Sarie van Niekerk – Bobby se Bankies
AG JUFFROU, DIE VEEAARTS Sê DAN EK WAS SIEK
Wie het nog nie ’n kans geneem om met ’n vervalste sieke briefie by die skool op te daag as jy een dag afwesig was en jy weet die onderwys gaan gewis vra waar is jou sieke briefie wat verduideleik waarom jy nie die vorige dag in die skool was nie?
Meeste kinders kom voorbereid skool toe die volgende dag. So het dit ook by ’n Engelse Hoër Skooll in Kempton Park gebeur toe ’n grd. 9 seun net een dag nie by die skool was nie. Me. Gloria Hamman, rekeningkunde-onderwyseres van die groot Engelse skool vir me. Hamman vra toe die volgende dag of hy ’n siek brief het. “Yes” Miss en dadelik haal hy die briefe uit sy sak het. Hy het nie ’n oomblik gehuiwer om die sieke brief vir haar te gee nie. Die betrokke Hoerskool, het dié week ‘n doktersbrief van een van haar leerlinge gekry – ‘n veearts-dokter! Hy het nie ’n oomnlik gehuiwer om die briefie vir die juffrou te gee nie,
Die briefie het bevestig dat “Charm” ‘n baie aansteeklike hondehok-hoesie (kennel cough) het. Charm blyk toe die skolier se rottweiler-hond te wees. In die briefie word bevestig die hond se siekte is soortgelyk aan griep by ‘n mens. Die veearts beveel aan dat die hond nie in aanraking met ander honde kom nie omdat dit baie aansteeklik is. As dit gebeur, kan antibiotikum by die veearts gekry word.
“Dit was skreeusnaaks. Ons het almal eenparig besluit dit is die beste verskoning vir stokkiesdraai wat ons nog ooit in ons skool gekry het,” het Hamman gesê.
Die verskoning is nie aanvaar nie en die skolier het 0% gekry vir die toets wat hy die dag van sy afwesigheid nie geskryf het nie.
*