STAATSBOU IN SUID-AFRIKA: ’N KRITIESE BESINNING OOR GESAG, KRISIS EN HERBOUING

Deur HB Heymans

Opsomming

’n Omvattende besinning oor die stand van staatsbou in Suid-Afrika, gefokus op krisis, gesag, intelligensie, veiligheid en onderwys. Die artikel wys hoe die SAPS, SANDF, intelligensie en vakbonde tot of teen staatsvermoë werk, en hoe waardes, burgerruimte, watersekerheid en voedselsekerheid funksionele staatsvorming beïnvloed.

Sleutelwoorde: staatsbou, (state-building), intelligensie, SAPS, SANDF, watersekerheid, voedselsekerheid, vakbonde, onderwys, burgerruimte, gesag, legitimiteit, kultuur, beleid, instellings, 

Inleiding tot die artikel

My belangstelling in staatsbou is gewek toe ek vir die eerste keer van dié begrip gehoor het in gesprek met dr Heinrich Matthee. Sedertdien het ek oor maande heen inligting versamel, gekategoriseer en probeer verstaan wat staatsbou in die Suid-Afrikaanse konteks alles behels.

Hierdie artikel poog om ’n ernstige en komplekse onderwerp op ’n toeganklike, maar insiggewende wyse aan te bied — met ’n ligte noot waar gepas, sonder om die diepgang te verloor.

Prof Anthony Turton het waardevolle perspektief gebied oor watersekerheid en die sogenaamde water-mafia — ’n kragtige voorbeeld van hoe staatverval grondliggende sektore beïnvloed. Staatsbou raak immers bykans elke sfeer van menslike aktiwiteit: van landbou en voedselsekerheid tot intelligensie en diplomasie. Tog is dit uiteindelik die polisie wat ’n kardinale rol speel in die burgerlike lewe — om te sorg dat strukture funksioneer, gemeenskappe beskerm bly, en die samelewing nie versplinter nie.

‘n Mens kan onderskei tussen primêre funksies en sekondêre funksies wat vervul moet word om ’n staat te vorm. Primêre funksies is veiligheid, ’n regsorde en inkomste (belasting ensovoorts), maar sekondêre staatsfunksies verskil van staat tot staat: by sommiges is dit ontwikkel tot ’n welsynstelsel, by ander behels dit karige dienste. By staatsbou verbeter owerhede hulle vermoë om te funksioneer en hulle doelwitte te bereik.

Erosie van Staatsgesag

Die SAPD deel de facto mag met nie-staatlike en kriminele strukture:

  • Bou-, Taxi- en Water-Mafias
  • Kapings, dwelms, bendes, onwettige vuurwapenhandel
  • Staatskaping
  • Sigaretsmokkelaars en kartelle
  • Handelsmerk-oortredings
  • Ongebreidelde immigrasie
  • Plaasmoorde (Kill the Boer-kreet) en grondgrype
  • Regeringswil ontbreek
  • Leë slagspreuke: “Justice must be seen to be done” / “Justice delayed is justice denied”

Strukturele en Kulturele Faktore

  • Kaderontplooiing bo kundigheid
  • ANC-belange in staatsdiens bo staats- of nasionale belang gestel
  • Eskom en infrastruktuurverval
  • Ondoeltreffende onderwys- en gesondheidstelsels
  • Gemeenskapswantroue
  • Diskriminasie teen kundige lede

Intelligensie as Stabilisator

  • Die RSA se SSA toon tekens van politieke misbruik om ANC-faksies te ondersteun
  • Socmint (sosiale-media-intelligensie) is tydens Julie-onluste 2022 nie benut nie
  • Intelligensie moet strategiese beleid dra — sonder dit faal staatsbou

Die SANDF en Staatsmag

  • Swak begroting, verouderde toerusting en afnemende kapasiteit
  • Weermag se verval is ’n simptoom van staatskrisis
  • Vermoë tot verdediging en diplomasie verswak — samelewing is kwesbaar

Watersekerheid en Staatsbou

“Suid-Afrika se waterinfrastruktuur is só afgetakel dat dit nie meer herstel kan word nie — dit moet vervang word. Watersekerheid is nie net ’n tegniese kwessie nie, maar ’n maatstaf van staatsvermoë en politieke wil.”
Prof. Anthony Turton

Watersekerheid vereis:

  • Funksionele regering
  • Tegniese kapasiteit
  • Politieke integriteit
  • Maatskaplike verantwoordelikheid

Wanneer die staat misluk, neem die water-mafia beheer oor ’n bron van lewe.

Voedsel, Diplomasie en Kritieke Domeine

  • Staat moet landbou beskerm en produksie ondersteun (plaasmoorde: dis vier maal gevaarliker om boer te wees, as polisiebeampte.)
  • Diplomasie vereis ’n strategiese staatsdiens — anders verloor SA invloed teenoor VSA
  • Staatlike ineenstorting ondermyn ekonomie en internasionale erkenning

Waardes, Norme en Burgerruimte

  • Menswaardigheid, gelykheid, vryheid
  • Nie-rassigheid, nie-seksisme, demokratiese deelname
  • Instellings moet hierdie waardes beliggaam

Burgerruimte is waar burgers hul regte en vryhede uitoefen. Wanneer die staat faal, krimp hierdie ruimte — en alternatiewe magte vul die leemte.

Onderwys as Waardedraer

  • CAPS beoog karaktervorming (CAPS staan vir Curriculum and Assessment Policy Statement – www.gov.sa.)
  • Kinders moet leer oor reg, verantwoordelikheid en diensbaarheid
  • Skool, gesin en gemeenskap dra saam hierdie taak

Vakbonde en Regstoepassing

  • POPCRU beskerm lede
  • Konstabels word gearresteer, generaals geplaas op verlof
  • Gelykheid voor die reg word ondermyn
  • Oplossings: Onafhanklike ondersoekliggame en Vakbondkode van etiek

Kan ons sonder Staatsbou klaarkom?

Die kort antwoord is: “Nee”.

Staatbou is noodsaaklik vir:

  • Reg en orde
  • Ekonomiese stabiliteit
  • Burgerskap en regte
  • Internasionale erkenning
  • Skikking tussen elites en groepe
  • Samehang en nasiebou

Oplossings

  1. Meritokrasie in SAPD
  2. Strategiese intelligensie
  3. Monster politieke wil
  4. Gemeenskapsbetrokkenheid
  5. Kulturele herwaardering
  6. Ekonomiese stimulering
  7. Waardegedrewe onderwys

Bronnelys

'n Foto wat teks bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.