OBITUARY: NO 42347T LIEUT-GEN JN ‘NICO’ SLABBER, PCF, SOE

'n Foto wat teks, skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

HULDEBLYK: NO 41347T LT-GENL NJ ‘NICO’ SLABBER, PCF, SOE

‘n Persoonlik perspektief deur brig HB Heymans

'n Foto wat klere, persoon, person, leëruniform bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat lt-genl Nico Slabber gisteraand (16 Junie 2025) oorlede is. Hy was destyds die provinsiale kommissaris van die SAPS in die Oos-Kaap.

Ons ken mekaar van 1971 toe ons saam offisiere geword het. Hy het uit Paarl se wêreld gekom. Ons verjaar op dieselfde dag – hy is net ‘n jaar ouer. Beide ons Vaders was lede van die Mag.

Hy het ‘n heldedaad op 26 Junie 1973 in Rhodesië verrig en die dekorasie “Die Polisiekruis vir Dapperheid” verwerf. Die post-nominale titel is “PCF” en die medalje is om die hals gedra.

Hy was ook stasiebevelvoerder van SAP Jan Smuts-lughawe waar hy ‘n duisend man onder sy bevel gehad het. Ek het eendag vir hom daar gekuier tydens een of ander ampsbesoek. Minister Vlok en hy het baie interaksie aldaar gehad.

Ons het verskillende kursusse saam gedoen in die SAP-kollege, Maleoskop en Graaff-Reinet. Op ‘n besoek aan PE het ek eendag by hom tuis gegaan en hy het heerlike galjoen voorgesit wat ons op die kole gebraai het.

Onlangs het hy vir my ‘n staaltjie oor sy Vader gestuur. Sy Vader was departementeel aangekla en skuldig bevind en met 5/- (50 sent) beboet. Hy het versuim om die stal met ‘n slot te sluit – alhoewel daar geen perd in die stal was nie!

Ek het gesukkel om “sy storie” te kry – hy het onlangs sommer per WhatsApp vir my onduidelike foto’s gestuur:

'n Foto wat teks, skermskoot, dokument bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat teks, skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat persoon, klere, person, muur bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat boks, houer, rooi bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Net verlede week het hy vir my ‘n geestelike WhatsApp boodskap gestuur.

Ons eer sy nagedagtenis – Rus in Vrede, Generaal: Saluut!

Ek sluit af:

“Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is” – 1 Petrus 1: 24 – 25 Afr 53

'n Foto wat teks, skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.