Iran: VSA se Bunkerbreker-bom (BBB)
(Lt-kol Philip Malherbe [afgetr])
Hierdie artikel is vrylik vertaal van die verwysde bronne, saamgestel en geskryf deur Philip Malherbe. |
“Abstract” | Abstrak |
“The purpose of this article is to briefly mention the US June 2025 attempt to destroy Iran’s nuclear facilities via laser guided bombs.” | Die mikpunt van hierdie artikel is om ‘n opsomming te gee van VSA se Junie 2025 poging om Iran se kernkrag fasiliteite te vernietig dmv laser geleide bomme. |
Skrywers van die oorspronklike artikel:
James Dwyer, ‘n lektor in Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit van Tasmanië, verduidelik in die Conversation gedateer 2025/06/22 wat ‘n bunker breker bom is, nadat Amerika vermelde bomaanvalle op Iranse kernverrykingsterreine by Fordow, Natanz en Isfahan uitgevoer het, wat sy openlike deelname aan die konflik tussen Iran en Israel aandui.
Tom Bowman van NPR (“National Public Broadcasting Organisation”) met hul hoofkantoor in Washington, het bygedra tot die artikel.
Geoff Brumfield van “National Security,” het ook bygedra tot die artikel.
Raymond Jeanloz, ‘n professor aan die Universiteit van Kalifornië in Berkley en een van die oorspronklike skrywers van die 2005 “National Academies” rakende Aardpenetreeders.
Marshall Brian Skrywer van artikels in “Science, how stuff works.”
Wat is ‘n bunker breker bom (BBB) bom?
Vermelde bom is die uiters vernietigende GBU-57 ‘Massive Ordnance Penetrator” (MOP), (Ammunisie Penetreerder), wat ongeveer 13.5 ton (12246,994kg) weeg.
Wat is bunker brekers (BB), en hoekom word dit gebruik?
Bunker brekers is wapens wat ontwerp is om swaar beskermde fasiliteite soos bunkers diep onder die grond te vernietig, wat buite die bereik van normale bomme is. Hul dateer terug tot die 2de wêreld oorlog, en het aansienlik verbeter tydens die Golf Oorlog.
Bunker brekers is ‘n laser-geleide bom, ontwerp om hulself in die grond in te dring, voordat dit ontplof. Dit laat meer van die plofkrag in die grond indring, eerder as om deur die lug of oor die oppervlak te beweeg.
Iran se kernverrykingsterreine by “Fordow, Natanz” en “Isfahan” is diep ondergronds gebou. Skattings dui daarop dat Fordow byvoorbeeld 80m onder die oppervlak kan wees en bedek is met lae gewapende beton en grond.
Wat is die BB?
Die bunker brekers (BB) wat in hierdie spesifieke operasie gebruik was, is die grootste in die Amerikaanse arsenaal. Afgesien van kernwapens, is die BB die grootste bekende bunker breker ter wêreld.
Die BB weeg sowat 13,5 ton en kan vermoedelik tot 60m onder die grond binnedring in die regte toestande. Dit is nie bekend hoeveel die VSA besit nie, maar die getalle is vermoedelik klein (plus minus 20).
Die plofstof in die bom bestaan gewoonlik uit 80% TNT (trinitroluene) en 20% Aluminium poeier, laasgenoemde verhoog die verpletterende effek van die ontploffing.
Algemeen is daar ‘n wanopvatting dat BB afhanklik is van groot hoeveelhede plofstof. BB verskil van ander bomme in die opsig dat dit ‘n geharde staal omhulsel het, wat die bom in staat stel om diep in die grond te penetreer om die teiken te vernietig.
Waarom beskik net die VSA oor hierdie vermoë?
Alhoewel die VSA nie die enigste land met bunkerbrekende-wapens is nie, is hulle op hierdie stadium die enigste land wat oor B2-stealth-bomwerper beskik om die BB te ontplooi. Elke B2 kan hoogstens twee BB’s op ‘n slag dra.
Waarom het die VSA dit in Iran gebruik?
Die Trump-administrasie beweer Iran is dalk net ‘n paar weke weg van die besit van ‘n kernwapen, en dat hy nou moet optree om Iranse kernverrykingsterreine te vernietig. Hierdie bewering is veral in stryd met gepubliseerde beoordelings van die Amerikaanse intelligensiegemeenskap.
Israel, direk in stryd met Iran, het egter nie voldoende bunkerbrekende wapens om die diep begrawe en versterkte verrykings terreine by Fordow, Natanz en Isfahan te beskadig nie. Dit word vermoed dat Israel ‘n GBU-28 “bunker buster” lasergeleide bom, ‘n kleiner ekwivalent van die GBU-57 ‘Massive Ordnance Penetrator” in Iran gebruik het.
Slegs die BB kon die werk doen (behalwe om kernwapens te gebruik). Selfs dan sou verskeie BB’s nodig gewees het om voldoende skade aan die ondergrondse fasiliteite te verseker.
Die VSA het beweer dat hierdie terreine heeltemal vernietig is, wat nie bevestig kon word nie.
Dan bestaan die moontlikheid dat Iran vermelde fasiliteite verskuif het voor vermelde aanvalle, en oor ander onverklaarde kern-terreine elders in die land beskik.
Die waarde van kernwapens
Miskien is ‘n groter bekommernis dat die aanval Iran se begeerte om ‘n kernkrag te word, sal versterk. Sonder kernwapens kon Iran nie die VSA genoeg bedreig om vermelde aanval af te weer nie.
Iran kan lesse trek uit die lot van ander state. Oekraïne het sy voorraad voormalige Sowjet-kernwapens in die vroeë 1990’s oorgegee aan Rusland. Rusland het sedertdien besluit om die Krim (Oekraïne) in 2014 te annekseer en ‘n voortdurende inval in 2022 te loods. Ander potensiële kern-state, soos Irak en Ghaddafi se regime in Libië, het ook onder militêre ingryping gely.
Daarteenoor het Noord-Korea sy eerste kernwapen in 2006 suksesvol getoets. Sedertdien is daar geen ernstige oorweging van militêre ingryping in Noord-Korea nie.
Iran kan steeds die vermoë hê om nuttige hoeveelhede uraan van wapen-graad te produseer. Dit kan nou daarop gemik wees om tyd te koop om ‘n relatief klein kerntoestel saam te stel, soortgelyk aan die bomme wat in Hirosjima en Nagasaki gebruik is.
Afhangende van watter fasiliteite en hulpbronne die Amerikaanse aanvalle oorleef het, het die aanval waarskynlik versterk dat die enigste manier waarop die Iranse regime sy voortbestaan kan waarborg, is om kernwapens te besit.
Toeligting:
Suid Afrika het sy kernkrag wapens in 1989 vernietig, die enigste land, tot dusver, wat vrywillig van hul kernkrag wapens afstand gedoen het.
(Philip Malherbe, Plofstof kundige).
Waarom Amerika se reuse-bunker bomme moontlik nie hul teiken bereik het nie
Nadat ‘n B-2 Spirit-bomwerper die bomme laat val het, toon grafika aan dat dit ‘n smal kanaal diep onder die grond ploeg het – ongeveer 60 meter (20 meter te kort)- en in ‘n ontploffing plaasgevind het.
Daar was net een probleem – dit het moontlik nie gewerk nie. Nou blyk dit dat die bomme nie Iran se Fordo-verrykingsterrein “uitgewis” het soos president Trump beweer het nie. In plaas daarvan het dit slegs beperkte skade aangerig aan die gevorderde sentrifuges (masjinerie wat aangewend word om uraan te verryk vir kernkrag wapentuig) wat daar gehou word. Die program is hoogstens “‘n paar maande” vertraag, volgens ‘n Amerikaanse amptenaar wat die bestaan van die assessering aan NPR bevestig het, maar anoniem gebly het omdat hulle nie gemagtig was om met die pers te praat nie.
In die nasleep van 11 September, met die oog op die grotte van Afghanistan, waar Osama Bin Laden vermoedelik weggekruip het, het die destydse president George W. Bush se administrasie gekyk of ‘n kernwapen uit ‘n vliegtuig in die grond gegooi kan word. Die Robuuste Kern Aarde Penetreerder, soos die konsep bekend gestaan het, sou ‘n kragtige skok aan ondergrondse tonnels en bunkers lewer.
Wetenskap
Maar toe wetenskaplikes betrokke raak, het hulle gevind dat daar geen manier (op daardie stadium) was om ‘n kernwapen naastenby diep genoeg te kry om die rotswande te penetreer nie, en die program is uiteindelik laat vaar.
Die vergelykings bestaan sedert die 1960’s en hang af van ‘n beperkte aantal faktore, insluitend die vorm van die neuskegel, die gewig en deursnee van die wapen, die spoed waarteen dit die grond tref en – van kardinale belang – die tipe aarde waarop dit val.
“Dit hang baie af van die soort rots,” volgens kenners. Dit is bereken dat die GBU-57 tot 80 meter ondergronds kan gaan as dit in slik-klei laat val word.
In medium-sterkte rots het dinge baie anders gelyk. Die GBU-57 kon op daardie stadium slegs ongeveer 7,9m onder die aarde gaan. Dit kan ‘n belangrike deel van die rede wees waarom die wapen nie daarin geslaag het om sy teiken te vernietig nie.
Jeanloz sê dat dit nie net die sterkte van die rots is nie. Veranderinge in die geologiese struktuur kan ook veroorsaak dat die bom van rigting verander, selfs al beweeg dit deur die aarde. “Dan kan enige variasies … insluitend breuke of gapings, die trajek in die grond beïnvloed,” sê hy. Dieselfde variasies kan enige ontploffing van die bom versprei.
Dit is duidelik dat Amerikaanse beplanners bewus was van hierdie soort uitdagings. In plaas daarvan om een of twee GBU-57’s te stuur, het hulle 12 gestuur om op Fordo te val. Op grond van satellietbeelde lyk dit asof hulle moontlik in pare laat val is, met die eerste wapen wat die rots breek om die deurdringende diepte van die tweede te vergroot. Dit lyk asof die bomwerpers ook Fordo se ventilasiestelsel, ‘n moontlike swak punt, geteiken het.
Die wapens het waarskynlik ‘n kragtige skokgolf in die rots geskep wat diep onder die grond sou beweeg het en die fasiliteit daaronder onreëlmatig sou opbreek. Die skokgolwe sou vinnig verswak het soos dit in die rots beweeg het. Fordo se posisie direk onder die rif van die berg het waarskynlik die beskerming gemaksimeer.
Trouens, om dieper te gaan is ‘n eenvoudige oplossing vir die bedreiging van bunker brekers. ‘n Belangrike gevolgtrekking uit die 2005-studie was: “Dit is goedkoper en makliker vir iemand om dieper te delf as wat dit is om deur daardie diepte deur te dring,” sê hy.
Vernietiging nie geslaagd
CNN het gesê vroeë Amerikaanse intelligensie-assessering dui daarop dat aanvalle op Iran nie kern-terreine vernietig het nie, terwyl Trump en Hegseth daarop aangedring het dat die aanvalle Iran se kernverrykingsfasiliteite “heeltemal uitgewis” het. Die saak het nou ‘n politieke kwessie geword, en totdat ‘n meer omvattende assesseringsverslag uitkom, bly die waarheid van die saak onduidelik.
Bronne:
https://www.quora.com/profile/Rodney-Loder-1/The-670-Iranian-civilians-that-were-killed-during-the-sneak-attack-will-never-see-another-grand-show-again-https-chi?ch=8&oid=226692321&share=1fcb5a48&srid=u8iles&target_type=post
https://science.howstuffworks.com/bunker-buster.htm