Building Blocks of Police History: Articles, Letters and Photos Over the Years In the S.A. Police Service
SJ (Fanie) Bouwer
BUILDING BLOCKS OF POLICE HISTORY: ARTICLES, LETTERS AND PHOTOS OVER THE YEARS IN THE S.A. POLICE SERVICE
SJ (FANIE) BOUWER
SJ (Fanie) Bouwer
Abstract
An Album of Brig “Fanie” Bouwer’s Police Career for the Nongqai.
Introduction and Background
Over the years many articles authored by Big SJ ‘Fanie’ Bouwer appeared in the Nongqai. Herewith an album of articles, letters and photos over the years depicting the police career of Brig “Fanie” Bouwer. The Nongqai is an educational and historic magazine that has served since the early 20th century as a platform for police stories, memories, and cultural records of the South African Police (SAP) and other SA Forces.
This album is a valuable cultural-historical record of his life and career. This album functions as a visual and narrative chronicle of Brigadier “Fanie” Bouwer’s career, highlighting not only his personal achievements but also reflecting the broader transformation of the police institution in South Africa. It is a valuable cultural-historical document that captures the evolution of an institution amid political, social, and institutional changes.
Conclusion: The Significance of Bouwer’s Legacy
Brig “Fanie” Bouwer’s album is more than a personal memoir; it is a window into a turbulent era in South African police history. Through the lens of one man’s career, the larger story of transformation, challenge, and sustained service is told. This collection reminds us that history does not live only in textbooks but in the stories, letters, and photos of those who lived it. It is a tribute to Bouwer’s dedication and an indispensable source for preserving South Africa’s police heritage. Such initiatives ensure that the past is not forgotten but is instead used to shape the future.

BOUSTENE VAN POLISIEGESKIEDENIS: ARTIKELS, BRIEWE EN FOTO’S OOR DIE JARE IN DIE S.A. POLISIEDIENS
SJ (FANIE) BOUWER

Pas aangestel as ‘n jong, ambisieuse Luitenant in 1976

Ek, as Luitenant, in 1979 by Beitbrug saam met Karel Kraai en Krummels.

Hoof van Stellenbosch Polisiestasie – 1985

Ek het die voorreg gehad om 2 keer op Stellenbosch gestasioneer te wees. Bo is ‘n groep mede-offisiere met wie ek van my lekkerste jare (1982 – 1987) in die Polisie deur gebring het op daardie manjifieke dorp. Ek sit 3de van regs voor.

Die sogenaamde Spesiale (of Kits) Konstabels het maar baie probleme in die Kaapse townships veroorsaak – 1990.
Ek, as polisie-offisier, wat op daardie stadium te Distrikshoofkwartier, Athlone, gestasioneer was, was teen hulle indiensneming gekant.
(‘n Interessantheid van hierdie artikel is dat ek die vergadering in Xhosa gehou het. Die verslaggewer – ‘n wit ou – kon
toevallig ook Xhosa praat!)


Ek maak ‘n toespraak tydens die opening van Kommagas polisiestasie in Mei 1992 in die ‘gopse’ van Namakwaland. Slegs kleurlinge woon hier.
Ek dink dit was vir daardie mense die okkasie van die eeu op hulle dorp gewees.
Ek en die ander kokkedore het met ‘style’ in ‘n groot, rooi helikopter van die Oppenheimer’s daar vanaf Kleinzee ingevlieg … tot groot vermaak en opgewondenheid van die inwoners.
Kyk die potplante voor die podium – die enigste wat ons kry in daardie wêreld!

Namakwaland was ‘n veilige plek om in te bly.
Ons het die kriminele gas gegee!

My brief aan ‘n nuut-gestigte plaaslike (linkse) koerantjie – 1993 – toe hulle bollie daarin oor die Polisie geskryf het.
(Hulle darem hierdie brief prominent op hulle voorblad geplaas)
En nou Kaap toe …

Die ANC wou ons kamma nie in Manenberg hê nie. My Afdeling – die ISU (“Internal Stability Unit”) sou blykbaar die oorsaak van die probleme wees.
Bloot ANC-propaganda gewees – 1993. Ongelooflike moeilike en gewelddadige tye gewees.

Nog ‘n geval waar ek oor geweld in Manenberg met leiers-elemente uit die gemeenskap praat in daardie jare van politieke geweld. Ek het geglo dat gedurige teen-aksie deur die Polisie nie altyd die antwoord is nie.
Ek het geglo aan onderhandelinge en praat … en dit het meesal gewerk.

My aanstelling as Provinsiale Hoof van die Afdeling Binnelandse Stabiliteit in die Wes-Kaap was nogal taamlik nuuswaardig gewees. Ek was voor dit in Namakwaland gewees met Springbok as my Hoofkantoor. Julie 1993.

Nog ‘n artikel in Die Burger toe ek aangestel is as Provinsiale Hoof: Binnelandse Stabiliteit in Julie 1993

Die Redakteur van die Cape Argus koerant verwys hierbo na my stelling oor die samewerking van die gemeenskap in die voorkoming van geweld in daardie moeilike dae – 1993. Lees laaste 2 paragrawe hierbo.

‘n Artikel toe ek vanaf Namakwaland terug gekom het Kaap toe om die pos van Provinsiale Hoof: Afdeling Binnelandse Stabiliteit oor te neem – Cape Times – Julie 1993

In Ou Kruispad in die swart townships in die Kaapse vlakte.
Die onderskrif vertel die storie. Ek het die pers op ‘n toer deur die townships gevat toe die speletjie gebeur terwyl ons die nuwe, blou uniforms wat ons toe vir die 1ste keer dra.
Die publiek het daardie dag aanmekaar na ons kantore in gebel en gesê dat dit die wonderlikste storie is wat hulle in ‘n lang tyd gelees het – veral die goeie beeld of persepsie wat dit geskep het!

The long fingers of the law …
… and a colleague was paying less than full attention …!
Nogal ‘n humoristiese enetjie!
Kyk waar is al die vingers!
(Ek sweer ek het net met my vinger oor my bolip gestaan en luister … én peins!)

Ek het ‘n besluit gemaak om my Afdeling van 1000 man se uniformdrag – die geel/groen kamoefleeruniform – met die blou velddrag te vervang in die Wes-Kaap.
Ek was van mening dat die kamoefleerdrag soos ‘n rooi lap voor ‘n kwaai bul was as die ouens die townships in gegaan het
(Ek het geredeneer jy stel een stel persepsies in die plek van ‘n ander – en dit het gewerk!)

Die ou heel links hierbo was ‘n voormalige Engelse Polisie-Superintendent, wat uitgebreide ervaring in skarebeheer in Engeland en Hong Kong (toe hulle onder Engeland se beheer was) gehad het. Hy het gedien as my adviseur.


Dit was een van die ingewikkeldste veiligheidsbeplannings wat ek ooit gedoen het. Tog goed afgeloop. Daar was toe ongeveer 120 000 mense op die Kaapse Parade gewees vir hierdie geleentheid.


Deel van ‘n verslag van ‘n dame (ek kan haar naam nie meer onthou nie) oor die geweld in die Wes-Kaap – 1993.
Lees 2de laaste paragraaf.
Dalk het my idees oor onderhandelinge gewerk.
Ek wonder wat haar persepsie van my was om na my te verwys as “Mr. Nice Guy”, affable and “Jovial”?

Een van die meer hartseer insidente waarmee ek te doene gekry het. Toe ek die ouers daardie aand ontmoet, kom hulle in die gang van die hospitaal aangestap nadat die dokter pas hulle kind as dood gesertifiseer het.
‘n Stukkie skrapnel – soos groot soos ‘n vuurhoutjie se kop – het sy bors deurdring tot binne-in sy hart.

Ek was Voorsitter van ‘n taakspan – wat lede van die Provinsiale regering ingesluit het – wat ‘n veiligheidsplan in die Wes-Kaap opgestel het – 1996

Ons wys ons plakkaat in ons “Slaan Misdaad Hok”-operasie

Ek het hier met die boere oor veiligheid gaan praat in Ceres in die Boland en sommer ‘n misdaadoperasie saam met hulle gehou – 1997. Ek het besoeke oral oor in die Wes-Kaap gebring.

Ek het darem van ‘n deel van die gemeenskap so uit die bloute ondersteuning gekry om as Provinsiale Kommissaris aangestel te word – en dit nogal terwyl ek nie eers vir die pos aansoek gedoen nie!


Nogal oulike visite kaartjie waarmee die Polisie ons uitgereik het

Ons maak planne om die tafel by ons Provinsiale Hoofkantoor in Kaapstad. Ek sit heel regs.

Taxi-geweld was maar ‘n voortdurende probleem, en is nog steeds.
In die artikeltjie kwoteer ek sommer oud-Premier John Vorster se bekende woorde “… the alternative to negotiations ‘would be too ghastly to contemplate’”.
Die verslaggewers het gehou daarvan as jy ‘n ‘quotable quote’ kon gee.

Ons doen en lates, asook ons fokus op die kinders. Ek staan links op die boonste foto in privaatdrag by ‘n padblokkade wat ek besoek het.

Die “tow-truckers” – of ‘aasvoëls’ soos ek hulle genoem het – is seker van die ongedissiplineerdste spesies wat ek ooit teë gekom het.

‘n Engelse weergawe van d.s. brief hieronder in die Cape Times.

Ek verdedig die koerante se kritiek teen ons oor die oefenlopie wat my Gyselaar-Onderhandelaars gehou het. Die koerante het ons omtrent gas gegee! Seker maar omdat ons hulle nie voor-af laat weet het nie – die boggers!.

Toe ek die eerste keer die Blitspatrollie ook in die townships laat patrolleer het.
Eintlik geskiedkundig.
Vóór 1994 het die Blitspatrollie nooit in die swart areas gewerk nie – slegs in die wit areas. Weird! … if you come to think about it.

Ek hurk hier regs voor (met wit hemp en das) met lede van die Blitspatrollie toe vir die eerste keer in Khayelitsha gaan patrolleer het. Die nuuskierige inwoners drom om ons saam.

Ja, die atmosfeer in daardie Raadsaal het seker maar ‘n invloed op my gehad.
Toe begin die politieke veranderinge onsmaaklik raak en ons begin dink om ons goed te vat en te loop …

So begin die stories verder loop oor ons beoogde bedanking uit die SAPD

Spotprent hierbo nadat daar berigte gehoor is dat van ons senior polisie-offisiere gaan bedank


Daar was vreeslike reaksie toe hulle hoor ons wil bedank. Daar was ook sprake dat die regering ons wou forseer om te bly. Hulle was van mening dat die leiers-vakuum skielik te groot sou wees.

Laaste dag op kantoor as polisieman. Is daar effense trane in my oë?
31 Julie 1998

Al die Spesiale Eenhede in die Wes-Kaap het onder my direkte bevel geval.
Ek het altyd gedink dat die Honde-Eenhede se ouens van die gedissiplineerdste was – nes hulle honde!. Hierdie brief van hulle wys hulle klas.
Nadat ek bedank het, hou ek maar uit die aard van die saak die misdaadsituasie dop en, waar nodig, skryf ek aan die koerante om my mening oor dít, en die Polisie self, te gee. ‘n Paar briewe volg hieronder.

Ek probeer die behoud van die Skerpioene hierbo verdedig in ‘n brief in Die Burger

Ek reageer in hierdie brief op President Mandela se stellings destyds oor misdaad in SA en gee ‘n bietjie perspektief oor die eintlike oorsake

“Damn lies and statistics” … of hoe gaan die spreekwoord nou weer?
Kyk net hoe skryf so ‘n voormalige plaasjapie Ingils!

Nog ‘n brief oor Misdaad.
Holisties? Uit alle hoeke en oogpunte.

Ek was sommer baie kwaad toe ek hierdie brief skryf nadat ek in die koerante lees en oor die TV hoor hoe slapgattig die Bestuur van die Polisie die situasie hanteer.
Ek verstaan hierdie brief het darem die gewenste reaksie gehad, en het hulle toe darem tog iets aan die situasie gedoen toe hulle druk van Pretoria kry nadat hulle daar bo van my brief te hore gekom het.
Maar waarom was dit nodig dat ek – nou ‘n gewone lid van die publiek – eers vuur onder hulle moes d.m.v. ‘n brief in ‘n koerant moes maak?
EINDE

