewys. Ek was in bevel van hierdie optrede en was vergesel van destydse kaptein Hennie Cloete Van Durban Veiligheidstak. Met Nyanda se hulp het ons so amper nog ‘n Vula-operateur en kommunikasie hoof, Janet Love, vasgetrek, maar die poging het gefaal nadat sy inligting van Mac Maharaj gekry het, wat haar snuf in die neus laat kry het. Sy sou ‘n beplande ontmoeting, met Nyanda nakom en sodoende vasgetrek word, maar is net betyds gewaarsku. Hierdie beplande ontmoeting is in opdrag van ons gedoen deurdat ons Nyanda verplig het om haar van ‘n telefoonhokkie te skakel op dieselfde wyse as wat hy gedoen het met vorige ontmoetings tussen hom en Love. Ons het ook ‘n motor by ‘n motorhuur maatskappy, onder ‘n vals naam, gehuur wat ons as ontmoetings motor gebruik het. Ek het besluit om nie ‘n polisie voertuig te gebruik vir ons beplanning nie ten einde seker te maak dat ons nie uitgevang sou word indien Love, of een van haar trawante, die voertuig se registrasienommer sou opvolg nie.
Nyanda, Maharaj en Ronnie Kasrils het talle boodskappe, wat revolusionêre propaganda en koverte beplanning vir terreurdade ingesluit het, elektronies tussen Durban, Lusaka, Londen en Amsterdam gestuur. Hieruit was dit duidelik die wettiging van die ANC en ander organisasies, het die Vula-operateurs onkant betrap. Daar was onsekerheid of hulle die Suid-Afrikaanse regering kon vertrou, veral sover dit uitgewekenes betref het wat na die land teruggekeer het. Die gevoel was dat dit slegs ‘n slenter van die wit regering was om die bannelinge in die land terug te kry, sodat hulle in hegtenis geneem en onder die Wet op Binnelandse Veiligheid, aangekla kon word.
Uit die dokumente wat ons uit die gevonde rekenaars bekom het, was dit baie duidelik dat die koverte operasies van Operasie Vula, mobilisering van die massas en die opgaar van wapens, tot elke prys voortgesit moes word.
Terselfdertyd moes die onderhandelings met die Suid-Afrikaanse regering ook voortduur. Indien die onderhandelings egter sou misluk, sou die Vula-operateurs ‘n revolusionêre opstand van stapel stuur en die destydse regering met geweld omver werp deur die sogenaamde “seizure of power.”
Om boodskappe tussen veral Brittanje en Europese lande te stuur, is die dienste van Cora Rijfkogel, ‘n lugwaardin van KLM-redery, ingespan.
Natuurlik was die boodskappe in kodetaal geskryf, maar gelukkig was Nyanda baie behulpsaam met die ontsyfering daarvan. So het ons geleer dat die kodewoord vir Botswana (waarvandaan wapens gesmokkel is) “Boris” was en “pick-up” was gebruik wanneer wapentuig in Botswana gehaal moes word.
Veilige huise is in Parktown en Parkhurst, Johannesburg, deur Nyanda aan ons uitgewys. Een van die veilige huise was die woonstel van ‘n meeloper, Janet Love, maar sy het ontvlug voor ons haar kon vaskeer. Die huise is as transitobasisse vir die verspreiding van wapens gebruik.
In nog een van die huise het Susan Grabeck, ‘n Kanadees, gewoon. Sy was ‘n onderwyseres by ‘n privaat kleuterskool in Johannesburg. Nyanda het die huis aan ons uitgewys. Dit het ‘n luik in die houtvloer gehad soos Nyanda dit tydens ondervraging aan ons beskryf het. Hier het ons op ammunisie, landmyne en ander wapens afgekom wat deur niksvermoedende koeriers van Botswana af deurgebring is. Grabeck het egter vroeër die dag reeds per vliegtuig na Kanada gevlug, ons het die vlugbesonderhede bevestig.
Die smokkel van die wapentuig uit Botswana was fyn en deeglik beplan. Ons kon vasstel verskeie besendings wapens het van dié land af gekom. Ons het van die koeriers wat deur Nyanda gewerf en gebruik is, opgespoor en sy weergawe van hoe hy te werk gegaan het bevestig.
Die volle waarheid oor Operasie Vula sal waarskynlik nooit openbaar word nie, want die ondersoek is, soos ook ander politieke ondersoeke, nooit afgehandel nie. Terwille van die politieke onderhandelinge is dit voortydig gestaak. Ons kon wel vasstel wie sommige van die niks vermoedende koeriers, hoofsaaklik jong Indiermans, was en hulle het Nyanda se weergawe van sy opdragte aan hulle bevestig Een ding wat ons egter nie kon vasstel nie, is wat van al die wapens geword het nie. In wie se hande het dit beland? Is van die wapens, veral AK47-gewere, wat vandag so gereeld in gewapende rooftogte of plaasaanvalle gebruik word, nie dalk deel van die wapens nie?
Tydens my ondervraging van Nyanda kon ek nie vasstel dat hy vir ons gelieg het nie, maar dat hy baie kennis betreffende Vula verswyg het, is nie altemit nie. Een van die goed wat ons by hom wou weet, is waar al die wapentuig wat hy laat insmokkel het, versteek was. In die lig van die feit dat ons ondervraging van hom tot ‘n einde gekom het met sy voortydige verskyning in die hof, kon ons dit nie verder voer nie.
Wat wel duidelik geword het uit die ondervraging is dat Operasie Vula niks anders as ‘n daad van hoogverraad was nie. Sou dit deurgevoer word, sou dit die welbekende Rivonia-saak na ‘n Sondagskool-piekniek laat lyk het. Alles in ag genome van hoe die Vula operateurs te werk gegaan het en hoe lank hulle bedrywig was, selfs binnelands, kan mens nie anders as om te se dat hulle goed ge-organiseerd was en Suid-Afrika se veiligheids magte vir ‘n lang tyd ontduik het.
Dit is jammer dat die betrokkenes by Operasie Vula nooit aangekla en verhoor is nie. Selfs as die betrokkenes net in die hof kon verskyn en die volledige klagstate uitgelees kon word, sou dit die ANC se betrokkenheid by Operasie Vula blootgelê en die verraderlike optrede aan die kaak gestel het sodat Suid-Afrika en die wereld kon sien waarmeen die ANC besig was.
Ek besef dat, gesien in die lig van mnr. De Klerk se nou bekende toespraak op 2 Februarie 1990, daar nie met die ondersoek voortgegaan kon word nie. Om Operasie Vula ten volle bloot te le en in ‘n hof die getuienis te toets, kon heel moontlik ‘n invloed gehad het op hoe die latere politieke toneel in die land ontvou het.
Ek voel dit is nodig om net hier te meld dat Operasie Vula deur Oliver Tambo gedryf is. Mnr. Nelson Mandela het eers lank nadat daar reeds met die uitvoering van die operasie begin is, en terwyl hy nog in die gevangenis was, daarvan gehoor. Hierna het mnr. Mandela egter ‘n direkte kommunikasielyn tussen hom en Tambo vanuit die gevangenes gehad.
Tydens Nyanda se inhegtenisname is ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in sy motor gekry.
Met ondervraging het ons op ‘n dokument, wat verwys het na ‘JZ’s equipment’ met ‘optical sights’, afgekom. Ons kon met redelike sekerheid die afleiding maak dat dit na ‘n skerpskutters-geweer verwys en dat dit heelwaarskynlik bedoel was om ‘n sluipmoord-aanval op Nelson Mandela uit te voer. Ons het hierdie afleiding gemaak, gebasseer op die bree konteks van verbandhoudende verslae, alhoewel subtiel, in die Vula dokumente. Ek het Nyanda sowel as Maharaj hieroor uitgevra, maar hulle het eenvoudig gesê dit is ons (die polisie) se eie versinsel. Ons het ook vasgestel dat die JZ na wie verwys word, Jacob Zuma (die huidige president) is. ‘n Mens hoef nie ‘n politieke filosoof te wees om te dink wat die gevolge van so ‘n daad sou wees in die politieke klimaat van daardie tyd nie.
Hierna het ons weer die Toyota Cressida, waarmee Nyanda gery het toe hy in hegtenis geneem is, deursoek. Hier het ons op ‘n geheime paneel afgekom waar ons die betrokke wapen gekry het. Dit was toe inderdaad ‘n skerpskutters-geweer. Nyanda het steeds ontken dat dit ‘n baie spesiale wapen is en gesê dit is net nog ‘n wapen. ‘n Mens wonder maar net of die plan met die wapen dalk verband gehou het met die feit dat Operasie Vula deur Tambo gedryf is?
Daar was geweldige druk van die regering af op ons om die aangehoudenes so spoedig moontlik hof toe te neem, wat dit vir ons duidelik gemaak het dat ons nie die geleentheid gaan kry om die saak volledig te ondersoek en die werklike revolusionêre dade wat met die operasie beplan was, te openbaar nie.
Met bogemelde in gedagte, wou ek eendag by Nyanda weet of hy al gedink het waarvan ons hom sou aankla. Sonder huiwering het hy geantwoord: “You must charge me with treason. Operation Vula is treason and I am Vula”
Hy het deeglik besef hy kon aangekla word omdat hy militêre opleiding in die buiteland ontvang het en ook omdat hy bevelvoerder was van groepe terroriste wat landmyne in Noord- en Oos-Transvaal geplant het wat tot die dood van verskeie burgerlikes gelei het. (Vandag Limpopo en Mpumalanga). Hy kon ook aangekla word vir die onwettige besit van wapens en ammunisie.
Later wou ek van hom weet, as ons rolle omgeruil was, hoe hy my sou behandel. Ek het hom daaraan herinner dat ofskoon hy ingevolge artikel 29 van die Wet op Binnelandse Veiligheid aangehou word, hy ‘n paar dinge in gedagte moet hou voordat hy antwoord.
Hy slaap in ‘n sel van sy eie met warm en koue water, soos ‘n kamer
Hy het lakens, komberse en kussings
Hy eet drie maaltye ‘n dag uit die polisiemenasie, dieselfde kos wat ek eet, en
Hy word gereeld deur ‘n offisier en ‘n dokter besoek wat na sy welstand omsien.
Hy het lank gepeins, my kil aangekyk en gesê:
“If you would have been lucky enough to be alive, you would have been on Robben Island”
Ek het die gesprek nie verder gevoer nie.
Op daardie stadium het daar nogal ‘n “goeie verhouding” tussen ons bestaan, veral deur sy samewerking om die kodes en verslae wat deur hom, Maharaj en Kasrils gebruik is, te ontsyfer en toe te lig. Ons het toe reeds ‘n punt bereik waar ek elke middag wanneer ek hom selle toe geneem het, hom gevra het dat hy gebeurtenisse wat tydens ondervraging uitgekom het, breedvoerig moet neerskryf. Hy het dit geredelik gedoen.
Ons moes hom dringend in die hof laat verskyn, met die gevolg dat ons slegs die aanklagte van onwettige besit van die vuurwapens en ammunisie, teen hom kon formuleer. Ek en kol. De Beer het die aand voor sy verskyning die klagstaat by die Bellair-polisiestasie aan hom beteken.
Hy was baie verbaas oor die “minderwaardige” klagtes wat in die klagstaat gemeld word.
Die volgende dag, terwyl ons hom deur die ondergrondse tonnel vanaf CR Swartplein na die hof geneem het, het hy weer die minderwaardige aard van die klagtes teen hom met my bespreek. Hy was baie bewoë en het gesê hy voel hy het sy lewe opgemors. Sy presiese woorde was: “I have sacrificed everything for the struggle. My family, my wife, my child, my career, everything, and now you charge me with such minor matters.” Daar het trane oor die MK “commander” se wange geloop. Ek het my arm om sy skouer gesit en gesê dat die lewe nie altyd die paaie met mens loop wat jy beplan nie.
Nyanda het klaarblyklik verwag dat sy verskyning in die hof op ‘n aanklag van hoogverraad ‘n glorieryke geleentheid sou wees wat wêreldwyd op televisie sou verskyn. Ons het die tyd van sy verskyning die middag na etenstyd so probeer reel om die minste aandag te trek, maar daar was nogtans ‘n vol gehoor in die saal. Die minderwaardige aanklag was gevolglik vir hom ‘n verpletterende slag. In die hof die middag het hy onskuldig gepleit en dadelik aansoek gedoen om op borgtog vrygelaat te word. In sy getuienis hier het hy feitlik die hele Operasie Vula ontbloot en met trots gese dat hy ‘n lid van MK is en dat hy ‘n “Commander” is. Hierdie stelling van hom het die teenwoordiges in die gehoor be-indruk en hulle het by herhaling gese : “Commmander, Commander”. Hy het onder andere getuig hoe hy wapens per koerier uit Botswana na Suid-Afrika ingesmokkel en versteek het. Die wapens moes gebruik word in Operasie Vula se beplande revolusionêre omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering asook mobilisasie van die massas. Sy verskyning in die hof en sy getuienis daar, het nietemin wye mediadekking geniet. . Dit is my mening dat die regerende politici, na die verskyning van hierdie berigte, eers geglo het dat dit wat die polisie-ondersoekers oor Operasie Vula en die aangehoudenes gesê het, tog die waarheid was.
Dit was helaas te laat, ons kon ons ondersoek nie voltooi nie aangesien die aanklagte teen al die aangehoudenes laat vaar is en hulle vrygelaat is.
As ons kyk waar die Vula-operateurs soos Pravin Gordham, Jacob Zuma, Mac Maharaj, Siphiwe Nyanda, Mo Sheik en andere, vandag in die regering en ander belangrike posisies sit, kan die vraag tereg gevra word : Was Operasie Vula geslaag of nie?
Het hulle toe daarin geslaag om die “seizure of power “ te bewerkstellig? Besluit gerus maar self.
Christo Davidson.
*
Contribution to the debate by Craig Williamson, former member of the President’s Council (PC)
Comment:
I have been following this debate with great interest. Before I make any other comment, I need to say what a great pity it is that all this information is mainly accessible to people who either can or who will make the effort to understand Afrikaans. We need to broaden the reach of this information because people will be making important voting decisions over the next two years and they need to understand which political actors still believe in revolutionary violence as a means to power.
I would be prepared to assist if, for example, an English version of this information in an e-book could also be published. I will comment separately on the current one-sided TRC, reopened inquest and Vula matters.
*
Editor’s Note: This is a free translation of Dr Mulder’s regular column in the Afrikaans language Die Burger newspaper, and not a word-for-word translation.
Operation Vula in 1990 and Vula today?
Pieter Mulder
FW de Klerk and Nelson Mandela signed the historic Groote Schuur Minute on 4 May 1990, explaining at a subsequent news conference how they were committed to “…a peaceful negotiation process” in South Africa.
Two months later, the South African Police uncovered a secret underground cell of the ANC. Further investigations revealed it to be Operation Vula led by Mac Maharaj, Ronnie Kasrils, and Siphiwe Nyanda – all three prominent members of the ANC’s National Executive Committee.
Operation Vula involved the establishment of underground cells throughout the country to serve as a network for an armed takeover of the government. For this purpose, large quantities of weapons had already been illegally brought into the country and hidden in storage locations. Operation Vula was launched in Lusaka in 1986 under the supervision of ANC President Oliver Tambo, Joe Slovo, and Jacob Zuma, the ANC intelligence chief. In 1990, the ANC decided to continue with its’ Operation Vula, regardless of the negotiations and the peaceful promises of the Groote Schuur Agreement.
Operation Vula broke every agreement reached with the signing of the Groote Schuur Minute. The ANC sat with egg on its face, yet they demanded that ANC members like Maharaj and Nyanda, who were arrested, be granted amnesty and released. (The NP government later released them and the charges were withdrawn.)
The SA Police demanded that, if amnesty is to be granted to ANC-SACP members, the opportunity should be used to also grant amnesty to police members who were involved in the violent conflict over the years. The ANC had its back against the wall and could not refuse it.
Minister Kobie Coetsee shot it down. According to him, certain political interests must first be protected before a general amnesty could be put on the table. General Johan van der Merwe, police chief, later wrote: “It later became clear that the political interests to which Mr. Coetsee referred were simply about protecting the political future of government members. They did not care about the interests of the security forces at all.”
The result of this is that two elderly former members of the Security Police were convicted last week of murder that allegedly took place in 1987. Another 159 similar police cases are currently being investigated, according to Minister Kubayi.
Robert McBride was sentenced for three murders at Magoo’s Bar. Along with many ANC members, he was granted amnesty and is currently walking free.(He received amnesty long before the Truth and Reconciliation Committee was established)
More than twenty thousand ANC-SACP members were granted amnesty before the Truth Commission had the chance to evaluate their diverse statements and claims. These double standards infuriate me and are extremely unfair, because it is ignorant and inaccurate inequality before the law.
A few weeks ago Jacob Zuma’s daughter, Duduzile Zuma Sambudla, was forced to resign from Parliament because of her direct involvement in the recruitment of seventeen South Africans to participate in the Russia-Ukraine War. Jacob Zuma then tried to cover up his daughter’s actions by writing a letter to the Russian Minister of Defence, Andrey Belousov, claiming that the ‘seventeen’ were sent to Russia merely for “officers’ training.” Their mission was to learn from the world’s best so that they could one day return to Africa as capable leaders and steadfast champions of our common cause.”
Why “military training” in Russia, and for what “common cause?” It looks and smells like a new Operation Vula.
In July 2021, the police were unable to stop thousands of protesters in KwaZulu-Natal and elsewhere from looting shops and killing people. The aim, it was explained, was to make the country ungovernable. Zuma-Sambudla was also involved in that.
Does anyone (naively) think that Operation Vula could be repeated, with better military training? Could the objective be to forcibly remove the current unpopular ANC government?
Does the government also see this matter as seriously as it seems to me?
What would happen if 17 Afriforum members in camouflage uniforms left for Russia for military training?
- Dr Pieter Mulder is a former member of the South African parliament and professor.*
*
THE FOUNDATION FOR EQUALITY BEFORE THE LAW / DIE STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG
Dear Editor
Dr Willem Steenkamp is absolutely correct when he says the ANC is feeling terminal. Even the long‑time SACP tail, which has wagged the ANC dog since the 1950s, is now abandoning the tripartite alliance ahead of the 2026 elections. The PAC have also announced their intentions to abandon election cooperation with the ANC. The only political achievement the ANC can still hold up as a reason to vote for them is that they fought to defeat apartheid and suffered grievously in the process. They hope this narrative will outweigh 30 years of corruption and disastrous mismanagement.
SELECTIVE PROSECUTIONS
Dedicated teams of prosecutors and investigators are now working tirelessly to bring selective, decades‑old cases to court—each designed to illustrate that the ANC fought and suffered, to denigrate the former Security Forces, and by implication to subtly ascribe blame to the white community in general.
A High Court has now ruled that Albert Luthuli was murdered by the SAP Security Branch. The Cradock Four inquest has been reopened for the third time in an attempt to pin culpability at State Security Council level. An inquest into the death of Griffiths Mxenge has been convened despite the fact that the murder was investigated, suspects were identified, arrested, charged, tried, and convicted. And we have seen a world first with former Lt. Col. Rorich charged with the “crime against humanity of apartheid.”
Steenkamp is also correct that expecting tit‑for‑tat equal treatment of former Security Force members and ANC/SACP members accused of human rights violations by the TRC is unrealistic. Arguing that two wrongs make a right simply will not fly. All we can do is ensure that former SF members who are subpoenaed or charged receive the best possible defence and support. Here we must applaud and express our deepest gratitude to people like Attorney Kobus Muller, Advocate Jaap Cilliers SC, and JP Botha, Chairman of the Foundation for Equality Before the Law, for their tireless efforts on behalf of former SF members.
WHERE ARE THE FORMER DECISION-MAKERS AND CABINET MINISTERS NOW?
But we need to do more. We need more funding to support the SF members concerned, for legal representation, for specialist evidence, and for publicity that illustrates the other side of the story. Unfortunately, it is not only left‑wingers who have been influenced by propaganda around “crimes against humanity” committed by former SF members. The Foundation is surprised and disappointed by the attitude of some people whom we would have expected to support legal and other assistance for former SF members now being made political scapegoats. We remember how enthusiastically such people used to accept trips with Magnus Malan to the border, to demonstrations of our weaponry, and to dinner functions where speeches were made about the total onslaught and our counter‑revolutionary capabilities. Yet today the former SADF is portrayed as akin to the Nazi Wehrmacht, while the former SAP and Security Branch are regarded as the National Party’s SS and Gestapo.
The comments made by Dr Pieter Mulder, Willem Steenkamp, and Adamus Stemmet on the catastrophic failure of the FW de Klerk administration’s negotiation strategy at Codesa are apt. The principles of negotiating from a position of strength and knowing your opponent were ignored—largely because de Klerk and others held deep disdain for anyone labelled a “securocrat.” The Foundation takes note of the consequences of abandoning the idea of a general amnesty. Members of the President’s Council tried unsuccessfully to convey this to cabinet members and leaders at the time. On one occasion, in the lobby at the Codesa conference, a high‑ranking National Party negotiator told a member of the President’s Council (with a smirk on his face), that while the NP supported a general amnesty, they (the NP) leaders were going to throw their Security Forces “under the bus.”
DE KLERK AND HIS CABINET TOOK THE OPPOSITE APPROACH
While Mandela was surrounded by intelligence and military cadres who had been in conflict with the SA government for decades, most regular civil servants and experienced military and intelligence experts were shamelessly and deliberately sidelined. The “findings” of Lt. General Pierre Steyn’s investigation into the intelligence functions of the SADF, along with the Goldstone Commission, were used to emasculate precisely those elements of the SADF and SAP most directly involved in the conflict with the ANC/SACP. The exposure of the ANC/SACP’s Operation Vula resulted in all its participants being indemnified by mid‑1991 and deeply involved in the Codesa process. The De Klerk administration took the opposite approach with its own people.
On a personal note, a friend allowed me to read the Steyn findings at the time. Judging the Steyn report and its findings at the time, one could not help being astonished that any professional intelligence practitioner could recommend such drastic measures based on such shallow information. Yet the report was sufficient to justify a political decision.
The fact is that both the ANC and NP leadership knew full well that the TRC process was incomplete and that there were outstanding politically inconvenient cases where amnesty had been denied or not applied for. Instead of working out a supplementary political process to deal with such matters, the path of least resistance was taken. The entire issue was swept under the carpet on a “we won’t go after yours and you don’t go after ours” basis. So the issue was allowed to fester and families who suffered from state or revolutionary violence were denied closure and justice. It is ironic that 30 years after this failure the ANC is trumpeting that they’re now dealing with the ‘apartheid criminals‘, as if this is something to be proud of when they should rather be hanging their heads in shame and begging for all the family’s forgiveness.
The Foundation hopes that the Khampepe Commission exposes this despicable failure of the ANC and NP in this specific regard
THE SOUTH AFRICAN CABINET AND GOVERNMENT WERE MORE INTERESTED IN LEGACY MANAGEMENT
This brings us to our overall counter‑revolutionary strategy. One of its biggest failures, in the Foundation’s my view, was the avoidance of hard decisions by the upper echelon, who were more interested in personal reputation and legacy management. The result was that, unlike in Israel, there was often a lack of coordination and control, which predictably led to counterproductive actions. This “head‑in‑the‑sand” attitude carried over into the very imperfect and confused TRC process.
The genesis of Operation Vula was the ANC/SACP Internal Reconstruction and Development (IRDD) programme, which is well described in the recent book The Daisy Spy Ring by Henning Van Aswegen and Peter Swanepoel. The Daisy Spy Ring never underestimated the ANC—and specifically the SACP’s—capacity for clandestine operations, and that is something to bear in mind. The very essence of communist thinking is conspiratorial. Trotsky’s 1905 Russian revolution fractured the absolute monarchy. The February 1917 national democratic revolution ended the monarchy and created a form of dual rule, which was then swept away by the Lenin/Stalin Bolshevik October Revolution and the ensuing Civil War.
That was the ANC/SACP IRDD/Vula plan for South Africa—and there are still elements in our body politic who believe in this strategy.
30 January 2026
*
FW se “haat” vir die SAW, kom ook na vore in die sg “Nag van die Generaals” toe hy senior SAW afgedank het. SAW lede het aangedring op Raad van Ondersoek. Geweier. Genl Chris Thirion het hof toe gegaan, maar hy het net verskoning gevra – gekry. Nog ‘n vrees was dat die veiligheidsmagte die Verkiesing sou ontwrig. Hierdie berus op informasie en nie ware intelligensie nie.
Baie dankie vir u bydrae, genl. Steenkamp. Kan u vir ons effens meer oor hierdie onderwerp uitbrei, miskien dmv. ‘n artikel in Nongqai? – Redakteur.
I have been following this debate with great interest. Before I make any other comment, I need to say what a great pity it is that all this information is mainly accessible to people who either can or who will make the effort to understand Afrikaans. We need to broaden the reach of this information because people will be making important voting decisions over the next two years and they need to understand which political actors still believe in revolutionary violence as a means to power.
I would be prepared to assist if, for example, an English version of this information in an e-book could also be published.
I will comment separately on the current one-sided TRC, reopened inquest and vula matters.