Abstract: J.S. (Classie) Classen.
HULDEBLYK – JS (CLASSIE) CLASSEN †
JOHAN MOSTERT
Met diepe respek neem ons afskeid van een van ons land se voorste strategiese denkers, ’n visionêre ontleder wie se werk ‘n beduidende bydrae gelewer het om die weg voor te berei vir ‘n demokratiese Suid-Afrika. Sy strategiese insigte het baie bygedra tot die regering se verstaan van die kompleksiteit van die aanslag teen Suid-Afrika. Daar is min mense wat die bedreiging teen die ou orde so deeglik verstaan het as Classie.
Classie was ‘n voorloper om die regering daarop te wys dat die aanslag teen Suid-Afrika nie bloot ‘n kommunistiese aanslag was nie, maar wel multi-dimensioneel. Benewens die kommuniste en die ANC, het dit ‘n groot aantal rolspelers ingesluit. Ook die Weste het ‘n ewe belangrike rol gespeel. Die boodskap was duidelik, die status quo kon nie hou nie, politieke verandering was nie ‘n opsie nie, maar ‘n noodwendigheid.
Daar was teenkanting teen hierdie standpunt, maar Classie, saam met enkele ander, het volhard om hierdie boodskap oor te dra. Teen die einde van die 1980s het hierdie boodskap groter gangbaarheid in regeringsgeledere begin verkry. Dit het dit vir die regering dus makliker gemaak om sy besluit om te verander te motiveer.
By talle geleenthede het Classie ministers, individueel of in werksgroepe, in persoon voorgelig en by meer as een geleentheid die Staatsveiligheidsraad (SVR) toegespreek. Voordat daar sprake was van onderhandelinge, het hy president Botha gereeld alleen, soms saam met die hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI), voorgelig oor die ANC.
Hy was egter nooit gemaklik om voor mense op te tree nie, en het geglo dat papier die beste manier was om sy boodskap oor te dra. En papier produseer kon hy. Hy was seker een van die mees produktiewe skrywers in die intelligensiegemeenskap.
In NI, maar ook in die breër intelligensiegemeenskap, het Classie ‘n reuse bydrae gemaak tot die ontwikkeling van ‘n analitiese raamwerk wat neerslag gevind het in die produkte wat aan die SVR gelewer is. Hy het hom onvermoeid beywer om die konsep van nasionale sekuriteit teenoor staatsveiligheid aanvaar te kry. Hierdie insig het die gevestigde aannames uitgedaag om verder as die behoud van die status quo te kyk, en eerder die veiligheid en voorspoed van al die mense van Suid-Afrika te prioritiseer.
Classie is een van die onbesonge helde van Suid-Afrika. Op sy nederig-maar-besliste manier het hy voor geloop om rigting te gee aan die produkte van NI en die intelligensiegemeenskap wat aan die kabinet en senior regeringslui oorgedra is.
Hy sal ook onthou word vir sy intellektuele integriteit en toegewyde ywer om die beroep van intelligensie-analis op ‘n professionele grondslag te plaas. Hy was ‘n model-analis en ‘n voorbeeld wat ander geïnspireer het. Sy bydraes was wydlopend en het oral inslag gevind. Hy het ‘n groot invloed gehad op die ontwikkeling van my eie insig in Suid-Afrika se veiligheidsituasie gedurende die 1980s.

Johan Mostert
†
In Memoriam: Classie Claassen †
It is with sorrow and regret that I receiced the message of the passing of the truely remarkable man we old Bureau members knew as Classie.
A foundational bedrock upon which research and analysis was to be built. A man of principle.
A wonderful, deep thinking man.
A man to listen to, to take note of his views, his perceptions, his foresight.
In reviewing the history of the Bureau and later NIS, there are a number of outstanding members whose contribution was clearly far more noteable and outstanding than others.
Some were noisy and in your face kind of people, noticed by all.
Others, like Classie, were quiet in the background, with their contribution being in the spotlight, not the individual.
These quiet people, like Classie, are the most valuable people a country needs to steer a steady course into a troubled future.
The Bureau and NIS would have been poorer organisations without him.
May he rest in eternal peace in the knowledge that he not only touched so many lives positively, but he did his best for his country when he was needed the most.
A truly great man.
May the Good Lord comfort You all at this time.
God Bless
Michael Kennedy
†