1960’s – 1970’s: The Elite Durban Radio Control & Dog Squad
DURBAN TEL 44562: RADIOBEHEER EN HONDE-EENHEID
Durban se Goue Dae – ’n Stasie-haas se Herinnering
“Ons het op die skouers van Reuse gestaan.”
Hennie Heymans

In die skemer van die 1960’s tot begin 70’s (toe ek in Durban was), toe die SAP met eer en ywer gewerk het, het Durban se Radiobeheer op die Berea soos ’n hart dag en nag geklop—nommer 44562, was die polsslag van aksie. As stasie-haas het ek daardie nommer geken soos my eie magsnommer. Klagte na klagte is deurgegee, en die radio het gebons met die stemme van manne wat hul roeping geleef het.
Kaptein Pieter Posthumus, ‘n beskeie maar uitstaande patrolliehondgeleier, het onlangs weer uit die bloute kontak gemaak—’n ontmoeting van ou vriende, gebind deur herinnering. Ons het gesels oor die dae.
Ek het gedink aan kollega sers James Swanepoel en luitenant (later lt-genl) Frikkie Engels wat van die eerste stemme by Durban Radiobeheer was. Toe die honde-eenheid nog klein was – met sers Peter van Rooyen in bevel – maar met elke snuf en snufslag misdaad in sy spore gestuit het.
Sers Peter van Rooyen, Fred Pautz, Manie Odendaal, Piet Fourie en ander — was van die helde van daardie era. (Hulle honde was onverskrokke en ook helde!)
Luitenant Hennie Meyer, was die eerste offisier in bevel van die honde-eenheid hier in die middel-1960’s. Durban het ‘n span patrolliehondgeleiers gevorm wat misdadigers laat sidder het. Ek het hul jaagtogte oor die SAP-radio gevolg, en die volgende oggend was die koerante vol: Natal Mercury, Daily News—polisie-nuus het die stad se ritme bepaal. Selfs die joernaliste soos Leon Mellet en Roy Barnard het bekend geword as gevolg van hul positiewe beriggewing in die media!
Ek het self die honde-eenheid se hulp ingeroep, en keer op keer het hulle met presisie en passie opgetree. Die honde-eenheid was nie net ’n afdeling nie—hulle was ’n magsvermenigvuldiger, ’n simbool van toewyding, passie, doeltreffendheid en eer.
En toe, soos die gety draai, is ek van die see na ’n stowwerige kantoor op Hoofkantoor verplaas. Die aksie het plek gemaak vir memo’s—’n oorgang van adrenalien na administrasie. Maar die herinneringe bly helder, soos sout in die seebries.
Pieter het uiteindelik foto’s per WhatsApp gestuur—beelde van ’n era wat nie net geleef is nie, maar werklik geleef is. Vir my was dit nie net nostalgie nie. Dit was ’n terugkeer na ’n tyd toe diens, aksie, kameraadskap en eer die fondament van ons werk was.
Ons het op die skouers van reuse gestaan—manne wat nie net hul plig gedoen het nie, maar dit met ywer, eer en onwrikbare toewyding gedra het. Die honde-eenheid in Durban was die SAP in Afdeling Port Natal se ware magsvermenigvuldiger: ’n gedugte span wat met skerpsinnigheid en spoed opgetree het, wat nie gewag het vir misdaad om te gebeur nie, maar dit baie keer vooruitgegaan het.
Talle klagtes is bygewoon met positiewe gevolge, en etlike “eerste bylae”-oortredings is met presisie en moed hanteer. Hierdie manne het ’n skerp seil in die oog gehou—hulle het nie net gereageer nie, hulle het ook geantisipeer. Hulle was nie net polisiebeamptes nie, maar bakenligte veral in die nag, jagters van geregtigheid, en draers van ’n nalatenskap wat vandag nog resoneer.
Hulle het nie net ’n uniform gedra nie—hulle het ’n roeping geleef. Baie manne en hul honde is vir heldemoed met medaljes vereer.
Toe ek weer eendag sien, is Leon Mellet ‘n senior offisier in die polisie – ook te hoofkantoor….

Op die 1964-foto verskyn konstabel Brian Boucher, konst A Heine, konst Pieter Posthumus met Simba en konst Aissing.

Luit Hennie Meyer se staatsvoertuig – rooi Valiant met die troetelnaam “The Red Baron”. Die luitenant se hond was “Wagter” met nommer A474.

Sers Piet Posthumus met Simba (A170) soos ek hom nog onthou!

Piet Posthumus as AO met sy hond met Bruce (A1004)

Pieter se SAP-honde se naamplaatjies

Tydens grensdiens gedurende 1967 “iewers” in Angola – toe het hulle in die “plat” wêreld verdwaal saam met ‘n offisier van die SA Weermag
Simba is beseer


Piet Posthumus ontvang ‘n toekenning vir geweer-skiet van genl MCW “Mike” Geldenhuys. (Blackie Swart in die agtergrond.)

‘n Mooi foto van polisiehond Simba

Lt Pieter Posthumus na offisierskursus
SAP Louis Botha-lughawe
Pieter vertel my hy was die veiligheidstak-bevelvoerder by Louis Botha-lughawe en van die Durbanse se hawe van 1981 tot 1992 – ek was gedurende 1969 die stasiebevelvoerder van Louis Botha-lughawe.
Landmynontploffing
Slegte Nuus: Wyle sersant Tjaart Riekert (SAP Wentworth later Honde-eenheid: Durban)

Durban-kollega Piet Greyling (later brigadier) links, by ‘n stewel wat aan wyle sers Riekert behoort het. Die stewel is in die omgewing van die landmynontploffing herwin.
Kontakbesonderhede
Enige verder kommentaar sal welkom wees – Hennie Heymans by heymanshb@gmail.com.
Dankie vir u en Simba se Diens is die Minste wat ons Kan sê.
Liza Botha
I really enjoyed reading your article! Thank you.
Captain Piet Posthumus and I have been friends for many years and your words “… ’n terugkeer na ’n tyd toe diens, aksie, kameraadskap en eer die fondament van ons werk was…” says it all.
In numerous chats with Piet, these last mentioned qualities (both as a patrol dog handler and later as a Commander) emerge as a core attribute to the many successes achieved! Thank you Piet. You made a difference!
Ek is bevoorreg om Piet Posthumus te ken van ek 2 jaar oud was. Na my pa se dood het ek hom aangeneem as my tweede pa. Ek is ongelooflik trots om te lees van al die opofferinge en harde werk. Werklik goeie herinneringe. Dankie vir die artikel.
Uitstande werk deur hierdie toegewyde manne welgedaan
Piet Posthumus, oom Piet, ken ek al van 1970. Hy en oom Johan, JJ de Jager, my pa se broer het gereeld in Bloemfontein kom kuier vir die SA Bisley kampioenskappe. Ons kon nie wag vir hul “kuiertjie” nie, ek was maar 4 jaar oud toe, want hy het die mooiste stories vertel en die heerlikste poetse vir ons, ek en my twee sussies gebak. Om so n band met n dier te hê sê baie van n persoon se innerlikheid. En dit het ek deur die jare besef. Ek en oom Piet het nog steeds kontak en dis baie kosbaar.
I have known Piet Posthumus for more than 35 years and can only imagine the great effect he and like minded police officers had at the time. I had witnessed him building a trailer and many other things and can find only one word to match him EXELENCE!
Per WhatsApp ontvang: “””Dankie Hennie weereens vir jou interessante weergawe. Jy hou die verlede warm. Ek het baie kere saam met Piet Posthumus Bisley geskiet. Ons twee het goed gekliek. Mooi loop voorkant toe en . Christo””””””
Enige idea wat het van Sers Daantjie Keyter reword
Was n goeie bokser en was van Durban
Ook betrokke by Honde eenheid ek dink
Saam by Katima 67
Maj Dan Malan was ons B.O.
Ook van Durban
Absolute gentleman
Hennie baie dankie. Ek was ook vanaf Nov 1976 tot Des 1977 by Durban Radio Control gestasioneer. Genl Hennie de Witt was die Afkom as n Brigadier. Piet Greyling was ons Diensoffisier. Ek en Piet het in die 90’s saam gewerk in Port Elizabeth. Ek en Piet Posthumus het saam geskiet.
Dit was die goeie ou dae en die polisie lede het geleef om te dien.
Ek het Kapt Posthumus na sy aftrede ontmoet en leer ken as n vriend.
As Kapt Posthumus praat oor sy jare in die polisie dan kan jy die passie hoor in sy stem.
Eer aan al die polisie lede wat daardie jare besketm en gedien het.
Dit was die goeie ou dae en die polisie lede het geleef om te dien.
Ek het Kapt Posthumus na sy aftrede ontmoet en leer ken as n vriend.
As Kapt Posthumus praat oor sy jare in die polisie dan kan jy die passie hoor in sy stem.
Eer aan al die polisie lede wat daardie jare beskerm en gedien het.
Baie waardevolle inligting en herinneringe oor die werk van die honde-geleiers en hul honde. Trotse manne wat hul pligte deeglik verrig het ‘n besonderse aanslag met hul honde gehad het. Daar was trots, respek en vertroue in hul kollegas! DIT WAS DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE!! ONS SALUEER JULLE!!!
piet is n wonder like vriend en vetroubare vriend ons is Baie Baie Lief vir hom en sy vrou Ken hulle al 39 Jaar bestie vriende
Brig Hennie, baie dankie vir jou insiggewende en interessante artikel.
My vriendskap en verhouding met Oom Piet Posthumus gaan terug na die woeste middel-tagtiger jare toe ons saam op dieselfde seksie gewerk het. Ná my tyd in die mag het ons verhouding net sterker geraak en uiteindelik ’n lewenslange vriendskap geword.
Toe ek later ’n klein jagplasie gekoop het, was dit elke jaar se hoogtepunt as Oom Piet daar kom jag het. Vir my twee seuns was hy ’n absolute held. My jongste, wat destyds sewe jaar oud was, het selfs na hom verwys as sy “beste vriend”. Dit was altyd groot opgewondenheid: “Oom Piet kom haal jou bok!”
Ek onthou nog ’n keer dat ons van hoek tot hoek gesoek het vir rooibokke. Net toe ons al moed opgee, loop ons vas in ’n trop van minstens vyftig! Ek sê vir Oom Piet hy moet sommer vier skiet – iets wat ek aan geen ander mens sou toevertrou nie. Hy trek los, en binne sekondes lê drie bokke plat. Nog ’n skoot klap en die vierde is net gewond. Die bok storm reguit na ons toe.
Tussen ons en die bokke lê die grootste donga op die plaas. Ek besluit toe om my jongste seuntjie die geleentheid te gee vir die doodskoot. Hy vat die kans, skiet, en die bok slaan onderste bo neer. Ek juig, en wens hom geluk – net om in die volgende oomblik te hoor hoe hy uitroep: “Pa, ek’s gewond, dit’s net bloed!” Die terugskop van die geweer het veroorsaak dat die teleskoop hom ’n halwe maan tussen die oë geslaan het.
Nou was ek nie te veel bekommerd oor die wond nie, maar eerder oor wat sy ma sou sê. Natuurlik, soos tipies op daai dae, was daar geen noodhulp byderhand nie. Ek draai toe my kamoefleerbaadjie styf om sy kop, en met heelwat gesukkel kry ons uiteindelik die vier bokke deur die donga en terug huistoe.
Een bok was vir Oupa Dirk, een vir Oom Piet, een vir die werkers, en een vir ons. Almal was gelukkig met die vleis – maar die herinneringe van daardie dag leef vir altyd voort. My seun dra steeds die litteken, en hy dra dit met trots.
Danie – dankie vir jou mooi vertelling – ja, ek onthou Piet van die “OU” dae toe ek op “ses-sewe, sewe-en-sestig King’s-Rest” was …. Die hondemanne was”reuse” op wie se skouers ons gestaan het …. Dankie en mooi loop!
I have known Piet Posthumus for more than 45 years as membet of the SAP in general and as dog handler in particular
His service record speaks for it self which reveals him as innovative,resourceful and on the foot thinker.
In other fields of law enforcement where no medals,citations mentioning in force orders were dished out he excelled i intelligence gathering and field craft which played crucial roles in preventing and acts of sabotage in Durban
Piet is baie Jare aan my bekend. Ek is met sy neef Connie Kruger getroud vir byna 51 Jaar
Sy ma was tannie ounooi.
Hy was n Bevelvoerder by die SAP in Durban. Getroud met Estelle
Ek het hom leer ken as n grapjas, familiemens wat ander altyd eerste gestel het. Ons is bevoorreg om hom in ons familie te he