DEMOLITION: OLD SAP PRETORIA CENTRAL
1971: SAP PRETORIA: SLOPING: GESKIEDKUNDIGE OU KASERNE
Brig HB Heymans (SAP – Afgetree).
In die nuus van Noord-Transvaal lees ons:
“Met die sloping van Ou Kaserne, Pretoriusstraat, Pretoria, het ‘n geskiedkundige plek nou sommer so goedsmoeds van die toneel verdwyn en sal dit gewis nou ‘n leemte in menige lid se lewe meebring. Baie lede van die Mag het op een of ander stadium met die ou gebou kennis gemaak, hetsy daar gewerk, gehuisves is of aangedoen het.
Dit was onder andere in die ou gebou waar wyle Jopie Fourie in 1914 aangehou en verhoor is. Die bekende gimnastieksaal waarin die verhoor van Jopie Fourie eintlik plaasgevind het.
Gedurende 1914 se rebellie moes Pretorianers wat die stad wou verlaat, na ons verneem, permitte verkry het wat toe ook by die gebou uitgereik is. /…/ Vir baie van ons sal dit soete herinneringe en ‘n groot verlies wees….” (SARP Januarie 1971 bl. 40).
Kommentaar
Die foto-essay het betrekking op die ou polisiestasie en kaserne in Pretorius-straat waar soveel alledaagse en ook opspraakwekkende geskiedenis oor jare afgespeel het. Nongqai poog om die geskiedenis so objektief as moontlik aan te bied omdat komende geslagte mens se geskrifte gaan oordeel.
Tog moet die arrestasie, die verhoor en teregstelling van kapt (kommandant) JJ “Jopie” Fourie belig word – dis “ons” geskiedenis – reg of verkeerd!
Ons taak is slegs om die feite – ook fotografiese stawing – voor te lê en te sê: “Kyk hier!”
Die polisieman het altyd ‘n stryd tussen sy plig en gewete. Hy het ‘n eed geneem om die land en sy mense getrou te dien – sonder vrees, guns, blaam of vooroordeel. Hy moet objektief en eerlik, sonder vooroordeel sy sake ondersoek en onweerlegbare feite voor die hof bring. Dit is sy taak.
Talle Boere en rebelle is tydens die Anglo Boere oorlog ter dood veroordeel. Selfs in die Britse magte (tydens die eerste wêreldoorlog in bv Frankryk) is enkele lede gefusilleer wat bv aan diens geslaap het terwyl die Duitsers mosterdgas versprei het en die hele afdeling aan risiko bloot gestel het. So was dit ook die gewoonte om ook lafharts ook te fusilleer.
Ek is nie ‘n regskenner nie maar bring ook die volgende onder aandag:
- JJ ‘Jopie’ Fourie is vir hoogverraad gefusilleer – lede van die SA Polisie was deel van die vuurpeloton. Daar was talle sterftes gewees toe daar gepoog was om hom te arresteer.
- Tydens die tweede wêreldoorlog word Robey S Leibbrandt gearresteer vir hoogverraad en ter dood veroordeel. (Sy kleinneef Robey Joyce – die bekende Lord Haw-Haw is in Duitsland gearresteer en in Brittanje gefusilleer.) Genl Smuts het Leibbrandt se vonnis tot lewenslank verander. Eerste versagting….
- Gedurende 1963 – 64 vind die Rivonia verhoor plaas en die beskuldigdes word weereens nie ter dood verhoor vir hoogverraad nie. Tweede versagting …
Foto-essay
Binneplein – inspeksie
Enkele Geskiedkundige foto’s wat op die ou gebou en die geskiedenis betrekking het
Nongqai het oor die jare verskeie artikels oor die arrestasie en fusillering van kmdt JJ “Jopie” Fourie geskryf. (Die kern van die saak is: Hy ‘n was offisier in die Unie Verdedigingsmag se Burgermag en het nie – soos bv genl CF Beyers – sy kommissie neergelê nie.)
Voor hy gearresteer is, het lede van die SA Polisie en lede van ander regerings troepe gesneuwel in die proses om hom aan te keer.
Die bekende Afrikaanse digter, dr C Louis Leipoldt was as geneesheer tot die SA Polisie, onder maj HF Trew se bevel, vir diens afgedeel. Dr Leipoldt het ‘n eervolle vermelding ontvang. Tydens die skietery het hy nie ‘n bang haar op sy kop gehad nie.
Aansoek om Permitte te Pretoria-Sentraal.
Jopie Fourie as Offisier in die Burgermag
Hy sit voor links
Arrestasie van kmdt JJ “Jopie” Fourie
Gelukskoot
Voorsitter van die Krygsraad te Velde
Kol TG Truter was die kommissaris en voorsitter van die Veldkrygsraad wat kmdt Jopie Fourie op 19 Desember 1914 ter dood veroordeel het.
Kmdt Jopie Fourie (Jennifer Bosch)
Lyfkwitansie
Graf
Vroeg in 1915 het Jan F.E. Celliers sy gedig “Jopie Fourie” geskryf. Afskrifte is getik, wat soos blits deur die land versprei is:
“Daar trek ’n koeël met spoed, met spoed;
hy’s nat van Afrikaner-bloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom deur Afrikaner-hart.
Maar met die roue en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!”
Haatpos aan genl JC Smuts
Slot
Dit altyd is moeilik om jou eie geskiedenis objektief aan te bied. Die tronksel waarin Jopie Fourie aangehou is, se seldeur het gelukkig behoue gebly. Die tronkseldeur word by die SAPS Museum te Ventersburg bewaar – ‘n polisiestasie wat tydens die rebellie deur genl CR de Wet aangeval is en waar die rebelle die kluis oopgeblaas het.
Besoek mens bv Engeland of Nederland, wys mens se vriende altyd geskiedkundige plekke uit, bv waar die aanval op Prins Willem van Oranje plaas gevind het voor hy na Engeland uitgewyk het. Ons moet ons kultuur-historiese skatte en erfnis bewaar.
Stewige argitektoniese juwele soos ou Pretoria-sentraal en Marshallplein in Johannesburg moes op een of ander manier bewaar gewees het soos ou Kompol gebou hier in Pretoria. Pietermaritzburg het twee juwele – mens hoop net die twee ou geboue word opgepas en bewaar.