Humour in Mufti: Colonel Jasser Arafat (PLO)
Abstract:
In a moment of boredom-induced mischief, the author attends a government meeting in civilian clothes and whimsically identifies himself as “Colonel Yasser Arafat from the PLO”—receiving access without question. This satirical anecdote exposes the mechanical nature of bureaucratic security and raises a deeper concern: is institutional security truly effective, or merely a costly illusion? The author reflects on how false information routinely goes unnoticed, prompting scepticism about the system’s integrity.
HUMOUR IN BURGERDRAG: KOLONEL JASSER ARAFAT (PLO)
deur Hennie Heymans
Soms, wanneer verveling my beetpak, raak ek onnutsig en onvoorspelbaar — só onvoorspelbaar dat ek selfs vir mýself ’n verrassing is.
In burgerdrag moes ek een oggend gedurende die 1908’s ’n vergadering by ’n staatsdepartement bywoon. Ek meld aan by sekuriteit by die ingang. Die sekuriteitsbeampte was uiters amptelik, en alles het op die welbekende Harmans-drup-manier verloop. Ek was toe al klaar verveeld nog voordat ek my naam kon noem.
“Ja, meneer?”
“Goeie môre. Ek is hier vir ’n vergadering.”
“Naam?”
“Kolonel…”
“Kolonel, ja?”
“Jasser Arafat.”
“Departement of organisasie?”
“Die PLO.”
“Goed, hier is u dokumente en toegangskaartjie.”
Ek het my papiere ontvang — sonder enige vrae of wenkbroue wat lig — en die vergadering bygewoon asof niks vreemds gebeur het nie. Ek het selfs begin wonder of ek volgende keer moet probeer om myself as “Kolonel Joe Slovo van die KGB” aan te bied. Ek is seker ek sou weer toegang gekry het. Maar toe roep ernstiger sake my aandag.
Ek het begin wonder: is sekuriteit in die staatsdiens (en selfs in die privaatsektor) regtig die moeite en koste werd? Ek vul gereeld vorms in met verkeerde besonderhede, of skryf onleesbaar, en gee ’n valse selfoonnommer — en tog, geen haan kraai ooit daaroor nie.