VROUEMAAND
9 AUGUSTUS 2025
Via Sarie van Niekerk.
Ons dra hierdie Vroue uitgawe op aan alle en veral aan aal ma’s.
WOMEN’S DAY, WOMEN’S RIGHTS
Wilhelm van Deventer
On August 9, we will yet again honour our women. It’s a good time to think about how women’s rights have grown and changed over the years. Women’s Day is not just a day to remember women’s achievements. It’s also a reminder that there is still work to do to make sure that all women are treated fairly and equally.
Since the beginning of time women of South Africa were protected and respected, even in traditional patriarchal communities. Unfortunately this did not go hand-in-hand with equality and the promotion of women’s rights.
The Women’s Charter of 1954 was a landmark document that described women’s demands for equal rights and justice. When South Africa became a democracy in 1994, the government promised to protect the rights of women. Our country’s constitution says that everyone must be treated equally, regardless of gender. Many new laws and programs have been created to help women to be granted opportunities to succeed in jobs, education, and life in general.
Today, South African women have achieved much. Many women are now in leadership roles such as part of the government or running successful businesses. These women show that women can do any job they want. There used to be the notion that women can do anything that men can do. This made and still makes men the norm of humanhood. No, women can do whatever they wish to, not in relation to men, but simply as human beings.
Some years ago I challenged the fact that there were only men commentating across many sporting codes. The answer I received, was: “… but there are numerous women working behind the scenes.” I replied: “So, you are saying that women are only good enough to work behind the scenes?” Needless to say that there was no response, but now we have lots of excellent female sporting presenters and commentators.
Furthermore, in South Africa, women make up 44.5% of the members in South Africa’s National Assembly. This places South Africa among the top countries globally for female representation in Parliament, just behind Rwanda on the African continent. This is important because when women participate in drafting laws, they can promote issues that affect women and girls. Having women in Parliament assists in making sure that rules and decisions are fair to everyone. It is also an example to young girls.
Over the years, women in Parliament have helped pass laws that protect women’s rights, support equal pay, and fight against gender-based violence. Their voices help build a country where women have increased opportunities to live safely, work freely, and be treated with respect.
One of the biggest problems still affecting women is gender-based violence, which means violence or threats against women simply because they are women. GBV obviously applies to all genders, but it affects women in spaces where they are supposed to feel safe. This violence often happens at home, at churches, in communities and at places of work. Despite laws and efforts to stop it, gender-based violence remains high. It affects women’s safety, health, and happiness.
The police play an important role in helping victims and stopping these crimes. But to truly reduce violence, we need more awareness, support for victims, and stronger actions to hold offenders accountable. And yet, a trust deficit between the public and people has developed to such an extent that most police officials are no longer viewed as protectors, but as direct and/or indirect perpetrators.
Another challenge is money. Many women, especially in rural areas or poor neighbourhoods, don’t have enough access to good education, healthcare, or jobs. This makes it hard for them to improve their lives or support their families fully.
Also, some people still believe that women are only capable of doing certain and inferior tasks, and this limits women from chasing their dreams. It’s important to change these thoughts and show everyone that women deserve to be respected and treated equally.
Even with these challenges, many people are working hard to make things better. Community groups, organizations, and everyday citizens are helping women to get an education, find jobs, and stay safe.
As we celebrate Women’s Day 2025, it is a time to remember the progress already made and to keep working to make life fairer for everyone. We should celebrate the advances, but also remember that we still need to do more.
Every woman deserves acceptance, equal opportunities, respect, safety, and a chance to succeed in fulfilling her dreams and potential..
DIT IS WAAROM ONS VROUEDAG VIER
Susan Cilliers : (Met dank aan Beeld)
Via Sarie van Niekerk
Op Vrouedag bring ons hulde aan die 20 000 vroue van verskillende rasse, tale en etnisiteit wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou in Pretoria gemarsjeer het in protes teen die paswette.
Die protesoptog het die lied “Wathint’Abafazi Wathint’imbokodo!” (noudat julle die vroue aangeraak het, het julle ’n rots getref) bekend gemaak en is gekenmerk deur die dissipline en waardigheid van die optoggangers. Die 1950’s was die eerste keer sedert 1913 dat die regering probeer het om vroue aan paswette te onderwerp.
In 1913 het die Oranje-Vrystaatse regering bepaal dat swart vroue in die stedelike gebiede elke maand nuwe toegangspermitte moes koop. Vir ’n paar jaar lank het die vroue van die provinsie afvaardigings na die regering gestuur, petisies met duisende handtekeninge opgestel en massa-protesoptogte gehou om die permitvereiste teen te staan.
Onrus het in die hele provinsie voorgekom en honderde vroue is tronk toe gestuur. Uiteindelik het hulle daarin geslaag om die wetgewing herroep te kry.
Die Women’s National Coalition (WNC) wat in die vroeë 1990’s gestig is, het ten doel gehad om vroue se belange te verteenwoordig tydens die politieke oorgang en die skryf van die nuwe Grondwet. Weer het vroue vanoor die politieke spektrum en al die bevolkingsgroepe byeengekom – uiteindelik is sowat 2 miljoen vroue gemobiliseer. Die belangrikste sake op die agenda was vroue se regstatus; hul toegang tot grond, water en ander bronne; geweld teen vroue; gesondheid en werk.
Hoewel ons dus ’n trotse tradisie het van Suid-Afrikaanse vroue se politieke, nie-gewelddadige, en nierassige aktivisme, wil dit lyk asof die huidige geslag daardie tradisie begin verwaarloos het. Deesdae fokus Vrouedag meer op die maniere hoe vroue tot slagoffers gemaak word as op hoe vroue kan terugbaklei teen die brutale verdrukking wat hulle in die nuwe bedeling beleef.
Natuurlik moet ons geweld teen vroue aanhou opper solank as wat dit nodig is. Maar, as Suid-Afrikaanse vroue moet ons ook ons voormoeders se krag, moed en organisasievermoë vir onsself toeëien en begin werk aan nuwe vorme van eietydse aktivisme.
Daar is baie jong, inspirerende vroueleiers in die land, soos Nonhle Mbuthuma, woordvoerder van die Amadiba-krisiskomitee, en Simamkele Dlakavu, een van die jong vroue wat ons in 2016 met hul plakkate by oudpres. Jacob Zuma se toespraak na die plaaslike verkiesings daaraan herinner het om Kwezi – die vrou midde in die Zuma-verkragtingsaak – te gedenk.
Maar dit is van kardinale belang dat vroue weer in groot getalle fisiek mobiliseer om ’n kragdadige politieke stem te laat hoor – oor klas-, ras-, taal- en ander grense heen. Volgehoue, langdurige, strategiese en massa-optrede kán magshebbers dwing om byvoorbeeld seksuele geweld te prioritiseer.
Prof. Erica Chenoweth, Amerikaanse politieke wetenskaplike verbonde aan die Harvard-universiteit, het baanbrekerswerk gedoen op die gebied van burgerlike weerstand. Chenoweth het in 2011 die boek Why Civil Resistance Works: The Strategic Logic of Nonviolent Conflict gepubliseer waarin aangetoon word dat nie-gewelddadige veldtogte tussen 1900 en 2006 twee maal meer doeltreffend as gewelddadige veldtogte was.
Korttermyn-doeltreffendheid is gemeet aan of ’n veldtog sy oogmerk bereik het binne ’n jaar vanaf die hoogtepunt van mobilisasie – byvoorbeeld om ’n regime-verandering te bewerkstellig. Langtermyn-doeltreffendheid is gemeet aan die vlak van inwerkingstelling van menseregte vyf jaar nadat die sukses behaal is.
Chenoweth se navorsing bevestig mense soos Mahatma Gandhi en Martin Luther King se mening dat nie-gewelddadige maatskaplike verset en verandering nie net moreel beter is nie, maar prakties en polities verkieslik is bo gewelddadige verset.
Gandhi het Satyagraha (wat beteken die krag van waarheid/liefde), sy strategie vir nie-gewelddadige verandering, in Suid-Afrika ontwikkel en sy eerste groot sukses hier behaal met sy veldtog van September 1913 in Natal en Transvaal. Vroue het ’n sentrale rol gespeel in die sukses. Baie het tronkstraf uitgedien, en in 1914 móés die Suid-Afrikaanse regering met Gandhi onderhandel onder druk van Delhi en Londen.
Daar is aan al die belangrikste eise van die Satyagraha toegegee. Gandhi het daarna nie sy siening oor vroue in Satyagraha verander nie (hulle moes voortaan die leiding neem in baie van die optredes), én die voorbeeld van die 1913-sukses het ’n langdurige invloed gehad op die ANC se beleid van nie-geweld. Gandhi en John Dube, eerste president van die ANC (aanvanklik die South African Native National Congress), was bure in Phoenix in Natal. In ’n meer onlangse werk, Women on the Frontlines of Revolution, neem Chenoweth dié navorsing verder, en fokus op die rol van vroue aan die fisieke fronte van versetbewegings.
Vroue van oor die wêreld heen rapporteer dat hul werk aan die front vergeet, wanvoorgestel of uitgewis word. Vroue neem deel aan alle revolusies, maar hul teenwoordigheid maak veral ’n groot verskil as hulle sigbaar is as minstens die helfte van die aktiviste aan die frontlinies. Sodra groot getaale vroue deelneem, begin versetbewegings buite-proporsionele suksesse behaal.
As mense kan sien dat vroue gelykop verteenwoordig is in ’n beweging, groei die deelnemergetalle tipies meer as sewevoudig. Sowel die breë steun wat die veldtog geniet, as die nie-gewelddadige aard daarvan, word met vroue se massadeelname onderstreep.
’n Beduidende teenwoordigheid van vroue help keer dat gewelddadige faksies in ’n organisasie ontstaan. Gewelddadige splintergroepe veroorsaak dat die opposisie sterker verenig raak en moontlike bondgenote vervreem raak van die veldtog. Daarenteen veroorsaak ’n beginselvaste nie-gewelddadige beweging dikwels dat die opposisie opbreek, en dat lede van die veiligheidsmagte byvoorbeeld begin dros en hulle by die verset aansluit.
Grootskaalse oorlopery gebeur veral wanneer baie vroue sigbaar is in ’n aktiviste-groep, omdat vroue se tipies wye horisontale netwerke van vriendskap en familie beteken dat soldate makliker begin dink iemand wat hulle ken, is moontlik in die versetgroep, en dus ’n opdrag om te skiet, sal verontagsaam. Sulke afvalligheid is ’n duidelike teken dat die weerstandsbeweging besig is om te slaag.
Gandhi, King en ander het die waarde van breë bondgenootskappe verstaan. Boonop, argumenteer Chenoweth, bring vroue gewoonlik ’n besondere strategiese kennis van watter hefbome in die samelewing sensitief is vir druk wat daarop uitgeoefen word. Wanneer vroue hul dienste, arbeid en praktiese vaardighede onttrek en weier om die alledaagse werk te doen waarmee hulle gemeenskapstelsels in stand hou, stort sulke stelsels gewoonlik in duie.
Vroue se werk is dikwels onsigbaar, onbetaald en onderwaardeer, maar nietemin onontbeerlik vir enige bestel. As ons die jongste navorsing van wetenskaplikes soos Chenoweth saamlees met die lang geskiedenis van vroue-aktivisme in ons land, kan dit dien as hernude motivering om as vroue, in solidariteit met mekaar en met ondersteunende mans – wat ons leiding aanvaar – te organiseer vir verandering.
Ons moet strategies saam besin, soos die Lysistrata in die Griekse komedie wat saam met ander vroue besluit het om mans seks te weier ten einde ’n oorlog te beëindig. Dís ’n voorbeeld van hoe vroue nie-gewelddadige, maar nietemin volgehoue en sekuur geteikende druk kan toepas om sleutelfigure en -organisies te dwing om aan ons as ’n sentrale belangegroep verantwoording te doen.
Die vroue van ‘Cape Town Central District het op 7 Agustus 2025 hulle Vrouedag vieringe gehou met (afgetree) lt.genl. Sharon Jeptha as hoofspreker.
VROU-WEES IN FLENTER SKOENE
Isabel Kruger
Vroueregte is die aansprake wat deur vroue toegestaan of deur hulle opgeëis word in n bepaalde gemeenskap..
Jare terug het vroue geen stemreg gehad, en nou het vroue die reg om ook ‘n beroep te beoefen wat slegs deur mans gedoen was.
Vroue kan nou ook deel aan die regverdige loon vir gelyk betaling. In sekere lande waar vrouens nie enige opleiding in terme van lees en skryf gehad het nie, het dit verander.
Die VN-vroueverdrag (verdrag insake die uitwissing van alle vorme van diskriminasie teen vroue) is gebaseer op die Universele Verklaring van Menseregte. Die verdrag is op 18 Desember 1979 deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aangeneem en is op 3 September 1981 deur twintig lidlande bekragtig. Meeste ander lande het die verdrag sedertdien onderteken.
Diskriminasie teen vroue word as volg in die verdrag gedefinieer:
![]() |
Alle vorme van onderskeid, uitsluiting of beperking op grond van geslag, wat die uitwerking het, of ten doel het om die erkenning, die genietinge of die uitoefening van vroue se menseregte en die fundamentele vryhede op politieke, ekonomiese, sosiale of kulturele gebied, op die terrein van burgerregte of welke ander gebied ook al, op die grondslag van gelykheid tussen mans en vroue aan te tas of na te kom. | ![]() |
Lande wat die verdrag onderteken het, is verplig om “toepaslike maatreëls” te neem om seker te maak dat vroueregte geïmplementeer en beskerm word.
https://af.wikipedia.org/wiki/Vroueregte
Op 5 Julie 2023 het Afganistan se Taliban -owerhede opdrag gegee dat skoonheidsalonne regoor die land hul deure moes sluit. Vroue was seder 2021 verbied om ook enige skool of Universiteit by te woon vir opleiding.
Baie vroue het gewens hul was nooit gebore of liewer woonagtig in n ander land. Salonne was as n veilige plek beskou vir vrou in Afganistan. Richard Bennett, n onafhanklike menseregtekundige het die land as die ergste beskou in vroue diskriminasie.
Hierdie is een geval, en dan draai ons die lens na Suid Afrika en wonder of dit veel beter gaan in sommige gebiede?
Volgens die FW de Klerk stigting oor vroue regte, meld hul dat die gelykheid ons vroue in die land steeds ontwyk. Alhoewel daar ‘n Grondwet is wat die riglyne daarstel dat vroue en dogters oor formele gelykheid en oor wesenlike gelykheid beskik is dit nie wat by instellings gesien word nie.
https://fwdeklerk.org/af/artikel-die-oorweging-van-vroueregte/
Hoe ervaar ons as vroue hierdie onderwerp wat oor ons pad kom? En die mees waarskynlike vraag is: Doen die regering genoeg ten opsigte van vroue regte en word vroue beskerm teen geweld en die gewone aanslae van diskriminasie en aftakeling?
Die programme op die radiostasies lewer nie vir ons ‘n oplossing vir die geweld teen vroue en kinders. Dit is egter duidelik uit die programme dat daar meer organisasies is wat intree om vir vroue en kinders wat in gesinsgeweld betrokke is ‘n veilige tuiste te skep totdat daar na werkbare plan of oplossing gevind is.
Die finansiering kom meeste uit die gemeenskap se sakke en helpende hande wat uitgesteek word om van hulp te wees. Dit skokkende feite is dat dit nie net altyd die fisiese aanslae is wat vroue en kinders aftakel nie, maar die emosionele aftakeling wat jare neem om te herstel en in sommige gevalle nooit.
Die woord vroueregte wat in die geselskap van die teenoorgestelde geslag voorkom is dikwels met n spottende verwysing na: “Ja, dit is die vrou se reg om haar plek vol te staan in die kombuis.”
Hierdie word geuiter sonder dat enige een ‘n idee het wat die begeerte of behoefte in elke vroue hart is aan die sukses van ‘n loopbaan.
Kyk ons terug oor die jare besef elke vrou die pad vol klippe wat soms onoorkombaar gelyk het. En tog te midde hiervan het vroue die wil om bo uit te kom. N merk te maak in die samelewing. Nie noodwendig om op die voorblad te kom van die “Finansies-tydskrif”, maar erken te word vir die verskil wat vroue maak.
Hierdie pad het nooit alleen gevoel, omdat so baie vroue die kinders om hulle saamgeneem het om te streef na beter prestasies, beter toekoms, maar bowenal na die geluk wat jy net in jouself kan kry.
Elke vrou het n pad geloop en met flenter skoene aan die anderkant uitgekom. Op een of ander manier was die lewe nie met rose besaai. Die moed en durf en uithou vermoë het vir soveel vroue n rots geword wat met sukses bekroon is.
Het die regering ons gehelp of enige bydrae gelewer? In baie gevalle is die antwoord nee, maar die lewe met so n regering het vroue geleer om op te staan. Te veg vir dit wat belangrik is. Kyk oor die jare die geskiedenis waar vroue opgestaan het vir hul regte. Beter salarisse in fabrieke en later het ons self vroue op die preekstoel begin sien. Die klein verskil wat elke vrou maak in haar lewe, sal die kinders van die toekoms die voordeel gee om trots te wees wat elke vrou in haar lewe doen. Gee jou beste. Gee jou alles in moeilike tye. Ons beloning as kinders van God dra ons deur omstandighede. Ons dank aan die helpende hande en organisasies wat uitgesteek word na vroue en kinders, en
Wees vrou in elke faset van jou lewe. Staan op jou integriteit en hou jou kroon op jou kop. Jy is kosbaar in God se oë. Moet nooit minder as dit van jouself dink.
WOMAN OF THE YEAR : CAPT. SPHIWO KUNENE
Via Marcia du Pont
Col. Robert Netshiunda.
As a Support Commander at a police station, your plate gets to be too full that you hardly have time to entertain anything that happens around you.
From Human Resource Management duties to Finance responsibilities, from Supply Chain Management deliverables to Human Resource Development targets, the role of a
Support Commander gives the incumbent of the post very little to no time to be out and about.
However, the multi-award-winning Captain Sphiwo Kunene has flipped that script and continues to rewrite history books. If multitasking was a person, Captain Kunene would be the perfect fit. She has become the go-to lady for all employees at SAPS Nyoni and in her, fellow wom-en have found a warm shoulder to cry on, a reliable confidante whose values surpass expectations. As we celebrate Women’s Month in the South African Police Service, KwaZulu-Natal Police Express shines a spotlight on this dynamic woman who, apart from winning awards, have won many hearts of residents of Nyoni, especially women, the needy and the vulnerable.
Beauty with brains! This saying best describes selfless Captain Kunene who takes time out of her busy schedule to take care of others, both emotionally and with the provision of basic necessities. As a woman herself, Captain Kunene has taken it upon herself to ensure that all women working at SAPS Nyoni are valued, that their views are respected and that their wellbeing is nourished. In August 2024, this dynamic woman conceptualized, planned and organized a Woman’s Day event which was aimed at promoting unity within women working at SAPS Nyoni
KwaZulu-Natal Police Express – July 2025
By Col Robert Netshiunda
DIE VERHAAL VAN SARIE MARé
Six de Korte
Susara Margaretha (Sarie) Maré
Die eerste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus was Susara Margaretha. Sy is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later ‘n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie ‘n straat in Pretoria genoem is.
Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227.
Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die Suikerbosrand gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is. In hierdie tyd was daar vyf wyke in Transvaal:
- Mooirivier (Potchefstroom)
- Magaliesburg (Rustenburg)
- Marico (Zeerust)
- Ohrigstad
- Zoutpansberg (Pietersburg).
- Suikerbosrand was in die wyk van Mooirivier geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.
Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, ‘n verslaggewer van Die Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om ‘n onderhoud met haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in “Ons Kleintje” geskrywe in sy hoedanigheid as subredakteur van “Die Patriot”. Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het.
Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhea gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens ‘n drukfout Marais geword.
Waar Sarie Maré oral draai…
Teen 1899 was Sarie Maré reeds ‘n treffer in Pretoria. In die Anglo-Boereoorlog het dit nie net gewild by die Boeremag geword nie, maar ook by ander soldate. Dit het later wêreldbekend geword omdat duisende Suid-Afrikaanse soldate dit in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gesing het.
Die gewildheid het het só gegroei dat die Britse Royal Marinese dit as regimentsmars aangeneem het. Hul opleidingskip heet ook Sarie Maré. Dit is ook die regimentsmars van Paraguay se seinerskorps.
Die eerste Suid-Afrikaanse seiljag se naam was ook Sarie Maré en duisende besoekers het al in die Durban-hawe op die Sarie Marais-plesierboot gevaar.
Die eerste Suid-Afrikaanse rolprent se naam was Sarie Maré Sarie, suster tydskrif van Die Volksblad, heet ook na haar. Tot hotels en woonstelblokke is na haar genoem.
Op die eerste internasionale radio-uitsending tussen Suid-Afrika, Brittanje en Amerika op die verjaardag van mev. Isie Smuts, vrou van die destydse premier, generaal Jan Smuts, het die sangeres Gracie Fields Sarie Maré gesing.
In die Tweede Wêreldoorlog het ‘n buitestasie van soldate in Noord-Afrika die naam “Sarie Maré Calling” gehad.
Die Suid-Afrikaanse weermag is steeds lief om die mars op parades te speel, terwyl die Franse Vreemdelinge-legioen dit ook gebruik.
Dit is ook die amptelike lied van die Girl Guides in Sri Lanka (Ceylon) wat dit aan die begin van die vorige eeu by die Boerekrygsgevangenes daar gehoor het.
In die jare dertig van die vorige eeu is dit verkeerdelik op die Olimpiese Spele in Amerika as Suid-Afrika se amptelike volkslied gespeel.
Duitsers het ‘n pienk roos met die naam Sarie Maré gekweek, waarvan voor die Pantserskool in Tempe, Bloemfontein, geplant is.
Sarie se Laaste Jare
Sarie was ‘n diep godsdienstige vrou en selfverheerliking was totaal in stryd met haar nederige geaardheid. Sy het altyd haar verbintenis met die liedjie stilgehou. Na Jacobus se dood in 1920 het sy haar by haar dogters in Bloemfontein gaan vestig. Sarie is op 22 Desember 1939 op die ouderdom van 73 jaar in armoede oorlede en in ‘n nederige ongemerkte graf in die Memoriam-begraafplaas naby die Vrouemonument begrawe.
Deur Abrahams se toedoen is op 10 Oktober 1995 ‘n pragtige grafsteen opgesit vir die vrou wie se naam nog deur die wêreld gehoor word. ‘n Doringboom is ook op die graf geplant om mense te herinner dat Sarie eens op ‘n tyd langs so ‘n boom daar onder by die mielies aan die Mooirivier gewoon het.
SUSTER ALMARI BURGER :YSTER VROU VAN BLOEMFONTEIN
Lurè Groenewald
As daar nou een mens is wat die sleutel van die stad Bloemfontein moet kry is dit suster Burger.
Ons nooit nee sê ~ dienende Martha. Yster vrou ~ Oud Petrusburger.
Saam met Almari gaan jy nie net góu dorp toe nie. Goeie genade sy ken almal en almal ken haar. Oral waar ons gaan kom groet oud en jonk, stink ryk en brand arm vir suster Burger.
Sy ken hul elkeen by die naam en onthou ook ieder en elk se skeet en klagte.
My nig, my ander sussie wat die diepste en seerste spore saam met my en ons familie gestap het.
Nagte om saam gebid het vir ons boetie ~ jou liefste neef.
Suster Almari Burger.
Bitter was die dag toe jy asem in my Lallie kind se longe probeer blaas het. Tevergeefs jou peetkind probeer terug bring het.
Min weet hoe báie dit van jou gevat het.
Vir altyd sal ek dankbaar wees.
Jou grootste en mooiste geskenke ~ jou kinders wat jy alleen groot gemaak het. Baie lag en baie huil. Skoene wat trek as Stephan nie wil luister en Lomari wat vandag in jou voetspore stap.
Die hartseer in jou oë die dag toe jy die teater ingestoot word sal ek nooit vergeet.
Kanker het aan jou borste gevreet.
Gulsig jou vrou wees verander en ‘n deel van jou weg gevat.
Maar gaan lê was nooit ‘n opsie en toe stap ons saam met jou die pad.
God het jou geroep en gesê : “kyk na die ander en Ek sal na jou kyk, want jou hande maak gesond, vertroos en jou mooi hart maak heel”.
Nóóit weer sal ek wag tot die dag dat ons om ‘n graf staan om dan te sê hoe kosbaar iemand vir my was.
Ek weet ek skryf namens baie, báie ander mense in wie se lewe jy ‘n gróót verskil gemaak het.
Dankie dat jy jou God-gegewe gawe met jou medemens deel en altyd getrou bly aan die eed wat jy afgelê het.
Jy is ‘n lekker mens, ons mens.
Almal se suster Burger.
‘n Pêrel in God se kroon.
Lurè Groenewald