Knee prints: Ermelo

Abstract

Arrest and conviction: Knee-print of suspect used to prove that he was the housebreaker

Keywords

  • Local Fingerprint Office (LFO) – Plaaslike Vingerafdruk-kantoor (PVAK)
  • LFO / PVAK: Ermelo
  • Dogmaster – hondemeester
  • Fingerprint expert – Vingerafdrukdeskundige
  • Court card – Hofkaart

INTERESSANTE POLISIE GESKIEDENIS: HUISBRAAK-VERDAGTE MET TONEEL VERBIND DEUR ‘N KNIE-AFDRUK: S/A/O SCHALK VAN DEN BERG, PVAK, ERMELO.

Kol Rudi van Wyk

Gedurende 1982 woon A/O Deon Hoon, ‘n Hondemeester van Ermelo, ‘n huisbraak en diefstal-klagte op ‘n plaas in Sheepmoor-distrik by en lig deur middel van folien ‘n vreemde afdruk by die venster waar die inbreker toegang tot die woning gekry het.

Die werkers op die plaas word ondervra en daar word opgemerk dat een van die werkers ‘n seertjie op sy knie het.

Foto van S/A/O Schalk van den Berg

‘n Afdruk van die knie sowel as die folien van die vreemde afdruk word na Speurder Adjudant-Offisier Schalk van den Berg van Plaaslike Vingerafdruk-kantoor (PVAK), Ermelo gestuur, wat na ondersoek 8 punte van ooreenkoms op die folien en knie afdruk uitmerk.

‘n Hofkaart word voorberei en die SAP Sheepmoor is ingelig van die resultaat.

Die werker is gearresteer en het in die hof skuldig gepleit op die klag van Huisbraak en Diefstal.

Aangeheg is ‘n foto van A/O Schalk van den Berg se hofkaart.

Hierdie was ‘n eerste in die wêreld en vir die SA Polisie.