NONGQAI SE AFRIKAANSE WOORDEBOEK VIR VEILIGHEIDSTUDIES
(Insluitend baie volkseie polisie-terme)
Saamgestel deur Brigadier H.B. Heymans (afgetree)
Vir aflaai as pdf, KLIEK HIER
Omdat die Woordeboek digitaal saamgestel is, kan dit maklik deurlopend opgedateer word met nuwe inskrywings – stuur dus ASSEBLIEF u bydraes in vir insluiting, na: editor@nongqai.org of sommer maklik met die kommentaar-funksie hieronder.
Kom ons maak hierdie ‘n grootse spanpoging, om ons professie se kultuur-eie vir die nageslag te bewaar! Dankie by voorbaat, en geniet die spitsvondigheid van sommige van die terme!
ABSTRACT: Digital dictionary in Afrikaans of national security and policing terminology
KEYWORDS: Afrikaanse woordeboek vir Veiligheidstudies
Afrikaanse woordeboek Vir veiligheidstudies
wat van die volgende insluit in die woordeboek, en wat van (waar paslik) ‘n illustrerende foto insluit:
bobbejaanpak – formele aand-drag vir offisiere
Stuur vir on ‘n foto, asseblief….
Ek ken dit as Aappak (Monkey Suit). Van die ontwerpe is werklik stylvol en windmakerig maar daar is enkeles, hoedjie ingesluit, wat trek op die bedel-apie van die draaiorrelspeler of die plekaanwyser by die groot sirkusse van die 1950-60s.
Het as dienspligtige by 11 Komdo/Inligtingskool (1980) een aand as “vrywilliger” kelner opgetree by die “Danie Theron Krygskool” (Kimberley – Noord Kaap). Daar het ek vir die eerste keer kennis gemaak met ‘n allegaartjie van aappakke. Hierdie “spoguniforms” vir dinees is uiteenlopend van ontwerp en sekerlik die onderwerp vir ‘n baie interessante stukkie geskiedenis aangaande die herkoms/heraldiek van elk.
Haha! Bobbejaanpak – seker die eweknie van die vloot se “Icecream suit”?
Wel gedaan! die woordeboek is nog ‘n bousteen wat Afrikaans as tegniese taal se posisie verstewig. Daar’s seker nog tyd vir ‘n werk oor grondvlak uitdrukkings? Ek dink die weermag het een uitgegee. Dit kan baie pret wees! Dankie vir dié bydrae en veels geluk!
Wat ‘n besonderse naam “icecream suit”!
Die dames polisie het ook ‘n baie mooi aapdrag.Dit is ‘n lang aandrok in die polisiemou met goue versier,Ek sal bietjie soekvir ‘n foto vir jou.
Baie dankie Sarie!