• Nongqai Home Page
  • NEW / NUUT
  • ARCHIVE/ARGIEF
    • ARCHIVE/ARGIEF
    • Search Page
    • Standard edition archive
    • Special Editions Archive
    • Ladies Edition archive
    • Related Publications
    • Photo Archive
    • Film and Video Archive
    • Document Archive
  • YOUTUBE
  • ABOUT/OMTRENT
  • PRIVACY/PRIVAATHEID
  • Contact / Kontak
Nongqai BLOG
  • Nongqai Home Page
  • NEW / NUUT
  • ARCHIVE/ARGIEF
    • ARCHIVE/ARGIEF
    • Search Page
    • Standard edition archive
    • Special Editions Archive
    • Ladies Edition archive
    • Related Publications
    • Photo Archive
    • Film and Video Archive
    • Document Archive
  • YOUTUBE
  • ABOUT/OMTRENT
  • PRIVACY/PRIVAATHEID
  • Contact / Kontak
Select Page

Intellegére – die Geskiedenis van Suid-Afrika se Intelligensiedienste

by Henning van Aswegen | Mar 9, 2025 | South African Intelligence History, BfSS NIS | 0 comments

Nongai Intellegere

Abstrak: Intelligensiewetenskap, Intelligensiedienste, Geskiedenis van Suid-Afrika se Intelligensiedienste, Henning van Aswegen

Geen vriende nie, net belange

Generaal Hendrik van den Bergh nooit die Britte vertrou nie – hy skryf in sy gedenkskrif dat geen land en geen intelligensiediens soveel skade in Suid-Afrika aangerig het as juis die Britte nie. Die Britse MI6, nou SIS, se hoofdoel in Suid-Afrika was om regeringsamptenare as wetende/bewuste bronne en agente te werf en dit het hulle by uitstek reggekry in die jare van die BSV se bestaan, en daarna. Van den Bergh skryf dit aan SIS se mandaat en taakopdrag toe: “To acquire intelligence by any means, particularly from hostile nations.” In die jare na Rhodesië se eensydige onafhankilheidsverkaring op 11 November 1965, was daar formele intelligensie-skakelverhoudinge en samewerking tussen Van den Bergh en die hoof van die CIA, Ken Flower, maar nooit noue vriendskapsbande nie. Van den Bergh het Flower eenvoudig nie vertrou nie, en veral nie die vriendskappe tussen lede van Ian Smith se kabinet en die hoof van SIS in Londen nie. In die intelligensiewêreld is daar geen vriende nie, net belange, en om hierdie rede het lande in Noord- en Wes-Afrika, en België, Italië, Griekeland en Israel, skakelverhoudinge met Suid-Afrika gehandhaaf.

In 1965 was die opkoms van die bevrydingsteologie (die teologie van geweld en revolusie) en die noue samewerking tussen die ANC/SAKP en kerklike instansies soos die SA Raad van Kerke, insamelingsprioriteite van RI. Gevolglik voer die Veiligheidspolisie ’n klopjag op die kantore van die Christelike Instituut (CI) in Johannesburg uit en ook op die huis van dr. Beyers Naudé, in Greenside, op soek na literatuur insake kommunisme en die ANC, maar ook dokumente wat uit die kantore van die Afrikaner-Broederbond (AB) in Johannesburg gesteel is. Die saak van die gesteelde AB-dokumente is deur kol. Hendrik van den Bergh ondersoek. Benewens ’n klopjag op 19 Oktober 1977 op die kantore van die Christelike Instituut in Mainstraat, Johannesburg, besoek Van den Bergh ook vir Naudé aan huis in Greenside. Naudé erken aan Van den Bergh dat hy van die gesteelde dokumente aan ’n vriend by die Randse Afrikaanse Universiteit gegee het om te kopieer. Naudé skryf later in sy boek, My Land van Hoop, die Lewe van Beyers Naudè, dat hy jongmense gehelp het om landuit te vlug. “Ek het gehelp om die ANC se literatuur hier te versprei, sodat mense moes weet waarom gaan dit vir die ANC, veral die Vryheidsmanifes van die ANC.”

Net soos die ANC binnelands, word die SAKP-kantoor in Londen die belangrikste intelligensieteiken van RI en sy nuutgevestigde kantoor op die vierde verdieping van die Suid-Afrikaanse Ambassade op Trafalgarplein. Benewens Yusuf Dadoo en Vella Pillay, sluit die hele First-gesin by die sekretariaat van die SAKP in London aan: Julius First, sy dogter Ruth First en haar eggenoot, Joe Slovo. Julius First het nie alleen sy geld aan die SAKP geskenk nie, maar ook gesorg dat sy flambojante dogter Ruth oor genoeg Franse parfuum, Italiaanse skoene en ’n luukse Citroënmotor beskik. Met die geld wat die Russiese Kommunistiese Party aan hulle betaal het, huur die SAKP ’n kantoor op die hoek van Rathbone- en Goodgestraat, Londen, wat deur die sekretariaat beman word. Die SAKP-kantoor is maklik bereikbaar via die Goodgestraat- of die Tottenham Court-metrostasie en RI-lede vind dit nie moeilik om foto’s van die persone wat daar werksaam is, te neem nie. Op Sondag, 18 April 1965, vind daar ’n geheime vergadering van uitgeweke SAKP- en ANC-lede, insluitende Oliver Tambo, in Slovo se huis in Londen plaas. By die vergadering was Yusuf Dadoo, Vella Pillay, Robert Resha, Alfred Kgokong, Moses Kotane, Joe Mathews, J.B. Marks, Govan Mbeki en Alan Brooks. Tydens hierdie vergadering word daar ’n SAKP “Security Unit”in die lewe geroep om te kyk na personeelsekerheid en of nuwe SAKP-lede nie dalk, soos Gerard Ludi, infiltrasie-agente van die Veiligheidspolisie is nie. Alhoewel hy nie formeel die party se voorsitter was nie, was Yusuf Dadoo in Londen die spilpunt waarom die party se organisasie en infrastruktuur gedraai het. Dadoo was lid van hierdie SAKP “Security Unit”wat die embrio van die ANC/SAKP se latere intelligensie-afdelingin Tanzanië en Zambië word.

Die SAKP se ysterklou op die ANC se rug word deur Dadoo se voorsitterskap van die SAKP en gelyktydige lidmaatskap van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) en die Revolusionêre Raad (RR) van die ANC geïllustreer. Die gelyste kommunis Joe Slovo was sekretaris-generaal van die SAKP en gelyklopend lid van die ANC-NUK en RR, ook hoof van die ANC-kantoor in Maputo. Dadoo en Slovo was die twee SAKP-lede wat aanhoudend na Moskou gereis het om geld vir die ANC en SAKP by die Sowjet-Komintern te bedel. Die ANC se hoofverteenwoordiger in Kuba, Alex la Guma, was terselfdertyd lid van die SAKP se hoofbestuur en die RR van die ANC. La Guma was grootliks daarvoor verantwoordelik dat Kuba aan die kant van die People’s Movement for the Liberation of Angola (MPLA) by die Angolese Oorlog teen Suid-Afrika betrokke geraak het. Die meerderheid lede van die ANC se NUK, wat eers uit 22 en later 32 lede bestaan het, was SAKP-lede, onder andere Alfred Nzo, Yusuf Mohammed Dadoo, Dan Tloome, Joe Slovo, Josiah Hele, Reginald September, Moses Mabhida, Stephen Dlamini, Hector Nkula, John Kgoana Nkadimeng, Mziwandile Piliso en Ronnie Kasrils. Oliver Tambo, die ANC-president en meesterbrein agter Operasie Vula, was lid van die Sowjet-frontorganisasie, die World Peace Council.

Dit het die RI nie lank geneem om uit die dokumentasie wat by Rivonia ontdek is, te bevestig dat die SAKP die ware dryf- en denkkrag agter MK was nie. Dit was ’n mismoedige lotjie kommuniste wat op 1 Mei 1965 (Internasionale Werkersdag) die jaarvergadering van die SAKP in Praag, Tjeggoslowakye, bywoon. Die SAKP se jaarvergadering word deur lede van die Russiese Kommunistiese Party, die Oos-Duitse Intelligensiediens (Stasi) en die Tjeggiese Intelligensiediens bygewoon. By hierdie vergadering het die Russiese Kommunistiese Party, deur Victor Shubin, meegedeel dat hy sy befondsing van die SAKP en ANC gaan vermeerder. Die geld sou direk aan die SAKP se sekretariaat in Londen uitbetaal word, wat dit dan na goeddunke onder SAKP-lede kon versprei. Geld vir die ANC, wat heelwat meer was as die begroting vir die SAKP, sou direk aan Oliver Tambo en die ANC se kantoor in Dar es Salaam betaal word en deur die tesourier, Moses Kotane, en Joe Mathews administreer word. Tydens die Praag-vergadering word J.B. Marks as voorsitter van die SAKP bevestig. Die Sentrale Komitee van die SAKP besluit ook dat die ANC sy gewapende stryd vanuit Dar es Salaam in Tanzanië sou voortsit en dat die SAKP vanuit Londen sou opereer. Opleiding van MK-lede sou by die Leninskool in Moskou en in Odessa voortgesit word. In Dar es Salaam het Oliver Tambo die titel vise-president van die ANC gebruik, omdat hoofman Albert Luthuli, ten spyte van sy huisarres in Natal, tegnies steeds president van die ANC was. Duma Nokwe word in Tanzanië as sekretaris-generaal van die ANC bevestig en hy open ’n nuwe kantoor vir die organisasie by Morogoro. In Morogoro skep Nokwe ’n seksie met die naam Military Intelligence Unit met die opdrag dat sy een lid, Bonnie Njamela, alias Eric Manzi, inligting insamel oor potensiële militêre teikens in Suid-Afrika. Nokwe werf die ANC-MK-lede Mendy (Maindy) Msimang en Sizakele Sigxashe as lede van die informele en ongestruktueerde Military Intelligence Unit– Sigxashe omdat hy ’n dokument geskryf het oor die geskiedenis van die ANC waarin hy melding gemaak het dat die ANC ’n inligting-insamelingseenheid nodig het.

Genl. Hendrik van den Bergh besoek die VSA in 1965 vir ’n derde keer en word deur die CIA uitgenooi om na Florida te reis waar hy op 30 Julie 1965 die lansering van ’n Saturn-vuurpyl dophou. Die vuurpyl, wat deur dr. Werner von Braun en ’n span Duitse wetenskaplikes ontwerp en ontwikkel is, word vanaf die John F. Kennedy-ruimtesentrum op Merrit-eiland, Cape Kennedy, afgevuur. Vier jaar later ontvang Van den Bergh onverwags ’n groot geskenk van die Amerikaners, ’n oorspronklike foto van die aarde uit die buitenste hemelruim wat deur die eerste man op die maan, Neil Armstrong, en Buzz Aldrin en Michael Collins onderteken is. Oudergewoonte vra Van den Bergh sy sekretaresse, Breggie de Jager, om ’n vorm op te stel waarin hy die geskenk van die CIA verklaar, onderteken en op sy eie Persoonslêer plaas.

In 1966, slegs twee maande voor sy ontydige dood, ontvang die eerste minister, dr. H.F. Verwoerd, ’n ernstige klagte van die DMI af wat dit stel dat DMI en genl. Van den Bergh in botsing met mekaar is (“we are at loggerheads with one another,” was die presiese bewoording), omdat RI kwansuis “SA Polisielede” onder dekking in die buiteland plaas. Van den Bergh het op die klagte gereageer deur die Eerste Minister mee te deel dat DMI “aanspraak maak op regte en magte waartoe hulle nie wettig in staat is nie”.

“Eendag lees ek weer ’n legger en binne in die legger is ’n Buro vir Staatsveiligheid-verslag wat van Londen afkomstig was en deur BSV by ontvangs in die RSA gestempel is,” vertel brig. Hennie Heymans. “Die probleem vir my was: Hoe kom ’n BSV-verslag in ’n veiligheidspolisie-legger? Ek stap toe na my hoof, majoor FG van Zyl. Hy vertel my toe die volgende storie: Hy was self van die veiligheidspolisie na die Buro gesekondeer. Daar het onmin tussen die weermag se afdeling militêre inligting (AMI) en die Buro wat by hulle ingetrek het, ontstaan. Die Buro en alle nie-SAW-personeel is een oggend toegang tot die kantore van AMI geweier. Een oudpolisieman, Piet van Wyk, het nie geskrik nie en die gevelde bajonet weggestamp en na sy kantoor gegaan. Die uiteinde is, die Buro het toe tydelik by die veiligheidspolisie by Wachthuis ingetrek, totdat hulle na Consillium-gebou in Skinner-straat verskuif het.”


Submit a Comment Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Recent Posts

  • The Daisy Spy Ring: About Maj Craig Michael Williamson (RS 167) and his Clandestine Overseas Operation of how the SA Communist Party was infiltrated locally and abroad during the Cold War.
  • 1950’s – 1960’s: Kenya Police (Colonial): Maritime Branch: Lake Victoria & Indian Ocean
  • S.A.R. Police occurrence: theft from tank trucks and theft of copper.
  • Letter from Thailand: Spy versus Spy
  • SA Police Durban Dog Unit in the 1960s and 1970s

Categories

  • 1960 Cato Manor – Murder of 9 SAP-members
  • AI – Kunsmatige Intelligensie
  • Archives Posts
  • BfSS NIS
  • BOOKS / BOEKE
  • Brokkies
  • BSV/DIE BURO/BfSS
  • CAPE COLONY
  • Capital punishment
  • Defence
  • Detective Mysteries
  • Deutsch Sûdwest Afrika (DSWA)
  • ESPIONAGE IN SOUTH AFRICA
  • Fire Brigade / Brandweer
  • Foreign Armies / Buitelandse Weermagte
  • Foreign intelligence services
  • Foreign Police Forces
  • Historical photos
  • HUMOUR IN UNIFORM
  • Interessante Stokperdjies
  • INTERNATIONAL TERROR
  • Isandhlwana
  • Life Story
  • Local South African Police Forces
  • Military History
  • Natal Mounted Police 1874
  • National Security – Nasionale Veiligheid
  • Nature Conservation
  • Nongqai Afrikaanse Woordeboek Veiligheidstudies
  • NONGQAI BOEKE
  • Nongqai Books
  • NUCLEAR WEAPONS AND TECHNOLOGY
  • POLICE MEMORIALS IN SOUTH AFRICA
  • Police Psychology
  • Public Safety
  • Race Based Laws
  • Rhodesian Conflict
  • SA Defence Force / Weermag
  • SA Railways Police / Spoorwegpolisie
  • SAP – Durban
  • SAP Commissioners
  • SAP Field Court Martial (1914)
  • SAP History / Geskiedenis
  • SARS
  • Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR – SSSC)
  • SKRYWERS & BOEKE
  • SOUTH AFRICAN FORCES HISTORY PRESERVED
  • South African Intelligence History
  • SOUTH AFRICAN LAWS
  • SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN POLOICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN TRAFFIC DEPARTMENTS
  • South-West Africa Police Forces
  • Staatsveiligheidsraad
  • STRATEGIC STUDIES
  • Tak Strategiese-kommunikasie (TSK)
  • The Daisy Spy Ring
  • TIN Teeninsurgensie / COIN
  • Uloliwe
  • Uncategorized
  • WOMEN IN UNIFORM

1899 - 1902 Anglo Boer War Angola Bloemfontein Border War Botha Chris Brig Fanie Bouwer (SAP - Ret) Brig HB Heymans Capt Charles Ross Deon van NIekerk Dr WP Steenkamp Durban Borough Police Field Marshall JC Smuts Gen JC Smuts Genl-maj Chris Botha HB Heymans (Brig) historical photos Israel J & J Wepener Jennifer Bosch johan van der merwe Koevoet Natal Mounted Police national intelligence service Nelson Mandela nis Port Edward Holiday Resort NPC (PEHR) Prince Imperial Public Safety Rhodesia SAAF SADF SAP SAP-SB SAP history SAP King's Rest SA Police Security Branch Selous Scouts south africa south african forces south african forces history South African Police Vlakplaas Wentworth Wolfgang Witschas

Archives

  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025
  • May 2024
  • April 2024
  • March 2024
  • February 2024
  • January 2024
  • December 2023
  • November 2023
  • October 2023

Categories

  • • 1st Battalion
  • • M.O.T.H. Bomb Alley Shellhole
  • • M.O.T.H. Cape Western Provincial Dugout
  • 1838 The Battle of Blood River
  • 1879 Zulu Wars
  • 1899 – 1902 Anglo Boer War
  • 1904 – 1907 Marego (Kalahari)
  • 1912 Church of the Vow
  • 1914 – 1918 – Battle of Kh Jibeit
  • 1914 – 1918 The Battle of Square Hill – Palestine)
  • 1914 – 1918 WW1
  • 1914 Rebellion
  • 1917 Ovamboland Campaign
  • 1938 – SAP in Palestine
  • 1939 – 1945 2nd WW
  • 1950 – 1953 War in Korea
  • 1950 Funeral Gen JC Smuts
  • 1953 – Coronation of QE2 – SAP Contingent
  • 1960 Cato Manor – Murder of 9 SAP-members
  • 1961 – 1994: DMI/AMI
  • 1962 South African Police College: "Its the toughest training in the world"
  • 1966 Beginning of the Bush War
  • 1966 Bush War / Coin
  • 1966 Ongulambashe
  • 1972 SA Police
  • 1976 Onwards – Riots
  • 1976 Soweto Riots / Soeto-onluste
  • 1988 Forensic Science Laboratory: Silverton
  • 1988: Forensiese Wetenskaplike Laboratorium (FWL) Silverton
  • 1992 – SAP Graaff-Reinet Bestuursontwikkeling
  • 1992 First Black Brigadier
  • 2 Squadron SAAF – Korea
  • 2nd South African Division
  • ABS – ISU
  • Abwehr
  • Afrikaans Literature in Uniform
  • AI – Kunsmatige Intelligensie
  • Alleged Corruption
  • Angola
  • Animals & Mascots
  • Animals in War Memorial Wall
  • Anniversary – Dellville Wood
  • Anti-Gang Unit (AGU)
  • Apartheid: Crime against Humanity
  • Archives Posts
  • Badges
  • Basutoland Mounted Police (Colonial)
  • BfSS NIS
  • Black on Black Violence
  • BND Bundesnachrichtendienst
  • Bondelswarts
  • BOOKS / BOEKE
  • Bosluise
  • British Army in Colonial South Africa
  • British South Africa Police (BSAP)
  • Brokkies
  • BSV/DIE BURO/BfSS
  • Burger Wacht (1652 onwards)
  • Bush War
  • CAPE COLONY
  • Cape Colony Police
  • Cape Corps
  • Cape Mounted Police
  • Cape Mounted Police Memorial
  • Cape Mounted Police Signallers
  • Cape Mounted Rifles
  • Cape Town Police (1882)
  • Capital punishment
  • Central Intelligence Agency (CIA)
  • Col JG Dartnell
  • Cold War
  • Contemporary Police History / Eietydse Polisiegeskiedenis
  • Coronation QE2 1953 – SA Police
  • Coup d'État
  • Coup d’Etat
  • Covert Action
  • Crime at Eskom
  • Crime in South Africa (post 1994)
  • Curt von Francois
  • Defence
  • Departement van Buitelandse Sake
  • Destruction and damage to Railway Property
  • Detection of Crime
  • Detective Mysteries
  • Detectives / Speurders
  • Deutsch Sûdwest Afrika (DSWA)
  • DMI / AMI
  • Drones / Hommeltuie
  • Drug & Terror
  • Durban Borough Police * Durban Gemeentelike Politie
  • Durban City Police
  • Dutch Police
  • Electrical Power Supply
  • ENGELS IN DIE MAG (ENGLISH AS SHE IS SPOKEN IN THE FORCE)
  • ESPIONAGE IN SOUTH AFRICA
  • Establishment – Getalsterkte
  • Farm Murders
  • Farm Murders in South Africa
  • Federal Bureau of Investigation – FBI
  • Fire Brigade / Brandweer
  • Flying Squad – Blitspatrollie (Skerpioene)
  • Food Security – Voedsel Sekerheid
  • Foreign Armies / Buitelandse Weermagte
  • Foreign intelligence services
  • Foreign Police Forces
  • Foreign Volunteers
  • Functions of the SA Police
  • Gang violence on the Cape Flats
  • Gang Violence on the Cape Flats
  • Gedenkmuur – Voortrekkermonument
  • General JC Smuts
  • German Army
  • German Southwest Africa
  • GERMAN-HERERO/NAMA UPRISING: 1904 TO 1907
  • Germany
  • Herero
  • Historical photos
  • History of the Natal (Mounted) Police
  • HUMOUR IN UNIFORM
  • Inspections
  • Intelligence Science
  • Interessante Stokperdjies
  • INTERNATIONAL TERROR
  • Irish Volunteer Monument
  • Isandhlwana
  • Isandhlwana
  • Kaiserliche Beritten Landes Politzei
  • Kaiserliche Schutztruppe für Deutsch-Südwestafrika (DSWA)
  • Kamele
  • Kenya Police Airwing
  • Kenya Police Maritime Branch
  • KGB (Former Russian Intelligence Agency)
  • Kill the Boer
  • Klaas-bende (Klaas Gang) – Bethlehem
  • Koevoet
  • Koninklijke Marechaussee (KMar)
  • Legendary Criminals
  • Lesotho Mounted Police
  • Life Story
  • Local South African Police Forces
  • Louis Napoleon
  • M.O.T.H. Blaauwberg Cuca Shellhole
  • Magalle (Voet-polisie)
  • Meeting Minister Mufamadi
  • Military History
  • Military Mascots
  • Military Personalities
  • Military writers & authors
  • Minister of Defence
  • Ministers of Justice / Police / Law & Order
  • Mossad
  • Mounted Div – Berede Afd.
  • Murder Statistics
  • Nama
  • Natal Colonial Troops
  • Natal Mounted Police
  • Natal Mounted Police 1874
  • Natal Police (Colony)
  • Natal Police Memorials
  • National Assembly: National Council Of Provinces
  • National Intelligence
  • National Security – Nasionale Veiligheid
  • Nature Conservation
  • New Weapons of War
  • New York Police Department – NYPD
  • Non-White SAP Officers
  • Nongqai Afrikaanse Woordeboek Veiligheidstudies
  • Nongqai Afrikaanse Woordeboek Veiligheidstudies
  • NONGQAI BOEKE
  • Nongqai Books
  • Nongqai Books & Writers
  • NONGQAI EDITIONS pdf
  • NONGQAI LADIES EDITIONS pdf
  • Nongqai Magazine 1907 – 2007
  • Nongqai Magazine 2010 – 2025 (e-publication)
  • NONGQAI MONTHLY EDITIONS pdf
  • NONGQAI Publications
  • NONGQAI SPECIAL EDITIONS pdf
  • NongqaiDames
  • NUCLEAR WEAPONS AND TECHNOLOGY
  • OFS
  • Ongulambashe
  • Operation "K"
  • OVSRDM
  • Palestine Police service
  • Pangolin
  • Patches
  • PATU
  • Paul Els (military author)
  • People's Republic of China
  • Pietermaritzburg
  • Police ?Polisie in GSWA/DSWA
  • Police Academics
  • Police Camels / Polisie kamele
  • Police Diplomacy
  • Police Humour
  • POLICE MEMORIALS IN SOUTH AFRICA
  • Police Miniters
  • Police Psychology
  • Police wives & families – bush war
  • Political Murders in KZN
  • Port Edward Holiday Resort NPC (PEHR
  • POW's / Krygsgevangenes
  • Pretoria Central (Up to 1972)
  • Prince Imperial
  • Provincial Commissioners
  • Public Safety
  • Race Based Laws
  • Racial Identity
  • Railway Transport in South Africa
  • Regiment Westelike Provincie (RWP)
  • Regiment Windhoek
  • Republic Day (31-May – 1961)
  • Republican Intelligence (RI)
  • Resensies: Nuwe Boeke
  • Revolutionary Warfare
  • Rhodesian Army
  • Rhodesian Conflict
  • RI/BfSS/NI/NIS/BSV
  • Roll of Honour – Ererol
  • Rorke's Drift
  • Royal Air Force
  • SA Air Force
  • SA Army
  • SA Defence Force / Weermag
  • SA Military History
  • SA Naval Museum
  • SA Police receiving the freedom of Nylstroom.
  • SA Railways Police / Spoorwegpolisie
  • SA War Graves / SA Oorlogsgrafte
  • SADF Special Forces
  • SANDF
  • SAP – CID
  • SAP – Devices
  • SAP – Durban
  • SAP – The Police Board
  • SAP & Apartheid
  • SAP Air Wing
  • SAP Bomb Squad
  • SAP Brigade
  • SAP Caprivi
  • SAP Chaplains – SAP Kapelane
  • SAP College
  • SAP Colours – Vaandel
  • SAP Commercial Branch / Handelstak
  • SAP Commissioners
  • SAP Commissioners
  • SAP Depot / College ) Pretoria West
  • SAP Dog Unit
  • SAP Dogmasters (CID)
  • SAP Durban
  • SAP Field Court Martial (1914)
  • SAP Fort Edward (formerly Zarp Fort Hendrina)
  • SAP Golden Jubilee 1963
  • SAP Hall of Fame
  • SAP Helicopters
  • SAP Herold
  • SAP History / Geskiedenis
  • SAP King's Rest Durban
  • SAP Krugersdorp
  • SAP Medals
  • SAP Members of Indian decent / Indiër-lede
  • SAP Memorial / SAP Gedenkteken
  • SAP Mobile Unit – Port Natal
  • SAP Montagu
  • SAP Monuments& graves
  • SAP Personalities
  • SAP Pretoria Central & Barracks
  • SAP Prosecutors – Aanklaers in Howe
  • SAP Resort Port Edward
  • SAP Robertson
  • SAP Security Branch / Veiligheidstak
  • SAP serving in Kenya
  • SAP South West Africa Division
  • SAP Soweto
  • SAP Transkei Division (Pre-Independence from the RSA)
  • SAP Transport & Animals
  • SAP Verulam
  • SAP Voertuie Vehicles
  • SAP Wentworth (Durban South)
  • SAP Wentworth Training College
  • SAP: Kollege Vir Gevorderde Opleiding [KGVO] Paarl
  • SAPS Germiston
  • SAPS KZN Province
  • SAPS Personalities
  • SAPS Pinetown
  • SAPS Roll of Honour
  • SARS
  • Schutztruppe
  • Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR – SSSC)
  • SKRYWERS & BOEKE
  • South African Air Force
  • South African Air Force in Korea
  • South African Commonwealth War casualties buried across the World –
  • South African Commonwealth War casualties buried across the World – Part Eighty-Nine.
  • South African Constabulary
  • South African Defence Force
  • SOUTH AFRICAN FORCES HISTORY PRESERVED
  • South African Intelligence History
  • SOUTH AFRICAN LAWS
  • South African Medals
  • South African Police Brigade
  • SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN POLOICE SERVICE
  • SOUTH AFRICAN TRAFFIC DEPARTMENTS
  • South Africans in RAF
  • South-West Africa Police Forces
  • Spotprente
  • Squad Cars
  • Squatting in South Africa: a Growing Crisis
  • Staatsbou – State building
  • Staatsveiligheidsraad
  • STRATEGIC STUDIES
  • Sub-culture / sub-kultuur
  • Suid-Afrikaanse Polisie [SAP]
  • SWAPOL
  • Swart op Swart geweld
  • Taiwan
  • Tak Nasionale Vertolking (TNV)
  • Tak Strategiese-kommunikasie (TSK)
  • Taxi Industry
  • The "Reiterdenkmal" in Windhoek
  • The Daisy Spy Ring
  • The Equestrian Monument: Windhoek
  • The history of the Nongqai (1907 – 1961)
  • The Natal Bobby
  • Theft of Rail Infrastructure
  • TIN Teeninsurgensie / COIN
  • Transkei Police
  • Transvaal Police (1900 – 1910)
  • Trewits
  • Tribute to SAP Members
  • Uloliwe
  • Ultra Regse Rewolusionêre Bedrywighede
  • Uncategorized
  • Under cover operations
  • Under cover police officials
  • Union Defence Force
  • Union Defence Force (1912)
  • Union Defence Force Memorial
  • United States
  • VSA se Bunkerbreker-bom (BBB)
  • Wachthuis
  • Wachthuis – Cape Town
  • Wanted: Photographs
  • Water Police
  • Water Police
  • Water Police
  • Water Police Durban
  • Water Police Walvis Bay
  • Water Security
  • Water Wing Durban
  • Western Cape Provincial Cabinet
  • Witbooi
  • WOMEN IN UNIFORM
  • Women's Auxiliary Air Force
  • Women's Month
  • ZAR Swaziland Grenspolice
  • Zuid-Afrikaansche Republiek Politie (Zarp)
  • Nongqai Home Page
  • NEW / NUUT
  • ARCHIVE/ARGIEF
  • YOUTUBE
  • ABOUT/OMTRENT
  • PRIVACY/PRIVAATHEID
  • Contact / Kontak
  • Facebook
  • X
  • Instagram
  • RSS

Designed by Elegant Themes | Powered by WordPress