Artikel: Johan Mostert
ABSTRACT: ELEMENTS OF INTELLIGENCE, NONGQAI, JOHAN MOSTERT, ELEMENTS OF SOUTH AFRICAN INTELLIGENCE, NATURE OF INTELLIGENCE, INTELLIGENCE SCIENCE, INTELLIGENCE HISTORY
ELEMENTE VAN INTELLIGENSIE
JOHAN MOSTERT
‘n Bondige bekendstelling aan intelligensie
Daar is steeds talle kommentators wat onseker is oor die juiste aard van intelligensie. Dit is veral die vereenselwiging van intelligensie met spioenasie wat tot verwarring lei. Terwille van groter duidelikheid, word ‘n skematiese voorstelling van die samestellende dele van intelligensie tesame met verduidelikende notas hieronder verskaf. Dit is ‘n handige verwysingsraamwerk vir wanneer oor intelligensie geskryf of gepraat word.
Eers ‘n definisie van intelligensie. ‘n Goeie werksdefinisie, is dié van ‘n internasionaal gerekende kenner, Mark Lowenthal:
- Intelligensie is die proses waardeur ‘n spesifieke soort inligting van belang vir nasionale sekuriteit versoek, ingesamel, vertolk en aan beleidmakers voorsien word; die produk van daardie proses; die beveiliging van die proses en die inligting deur teeninligtingsaktiwiteite; en die uitvoer van operasies soos opgedra deur die wettige gesag.
Al die elemente van hierdie definisie word in die meegaande skets weergegee en daarna verduidelik.

ELEMENTS OF INTELLIGENCE: Samestellende dele van intelligensie. Hierdie is ‘n oorsigtelike beeld. Die skema vertoon verskillende dissiplines binne die raamwerk van intelligensie.
CI: COUNTER INTELLIGENCE. Teenintelligensie.
Security: Beveiliging
Physical: Die beveiliging van die fisiese infrastruktuur van wat verantwoordelik is vir die beskerming van fisies strukture, toegangsbeheer by geboue, ens.
Personnel: Die keuring (vetting) van kandidate vir aanstelling in die intelligensie-organisasie of ander sensitiewe poste.
Information: Die beskerming van die berging en hantering inligting/intelligensie
Espionage: Spioenasie (binne teenintelligensie verband)
Offensive: Die penetrasie van vreemde intelligensiedienste.
Defensive: Die “spioenvangers”; die opsporing van spioenasie-aksies.
Die verskil tussen Sekuriteit en Sekerheid
Die begripsomskrywing (concept definition) sekuriteit moet nie met sekerheid en sekerheidsbewustheid, of die een met die ander, vervang word nie. Sekerheid verwys na ‘n toestand vry van gevaar, wat geskep word deur die toepassing van effektiewe sekuriteitsmaatreëls deur ‘n staat en, indien gevaar wel dreig, die vermoë om sodanige gevaar of bedreiging teen te staan. Sekerheidsbewustheid dui op ‘n positiewe gesindheid en die bereidwilligheid van ‘n persoon of organisasie. soos byvoorbeeld ‘n intelligensiediens, om daardie bedreiging teen te staan. In Suid-Afrika se intelligensiegeskiedenis is beskrywing sekuriteit selde gebruik. Die beskrywing veiligheid en nasionale veiligheid is wel gebruik wanneer daar na veiligheid in nasionale belang, verwys is..
COLLECTION: Insameling van inligting
HUMINT (Human Intelligence): Insameling van inligting deur menslike agente (spioenasie).
Domestic: Insameling op die binnelandse terrein
Foreign: Insameling buite die landsgrense
Sigint: Signals Intelligence (Insameling van intelligensie deur middel van elektroniese toerusting.)
Comint: Communication Intelligence
Comsec: Communication security (die beveiliging van kommunikasies)
Osint: Open Source Intelligence (Die insameling van inligting uit publikasies wat in die openbare domein is en dus vryelik beskikbaar is.
ANALYSIS (Navorsing. Internasionaal word die term analise meer algemeen gebruik.)
Domestic: Binnelandse analise/navorsing
Foreign: Buitelandse analise/navorsing
(Wat in die voorstelling hierbo ontbreek, is tematiese analise en nasionaal strategiese analise.)
COVERT ACTION (CA) (Koverte Aksie verwys na die koverte bedryf van operasies van uitvoerende aard. Dit kan insluit disinformasie, politieke manipulasie binne- en buitelands, aanstigting of ondersteuning van geweld en revolusie, sluipmoorde, ens. Hierdie element van intelligensie word deur die puriste nie as deel van intelligensie beskou nie omdat dit die eintlike lynfunksie van intelligensie, naamlik die verskaffing van intelligensie, kompromitteer.).

Johan Mostert is ‘n voormalige Sekretaris van Suid-Afrika se Staatsveiligheidsraad, en hoofbestuurslid van die Nasionale Intelligensiediens. As Intelligensiehistorikus en skrywer is Johan Mostert een van die primêre dryfkragte om ‘n Suid-Afrikaanse Intelligensiewetenskap en Intelligensiekunde te onwikkel en te vestig.
*
Min word geskryf en min artikels word oor die ontwikkeling en vestiging van ‘n Intelligensiewetenskap in Suid-Afrika gepubliseer. Johan Mostert gee in hierdie saakmakende artikel oor die Elemente van Intelligensie ‘n bondige bekendstelling aan Intelligensiekunde, en bespreek kortliks die verskillende dissiplines wat binne die raamwerk van Intelligensie aangetref word. – Redakteur, Nongqai.