Letters to the Editor: Briewe aan die Redakteur
LETTERS TO THE EDITOR: BRIEWE AAN DIE REDAKTEUR
HULDEBLYK AAN A. P. (ADAMUS) STEMMET IN NONGQAI (VOL 16 NO 10D)

-
Piet Cronje
Adamus en Petro,
Baie dankie vir die pragtige en betekenisvolle huldeblyk van julle lewe en vir al die opofferinge wat julle gemaak het in landsbelang vir volk en vaderland. Ek wonder of daar vandag nog mense is wie bereid sal wees om sulke opofferinge te maak?
Ek het dit werklik baie geniet om die verhale te lees want dit bevat so baie geskiedenis waarvan ons ook deel is.
Adamus u los vir ons ‘n voorbeeld van harde werk en opofferinge. U het voorwaar baie verrig en baie saak gemaak in alles wat jy met volheid en deeglikheid aangepak het en is inderdaad ‘n voorbeeld vir ons almal.
Mag jy en Petro nou lekker agteroor sit en julle aftrede behoorlik geniet.
Beste Groete.
Piet Cronje
![]()
-
Admiraal Errol Massey-Hicks
Middag Hennie,
Veels geluk met die huldeblyk wat in die NONGQAI verskyn het. Dit is werklik ‘n grootse poging!
groetnis
Errol
