SAP HELIKOPTERS

BRIEF: SAP HELIKOPTERS IN SUIDWES-AFRIKA

Lt-kol Herman Bosman

Goeie more Brig. Hennie.

Dankie vir die “link” na “Helikopters” en “Ongulambashe”.

Ja, dit was ‘n interessante tydperk in die polisie se geskiedenis.

Aangeheg vind u nog ‘n paar foto’s wat gedurende die tydperk geneem was.

'n Foto wat person, teks, klere, persoon bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Koerant foto van luitenant “Vin” van Buuren en onder-sersant Gys Snyman van die SA Lugmag in hulle polisieuniforms afgeneem. Let op na hulle Lugmagvleuels op hul uniforms.

Beide van hulle was gesekondeer om “Alo 4” wat te Terracebaai verongeluk het te vervang.

Hulle het te Windhoek gearriveer te Windhoek met Alouette III, SAP 6 (Lugmagreeksnommer 50).

Dan was daar ook ‘n gedenkteken vir die oorledenes wat met SAP 4 verongeluk het te Terracebaai opgerig.

'n Foto wat teks, buite, lug, strand bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Aangeheg foto van gedenkteken, asook ‘n foto waar van die gesekondeerde Lugmaglede by die gedenkteken afgeneem is.

'n Foto wat klere, persoon, person, buite bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Van links na regs:- Sersant Mitchell, Sersant Stacey, Luitenant Joos Cloete & Luitenant Zack Zunckel.

Hopelik kan u dit nuttig vind.

Groete en geseënde dag.

Herman Bosman.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.