DIE SOGENAAMDE VERLANGE NA APARTHEID

Deur Fanie Bouwer

PRÈCIS VAN DIE ARTIKEL

In hierdie artikel bied Fanie Bouwer ’n eerlike en nugtere terugblik op die apartheids-era in Suid-Afrika (1948–2000). Hy bespreek die negatiewe aspekte soos menseregteskendings, diskriminasie en die dompasstelsel, maar wys ook op positiewe administratiewe eienskappe soos lae misdaadsyfers, goeie dienslewering en effektiewe staatsbestuur. Die artikel is ’n pleidooi vir volwassenheid in die openbare diskoers, en ’n oproep om die verlede nie selektief te herroep of ideologies te verdraai nie, maar om dit in konteks en met waarheid te verstaan. Bouwer waarsku teen die intellektuele luiheid van sogenaamde “apartheid-nostalgie”-beskuldigings, en beklemtoon dat dit nie ’n misdaad is om te erken dat sekere dinge destyds goed gefunksioneer het nie.

SLEUTELWOORDE:

* 1948–1994

* Administratiewe doeltreffendheid

* Apartheid

* Dienslewering

* Dompas

* Geskiedenis

* Ideologiese debat

* Korrupsie

* Kritiese terugblik

* Menseregteskendings

* Munisipale bestuur

* Nostalgie

* Openbare diskoers

* Politieke korrektheid

* Sosiale geregtigheid

* Staatsbestuur

* Suid-Afrika

* Verantwoordelike herinnering

* Waarheid en konteks

* Wet en orde

In hierdie artikel wil ek poog om objektief, eerlik en sonder ideologiese vooroordeel terug te kyk op sowel die positiewe administratiewe eienskappe as die negatiewe menseregteskendings van die 1948-2000 era. En ook na die huidige bestel.

Ek het altyd tong in die kies na myself as ‘n ‘apartheidsidskind’ verwys, bloot omdat ek  in 1949 gebore is. Ons geslag het niks anders geken nie.

El wil probeer om ‘n objektiewe terugblik op die goeie en minder goeie erfenisse van die tydvakke te weergee.

Wat my eintlik  gemotiveer het, is omdat wanneer daar ‘n debat is oor die oor die bewese en baie slegte dinge tans in SA, en ‘n persoon durf sê dit was nie só in die ou Suid-Afrika nie, sal een of ander progressiewe of liberale siel dadelik tussenbeide kom en sê: “Ag, jy hunker net na apartheid’. Dit is ’n intellektueel lui beskuldiging. Jy hoor selfs ‘n afwysende beskuldiging van ‘apartheid-nostalgie’ – dit in weerwil van die feit dat witmense in SA in 1992 in ‘n referendum tot politieke verandering gestem het. Hierdie besluit was nie gedwonge nie; dit was die gevolg van ’n wilsbesluit om verandering te bring.

Hoe dit ook al sy; jou denke, selfs geleefde kennis, word  uitgemaak as immoreel en ‘n doodsonde wat nie in ingeligte geselskap hoort nie. En jy voel ook of jy enige oomblik gekanselleer en in die buitenste duisternis gedryf sal word.

Die stelling word gebruik soos wanneer jy in ‘n argument met iemand betrokke is en hy vir jou sê: “Jong, ek kan maar net vir jou bid”. Die persoon sê so vir jou omdat hy onder die wanindruk is dat hy met hierdie troefkaart pas jou mond gesnoer het en dat hy die debat vir alle doeleindes pas gewen het.

Dan kry jy deesdae sekere “ou ballies” wat vertel en skryf hoe hulle doerdie tyd teen apartheid gekant was. So stilletjies of miskien baie subtiel, want hulle wou nie hulle werk en inkomste verloor nie. Hulle het nie die durf en ruggraat van ‘n ds. Beyers Naude,  Max Du Preez en ander gehad om apartheid openlik teen te staan nie, om net enkeles te noem.

So terloops, in hierdie tipe van debatte, word daar nooit terug verwys na die 1910-1948 era nie. Was dit dan die jare van melk en heuning vir almal, wit en swart, in SA? Of selfs vóór dit?

Suid-Afrika se geskiedenis – tot in die 1800’s – is kompleks en baie verwys daarna met verskillende emosies, afhangende van hulle eie agtergrond en die van hulle voorgeslagte.

Die apartheidsera, wat van 1948 tot in die vroeë 1990’s gestrek het, word deur baie of meeste geassosieer met politieke onderdrukking, ongelykheid en diskriminasie – die sg. apartheidtyd.

Mense verdien volwassenheid in die openbare diskoers, veral wanneer dit kom by die geskiedenis. Die pad vorentoe lê nie daarin om die verlede net te romantieser of net te demoniseer nie, maar om dit te verstaan – met nugterheid, konteks én waarheid. Ons moet ook leer om twee waarhede gelyktydig te aanvaar.

In hierdie trant wil en dan eers na enkele aspekte van die pre-1994 era uitlig wat mense ernstig ontstig en vervreem het:

* Gedwonge gebruik van aparte geriewe en ruimtes

* Swart mense is verbied om in sekere gebiede te woon of te werk sonder permitte

* Die verpligte dra van die dompas. ‘n Kuier in die stede is net vir 72 ure toegelaat en is hierin aangeteken.

*  Grondregte ontneem deur wette soos die destydse Naturelle Grondwet.

Dit alles dan gesê, is dit tog ook waar dat baie burgers – en selfs al hoe meer swartmense bv. op X  deesdae – tereg uitwys dat sekere aspekte van die pre-1994 era se staatsbestuur en dienslewering, vandag afwesig is. En dít kan nie weggewens word nie. Of anders gestel: party wil nie eers hê jy moet die enigsins noem nie. Ek vind dit uiters vreemd.

Ek wil nie enigiets verheerlik nie, maar probeer om die werklikhede as geheel te erken;  iets wat in vandag se gepolariseerde debatte dikwels verlore gaan.

Al was apartheid as politieke en morele stelsel onaanvaarbaar, is dit tog ’n feit dat sekere administratiewe strukture van die staat effektief gefunksioneer het – ten minste vir die gemeenskappe wat toegang daartoe gehad het. Die volgende word dikwels as positiewe eienskappe van daardie tyd onthou.

Sonder om ‘n volledige lys op te stel, wil ek hier net na enkele aspekte verwys:

* Meeste staatsdepartemente te se administratiewe strukture het baie effektief gefunksioneer

* Buite die tye van oproer wat met jare se intervalle voorgekom het, het wet en orde gegeld.  SA het oor die algemeen ’n lae misdaadsyfer gehad.

* Openbare amptenare was onder streng dissipline en korrupsie was uiters min en nie naastenby so sistemies soos vandag nie.

* Effektiewe munisipale bestuur: Dorpe was skoon, paaie is herstel, rommel is verwyder, en parke was netjies onderhou.

* Betroubare dienslewering: Basiese dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie was heeltyd beskikbaar.

* Staatshospitale en skole (vir alle bevolkingsgroepe): Dit was skoon, ordelik en goed bestuur.

*  Goeie infrastruktuur: Paaie, brûe, spoorweë en openbare geboue was deurentyd instand gehou

Ek volstaan met bg. lysie. Daar is natuurlik nog.

Dit is belangrik om te erken dat sekere dinge soos elektrisiteit en kraanwater nie vir almal beskikbaar was nie, maar dit verander nie die feit dat sekere aspekte van administratiewe doeltreffendheid wel bestaan het nie.

Almal weet wat deesdae in SA aangaan rondom uiters gebrekkige staatsbestuur, verbrokkeling van paaie en spoorweë, swak watervoorsiening, wegholmisdaad en korrupsie, ensovoorts en so aan. Die lys is natuurlik baie langer.

Dit is juis wanneer lg. dinge onder bespreking kom, en iemand dan net waag om om na die ware verlede te wys – hoe dit reg gedoen was –  dat die liberales en die met blywende skuldige gewetes, toeslaan met hulle onregverdige kritiek. Hierdie soort retoriek is oneerlik en onregverdig.

Ek sluit af met drie gedagtes

Om die waarheid in haar geheel te erken, is nie ’n misdaad nie; dit is ’n daad van eerlikheid. Suid-Afrika verdien volwassenheid in sy openbare diskoers, veral wanneer dit kom by sy geskiedenis.

Die pad vorentoe lê nie daarin om die verlede te romantiseer of te demoniseer nie, maar om dit te verstaan en wel met nugterheid, konteks en waarheid.

Daar wás dinge wat gewerk het; en daar wás dinge wat onaanvaarbaar was. Albei is waar. En albei verdien om gesê te word.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.